Die boek van die opregte

ISBN: 0-9583779-8-7
Pubikasie Datum: 2012
Grootte (mm): 212 x 136 x 12
Bladsye: 283

R200.00

Toe hierdie merkwaardige apokriewe  boek meer as tien jaar gelede die eerste keer in Afrikaans verskyn het,  is dit byna onmiddellik uitverkoop. En omdat daar sedertdien steeds  groot aanvraag daarvoor is, het Vaandel Uitgewers besluit om dit nou  weer uit te gee. Die geskiedenis van die Opregte strek vanaf die  Skeppingsverhaal tot waar Is rael die Beloofde Land binnegaan. Ons maak  met ‘n verskeidenheid karakters kennis, o.a. met Nimrod se teenstrydige  en geweldadige karakter. Abra ham en Noag wat nie net tydgenote was nie,  maar ook goeie vriende. Ons leer hulle intiem ken; veral vir Abra ham,  wat God se vriend was. Sy besonderse karakter, waardigheid en gasvryheid  word treffend beskryf, en hier kry ons ook ‘n pragtige weergawe van  Abra ham en Isak se Vader-seun-verhouding daar op die berg waar Isak  geoffer moes word. Ons lees van Isak se besoek aan sy seun Jakob om hom  met die verlies van Josef te troos. Die Boek van die Opregte sal u weer  en weer wil lees!