ISBN: -1-919728-75-9
Pubikasie Datum: 2015
Grootte (mm): 212 x 136 x 30
Bladsye: 543
R390.00
Die publikasie van Boodskapper van God 20 jaar gelede (1995) was nie net ‘n volledige biografie van die bekende Boereprofeet (Siener van Rensburg) nie, maar ook ‘n versameling van al sy beskikbare gesigte vir die eerste keer in een band.
Sedert die verskyning van die eerste ses Siener-monografieë in 1991 (Profeet vir sy volk), het die woorde en visioene van Siener van Rensburg vele van sy volksgenote geroep, gelei, bemoedig en gedra deur ‘n baie moeilike tyd in ons geskiedenis. Maar nou staan hulle voor die tyd wat hy gesê het dit sal so donker wees dat hy nie sy hand voor sy oë kan sien nie.
Dit het na alle waarskynlikheid reeds begin met sy gesig van die Zoeloe impi wat uit die lang gras opstaan om sy skild en assegaai bokant sy kop uit te steek sodat die skaduwee daarvan dwarsoor die land val.
Ons verkeer al onder daardie skaduwee vandat Jacob Zuma, Siener se Tweede Dingaan, in 2009 president geword het.
Dit wil voorkom of die tyd waarin ons nou leef vir Siener van Rensburg uiters belangrik moes gewees het, want talle van sy visioene het juis betrekking op dit wat nou hiér by ons en in die res van die wêreld plaasvind.
Gebeure wat meer as 100 jaar gelede voor hom in sy visioene afgespeel het, word nou eers bewaarheid. Om maar net enkeles te noem: die toenemende instroming van swartes uit Afrika hierheen en na Europa; ‘n konfliik wat al sedert Februarie verlede jaar in Rusland woed en gevaar loop om in ‘n burgeroorlog te ontwikkel; die wêreldwye verslegting van ekonomiese toestande; die aanhoudende kragonderbrekings in Suid-Afrika, met die sterk moontlikheid dat Eskom totaal kan ineenstort; die munisipaliteite wat al byna almal bankrot is; verskeie El Niño’s wat die landbou in 1987/’88, 1982/’83 en 1997/’98 erg geteister het, veral is Wes-Transvaal waar Siener die groot droogtes gesien het; die onteiening van grond; die media wat ons in die duister hou oor belangrike plaaslike en wêreldgebeure; toenemende stakings; die versnelde tempo waarteen ons mense aangerand, verkrag en vermoor word; Siener se woorde ‘kyk na die parlement want daar gaan ons dinge begin’, en laastens, sy profesie dat daar in ons dag ‘niks in die kerk meer reg sal wees nie — ook nie in my eie kerk nie’, het hy gesê. (Die Hervormde Kerk het juis pas geskeur oor die Belhar-belydenis.)
Sy visioene staan in die lig van die volle waarheid, dis ‘n openbaring van verborge skakeringe van volkslyding, smart, vernedering, van pyn, verraad, sonde, en uiteindelik ’n heerlike godsvreugde van volkome genade en vryheid wanneer ons die Vierkleur in die Derde Boererepubliek sal hys.
As letterlik honderde van sy gesigte oor meer as ‘n eeu reeds bewaarheid is, wié en wát sal dan verhoed dat dit wat hy vir ons dag en die toekoms voouitgesien het, nie ook in vervulling gaan nie?
Tereg verklaar die historikus, prof. Gert van der Westhuizen: “Daar was nog nooit ’n persoon wat korrekte voorspellings op die skaal van Niklaas van Rensburg kon maak nie.”
Die uitgewer, wyle Charles Fryer van Tafelberg Uitgewers, het in Insig van Junie 1993 in verband met my boek Stem van ‘n profeet gesê: “Dis die onvergeetlike verhaal van een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons geskiedenis. ‘n Boek wat die Boereprofeet teruggee aan sy volk.”