Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die Simbole

Klik om te vergroot

‘n Algemene misverstand is dat oom Nicolaas nooit sy visioene self verklaar het nie. Dit is nie waar nie. In sy latere jare het hy egter opgehou om met buitestanders oor sy visioene te praat en het slegs vir sy dogter, Anna, en ‘n paar naaste vriende verklarings gegee.

Hy was ‘n teruggetrokke persoon en het nooit self sy visioene neergeskryf nie, behalwe deur sy dogter Anna. Gelukkig het verskeie persone, soos Magdalena Bouwer, Polly, Ria James, Boy Musman, Joos Haasbroek en Paul Prinsloo, baie van sy visioene bewaar en verduidelik.

Oom Nicolaas het vir ons die betekenis van die simbole gegee en ‘n groot aantal van sy visioene self verklaar. Met behulp van hierdie simbole kon ons oor die jare meer as ‘n honderd van sy visioene hermeneuties ontsyfer, waarvan baie reeds vervul is.

Hieronder is ‘n voorbeeld van hoe een van die visioene uitgelê kan word:

Toe staan ek op mij kierrie en onderaan die kierrie spring een bloed aardjie oop, en die bloed loop op die grond en op mij veldskoen. Toe gaan een zinkplaat van die balk af, en toe zien ek die lug. Toe gaan die zinkplaat weer op die balk en toe is die huis z’n mure hoog. — 8 Julie 1919

Hierdie profesie oor die sluipmoord op dr. Verwoerd is een van Siener van Rensburg se belangrikste gesigte oor die verloop van die Boervolk se geskiedenis. Dit dui op die traumatiese einde van ‘n era en die begin van ‘n tydperk van onstabiliteit en verandering.

Boodskapper van God
Boodskapper van God: Die ongelooflike verhaal van ‘n ware profeet van God… Lees meer…

Simbole in die visioen:

  • Kierie: ‘n Wapen en ‘n vertroueling.
  • Bloedaartjie: Geweld.
  • Veldskoen: Boere-regeringshoof.
  • Sinkplaat, balk, lug, mure: Politieke veranderinge.

Op 6 September 1966 het Dimitrio Tsafendas dr. H.F. Verwoerd in die Raadsaal van die parlementsgebou doodgesteek. Siener se gesig dui daarop dat die sluipmoord vooraf beplan was en moontlik ‘n vertroueling betrokke was: “…onderaan die kierie spring ‘n bloedaar oop en die bloed loop op die grond en op my veldskoen.”

Na dr. Verwoerd se dood het dinge verander (sinkplaat van die balk af). Die Nasionale Party het sy beleidsgrense verander en wegbeweeg van apartheid (sien die lug). Later het hulle probeer terugkeer na die ou weë (sinkplaat weer op die balk), maar die veranderinge was onherroeplik en die parlement het ander groepe ingesluit (die huis se mure hoog).

(Interessant genoeg is die Boereregering nou deur ‘n sinkdak verteenwoordig, nie meer ‘n grasdakhuis nie, wat ‘n metamorfose en ontbinding aandui soos met Jan Smuts en Louis Botha).

Simbole

Aar, koringSeën en voorspoed
Aarde gee ’n draaiTydsverloop
Aarde, swartGroot ellende
AasvoëlsJode of plunderaars
Baadjie, verkeerde kantDoodstyding
BasterskapeJingo’s of mense van verskillende ras
Bees, blouDuitsland
Bees, bruinAfrikanervolk
Bees, geelblesKleurlingsoldate
Bees, rooi-bruinAfrikaner-Kommunis
Bees, rooi-witrugAmerika
Bees, skillerRusland
Bees, swartblesSwartes
Bees, vaalVyand van die Afrikaner
Besem, grootSkoon maak, of groot omwenteling
Bloed, gaarBurgeroorlog
BlommeBaie mooi en goed
BlouDuitse hulp
Blou brieweGoeie (belangrike) nuus vir die Afrikaner
BoerevelskoenBoereregering
Boom, grootSterk politieke party
Boontjies, witWit rassisme
Dam waterFinansiële steun
DonkerteEllende waaruit mens geen uitkoms het nie
DonkiesGetroue Afrikaners
DoringbosStruikelblok
DraadkampBeskerming
Droë HoutpaleEuropa
Droë mielielandeHongersnood
DruiweGeloof in die Vierkleur
EendeMedia
Emmer bloed’n Bloedige veldslag
ErdvarkgatToevlugsoord
FluweelbaadjieOnafhanklikheid
GaleryRedding, Wederkoms
GaringboomRegering wat sal ondergaan
GaringkraalRegering wie se tyd verby is
GeelVerraad speel ’n rol
Geel hond met wit halsbandEngelsman met Boerenaam, of ’n Boer met Engelse lojaliteite.
GeelJapan (die Ooste — Indië)
Gekniehalter (perd)Maak gereed vir oorlog
Gemesselde kuipeLande wat ooreenkomste met mekaar sluit.
Gemesselde voorBetroubare nuus
GerweVoordeel vir Afrikaner
Geskryf, of woordeOnderhandelinge
GeweerGewapende oorlogsmagte
Goiingsakke’n Teken van ondergang
GrasdakhuisBoereparlement
Groot, geskeerde skapeMinister wat nie die parlement haal nie
HawerLiberale Engelse
HeuningkoekVoorspoed
Hoed: nuutNuwe regering
Persoon sonder HoedDood van daardie persoon
HondeRegeringsamptenare
HooimiedensHoë geboue
Huis’n Regering
In bosseIn Europa
JongmeisieOnafhanklikheid
KafferkoringOok geld
KafferkoringareGeld (omkoopgeld)
Kierie’n Vertroueling
Kind’n Volk wat nog nie onafhanklikheid het nie
KniehalterGereed vir oorlog
Koring in houersEngelse
KoringmiedAfrikaners bymekaar
KosVoordeel
KouseBoere is leierloos
KurkproppeSkepe
Lood, gesmeltIets waardeloos
MauserBoer
MandjiesSkepe, ook voordeel vir die Boer
Mielies dorsLiberales keer terug na
MisvureOnluste, geweld
MofskapeMinisters
Muile, vaalOntaarde Kommuniste
Nuwe VeldskoeneNuwe regering
Oes wat wit geword hetDaar is te lank gewag.
Omgeploegde grondGroot omwentelings
Osrieme Mense maak klaar vir oorlog
’n Land maak gereed vir oorlog.
Osse (ingespan) Optrede deur ’n land of regering.
Gesamentlike optrede
PapbrandselVolk wat swaarkry
PerskesGeld, goud of iets van waarde
PoenskopbeesteSwart soldate
PopulierVolksvreemd
Pot, op die vuurRebellie
PutBaie groot ellende
Rooi bulRusland of Sjina
Rooi koeiGevaar vir vroue
Rooi beesEngeland of Engelse
Rooibruin beesOntaarde Afrikaners: generaal Smuts.
Ruiter te perd’n leier
Seeppot met vuur onderRebellie en opstand teen regering
SambreelBeskerming
SekelKommunisme
Siener of sy perdAfrikanervolk
Siwwe of dorsmasjienEleksie
Skerp bruinhefmesAmerikaanse belange
Skerp horingsGewapen
SkilderosseRusland
Skilderosse (Bontspul)Hier het oom Nicolaas spesifiek verwys na lord Methuen se ge-
mengde strydmag in die 2de Vryheidsoorlog wat hoofsaaklik bestaan het uit Engelse, Kleurlinge, Boereverraaiers, ens.
Skoenskop beesteSwart vyand slaan op die vlug
SkoongeskeerVerraaier
Skoon vloerAfrikaner-vryheid
SlangKommunistiese gevaar
SpaansrietbosseTradisionele wapens
Spek uitsnyGeld wat Afrikaner toekom
Spider (Spiter)Koninklike rytuig
SprinkaneNasie maak gereed vir oorlog.
StraatklippeEkonomie
SteenMilitêre mag
Steen (blou)Geldmag
Stomp horingsMagteloos, sonder enige bedreiging
Swart blokEpidemie
Swart perdGroot moeilikheid met die swartes
Swart kind langs ’n perdNeerlaag vir die Boere
Swart osseSwart gevaar
Tent’n Beskutte volk
TrapleerAbdikasie van ’n regeringsleier.
’n Hulpmiddel om ’n moeilike situasie be bowe te kom.
Turkse waensOorlogstuig
VarkLiberale Engelsman (vyand)
Verander in ietsEensgesind daarmee
Verdwyn (in sloot of gat)Iemand se dood.
VrouVerteenwoordig ’n volk
VrouehandHulp en beskerming
Vuilgeel perdIndiër-moeilikheid
Vuur (wat self doodgaan)Rebellie word self gestaak
Wa wat omvalGroot ramp wat ’n land tref
(Vgl. die Hirosjima-bom)
Wa se relingUnie (S.A.) se belang
Water in ’n voorBelangrike nuus in die Unie (S.A.)
WatervoorOoreenkoms
Wêreld word pikswartGroot moeilikheid
WielHet verskillende betekenisse: mense wat vlug; êrens heen op pad is; of ook besig is om iets tot stand te bring
Wiel wat rolIndien dit koershou, sal die onderneming slaag; maar as die wiel slinger, wag daar
probleme en as dit breek of omval, dui dit op ’n groot ramp, selfs totale vernietiging. God se Wil word ook nie in sulke ondernemings geken nie.
Wiel sonder naafSimbool van Humanisme: die mens (of ’n menslike organisasie) stel homself in die plek van God.
Wiel (geel)Verwys na Islam/Moslems
WildevoëlsHou verband met verraad
Wilde makoueOnwettige imigrante
Parlementslede wat vlug
Wit lakenOns (die Boere se) vrede
Wit sybokkeEngelse wat Afrikaners geword het
WitDit het ’n goeie betekenis
Wit kind langs ’n perdOorwinning vir die Boere
WitpensosseItalië
WitrugbeesAmerika of Amerikaners
Witryp koringMoeilikheid (oestyd is reeds verby)
WorsOns erfenis