ISBN: 1-919728-70-8
Pubikasie Datum: 2017
Grootte (mm): 214 x 139 x 12
Bladsye: 203
R160.00
In Siener – Blaas die Basuin herbevestig Nicolaas van Rensburg hom nie net as godsman en profeet nie, maar gee hy as ’t ware ook vir ons ’n ooggetuie verslag van die onmiddellike en toekomstige gebeure wat besig is om in Suid-Afrika en in die res van die wêreld af te speel:
Vir Siener se nasate (die ‘getroue Afrikaners’) is daar egter ook goeie nuus. Die einde van hulle onderlinge twis en verdeeldheid is in sig, en die begin van die Derde Republiek lê om die draai. Die boek verstrek ook antwoorde op vrae soos, waarom is daar so ’n noue verbintenis tussen die Duitse volk en die Boere? Gaan die Kaapse skiereiland afskeur en onder die see verdwyn? Wat gaan die impak wees as daar iets drasties by Koeberg skeefloop? En, wanneer gaan klaas weer baas word?
Siener – Blaas die Basuin, sal u soms aangryp, soms ontroer, soms verbyster, maar aan die einde met vreugde en blydskap laat — ‘n boek wat gelees móét word.