Welkom by Vaandel Uitgewers!
Hierdie voorwaardes (die “Voorwaardes”) beheer jou gebruik van ons webwerf en dienste. Deur ons webwerf te gebruik en aankope te doen, stem jy in tot hierdie Voorwaardes. Lees asseblief hierdie dokument deeglik.
- Oor Ons
Vaandel Uitgewers is ‘n Afrikaanse uitgewery in Suid-Afrika wat hoofsaaklik boeke uitgee oor die Bybel, Boervolk en sy geskiedenis.
- Persoonlike Inligting
Ons benodig slegs kontakbesonderhede en ‘n versendingsadres om jou bestellings te verwerk. Alle persoonlike inligting word vertroulik hanteer in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid en die Protection of Personal Information Act (POPIA). Jou data word net vir die tydperk gehou wat nodig is om ons dienste te lewer en jy het die reg om toegang tot jou data te vra of dit te laat verwyder. Ons gebruik jou persoonlike inligting slegs vir die verwerking van bestellings en om met jou te kommunikeer. Ons deel nie jou inligting met derde partye sonder jou uitdruklike toestemming nie, behalwe waar dit nodig is vir die verskaffing van ons dienste (bv. koerierdienste).
- Betaling
Ons aanvaar bankoordragte en PayFast as aanlyn betaalmetodes. Kliente wat ‘n bankoordrag doen, moet asseblief die bestelnommer bysit.
- Bestellingsproses
Wanneer ‘n bestelling geplaas word, ontvang die kliënt ‘n bevestiging per e-pos. Pakkies sal binne 3-5 werksdae versend word.
- Versending en Aflewering
Kliente het twee opsies vir versending: Koerier of PEP Paxi. Versendingstyd is tussen 3 tot 5 werksdae. Buitelandse bestellings vereis ‘n kwotasie vir versendingskoste. Ons standaard versendingskoste met koerier is R130.
- Terugsendings en Terugbetalings
As daar enige probleem met ‘n boek of item is, kan dit binne een week teruggestuur word. Ons sal die item vervang, krediet gee, of die bedrag terugbetaal sodra die item ontvang is. Dit neem gewoonlik 2-3 werksdae. Ons sal vir die koerierkoste betaal vir enige item wat foutief is of as die item nie ooreenstem met wat gestuur moes word nie. Ons gaan nie enige item vervang wat tekens van nalatigheid toon nie.
- Kliëntediens
Kontak ons gerus vir enige navrae of ondersteuning:
- E-pos: info@vaandel.co.za of verkope@vaandel.co.za
- Telefoon: 028 551 2516
- Beskikbaarheid: Maandae tot Vrydae, 9:00 tot 16:00
- Intellektuele Eiendom
Alle handelsmerke, logo’s, webbladinhoud, en advertensiemateriaal is die eiendom van Vaandel Uitgewers en word beskerm deur kopieregwette.
- Kliënt se Verantwoordelikhede
Wanneer jy aankope doen by Vaandel Uitgewers, het jy sekere verantwoordelikhede om te verseker dat jou ervaring en dié van ander kliënte aangenaam en probleemvry is. Deur ons dienste te gebruik, stem jy in tot die volgende:
- Akkurate Inligting Verskaf: Verskaf akkurate en volledige inligting tydens die aankoopproses, insluitend jou naam, versendingadres, en kontakbesonderhede.
- Betaling: Maak seker dat betalings betyds en volledig gemaak word. Wanbetalings kan lei tot kansellasie van jou bestelling.
- Lees van Produkte Beskrywings: Lees beskrywings en besonderhede van produkte noukeurig deur voordat jy ‘n aankoop maak om seker te wees dit voldoen aan jou vereistes.
- Versending Inligting: Verskaf korrekte en volledige versending besonderhede. Vaandel Uitgewers is nie verantwoordelik vir pakkies wat verlore gaan of vertraag word weens foutiewe adres inligting nie.
- Ondersoek van Produkte by Ontvangs: Ondersoek jou items onmiddellik by ontvangs vir enige skade of gebreke. Rapporteer enige probleme binne 7 dae aan ons.
- Gebruik van Produkte: Gebruik alle produkte volgens die voorskrifte en instruksies. Ons is nie aanspreeklik vir skade as gevolg van verkeerde gebruik nie.
- Respekvolle Kommunikasie: Hou alle kommunikasie met ons personeel en ander kliënte beleefd en respekvol. Onaanvaarbare gedrag sal lei tot die beëindiging van jou rekening.
- Nakoming van Relevante Wette: Jy moet alle toepaslike wette en regulasies nakom wanneer jy ons webwerf gebruik en aankope doen, insluitend die invoerwette van jou land.
- Beperkings van Aanspreeklikheid
Vaandel Uitgewers is nie aanspreeklik vir enige indirekte, toevallige, of gevolglike skade wat voortspruit uit die gebruik van ons produkte of webwerf nie. Ons totale aanspreeklikheid vir enige eise sal beperk wees tot die bedrag wat jy vir die produk betaal het.
- Dispuutbeslegting
Enige dispute wat voortspruit uit die gebruik van ons dienste of hierdie Voorwaardes sal eerste deur middel van bemiddeling of arbitrasie opgelos word voordat enige regsaksie geneem word.
- Veranderinge aan Voorwaardes
Vaandel Uitgewers behou die reg voor om hierdie Voorwaardes te eniger tyd te wysig. Enige veranderinge sal op ons webwerf gepubliseer word en, indien toepaslik, per e-pos aan jou gekommunikeer word.
Dankie vir jou ondersteuning!