Sy lewe en profesieë

Lees die verhaal van hierdie profeet en Godsman

R380

Die verbond by Bloedrivier

R60.00

ISBN: 0-9584080-7-6
Pubikasie Datum: 1996
Grootte (mm): 211 x 139 x 6
Bladsye: 98

Let wel: As gevolg van ons ligging in Ladismith word alle bestellings eers Woensdae deur die koerier opgetel. Meeste pakkies behoort dus teen Vrydag afgelewer te word.

Die laaste paar jaar het die Boerevolk se Gelofte by Bloedrivier op 16 Desember weer onder skoot gekom. Oor baie dekades is die dag as ‘n Sabbatdag herdenk en is volksfeeste jaar na jaar op daardie dag gevier. Nou word dit van ons weggeneem.

Maar wat is die werklike betekenis van die Geloftfe of Verbond van daardie dag? Waartoe het daardie klompie Voortrekkers hulleself in werklikheid verbind?

Schalk Jacobsz, bekende Afrikaanse akteur, gee ‘n volledige verslag in hierdie boek oor daardie dag en hy gee ‘n verklaring vir wat die dag in werklikheid beteken. Alles wat daar beskikbaar was oor die Gelofte en die gebeure rondom daardie dag het Jacobsz nagevors en tot ‘n gevolgtrekking gekom wat elke Boerehart eindelik gemoedsrus sal gee en beslis met groter volkstrots sal vervul. Lees Die Verbond by Bloedrivier deur Schalk Jacobsz vir al die antwoorde wat u nie het nie.

Relevante Publikasies

en die dagboek van Anna Steenkamp

Lees hierdie merkwaardige verhaal van ‘n groepie trekkers se optog na Palestina.

R140