Posted on 2 Comments

Nasionalisering – ‘n voldonge feit

Die regering gaan so gou moontlik Suid-Afrika se Bilaterale Beleggingsooreenkoms met die Europese Unie kanselleer, en sodoende die laaste waarborg dat daar nie genasionaliseer word nie, uitskakel. Daarna is die deur wawyd oop vir beslaglegging op elke soort eiendom in blankes se besit.

Hierdie versekering het Ronald Lamola, adjunkpres. van die ANC-jeugliga, aan Suid-Afrika se swart jeug gegee, en voorspel dat soortgelyke gebeure wat in die laat-negentigs in Zimbabwe afgespeel het, hier verwag moet word:

“Dit was eers ná kragdadige massa-optrede deur die mense van Zimbabwe dat Zanu-PF begin het om eiendomme oor te neem… Dit lyk of dit dieselfde hier gaan wees.”

Hy het by ’n beleidskonferensie van die Jeugliga in Centurion, Pretoria, gepraat. Lamola het gesê die enigste manier om ekonomiese ongelykheid reg te stel is om artikel 25 van die Grondwet te verander. Artikel 25 hou verband met eiendomsreg en stel voorwaardes vir die ontneming van enige soort eiendom. “Artikel 25 se dae is getel,” het hy onder groot gejuig uitgeroep. Alles in aanmerking geneem, is nasionalisering ons voorland.

‘n Suid-Afrikaanse vegvlieër wat in 1987 in Angola diens gedoen het, het uit ’n bron verneem dat ons ‘n groot omwentelinge moontlik nog hierdie Desember in Suid-Afrika kan verwag, en dat die onlangse gebeure by Marikana, en die stakings in die wes-Kaap maar net die voorloper daarvan is:

1. Marikana was klaarblyklik ’n “toetsloop” vir Julius Malema, wat in samewerking met die Britse Geheime Diens, die pad moes oopmaak vir die stigting van sy eie politieke party (waarskynlik vroeg in 2013). Maar tydens die staking het Cyril Ramaphosa en sy swart mafia se verkullery van werkers aan die lig gekom. Ramaphosa is ‘n nie-uitvoerende direkteur van Lonmin wie se Shanduka-groep 9 persent van die maatskappy besit; en daar is beweer dat hy die werkers net R4 000 betaal het van die sowat R12 000 wat hulle moes kry.
’n Woedende Ramaphosa het die stakers as kriminele uitgekryt en om 2.58 nm. op 15 Augustus 2012 het hy in ’n e-pos gevra dat daar genadeloos teen die “kriminele” opgetree moet word. En presies 24 uur later is 34 van stakende mynwerkers “genadeloos” deur die polisie doodgeskiet.

2. Om die aandag van die gebeure by Marikana af te trek, het die swart mafia besluit om ’n “toetsloop-staking” vir plaaswerkers in die Wes-Kaap te reël om hulle in oefening te kry vir wat later beplan word. Volgens die vlieënier se bron het die Wes-Kaapse “toetsloop” bo verwagting goed afgeloop, en verwag hulle veel, veel gunstiger resultate wanneer die “groot landswye stakings” op 4 Desember voortgesit word.

3. Die onrus in die Wes-Kaap het vinnig versprei van De Doorns na Ceres, Robertson, Riebeek Kasteel en Somerset-Wes. Die polisie was egter hoofsaaklik betrokke by die meer ernstiger areas soos De Doorns, Ceres, Robertson, Prins Albert Hamlet en Somerset Wes. Eiendomme is aan die brand gesteek en swartes het begin om versperrings op te rig in die paaie met brandende buitebande. Voertuie wat plaaswerkers wou oplaai, is met klippe bestook en volgens inligting wat Nuus24 ontvang het blyk dit dat busse vol swartes in verskeie dorpe afgelaai is wat glad nie plaaswerkers is nie.

Die onrus het byna oornag ook na Swellendam uitgebrei en boere is daar bymekkaar geroep na die skougronde en aangeraai om wapens saam te bring. Die N2 aan albei kante van Swellendam was ook gesluit.Druiwe-arbeiders in die heksrivier vallei protesteer al vir meer as ‘n week oor hulle karige lone. Meeste se inkomste is tussen R69 en R75. Die grootste aanbod deur die Boere is sowat R80.

Toe die “stakings” beëindig is, was reeds sowat 16 dorpe in die provinsie geaffekteer. Ons het van oraloor berigte ontvang dat daar binne enkele dae nie meer melk, brood en selfs mieliemeel in winkels beskikbaar was nie. Brandstoftekorte is ook ondervind.

4. DIE ANC se nasionale beleidskonferensie begin op 16 Desember in Bloemfontein en by daardie geleentheid word ’n nuwe leier aangewys.
Dit is ’n datum én ’n plek gelaai met geskiedenis.

Dit was vanjaar presies ’n eeu gelede dat die ANC in Bloemfontein gestig is “om Afrikane te verenig in die stryd vir fundamentele politieke, maatskaplike en ekonomiese verandering”.
In ’n toespraak wat Emily Hobhouse geskryf het vir die bekendstelling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 het sy o.a. gesê: “Die Griekse wysgere het gesê totdat ’n man nie mag verkry nie, weet hy nie wat in hom steek nie.”.  Vandag weet ons almal dat Zuma en sy ANC vir ons nog net perdekuttels voorgesit het.
Vier jaar gelede het hy ook op 16 Desember in Diepsloot gesê hy gaan nog die slagting van 1838 by Bloedrivier wreek. En sy vertrouelinge sê hy sal hierdie 16 Desember “dood maak” as hy nie weer as leier gekies word nie, want as dit gebeur, verloor hy sy parlementêre privilegie en kan hy weens sy aandeel aan die wapenskandaal vervolg word…

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie, wat belastingboikotte reël wanneer die ANC-beheerde stadsrade in duie stort, het onderstaande waarskuwing uitgereik oor die toenemende arbeidsonrus en  gepaardgaande bedreiging van blankes se veiligheid in ons stede en dorpe. Hy skryf:

“Dit is verre van ons om aldag en heeldag wolf, wolf te skreeu. Mense raak daardeur afgestomp en glo dit later nie meer nie. Dat ons ’n Rwanda situasie in die gesig staar is nie altemit nie.”

Hy meld verder: ” Ons moet almal deeglik daarmee rekening hou. Selfs die Amerikaners sien dit kom maar hier sit die oorgrote meerderheid en sluit hulle oë vir die werklikheid.
Dit is so dat niemand vandag as ’n “ regse “ gesien wil word nie veral met die huidige uitsprake in die Boermagsaak. Terselfdertyd moet ons nie die werklihede miskyk nie.
Al doen u verder niks nie, moet om hemelsnaam nie u vuurwapens inhandig nie en sorg ook dat u die maksimum wettige aantal ammunisie beskikbaar het.
Verder doen ons ’n beroep op alle BBV’s om gebeurlikheids planne gereed te hê. Die Engelse gesegde “ Rather safe than sorry “ is beslis van toepassing.”

Siener het op sy beurt gewaarsku dat die geweld by Marikana gaan begin en daarna uitkring hy sien aan Bloemfontein se kant is ’n swart wolk vol mense (ook
dáár breek onheil en geweld uit en gaan baie mense sterf…