Die publikasie van Die Messias-kode is ‘n besondere gebeurtenis wat die Afrikaanse boekwêreld te beurt val, want van die inligting wat hierin opgeneem is, verskyn nou vir die eerste keer wêreldwyd in boekvorm.
In die Messias-kode sal u die geheime ontdek waarvan selfs Isaac Newton bewus was, maar nie kon vind nie.
Het u byv. geweet dat die ganse verloop van die mens se geskiedenis (van Adam af tot en met die Wederkoms) perfek in die eerste sewe woorde van Genesis 1:1 gekodeer is? Of dat die sondeval en Eerste Koms van die Messias opgesluit is in die name van Adam se geslagsregeister?
Maar dis nie al nie: Ook sy Tweede Koms is in Daniël hoofstuk nege gekodeer – beide die maand en jaar word vermeld; en daarmee saam ook die laaste ‘sewe jaar van die Antichris-regering’ wat aanstons ‘n aanvang gaan neem!
Geen persoon wat die Messias-kode gelees het, sal ooit weer met dieselfde oë na die Bybel kyk nie, want:
- Die kontemporêre wetenskaplike kennis wat in die kodes openbaar word, lewer onomstootlike bewys van sy bonatuurlike oorsprong.
- Dit is die enigste ‘heilige boek’ wat deur ‘n omvangryke kodestelsel bevestig dat sy samestelling en inhoud van ‘n buiteaardse ‘Bron’ afkomstig moet wees.
Inhoudsopgawe
Inleiding – Die verborge boodskap, Niks nuuts onder die son, Tydspronge, Twee kalenders
Hoofstuk Een – Getalle en hul betekenisse
Hoofstuk Twee – Isaac Newton en die Bybelkodes, Oermanuskrip bevestig kode, Twee Testamente: Een Openbaring, Die verhaal van Christus: ’n legende?, Josefus, Antieke Joodse en ander bronne, Nie-Joodse bronne, Messiaanse profesieë
Hoofstuk Drie – ’n Lewenstaak, (Dr. Iwan Panin), Die beginsel van die wysheid, Ooreenstemming tussen natuur en Skriftuur, Die sewevlak-struktuur
Hoofstuk Vier – Numeriese grondslag van Grieks en Hebreeus, Die ongelooflike sewes, Steeds ingewikkelder, Ineenskakeling van die Bybelboeke,
Rangskikking van die Bybelboeke, Toenemende bewyse van Goddelike inspirasie, Die vinger van God, Waarom tot nou toe ’n geheim, Die gesuiwerde, herstelde Nuwe Testament, Uiteenlopende vertolkings, Panin se modus operandi
Hoofstuk Vyf – Rekenaar bewys Bybelse watermerk, (David Ordman), Pinehas en Elia
Hoostuk Ses – Profesieë in Adam se geslagsregister, ’n Profesie van die komende Vloed, Heilsboodskap in die woord ‘Tora’, Die Goddelike skema, Die Masoretiese teks, Woordpare in Genesis
Hoofstuk Sewe – (Verloop van die mens se geskiedenis), Die sewe dae-skepping, Die kodes wat gebruik word, 5760—die begin van die einde?, Die geheim word ontrafel, Die gemeente, Kyk, jou Koning kom!
Hoofstuk Agt – Die valse leraars, Basiese bevindinge, Die Dooie See Rolle, Betroubaarheid van ou geskrifte, Die vroeë kerkvaders, Suiwerheid van die Nuwe Testamentiese teks
Hoofstuk Nege – Bybel die wetenskap ver vooruit, Tyd, ruimte en materie is begrens, Die heelal brei steeds uit, Wetenskaplike akkuraatheid, Die sterre ontelbaar,
Die tyd word verkort, Olifante, Atlas, skilpaaie of Job?, Die Sewester, Die baan van die son, Die heelal besig om te sterf, Radiogolwe in die eter, So ver as die ooste, Plant- en skulpdiersoorte, Die watersiklus, Oseanografie, Oseaanbedding- en berge, Dinosourusse
Hoofstuk Tien – Profesieë oor Toekomstige ontdekkings en gebeure, 1. Industriële ontwikkeling, (Mynbou), 2. Ekonomie (Ineenstorting van die Aandele Beurs), 3. Moderne oorlogstuig (Joël het dit gesien), 4. Sosiale verval (Sedeloos, sportmal en materialisties), (Vigs: Moses het gewaarsku!), (Mediese feite), (Bybelse gegewens), 4. Diewe, moordenaars en kapers
Hoofstuk Elf – Die Bybel en die moderne fisika, (Die atoomstruktuur), Kernfisika
Hoofstuk Twaalf – Die Messias-kode, Inleiding, Griekse vertaling: Die Septuagint, Die engel Gabriël se profesie, Omvang van die profesie
Hoofstuk Dertien – Die eerste 69 weke, Messias se dood en verwoesting van die tempel, Die 70ste week—laaste 7 jaar, Gelykenis van die tien maagde
‘n Laaste Gedagte
Bronnelys