BLOG

Mandela – verdere inligting

Ons het intussen van ‘n senior bewaarder verneem dat hy verlede jaar ‘n gevangene moes bewaak in 1 Militêre Hospitaal. Die hospitaal was toe reeds in ‘n uiters swak toestand, maar hy het ook bevestig dat dit oor die beste fasiliteite beskik vir die balsem van lyke.

Dieselfde persoon het ook gesê dat hy en sy vrou daagliks by die Helde Akker verbygery en reeds maande lank gemerk het dat dit baie verwaarloos voorkom; maar verlede week was daar skielik ‘n groot bedrywigheid – die gras is gesny en dis skoon en netjies gemaak. ‘n Skopgraaf was besig om die nuwe graf daar te grawe. Die eerste nuwe graf in dekades. Ons sal hopelik môre ‘n foto daarvan plaas.

Etlike honderde verslaggewers, joernaliste, fotograwe en TV-spanne (plaaslik en buitelands) het dwarsdeur die nag voor die hospitaal gewag vir nuus oor Mandela se toestand. Verder was daar ook ‘n sterk teenwoordigheid van soldate in die strate.

Vanoggend is ‘n volskaalse “lugoefening” met helikopters en vegvliegtuie bokant Pretoria uitgevoer, en die Weermag se verklaring dat dit ‘n lugskou was, is moeilik om te glo. Veel eerder het dit gelyk na die lugskou wat met Mandela se inhuldiging plaasgevind het.

Ons het om 17.45 gehoor dat Nelson Mandela omstreeks 17.30 gesterf het. Kort daarna het ‘n militêre voertuig sy opwagting gemaak en toe weer vertrek.

Ons het ook verneem dat sy begrafnis nie aangekondig sal word alvorens sekere take nie afgehandel is nie … dit sluit waarskynlik die balsem van die lyk in. En alles dui daarop dat dit by 1 Militêre Hospitaal sal geskied.

Dit neem enigiets tussen 14 en 42 dae om ‘n lyk te balsem. Dus moet ons nie die aankondiging vir sy begrafnis te gou verwag nie, en wil dit beklemtoon dat daar nie oorreageer moet word nie. Maar wil tog blankes in stedelike gebiede aanraai om die nodige reëlings te tref sodat u na ‘n veilige gebied kan uitwyk.

Ons sal u op hoogte hou van enige verdere gebeurlikhede.

(Ns. Ons plaas môre ‘n volledige oorsig oor Siener van Rensburg se gesigte en wat ons vorentoe kan verwag.)

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.