Die Oera-Linda

ISBN: —
Pubikasie Datum: 2020
Grootte (mm): 210 x 137 x 15
Bladsye: 179

R150.00

Daar bestaan al sedert 2193 v.C ‘n oeroue dokument (Die Oera Linda Boek) wat handel oor ‘n 4 000 jaar oue beskawing. Hierdie hand- geskrewe teks bevat ook talle verstaanbare Afrikaanse woorde en uit- drukkings! En hoewel dit reeds in 1872 in Nederland gepubliseer is, word die inhoud daarvan nog doelbewus doodgeswyg. Tydens ‘n Volkekundige Kongres in Parys, Frankryk, het ‘n taalkenner uit Istanboel die kongreslede laat regop sit toe hy aan die hand van Die Oera Linda Boek ‘bewys’ het dat Afrikaans se wortels direk na hierdie ou beskawing teruggevoer kan word. Maar hoekom geniet hierdie uitsonderlike teks dan nie die aandag wat dit verdien nie? Is dit oor die kontroversiele godsdienstige uitsprake daarin? Of is dit omdat die inhoud ons huidige politici en kerklui tot in hul fondamente sal skud?

Lees nou Die Oera Linda in Afrikaans en maak kennis met die magtige Friese Ryk wat die destydse beskaafde wêreld oorheers het; maar maak ook kennis met hul taal wat ‘n duidelike voorloper van Afrikaans is. In Die Oera Linda is daar ‘n verstommende profesie wat oor dertig eeue strek, en eers in ons dag finaal gaan afloop!