Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die Jerusalemgangers

deur Vaandel Uitgewers

R140,00

Die Jerusalemgangers, ‘n groep Trekkers onder leiding van Johan Adam Enslin, het die Kaapkolonie verlaat om die woestyn in te trek en ‘Nylstroom’ te stig. Anna Steenkamp, niggie van Pieter Retief, deel die ontberings van die trek, met ‘n merkwaardige Goddelike uitredding by ‘n ander ‘Bloedrivier.’

Die Jerusalemgangers was ‘n groep Trekkers wat geglo het hulle is, net soos die Israeliete van destyds, “God se volk”. En omdat hulle nie bereid was om die Britse Empire (Farao) se slawe te wees nie, het hulle onder leiding van hul eie Moses en profeet (Johan Adam Enslin), Egipte (die Kaapkolonie) verlaat en die woestyn (wildernis) ingetrek.

Oor hul leier skryf dr. J.P. Claasen die volgende: “In die Bybel lees ons van die val van Adam en Eva en hoe hulle die Paradys verloor het. Die Nuwe Testament kom dan met die blye boodskap dat die tweede Adam, Jesus Christus, die verlore Paradys herwin het deur Sy koms na hierdie wêreld. In Suid-Afrika kom ons egter ’n derde Adam teë, Johan Adam Enslin. Rondom hierdie man en sy geesgenote ontvou die vreemde verhaal van ’n aantal mense wat ’n plan opgevat het om oor Afrika te trek tot by Jerusalem.”

Die vermoeiende tog het hulle uiteindelik by die ‘Nyl’ gebring. En daar het hulle finaal uitgespan om ’n dorp met die naam ‘Nylstroom’ te stig.

Die dagboek van Anna Steenkamp

Anna Steenkamp, die niggie van Pieter Retief, het op 5 November 1837 die Kaapkolonie verlaat, alleen met haar kinders, diensbodes en vier waens. Haar man en een kind was ernstig siek, terwyl sy self ook ‘n swaar verkoue onder lede gehad het. Haar man is kort daarna oorlede.

In haar gedenkskrif vertel sy van die bomenslike ontberings wat hulle tydens die trek beleef het; van die aanhoudende teenspoede, rampe, ellendes en verskrikkinge waarvoor hulle te staan gekom het. Maar dan verhaal sy ook van ’n merkwaardige gebeurtenis wat hom by ’n ander ‘Bloedrivier’ (die Boesmansrivier) afgespeel het toe dit gelyk het of “die hele heidense ryk saamgestaan het om ons uit te roei!

“Die vyand het ons twee dae en twee nagte besig gehou,” skryf sy, “en het gedurig skote op ons gevuur, maar geeneen van ons het enige beserings van hulle koeëls opgedoen nie. En siende dat ‘n menigte van hulle tydens die slag gesneuwel het en dat hulle ’n swaar neerlaag gely het, het hulle uiteindelik met ’n gesang vertrek, terwyl hulle nog sarsies geskiet het sovêr ons hulle nog kon hoor…”

Hierdie insident was maar net nog een van die vele Goddelike uitreddings op ’n volk in wording se trekpad na die beloofde land en vryheid.

Weight 0,177 kg
Dimensions 210 × 8 × 139 cm
ISBN 978-1-919728-91-9
Bladsye 132
Datum 2017

Inhoudsopgawe

Inleiding
Hoofstuk 1 – Ons erfgoed verkwansel
Hoofstuk 2 – Vegkop, Die Slag van Silkaats, Bloukrans
Hoofstuk 3 – Edik van Nantes
Hoofstuk 4 – Soort volgens soort, Totius die profeet
Hoofstuk 5 – Enslin se stamvader, Waardige patriotte
Hoofstuk 6 – Tog na die Nyl, Die Marico-Israeliete
Hoofstuk 7 – Enslin die militaris
Hoofstuk 8 – Laat my volk trek
Hoofstuk 9 – Geelkoors
Hoofstuk 10 – Vryheid nog aanstaande, Kinderlike Godsvertroue
Hoofstuk 11 – Die Jerusalemgangers en die Kerk
Hoofstuk 12 – Die Kerk struikel
Hoofstuk 13 – Paradys-verlange

Anna Steenkamp se dagboek
Hoofstuk 1 – Vooraf Inleiding
Hoofstuk 2 – Redes vir die Trek
Hoofstuk 3 – Geboorte van my laaste kind, Oor die Drakensberge
Hoofstuk 4 – Retief se waarskuwing, Verraiers val in eie strik
Hoofstuk 5 – Wonderwerk by Boesmansrivier
Hoofstuk 6 – Rampe op ons laaste reis, Masels breek uit siot