Die brief word ook hieronder opgevolg deur twee verdere korrespondensies tussen Professor Raath Advokaat Piet Pretorius.
Advokaat Piet Pretorius se ope brief
Professor Andries Raath se antwoord aan Adv. Piet Pretorius
Daaropvolgende Brief aan Professor Raath deur Adv. Piet Pretorius
![](https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/06/P-Pretorius.jpg)
Aan My ou Skoolmaat Dries Raath,
En aan Rudie Rousseau
Hierdie epos was vir my uiters moeilik om te skrywe. Julle gaan net aan en aan. Julle is nie op die oomblik ‘n toonbeeld van ‘n ware Christenskap nie. Geen seine van naasteliefde is by julle sigbaar nie.
Johann Rupert is reg wanneer hy twee jaar terug gesê het dat die Afrikaner steel kos uit sy broer se bord uit. Dit is wat jy Dries met jou lasterlike aantygings teen Adriaan Snyman maak. Jy steel sy pensioen. Jy is so min eerbaar soos wat jy probeer voorgee. Wat jy gesê het op Rudie sy agste video, het Adriaan in elke geval ook gesê. Wie is jy nou werklik? ‘n Verbitterde ou man? Het Adriaan se boeke nie beter verkoop as wat jou tipiese akademiese georiënteerde boeke oor Siener getoon het nie? Nou moet jy hom belaster en hom vertrap om raak gesien te word. Weet jy van die Staat versus Koekemoer (Streekhof 7 Pretoria) saak? Daarin het die Valke aangetoon dat hulle binnekort verskeie regse arrestasie oor die land breedte gaan maak. My vraag aan jou is: Is jy nou wetend of onwetend die Staat se provokateur in hierdie verband? Is jy nie besig om jouself die monopolie toe te eien om oor die Siener alleen te skrywe nie? Jy is verwaand.
Jy val selfs Adriaan se boek titels aan. Godsprofeet. Jy het jouself gaan inwurm om toegang tot informasie oor die Siener te bekom. Dan hou jy daardie inligting geslote vir jouself. Ek het jou meer as 10 maande gelede gevra om informasie te bekom oor die Siener se gesigte i.v.m. die twee-stert komeet wat jy tot nou toe nie aan my geopenbaar het nie.
Jou woorde by die graf van die Siener op 29 Mei 2021: “Ons weet dat die koeël vir Beyers bedoel was.” Is jy seker????? Dit is duidelik dat jy nie weet van die skrikbewind van die Foster-bende aan die Rand nie! Wat ek vir jou probeer sê, is dat jy is net so mens as Frik Pretorius en Adriaan Snyman. Jy kan ook somtyds verkeerd wees, want jy is mens soos ons ander. Maar jy is so vol van jouself. Ons noem dit HOOGMOED. Die Skrif waarsku ons teen HOOGMOED. Dit is ’n gruwel in die oë van die Here.
Jy is gou om Adriaan te beledig oor sy verdienste uit Siener, wat van jou eie Siener boeke se verdienste? Hierdie boeke word immers nie verniet gedruk nie. Wat sê die Here Jesus “Haal eers die balk uit jou eie oog uit.” Waar is jou naastenby liefde vir jou eie.
Jy klink eerder soos ’n provokateur wat verdeeldheid saai. Of is jy nie besig om te skinder oor jou naaste nie? Jy bevorder nie ’n samebindende klimaat nie, terwyl ons mense bitter swaarkry. Jy val almal aan, regs en links. Hierdie verdeeldheid weerspieël duidelik wanneer jy sê dat daar persone in ons kringe is waarmee jy jou nie mee wil assosieer nie. Dit is baie arrogant. Dit is nie leierskap wat jy hier toon nie. Ons is tans leierloos. Die Skrif is baie duidelik dat die leier wat sal opstaan, kom uit die Huis van Dawid. Pasop as die Here dalk vir ons ’n KONINGIN gaan stuur? Of is dit te veel vir jou ego.
Verder vergeet jy gou hoe het jy weggehardloop toe jy aan my telefonies die opmerking gemaak het dat Genl. Tienie Groenewald ’n CIA agent was, en dit deur die Geheimediens onderskep was en ek jou genader het om dit in die Hof te kom bevestig. Selfs ek het jou daarvoor vergewe. Gaan jy dalk weer weghardloop wanneer die Valke binnekort op jou voorstoep kom staan? Onthou dit, die Here hou nie van bangbroeke nie. Of gaan jy toelaat om vir 5 jaar in die oorstopte tronk in aanhouding te wees, terwyl jou vrou op haar eie moet aansukkel? Realiteit gaan jou weereens dwing om die ander weg te volg en jou eie stem te verdof. En dit terwyl jy en Rudie in jou hoogmoed ander stemme laat verdof.
Wie sê dat jou vertolking van die visioene, wat eerder soos ’n matriek poësie klas klink (so hoog drawend) korrek is? Dit is maar net nog ’n opinie. Weet jy dat Nellie van Zyl, die dogter van Boy Mussmann, aan die AFRIKANER koerant asook die teenintelligensie afdeling van Militêre Inligting insette oor Oom Niklaas gegee het? Waar is jou insette daaroor? Besef jy dat van ons skoolmaats agterkleinkinders van die Siener was? Dries jy weet nie alles nie.
Adriaan wie jy krimineel belaster het oor sy insette oor die Nag van die lang messe (hy het dit o.a. uit Johanna Brandt ontleen en ook aan die Siener gekoppel uit sy visioen van 4 April 1915) nadat hy jou boek Die vierkleur wapper weer geraadpleeg het en dit toe verkeerdelik aan Mandela se dood toegedig het? Daardie gesig van die Siener is steeds uitstaande en moet dus nog met die begrafnis van ’n “belangrike persoon” in vervulling kom. Wat Adriaan se verkeerde interpretasie betref, het hy reeds in sy publikasies daaroor verskoning gevra. Jy kyk dit doelbewus mis. Jy gebruik egter daardie één verkeerde interpretasie as ’n kapstok om jouself op die voorgrond te plaas. Het jy hom by sy huis gaan besoek en hom tereg gewys? NEE! Dit is duidelik dat jy van ‘n trap-tegniek gebruik maak om jouself as skrywer en jou Boeke te bevorder – totaal teenstrydig met jou Calvinistiese beginsels. Jy tree nie in goeder trou op nie. Tog het Francois de Wet ook deur die Heilige Gees ’n soortgelyke gesig ervaar waarin mense in Johannesburg aangeval en vermoor gaan word. Dit is nie vir jou relevant nie – want dit pas nie by jou trap-aanslag nie. Kom weg van jou vernoude uitkyk. Jy en Rudie is besig om baie mense na hulle dood te lei. Adriaan en Francois probeer sê dat ons as Afrikanervolk moet terugkeer na die Here en dit word al hoe noodsaakliker om ons voor God te verootmoedig. Adriaan het ’n groot bydrae gelewer om die gees van Elia in Suid-Afrika te laat ontwaak. In hierdie verband het hy verskeie geskrifte soos die Boek van Opregte, die Verborge Boek van Eden, Die Boeke van Esdras en so meer, die lig laat sien om die erns daarvan aan te spreek. Hy en Frik leef werklik van die hand tot die mond, terwyl jy jouself in ’n posisie geplaas het om te kan aftree met ’n pensioen. Jy het jou en jou gesin nie geoffer vir die GROOT SAAK nie. En Rudie jy moet nie Dries se skoothondjie word nie! Jy lewer ’n groot bydrae oor die konsentrasiekampe, hou jou daarmee besig. Dit spreek daarvoor self. Dankie daarvoor. En Rudie, gaan kyk weer na jou eie Youtube video SIENER VAN RENSBURG – DIE GEBOORTE VAN SY PROFESIEE – DEEL 1 – sien die opname vanaf 01H18:11 tot 01H24:37. OORTREE JULLE NIE WAT DIE SIENER ONS OOR WAARSKU NIE?
Video is tans (12-12-2023) nie meer beskikbaar nie
Dries, klim af van jou HOË PERD (HOOGMOED) en kom aarde toe (WORD NEDERIG) en praat met ons soos die OU SKOOLMAAT wat ons in VENTERSDORP in ons skooljare geken het. Die ou wie se opstelle saam met Elsabe Meyer en Karen van Dyk s’n in die klaskamer voorgelees is as die goeie voorbeelde en myne vir al die moenies. Vandat jy deurmekaar geraak het met Potch se CALVINISME, het jy jou koers verloor, soos wyle Louw Nel (wat jou ook in Bloemfontein ontmoet het) aan my oorvertel het. Jy was net soos ek in ons skooldae deur Dan Swanepoel (ons onder-skoolhoof) beïndruk toe ons elke Vrydagoggend die skooldag met vlaghysing en gebed geopen het. Die verskeie kere wat ons volkspele tot laat die aand gehad het. Ek soek die ou Dries terug wat ons skool prefek was. Kom terug aarde toe (word nederig) en word ‘n leier waar jy ’n werklike samebindende leiding kan gee soos ons dit in die ou dae geken het. Ons saamgelag het toe mev. Dippenaar my en Jannie Adams uit die sangklas gejaag het en haar man ds. Dippenaar wat 20 minute lank gebid het. (Terloops hulle seun en skoondogter het saam met my in die Geheimediens gewerk.) Kom by en vra Adriaan Snyman en Frik Pretorius om verskoning. Laat ons weer vriende word, want ons het mekaar nodig in hierdie donker tye om te oorleef. Ek moet vir jou omgee om vir myself te kan omgee. Stop jou onsin. Laat ons eerder hande vat. So gaan ons wen.
Groete
![](https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/06/Raath.jpg)
Geagte Piet,
Ek het via Rudie Rousseau ‘n skrywe ontvang wat na bewering onder jou hand geskryf is.
Indien die skrywe uit jou pen kom, enkele hoofpunte:
1. Jy bemoei jou met aangeleenthede waarby jy geen direkte betrokkenheid het nie en nog minder van weet. Tot op hede het ek my nie verwerdig om te reageer op jou werke Volksverraad en Volkshoop nie omdat dit benede my sin vir behoorlikheid is om te reageer op werke wat geen stawing aanbied van die inhoud nie. Geen bronne word genoem nie behalwe ‘n aaneenryg van bewerings wat oor geen gesag beskik nie.
2. Jy tree in die bres van ‘n skrywer wat hom oor oom Niklaas uitlaat en dit op so ‘n wyse dat daar voldoende bronne genoem word nie. Groot dele van sy werke is uit myne oorgeneem sonder voldoende erkenning. Die aaneenstrengeling van bewerings / mededelings / kommentaar / uitleg / herinner sterk aan die ongesubstansieerde brabbelings wat jy in Volksverraad kwytgeraak het.
3. Teen onwaarhede en ongesubstansieerde bewerings moet ek my ten sterkste uitspreek. Ons arme volk is al so geteister deur hierdie tipe van sektariese propaganda dat dit is om van te stik. Ek moes lankal op die eensydige en propagandistiese inslag van jul mededelings gewys het en waarmee jul waarskynlik ‘n fortuin aan verdien het.
4. Jul het willens en wetens mense mislei onder die vaandel van die waarheid; julle het godsdienstige sektarisme verkondig onder die vaandel van die lig ensomeer – propagangda wat lei tot verwarring en dit bied geen oplossing nie. My vraag: Wie is die meesters wat julle dien? Word julle betaal om hierdie verwarring te stig? Wie bepaal die agendas om mense in verwarring te bring en moedeloos te maak juis sodat hulle hul groter planne kan bevorder?
5. Dit is dalk raadsaam om jou mond dig te hou want die toon en trant van jou skrywe en die publikasie daarvan kan my dalk net by die punt bring om te besluit om die nodige stappe te neem. My raad: Hou jou neus uit aangeleenthede wat jou nie aangaan nie – dis dalk die beste manier om uit die moeilikheid te bly. Indien jy in ‘n helder oomblik sou besluit om aan my te skryf, maak seker dat jou varkies op hok is – het nogal gesukkel om sin uit jou brabbelings te maak!
Groete,
Andries Raath
A.W.G. RAATH
UFS Emeritus Senior Professor & Research Fellow Public Law, History & Philosophy
(078) 235-7013 Work
(078) 235-7013 Home
RaathA@ufs.ac.za
UV LOGO
A.W.G. RAATH
UV
Emeritus Senior Professor & Navorsingsgenoot Publiekreg, Geskiedenis & Filosofie
(078) 235-7013 Werk
(078) 235-7013 Huis
RaathA@ufs.ac.za
University of the Free State: This message and it contents are subject to a disclaimer.
Please refer to http://www.ufs.ac.za/disclaimer for full details.
![](https://vaandel.co.za/wp-content/uploads/2021/06/P-Pretorius.jpg)
Dries
Frik het my gewaarsku dat jy so gaan optree soos reflekteer in jou skrywe aan my. Ek het gehoop hy is verkeerd. Jy mis my boodskap. Ek is ontsteld oor jou herhaalde sinnelose aanvalle op veral Adriaan Snyman en minder mate op Frik Pretorius.
Al wat ek vir jou kan sê is dat jou HOOGMOED tot ’n val gaan kom. Die wat beweer moet bewys. Skakel gerus Chris Joubert. Hy kan jou op hoogte bring, wat jy wil weet. Hy ken jou baie goed. Maak eers seker dat jy reg is. Wyle Genl. Lothar Neethling het my publikasie (Volksverraad) in ’n KP vergadering ondersteun, nadat Piet Kotze ’n hewige aanval op die publikasie geloods het. Wyle PW Botha het nagenoeg 50 boeke aan sy vriende en kollegas uitgestuur. Dit is enkele voorbeelde en behoort iets vir jou te sê. PW het aan Chris die egtheid daarvan aan hom beskryf as skrikwekkend naby die waarheid indien dit nie die waarheid is nie.
Jou dreigement gaan ek vir eers ignoreer, omdat jy my ou skoolmaat is. Ek het steeds groot hoop dat ons vorentoe kan hande vat.
Laastens wil ek net vir jou sê: Maak jou saak met die Here reg? Wat jy doen is verkeerd? Jou houding is nie reg nie? Dit sluit selfs jou optrede teenoor my in. Hou op met hierdie meerderwaardigheid van jou! Die onderstaande uitlatings bevestig jou meerderwaardigheid. Jy gaan jouself al hoe meer van almal isoleer. Dit is nie wat die volk wil hê nie. Jy kan vir hierdie volk van groot waarde wees; wees asseblief net meer nederig. Kom onder die voet van die Here. Vergeet jou ego.
Ek hoop jy besef hoe naby is ons vir dinge om te gebeur. Ek hoop steeds dat ons binnekort die ou Dries in jou weer gaan sien. Ek druk dit op jou hart om beide Frik en Adriaan om verskoning te vra ter bevordering van volkseenheid. Ons is baie min. Ek is ontsteld oor herhaalde sinnelose aanvalle op veral Adriaan en minder mate op Frik. Kyk gerus Youtube video SIENER VAN RENSBURG – DIE GEBOORTE VAN SY PROFESIEE – DEEL 1 – sien die opname vanaf 01H18:11 tot 01H24:37.
Groete
Jou ou skoolmaat
Pieter
Adv. Piet Pretorius se skrywe is vir my ’n voorbeeld van ons Heiland se Bergpredikasie waar Hy gesê het: “Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
Prof. Raath se brief daarenteen, is weer vir my ’n voorbeeld van skyn ‘Christenskap’ waarvoor ek op die vlug slaan!
Iets wat my in sy skrywe aan adv. Piet Pretorius dadelik opgeval en ook gehinder het, is die feit dat Andries Raath dit nodig geag het om onderaan sy brief sy volle bekwaamheid en amptelike status as emeritus Senior Professor & Navorsingsgenoot Publiekreg, Geskiedenis & Filosofie, nie net in Afrikaans nie, maar sowaar ook in Engels te verstrek. Hoekom? Sekerlik tog nie om adv. Pretorius te probeer beïndruk nie, want hulle ken mekaar reeds van skooldae af! Kan dit dalk wees dat hy daarmee wou seker maak dat daar by ons, die gepeupel, asook elke Engelssprekende, wat sy brief lees, geen twyfel moet wees dat ons nie hier met enige hierjy te doen het nie, maar met ’n man met ‘hogere status en aansien’ in die samelewing? En dat sy venynige en giftige ‘brabbelings’ gesaghebbend is? Ek vra maar net die vraag, want oor die jare heen het ek met talle professore, emeritus professore en persone met doktorate gekorrespondeer en geeneen van hulle het ooit sy titel onder aan ’n brief bygevoeg nie. In sommige gevalle het ek eers later via vriende daarvan te hore gekom, of dit in ’n koerantberig gelees.
Oom Adriaan, oom het die mense baie gewaarsku oor die jare die goeie jare toe ons ouers ons uit verkoop het met die sondes en die donker tyd is nou hier oom (Waar die mense nie hulle eie hande voor hulle oe kan sien nie).
Baie van ons sien nou baie beter omdat oom daar was, gestuur deur ABBA VADER.
As die skrywe dan verkeerd was soos beweer word, onthou net.
Ons VADER laat SY profete ook jok soos geskrywe staan.
Buiten Siener se dinge was oom self maar die profeet wat sy volkie probeer waarsku het.
En weet julle sal gehaat word maar hou moed, HY self was immers eerste gehaat.
Dankie dat oom die basuin geblaas het vir ons, ek waardeer dit baie oom Adriaan.
Moet nie dat hierdie mense oom van oom se doel berowe nie.
Daar is tans baie profete in Sion, maar dit maak oom nie vals nie.
Waarsku die volk oom, dit raak noul
laat?
Baie dankie vir hierdie kosbare woorde! Ek het uiteindelik besluit om prof. Raath en Rudie Rousseau met ‘n kort video-opname te antwoord. Verskeie van ons mense het my gevra om dit te doen. Maar dit sal nie wees om ook aan te val of af te kraak nie, maar ter wille van die waarheid en geregtigheid. Dit sal iewers in Julie wees wanneer my seun met sy kamera-toerusting weer kom kuier.
Dit wil voorkom asof so baie mense steeds onbewus is van die feit dat dit algemene kennis was dat daar TWEE AFSONDERLIKE en APARTE Blanke RASSE mense was wat uit Europa na die Kaap gekom het, naamlik eerstens, die Edomiet-joodse (wat helder en duidelik aangedui word in die WARE maar VERSTEEKTE geskiedenis as die Sefardiese jode) VOC goewerneurs, verkoopsmanne, bedryfsagente, wamakers, skrynwerkers, messelaars, bootbouers, stoormanne en vele ander, as PERMANENTE WERKNEMERS van die VOC, en hul Edomiet-joodse “Heere XVII)…! Hulle het NIE uit Europa gevlug omdat hulle as Calvinisties-verProtestanteerde crypto-jode vervolg was NIE, MAAR om die posisie van die Kaap te kom eksploiteer vir finansiële en kommersiële gewin…! As werknemers van die VOC was hulle slegs TYDELIK na die Kaap gestuur, en kon ter eniger tyd herontplooi word na enige ander handelstasie in die wêreld.
‘n Paar jaar ná sy aankoms op 5 April 1652 aan die Kaap, skryf Jan van Riebeeck aan die HEERE XVII om “Setlaars” na die Kaap te stuur om PERMANENTE inwoners van die Kaap te word en die landbou produkte te produseer. Hierdie mense is passasie aangebied in ruil vir ‘n ingehuurde diens as “soldate”, om SOOS WAT in die aard van die Edomiet-jode, die PROKSIE-mag te wees waarmee die VOC oral sy magsbasis met militêre geweld uit gebrei het, en afgedwing het…! Hierdie mense moes ‘n kontrak teken met ‘n VOC agent wat as ‘n “sielsverkoper”in die geskiedenis genoem word, teen 150 Rijksdaalders, waarvan die bedrag oor 50 maande “afbetaal” sou word, teen ‘n koers van 3 Rijksdaalders per maand. Hierdie mense was veral vanuit Duitsland en Pruisse en was onderdruk, vervolg en ook vermoor omdat hulle NIE Christene was NIE, en wat die sewende dag Sabbat gehuldig het. Hulle het ook NIE die valse fiksie-gode van die Christendom aanbid NIE, maar wel vir “YaHWeH”- en het ook gepraat van “Pater Yod” – en vandaar die benoeming van “paterjotters”, wat later patriotte geword het…! Hierdie mense het geweet hulle is van die nageslag van die huis van Jakob…!
Tydens die “Unie Konvensie” in Durban, sowel as nog 40 jaar daarna, was daar dikwels verwys na hierdie TWEE AFSONDERLIKE en APARTE Blanke RASSE, en het selfs die Edomiet-jood, Jan Smuts daarna verwys in sy toesprake, en was dit sy Universalistiese vrymesselaar droom om hierdie TWEE RASSE tot een nasie te kon verenig…!
Wat ook NODIG is om te sê is dat daar onweerlegbare bewyse is dat hierdie twis tussen Afrikaner en Boer, reeds in die buik van Rebekka bestaan het, en sal Esau se aanslag teen Jakob, NOOIT verander NIE – totdat die profetiese boek Obadja uitgespeel het NIE…! So ook Esau se nageslag se voortgesette pogings om Jakob se nageslag te vervolg en uit te wil wis…!
As mens hierdie UITERS BELANGRIKE historiese feite in jou argumente mis, is elke argument geskoei op die LEUENS en VERDIGSELS van die Edomiete wat in ons dag konfigureer as Afrikaners, en sal die Boervolk NOOIT sy vryheid kan verkry, as hy hom NIE LOSMAAK en distansieer van die Edomiet-Khazar Calvinisties-verProtestanteerde Sefardies-joodse Cape Dutch Afrikaners EN hulle Konstantyn-geskepte Christendom godsdiens NIE…!
Die Boervolk se geskiedenis word reeds deur YaHWeH self geprofeteer soos uitgespel deur Moses in Deuteronomium 28, en hoe die Boervolk se geskiedenis KON gewees het in Deuteronomium 29, en hoe om uit hierdie strafgerig waarin die Boervolk tans onder die Edomiete en hulle agente verkeer, uit te kom, soos aangedui in Deuteronomium 30…!