Mandela – laat ons optrek in die nag

Die inligting wat ons hier verstrek, is van die belangrikste wat ons in ‘n lang tyd ontvang het.

Siener se profesie oor die “nag van die lang messe”, word steeds hardnekkig deur die media en talle blanke goedgelowiges en meelopers verwerp as en die denke van “ekstremistiese groepe wat dit toepas om ’n bepaalde ideologie of saak te bevorder,” aldus professor Andries Raath in Rapport.

Tog hoef die professor maar net te kyk na wat om hom aangaan en ook kennis te neem van die swart massa se ongeduld en oplaaiende woede om teen die blanke op te staan. Ons lees daarvan op Facebook; hoor dit uit die mond van skoolkinders, taxidrywers; selfs pres. Zuma sing daarvan, vra selfs vir sy geweer; en Afriforum kon Malema nie eens met ’n hofsaak stilmaak nie — tog vaar Kallie Kriel uit teen mense wat uit die stede wil padgee en hy stel voor hulle moet opgesluit word, want niks sal mos gebeur nie.

Die ganse wêreld sit op die oomblik en naels kou oor wat gaan gebeur as Mandela die dag groet. En dis nie sonder rede nie, want sedert hy Suid-Afrika in 1994 letterlik op die “wêreldkaart” geplaas het, het die groot geldvrate miljarde in die land gestort met die hoop om nog meer miljarde terug te kry.

’n Afgetrede ekonoom het hierdie verskynsel onlangs só aan my verduidelik: “Die magiese trekpleister en stukrag vir SA se ekonomie is die Madiba-ikoon. Ek was in 2001 nog makelaar toe daar aangekondig is dat hy prostaatkanker het. Sommer net die volgende dag het die JSE negatief daarop reageer en eers weer herstel toe dit blyk dat sy toestand nie kommerwekkend is nie.

“Net soos baie van die wêreld se geldeenhede aan die dollar gekoppel is, en saam daarmee fluktueer, is die rand gekoppel aan Mandela. As hy ’n slegte hoes gee, raak beleggers paniekerig en daal die rand se waarde; verbeter sy hoes, stabiliseer dit weer. Mandela se toestand is op die oomblik uiters kritiek, en net so is die rand op sy swakste in baie jare. Daar word vir ons gesê dat mynstakings en –geweld die oorsaak daarvan is, maar die Mandela-faktor word doelbewus verswyg.

“Ek is oortuig daarvan dat die aankondiging van Mandela se dood, ’n bloedbad op die JSE sal veroorsaak soos nog selde gesien is en daarmee saam gaan die rand oor die afgrond gesleep word — maar uit ondervinding weet ek ook dat elke makelaar hierdie stelling sal betwis…”

Die vraag is nou: hoekom is die ANC naarstiglik besig om voor te berei asof hy ’n “Arabiese Lente” rondom Mandela se begrafnis verwag?

Dat Mandela tans op sterwe lê, is geen geheim meer nie. Op CBS News was kykers verstom om te hoor dat sy hart gaan staan het voordat hy om halfeen die nag van 8 Junie inderhaas na die Pretoria Hospitaal toe geneem is en dat hy eers bygebring moes word. Terwyl daar met hom hospitaal toe gejaag is, het die ambulans se masjien onklaar geraak (dit was in maande nie gediens nie) en moes Mandela 40 minute lank in die koue ambulans wag vir ’n ander een. Hy is toe in die ysige koue daarheen verskuif, en volgens ’n kardioloog met wie CBS ’n onderhoud gehad het, het hierdie gebeure sy toestand net vererger.

Volgens ’n berig in die Daily Mail, reageer hy glad nie meer nie, en sy familie oorweeg dit om die hart-long-masjien wat hom aan die gang hou, te laat afskakel. ’n Ander bron berig dat sy lewer en niere nog slegs 50% funksioneer en dat hy in dae nog nie weer sy oë oopgemaak het nie.

Tipies Derde Wêreldstandaarde, is die Pretoria Hospitaal se watertoevoer Dinsdag skielik afgesny en moes daar inderhaas 20 000 liter noodvoorraad bekom word om Mandela te kon behandel. Die watertoevoer is Vrydag eers weer herstel, het Radio 702 gesê.

Ons het in ’n vorige blog-artikel verskeie gebeurlikheidsplanne genoem, en gaan hier meer breedvoerig daarop uitbrei.

Ten eerste: die Amerikaanse vlootsoldate wat gastehuise in Waterkloof beset het, het oornag padgegee, en waarskynlik na Umata vertrek. Op ’n vraag wat hulle hier kom maak het, was die antwoord bloot: “Dis hoogs geheim en ons mag nie daaroor praat nie!”

In een van die gastehuise wou hul faksmasjien nie werk nie en moes hulle noodgedwonge die gastehuis s’n gebruik. Die faks wat gestuur is, het gehandel oor ’n ontsaglike hoeveelheid wapens wat die land binnegebring word. En terwyl die soldate een aand besope was, het hulle vertel die wapens word na verskillende plekke in SA gestuur (ambassades?), en ook genoem dat hulle baie, baie “bang” is vir die oorlog wat hier gaan losbars.

Die vraag is, hoe weet hulle van die “oorlog”? Tensy ons te doen het met ’n “beplande Lente Revolusie” soos in Noord-Afrika.

Die VSA regering het ’n tyd gelede reeds alle reëlings rondom Mandela se begrafnis uit die hande van die ANC geneem, aangesien die ANC, volgens ’n senior Amerikaanse offisier, dit nie kon behartig nie en ook hopeloos sou verbrou het. Tot dusver beloop Amerika se kostes vir die reëlings reeds meer as 900 miljoen dollar (byna R10 miljard) en teen die tyd dat alles weer “genormaliseer” het, kan dit verdubbel.

Die skedule wat gevolg gaan word, is glo reeds volledig uitgewerk en sien soos volg daar uit — dit mag dalk later verander.

(Het Siener dalk na hierdie “volledige” planne verwys toe hy gesê het “hulle mooi uitgewerkte plannetjies gaan lelike skeefloop”?):

● Daar word glo beplan om Mandela se dood binne die volgende week en warskynlik vóór die 29ste Junie aan te kondig. (Maar laat ons liewer wag totdat dit amptelik aangekondig word).

● In ’n mediaverklaring sal o.a. gesê word dat die SA regring met ’n staatsbegrafnis mnr. Nelson Mandela se uitstaande nalatingskap wil eer en daarom ’n amptelike routydperiode van (aantal dae) aankondig. Die heengaan van mnr. Mandela was een van die belangrikste gebeurtenisse vir beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.

● Daarna sal hy ’n “vinnige” balsem-behandeling ontvang wat net moet hou vir die duur van die begrafnis.

● Sy liggaam sal eers in Pretoria in staatsie lê, daarna verskuif word na die Coca Cola Dome in die noordelike dele van Johannesburg, waar een van die grootste spyseniers in Gauteng reeds gereedstaan om aan die sowat miljoen roubeklaers kos te voorsien; uiteindelik word sy liggaam na Umtata geneem om ook daar in staatsie te lê, voordat hy begrawe word.

● Vir die duur van die begrafnis sal die OT-lughawe slegs begrafnisgangers akkommodeer.

● Sekere paaie kan afgesper word.

● In hierdie stadium oorweeg Amerika dit om ook Engeland en Duitsland se hulp in te roep, aangesien daar nie net sprake is van moontlike terroristiese aanvalle op begrafnisgangers nie, maar ook xenofobiese geweld wat kan uitbreek. (Regse blankes sal nie hierby betrokke wees nie).

● Alle Suid-Afrikaanse “operations” (ondernemings) kan moontlik gesluit word, behalwe diensverskaffing deur sake waarvan buitelanders afhanklik is.

In hierdie stadium is dit nog onduidelik watter besighede gesluit mag word, veral omdat die meerderheid swartes met verlof sal wees vir die duur van die routyd en begrafnis. Dit kan insluit kleinhandelaars, voedselverspreiders, vulstasies, finasiële instellings, staatsdepartemente, soos bv. die poskantoor, ens. Afhangende van die gebied waar dit geleë is.

 

Ons donkerste uur

Dat my volk hom vandag voor die donkerste uur van sy bestaan bevind, is reeds twee jaar vóór Mandela se troonbestyging in 1992 met die Referendum bepaal toe hulle deur De Klerk op sleeptou geneem is vir sy sogenaamde “hervormsinisiatiewe”.

In sy boek Volksverraad het advokaat P.J. Pretorius gesê dat die ontleding van die statistiek van die Referendum van 17 Maart 1992 (wat getoon het die meerderheid stemmers was ten gunste vir die NP se onderhandelinge met die ANC en die SAKP). Maar in die Junie/Julie 1995-uitgawe van die politieke tydskrif, Impact, is ondubbelsinnig daarop gewys dat daar met die uitslag geknoei is deurdat uitslae is nie bekend gemaak volgens kiesafdeling nie, maar volgens streke.

De Klerk het in Maart 1992 die kiesers van die land opgeroep om sy “hervormingsplanne” goed te keur, maar vooraf gesorg dat die kiesers se wil nie tot uiting sou kom nie. Die Volk is dus nie net gruwelik mislei is nie, maar ook van hulle seggenskap oor die beheer van die land beroof”.

In die komende weke en maande gaan nie net die volk nie, maar ook hy ’n dure bloedprys betaal vir sy godskreiende verraad. Selfs sy “gefortifiseerde kasteeljie” sal hom nie meer kan beskerm nie!

Met al hierdie onheile wat oor ons koppe hang, wil ons u tog vermaan om kalm en rustig te bly en nie oorhaastig besluite te neem nie. Daar is gerugte in omloop dat swart lokasies in Witbank en Middelburg (Tvl.), asook elders, oor adreslyste van blankes beskik wat wil onttrek en glo van plan is om die huise te beset.

Maar kom ons hoor wat sê die profete. Jeremia gewaarsku ons om die stad te verlaat, want uit die Noorde hoor hy die moordlustige barbaar aankom en uitroep: “Staan op, en laat ons optrek in die nag, en laat ons haar paleise verwoes! …  En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame…(Jer. 6:5, 12); en ook die profeet Esegiël sê vir ons wat met die stede gaan gebeur: In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ‘n wildernis word. (Es. 6:6).

By dit alles moet ons ook nie vergeet van die “wonderwerk” waarvan Siener gepraat het nie, en waaroor die ganse wêreld verstom sal staan nie.

En, laastens — moet asseblief nie vrees nie, want Hy hou ons in die holte van sy Hand…

En die hele volk het gesê: Amen!

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470