Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die verborge boeke van Eden

deur Vaandel Uitgewers

R130,00

Die antieke skrywer in Die Verborgene Boeke van Eden bied vaaghede oor Adam en Eva uit die tyd voor Christus, wat ‘n belangrike aanvulling vir enige gelowige tot die Bybelverhaal is, waar die hunkering na die Paradys en die stryd na die Sondeval treffend beskryf word.

Die hebreeuse woord Eden beteken “genot” en verwys na die “Tuin van God”, ‘n plek wat die Vader oorspronklik vir die eerste mens as woonplek gegee het. Maar na die val is die mens uit hierdie sorgelose wêreld uitgejaag en moes hy sukkel om ‘n betsaan te maak. Die hunkering om terug te keer na die Paradys is iets wat ons tot vandag toe nog nie gelos het nie. Die sorgelose lewe voor die Sondeval, die verbanning en die stryd daarna om te oorleef, word pragtig vertel in Die Verbrge boeke van Eden. Kan ‘n mens jouself voorstel hoe dit vir Adam en Eva moes gewees het toe hulle uit die beskerming van die Paradys verban is en hulle op hulle eie moes regkom — sonder iemand wat hulle in dié vyandige wêreld kon touwys maak? Hierdie skrywer uit die tyd voor Christus verklaar vaaghede oor Adam en Eva en is ‘n belangrike toevoeging tot die Bybelverhaal.

Weight 154 kg
Dimensions 139 × 7 × 215 cm
ISBN 978-0-9947166-9-9
Bladsye 107
Datum 2017