Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Mandela sekuriteit verhoog

2013-06-25

Deur Adriaan Snyman


Die Metro-polisielede is almal eergister opgeroep vir sekuriteitsdoeleindes. Van hulle is na die Pretoria Hospitaal waar Mandela in ‘n kritieke toestand lê. Oor die afgelope naweeek is geen besoekers by hom toegelaat nie.

Maar dinge het gister skielik verander toe eers die familie in groot getalle by die hospitaal opgedaag het om “tot siens” te sê; daarna was dit die presidensie se beurt en laastens al Mandela se oud-tronkvoël-makkers. Vanogend is ’n aantal wit duiwe by die hospitaal vrygelaat om die voorvadergeeste van sy koms te verwittig.

Vandag het die familie na Qunu vertrek vir ‘n groot “imbizo”. Hulle gaan daar by Mandela se huis by die voorvadergeeste toestemming vra dat die masjiene afgeskakel mag word waarna hulle hom in ontvangs gaan neem. Omdat hy nie kan praat nie, kon hy nie self vra dat dit gedoen moet word nie. Hy is eergisteraand reeds breindood verklaar.

 Chaos tydens ’n skoolvakansie?

In ‘n vroeër publikasie, Komende oordele, wat in 2000 verskyn het, het ons ‘n baie interessante verklaring gepubliseer van ‘n leser oor die bekende gesig van Siener wat handel oor ons voertuie wat nog sonder brandstof op die paaie gaan staan. In die huidige omstandighede lyk dit tog of sy verklaring dalk meriete het. Hier is ‘n kort uittreksel:

“Uit die visioen kan ’n mens aflei dat die tekort aan brandstof na alle waarskynlikheid gedurende ’n skoolvakansie ondervind sal word; dan is die meeste mense gewoonlik op reis — en dis dan wanneer hulle karre “op die bulte sal gaan staan”. Want as ’n mens tuis is en daar is ’n brandstof tekort, gaan jy beslis nie ver ente ry net om iewers langs die pad sonder petrol te gaan staan nie! Dit kan net gebeur as jy reeds iewers heen op pad is en daar dan onverwags ’n brandstofkrisis onstaan”.

Mandela se dood kan nou enige dag aangekondig word, en toevallig het beide Gauteng en die Wes-Kaap se skole vir die wintervakansie pas gesluit en heropen eers oor sowat drie weke. Ons wil nie beweer dat daar in die vakansie brandstoftekorte gaan wees nie, maar sou Mandela in dié tyd begrawe word, sal die verkeer op ons paaie tienvoudig toeneem, en wie weet?

 Mandela se nalatingskap

In September 1914 het Nicolaas van Rensburg ‘n gesig gehad van ‘n toekomstige ’n Kommunistiesgesinde leier — dit kon net Mandela wees, wat die leisels van die land oorneem. Hy ondervind egter groot probleme, want die meerderheid van sy aanhangers is gewelddadige moordbendes en ook oorlogsugtig. Net nadat hy die landsbeheer oorgeneem het, sê Siener begin die bloedigste tyd in ons hele geskiedenis, want hy sien hoe hierdie geweldenaars in die gedaantes van wit skimmelperde op ons huise toesak en honderde onskuldige mense vermoor. In een van sy preke op Wolmaransstad het hy dit beklemtoon dat die donker tyd wat oor ons kom, ’n strafgerig is van God omdat ons leiers van Hom weggedwaal het – ons is letterlik aan die Satan oorgegee. Maar in dieselfde preek het hy ook vertel hoedat God nog daardie einste vyand sou uitwis.

Ons wil lesers net daarop wys dat ‘n SMS die ronde doen dat mense in Wellington-omgewing “aangeval” word. Dit is egter ‘n ou e-pos wat uitgestuur is tydens die bloedige staking verlede jaar by De Doorns.

10 thoughts on “Mandela sekuriteit verhoog”

  1. Hiers nog 2 slange wat beweer hy is al sedert more die 27ste `oorlede` ? ?

    http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=mandela%2B27%2Bjune%2B2013&source=web&cd=14&cad=rja&ved=0CD8QtwIwAzgK&url=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DOXxOp_4yzKQ&ei=awLLUd6DDMrVtQbVooCIBA&usg=AFQjCNHaZ_txTo1Tuw4zv2sCjMhjZtbn9w

    en

    http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=mandela%2B27%2Bjune%2B2013&source=web&cd=15&cad=rja&ved=0CEIQtwIwBDgK&url=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DUHbJIZJ5t4s&ei=awLLUd6DDMrVtQbVooCIBA&usg=AFQjCNGk7xrEEsX9yGkqEcr9GWSRXMyUug

  2. Net jy sal so ‘n artikel as die waarheid sien ou Pietie. Onthou jy nog hoe jy in jou eenvoud die Rewolusie binne 3 maande artikel ook so besing het.

    Dalk moet jy maar vra dat iemand diè goed eerder aan jou verduidelik.

  3. MMM, Andre met die houding van `n lions club lid.

    Ek het nerens gesê ek sien enige artikel as die waarheid nie.
    Toestande is egter gunstig vir wat in artikels op Vaandel bespreek word.
    Wat ek as waarheid sien is die onvervulde profisiee in die Bybel en tans beweeg wêrld gebeure in daai rigting, maar daarvan verstaan jy en jou kring van spotters wynig.

    Hier is nog `n artikel voor sy tyd uit `The Guardian express` dat jou geliefde messias al dood is op die 27ste…

    Ek neem net waar, maar soos ek al gesê het dink ek hys al laaaaankal wurm kos, so kry jou feite reg of gaan hang bal op een of ander `happy rainbow nation` site!

    http://notbk.co.za/news/360/61/The-Guardian-Express.html#2

    1. Ek sal graag wil kyk wie reg is, jy en die “Nag van die Langmesse” oortuiging en of volksgenote met ‘n effe ander opinie soos hierdie:

      Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

      Asseblief mense, hou op om te soek na “veilige” plekke. Soos ons reeds laasweek berig het sal daar waarskynlik niks gebeur anders as net ‘n paar oproerige “begrafnisdienste” onder die invloed van drank nie. Vermy net samedrommings en jy is veilig. ‘n Parate mens gaan nie sommer oorval word nie. Buitendien, Obama land vandag – dink julle hy soek ‘n tweede Viëtnam wat hom sy possie gaan kos as daar iets gebeur? Die hele wêreld se nuusmedia is hier – net ‘n swaap sal dink dat as iets gebeur die hele Wes Europa nie sal opruk hierheen nie. Ons vra ook dat die groepe wat bangmaakstories versprei asseblief ophou daarmee.

      Kom ons begrawe eerder hierdie strydbyle wat ons ou volkie reeds in hierdie toestand en punt het. Ons gesels weer soos die situasie vorder. Kom ons bid eerder eendragtig vir mekaar en leiding.

      Groete

      Andre Olivier

      Reitz Distrik

  4. Andre, in jou persoonlike vete teen my, lê jy weer woorde in my mond, want jy skryf, `Ek sal graag wil kyk wie reg is, jy en die “Nag van die Langmesse” oortuiging en of volksgenote met ‘n effe ander opinie …:`

    Volgens die trant van jou skrywe is dit duidelik jy gaan jouself as `oorwinnaar kroon` as daar +- 20 dae na Mandela se dood niks gebeur nie.

    Ek herhaal myself teenoor jou en almal wat hier lees wat moontlik deur jou plasings mislei is.

    Ek dink Mandela is al meer as 20 dae dood, inteendeel seker al meer as 4 jaar. – `Kroon jouself as dit jou laat beter voel`

    Verder…
    Ek glo vanuit die profete dat die `nie-blanke, 3de wêrld nasies` aan die einde op alle blanke nasies (berge van Israel) sal toesak.
    Ook dat die blanke nasie genaamd die Boervolk ander kant die riviere v Kus in Suid Afrika(dogter v Sion) dit die ergste sal hê.
    Daar is geprofeteer dat die wilde nasies `n aanslag op ons sal doen en God die wat by Hom skuil sal red, Soos by Midean.

    Ek verstaan God het dieselfde insigte (en moontlik meer) aan `n man genaamd Niklaas v Rensburg gegee, daarom my belangstelling op hierdie webwerf.

    Vandag het dit in vervulling gegaan oor die aarde heen dat die stert die kop rond swaai en al wat dus VOLGENS GOD oorbly voor ons verlosser kom is die GROOT AANSLAG teen ons!

    Enige nugtere politieke ontleder sal moet bieg dat ons tans in groot bedreiging staan as die staatshoof sing maak dood die wittes.
    Maar jy, Max Dup, en Afri-Soli, glo die leun van Edom dat Babel eendag suksesvol sal wees.

    Jy sal maai wat jy saai.

  5. Die verskynsel dat verskillende gelowiges na dieselfde gedeeltes van die Bybel kyk en verskillende interpretasies daaruit haal, noem ons die Skrifbeskouing van gelowiges.

    Die Skrifbeskouing van die Israelvisie is egter twyfelagtig, omdat hulle net sekere verse met ander vergelyk om op die end ‘n teorie te ontwikkel oor die uitverkiesing van volke wat vreemd aan die Bybel is.

    Alhoewel die Ou-Testamentiese profesieë reeds in vervulling gegaan het, is die hoeksteen van dié dwaling die opvatting dat die profesieë van die Ou Testament letterlik in die huidige bedeling (vir hulle) vervul sal word. Die probleem is dat nêrens in die Bybel word gesê dat die Ou-Testamentiese profesieë op een tydstip letterlik in vervulling sal gaan nie, en ook word daar nie aangedui dat die beloftes aan Israel op enige tydstip aan die Blanke ras oorgedra is nie. Die AP Kerk het alreeds tydens sy derde sinodesitting in 1989 sy kommer oor die Skrifbeskouing van die Israelvisie soos volg uitgespreek: “Die sinode wys die Israelvisie se Skrifhantering af, omdat vanuit ‘n vooropgestelde fundamentalistiese wyse van die Bybel vir ‘n biblisistiese bewysvoering gebruik word onder ‘n skyn van vroomheid en Skrifgetrouheid”. Die aanhangers van die Israelvisie word bitter moeilik oortuig van hulle dwaling, omdat hulle gekondisioneer word om te glo dat hulle interpretasie van die Bybel die waarheid is. Daar kan ook baie moeilik op grond van die Bybelse wetenskap met hulle geredeneer word, want, so sê hulle “die Gees lei alle kinders van die Here, en nie net teoloë nie”.

    Elkeen wat die Here liefhet, kan die Bybel verstaan. Ons moet egter nie so eiewys wees dat ons dink ons is altyd reg, sonder om ons standpunt te toets aan die wetenskap van die Bybel en dié van ander opregte gelowiges deur die eeue nie. Daarom is die belydenisskrifte van ‘n kerk so kosbare skat. Hierin kan ons ons standpunt toets aan dié wat ons voorgegaan het.

    In die Nuwe Testament leer ons dat God die Jode as uitverkore volk verwerp, omdat hulle die Messias verwerp het, en dat Hy die nuwe Israel uitkies. Dit is hulle wat nie aan ‘n sekere volk behoort nie, maar aan God behoort deur geloof in Christus (Rom. 2:11,28-29; 5:1; 9:1-5; 11:1-2a,7; Gal.3:7,26). Sigbaar is daar nog verskille tussen hulle: hulle leef nog steeds in verskillende tydvakke; hulle leef nog steeds verwyder deur landsgrense van mekaar, verskil in kultuur, taal, ras, volk en behoeftes. Maar onsigbaar behoort hulle almal aan die Here (Ef. 4). Dit is die verskil tussen die sigbare en die onsigbare kerk. Alhoewel sigbare eenheid op sig self nie sonde is nie, is die bedoeling van die Bybel nie om die verskille op te hef ter wille van sigbare eenheid nie (‘n man word mos nie ‘n vrou as hy tot bekering kom nie, net so verander die mens mos nie van volk as hy in Christus glo nie). Die verskille staan egter nie in die pad van onsigbare eenheid nie.

    Piet-Jan, die Israelvisie verkondig dus ‘n valse leer wat in stryd is met die leer van die Bybel. Hierdie dwaling moet teëgestaan word, en gelowiges moet baie bedag wees daarop om hulle nie met hierdie mense op te hou nie. Die Israelvisie moet nie as ‘n Christelike sekte beskou word nie, maar as ‘n valse godsdiens wat die genade van ons Here Jesus Christus verwerp.

  6. Andre,

    Jy skryf…`Piet-Jan, die Israelvisie verkondig dus ‘n valse leer wat in stryd is met die leer van die Bybel.`

    Kyk, ek behoort aan geen kerk nie en volg geen persoon of organisasie se `visie` nie!

    Ek volg wel dit wat die Gees aan my openbaar as ek die Bybel lees, en die leeringe wat ek daaruit volg is Uit die Bybel en kan dus nie in stryd wees met die Bybel nie. Ek verstaan vanuit die Bybel egter die waarskuwing dat dit wat ek verstaan WEL INSTRYD is met die priesterdom en hul kerk siening of visie as jy wil.

    Ek kan ure se skrywe hier plaas om als wat jy hierbo kwytraak met die waarheid te vermorsel, maar uit ondervinding weet ek reeds jou oë is deur die kerke verblind of jou siel is aan Vrymesselary verkoop of jy is geneties van Edomietiese afkoms.

    Jou beperkte kennis van die Skrifte het jy duidelik in `n kerk of `n kweekskool opgedoen en kom BESLIS nie uit jou liefde vir God se Woord en die Boervolk nie.

  7. Dit lyk my meer mense begin nou verstaan dat in n oogwink SA in anargie kan beland.

    http://www.volksblad.com/opinie/2013-06-30-hoofartikel-onrus-tekens-wys-ook-in-sa

    DIE grootskeepse onrus in drie uiteenlopende lande moet Suid-Afrikaners – en die regerende ANC – verplig om krities na hulself te kyk.
    In Brasilië en Turkye woed die onrus nou al ’n tyd. In Bulgarye het dit verlede week begin.
    Daar is verskeie gemeenskaplike kenmerke wat geïdentifiseer kan word. Ten eerste, ekonomies gaan dit relatief goed in al drie. Tweedens is dit hoofsaaklik die middelklas wat die strate instroom. En ten derde is die teiken van die mense se ontevredenheid min of meer soortgelyk – die grootskeepse voorkoms van korrupsie, selfverryking en magsmisbruik by die regeerders, en die wyse waarop die owerheid geld op allerlei onnodige projekte rondstrooi en noodsaaklike dienste soos onderwys, gesondheidsorg en munisipale dienste verwaarloos.
    Die drie lande het nie veel met mekaar te make nie. Maar die spontane opstand in Turkye het dié in Brasilië geïnspireer, wat op hul beurt die Bulgare aangesteek het. Met dié wete verg dit nie die intelligensie van ’n kernwetenskaplike om in te sien dat Suid-Afrika in die gevaarsone is nie.
    Die land is opgesaal met ’n president wat hoofsaaklik in sy eie politieke oorlewing belang stel en verder rigtingloos op die oseaan dobber. Sy kabinet en die ANC dobber net agter hom aan.
    Die owerheidsektor is vervuil van korrupsie. Waar die ANC ook al ’n magsposisie beklee, verryk sy ampsdraers hulself en gee feitlik geen aandag aan dienslewering nie.
    Aanstellings word gedoen op grond van die vraag of die betrokkenes tot die regte faksie van die regte party behoort. Kwalifikasies, ervaring en bekwaamheid is oorwegings wat min ter sprake kom.
    Suid-Afrika het al verskeie waarskuwings gehad. ’n Mens dink aan Ficksburg, waar Andries Tatane deur die polisie doodgemaak is en aan Marikana.
    Intussen bly die welvaart in Suid-Afrika dramaties ongelyk verdeel.
    Moet ’n mens dan wag op ’n ontploffing voordat die gevaar tot die regeerders deurdring?

Comments are closed.