Die Openbaring van Paulus wat in die vierde eeu ontstaan het, het groot opgang in die vroeë Westerse Kerk gemaak. Dis ’n aangrypende gesig op die mens se twee Eindbestemmings. Die siel word deur engele opneem om voor God te verskyn, waar hy moet luister na alles wat hy/sy hier op aarde verrig het en wat die straf of beloning daarvoor is. Die strawwe word breedvoerig beskryf. Laastens gee hy ons ook ‘n kykie op die Nuwe Jerusalem.
Die Openbaring van Petrus bestaan eerstens uit ‘n gesprek oor die ‘Laaste Oordeel’ wat Christus met sy dissipels na sy opstanding gehad het; tweedens kry ons ‘n besonderse beskrywing van die Paradys, gevolg deur ‘n meer omvattende voorstelling van die hel wat ontstellend realisties weergegee word.
Volgens prof. Jac J Müller getuig hierdie geskrif van die van die vroeë Christendom se belangstelling in die leer van die Laaste Dae.