Ons gaan u in die komende dae deurgaans op die hoogte te hou van gebeure rondom Mandela se dood. En ons versoek lesers om ook asseblief inligting aan ons deur te gee. Dit is in belang van ons almal.
- Pres. Zuma het bekend gemaak dat die begrafnis op Sondag 15 Desember sal plaasvind. Ons het agt jaar gelede al gesê dat dit sal gebeur, want hy op Sondag 11 Februarie 1990 uit Victor Verster vrygelaat. Ons het in dieselfde Vaandeldraer ook voorspel dat dit tydens ‘n skoolvakansie kan wees.
- Verskeie mense het laat weet dat hulle gedurende die nag geweerskote in die lokasie gehoor het.
- By Hammanskraal het gevegte tussen plaaslike swartes en Zimbabwiërs uitgebreek.
- ‘n Aantal paaie in die Oos-Kaap is reeds met padblokkades afgesper – dit sluit in die pad tussen Umtata-lughawe en Qunu, en die nasionale pad van PE na Oos-Londen.
- Die groot mynstaking begin in Januarie
- Mandela se kadawer is na 1 Militêre Hospitaal geneem – daar is die bestoegruste balsemkliniek.
- Hy sal in staatsie in Pretoria lê in ‘n glaskis – net soos wat Siener geprofeteer het.
‘n Gedenkdiens word in die JHB Sokkerstadion gehou.
Koningin Elizabeth: Mandela se nalatingskap is die vreedsame naasbestaan wat Suid-Afrika tans ondervind!
Adriaan het ons maar geweet hoe profeties die laaste paragraaf in November se Vaandel was…
Wie weet, miskien is 16 Desember 2013 dalk ons laaste geleentheid om die veghekke na te sien, die kruit en die lopers gereed te kry en vir oulaas te verootmoedig en die Gelofte af te lê…
dit gaan nie oor ‘n ou verslete gelofte nie. dit gaan oor ‘n volk se sondes en haar verharde houding teenoor die Almagtige, omdat Hy haar tugtig. vernuwing is op pad, maar nie volgens mense se handelinge nie.
Verlossing Vir ‘n Kind
Brandende kook naalde pyn
Japtrap vol gemmer en wyn
Plantsoen van die lewe
‘n Verdorwe brug bewe
Stuifmeel en granaat ontplof
‘n Volle haard van sand en stof
Rig die weg in die donkerte
En vier die skoot van sterkte
‘n Paal versuip in die woestyn
‘n Greep van Bo verskeur die tuin
Kosbare verlossing is nou in sig
Die deur swaai wyd oop na die lig
Vertrek uit die verlate plekke
Kom heen na die oue vertrekke
Bly daar en oornag vir die tyd
Dis die uur van benoudheid
Versamel die meel en water
Versamel die sade vir later
Kyk nie om en staan nie stil
Want die tyd is klaar verspil
In jou hand hoort die Woord
In jou hart hoort Sy Brood
In jou voete hoort Sy Gees
En waar Hy gaan, moet jy ook wees
Verbly jou in die dag wat sal grom
Want vir Sion se kind het Hy gekom
In Sy Leër sal jy Sy Stem weet
Dis die plek wat Hy vir jou meet
Die nag kom en jy sal aanskou
Hy het nog altyd vir jou onthou
http://dienoupoort.blogspot.com/2013/11/die-kaptein-van-yhwh-se-leer-captain-of.html
Wanneer ek die info lees dan draai my gedagtes na Lot ..Hy is opdrag gegee om Sodom te verlaat, maar sy vrou het teruggekyk en het haar doel gemis. Ons tyd het aangebreek wanneer ons die Vader se stem duidelik moet hoor en gereed wees wanneer die basuin blaas sodat ons uit Sodom kan padgee. Ons is in die olyf- en wynpars nou, die tyd gaan bepaal of die lig wat uit ons skyn suiwer of besoedel is.
Nou is die tyd vir ons om op ons kniee te gaan en te bid soos wat ons nog nooit gebid het nie. Deur God sal ons alles kan deurmaak, net soos ons voorvaders gedoen het. Mense het soms gese dat ons voorvaders van die beste vegters ter wereld was, nie net was dit omdat hulle so swaar grootgeword het en konstant in oorlogs toestande geleef het nie maar ook omdat hulle nederig voor ons Almagtige Vader gebuig het en hom om hulp gevra in alles wat hulle gedoen het. Eendragt maakt macht, en soos Die Bybel se, waar twee of meer mense in eenheid n saak vir God gee, het dit groot krag! Mag God ons volk genadig wees en almal se gebede aanhoor gedurende hierdie kersfees en mag ons in eenheid bid vir ons volk se toekoms. Geseende kersfees en n veilige nuwejaar vir almal. Baie dankie Adriaan vir al hierdie wondelike insiggewende artikels waarin jy, jou span/navorsers of kontakte, vir ons n beter prentjie skep van wat in ons land aangaan, en mag onse God jou en jou familie veilig hou Amen