Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die verbond by Bloedrivier

Avatar photodeur Schalk Jakobsz

R60,00

Die boek deur Schalk Jacobsz bied ‘n insiggewende verslag oor die betekenis van die Gelofte by Bloedrivier op 16 Desember en ontrafel die werklike verbintenis van die Voortrekkers op daardie gedenkwaardige dag.

Die laaste paar jaar het die Boerevolk se Gelofte by Bloedrivier op 16 Desember weer onder skoot gekom. Oor baie dekades is die dag as ‘n Sabbatdag herdenk en is volksfeeste jaar na jaar op daardie dag gevier. Nou word dit van ons weggeneem.

Maar wat is die werklike betekenis van die Geloftfe of Verbond van daardie dag? Waartoe het daardie klompie Voortrekkers hulleself in werklikheid verbind?

Schalk Jacobsz, die gewese bekende Afrikaanse akteur, gee ‘n volledige verslag in hierdie boek oor daardie dag en hy gee ‘n verklaring vir wat die dag in werklikheid beteken. Alles wat daar beskikbaar was oor die Gelofte en die gebeure rondom daardie dag het Jacobsz nagevors en tot ‘n gevolgtrekking gekom wat elke Boerehart eindelik gemoedsrus sal gee en beslis met groter volkstrots sal vervul. Lees Die Verbond by Bloedrivier deur Schalk Jacobsz vir al die antwoorde wat u nie het nie.

Dimensions 139 × 6 × 211 cm
ISBN 0-9584080-7-6
Bladsye 98
Datum 1996

Inhoudsopgawe