Die hele wêreld is omgeploeg

Ons het op 28 Maart ‘n artikel oor Roger Teale geplaas waarin hy vir ons vyf belangrike tekens gegee en dinge genoem het wat ons in ‘n tyd van groot benoudheid sou ondervind.En dit het werklik gelyk asof die dreigende gevaar van die koronavirus daardie tyd van benoudheid sou inlui. Net drie van Teale se tekens is egter bewaarheid, nl. die rand het verswak; ons is gedwing om in ons huise te bly en die lughawens is gesluit.

Die vierde en vyfde tekens (dat geweld sou uitbreek en dat dit in April/Mei sou wees) is nog uitstaande. Toe Teale hierdie voorspellings in 1994 gemaak het, het hy geen jaartal genoem nie, en dat ons dit juis in hierdie tyd verwag het, was net ‘n logiese afleiding. Omdat dit nie nou gebeur het nie, wil dit nie sê dat die visioen verval het nie.

Vandag weet ons dat die uitbreek van die koronavirus aan die einde van 2019 reeds verreikende gevolge dwarsoor die wêreld gehad het en beslis ook in die toekoms nog gaan hê.

Selfs Ramaphosa het gewaarsku dat niks ooit weer dieselfde sal wees nie.

Omdat dit so ‘n groot en omvangryke wêreld gebeurtenis is, wou van ons mense weet of Siener nie dalk ‘n gesig daaroor gehad het nie?

En uit ondervinding het ons al geleer dat baie van sy visioene dikwels eers verstaan word nádat dit in vervulling gegaan het. Soos bv.

  1. 28 Nov. 1915 – “Die tronkselle is almal oop en die draad hang vol uitgewaste klere.” (Duisende misdadigers word landswyd vrygelaat, misdadigers wat nog nie naasteby hul vonnisse uitgedien het nie. Die ‘uitgewaste klere’ beteken hulle misdade is hulle vergewe en hulle het nou weer ‘skoon rekords’. Hierdie gesig is bewaarheid toe Ramaphosa op 8 Mei 2020 aangekondig het dat hy 19 000 gevangenes gaan vrylaat, kammakastig om die verspreiding van die koronavirus te verhoed.
  2.  2 Des. 1917 – “Van die Noorde kom ’n groot tenk. Uit die tenk rol fyn skaapmis, die tenk rol na die Suide en die aarde word net een miswerf. (In Siener se tyd was daar nog maar min munisipaliteite of dorpsrade (behalwe in die groter stede) wat kraanwater voorsien het. Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners het meestal hul eie opgaartenks gebruik om drinkwater in op te gaar. Dus, dat Siener skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, wys vir ons dat ons drinkwater nog eendag vanuit die noorde tot in die suide besoedel gaan wees. Ook dit is reeds bewaarheid, want groot dele van die land se drinkwater is vandag met riool besmet.
  3. “Uit die noorde kom ’n swart os met skilderplekke aan. Hy kyk reguit na ons. Die aarde hier by ons word soos ouland: Maar in Europa is dit pikswart.”

Siener se seun Kallie het hierdie gesig soos volg verklaar: “Daar wag  weer ’n wêreldwye Depressie in die verre toekoms … Maar net so min as wat die wêreld voorbereid was vir die 1929-33 finansiële ineenstorting en Groot Droogte, net so min sal hy hierdie keer daarop voorbereid wees.” Want:

27 Desember 1915 — Die sopemmer word leeg. 4 Maart 1916 — Die papemmer is leeg. (Kosskaarste).

1 September 1915 — Een groot pappot waarvan die deksel op is, gaan dit oop en toe is dit leeg. (Nog steeds kosskaarste).

2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915): “Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg … ook die melkskottels is leeg, en die vrouens is nakend”. Daar is nie net ‘n ernstige gebrek aan voedsel nie, maar melk sal ook skaars wees en die vrouens sal weer bitter swaar kry in hierdie tyd van groot ellende en armoede (hulle is nakend). Ook op die wingerd- en vrugte- boere wag daar donker tye en groot misoeste: “Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ’n sloot lê”.

Op 6 Mrt. 1919 gee Siener vir ons ‘n beskrywing van hierdie droogte en die gevolge daarvan: “Toe is daar weer jong mielies, en die gee saad. Toe kom daar vuilgoed en dit neem die mielies in. Toe kom die mielies in beweging en raak weg. Toe lê daar ‘n mens se geraamte.”

Die afgelope vyf jaar het ons die ergste droogte in meneheugenis beleef, en hoewel daar in sekere dele goeie reëns geval het, is dit in die Karoo, Noordkaap en op ander plekke nog uiters droog.

Die vuur brand nader

In 1964 publiseer Guy van Eeden (‘n  oud-Noord-Rhodesiër)  ‘n ontstellende boek met die titel “Die vuur brand nader”, en daarin vertel hy o.m. van die Kommuniste se laaste, beplande kruistog, nl. “Operasie Suid-Afrika”, waarmee hulle beoog het om met behulp van “opruiers en saboteurs die finale kruistog aan te pak en die Republiek weer aan Afrika terug te gee”.

Ook dit het oom Niklaas vooruitgesien:

Kort vóór genl. Koos de la Rey se dood, het hy ‘n gesig gehad van dreigende oorlogswolke in die lug en saam daarmee ‘n groot rooi vlag wat van noord na suid getrek het, asook ‘n hewige vuur wat ook so gebrand het (van noord na suid). Siener het toe aan genl. De la Rey gevra: “Wat dink jy beteken dit, oom Koos? Want daardie vuur sal nog aanhou brand lank nadat die oorlog verby is.”

Maar genl. De la Rey kon nie eens raai dat die rooi vlag na Kommunisme verwys nie. En hoe kon hy ook geweet het dat die vlag en vuur wat na die suide trek, die ontwikkeling van Kommunisme vanuit Rusland en Sjina na Suider-Afrika en later al langs die Stille Oseaan en Suidsee sou beteken?

Na afloop van die Rebellie het Siener in die Boksburg-tronk aan van sy medegevangenes gesê dat hy in een stadium tydens die Rebellie ‘n gesig gehad het van ‘n groot donkerte wat oor hulle toesak, “want,” het hy gesê, “terwyl ek op sy perd sit, kan ek nie sy maanhare sien nie. Maar in die verre toekoms,” het hy bygevoeg, “sien ek  ‘n ‘moeilike tyd’ kom wanneer dit so donker sal wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie.”

Op pad Duitswes toe om traktate te gaan maak, het hy in ‘n ander gesig die tekens gesien waaraan ons hierdie ‘moeilike tyd’ sou kon herken en hy het ook gesien uit watter rigting ons dit moet verwag.

Die Rebelle het uit Kuruman met die Olifantshoekpad vertrek en oom Frans Groenewald het langs die Siener gery. Voor hulle het die Kalahari-sand uitgestrek gelê. Opeens het die Siener stilgehou en vir oom Frans gevra: “Wat se ding is daardie hamer en sekel wat ek al die hele môre uit die lug in die noorde sien afkom in Afrika? Wat sal dit beteken?” Oom Frans het nie geweet nie.

En toe, op 21 Nov. 1918 gewaar Siener wéér ‘n rooi vlaggie (Rusland) wat vanuit die noorde kom; maar net daarna is die wêreld van die noorde af heeltemal omgeploeg. Skaars ‘n dag nadat hy hierdie gesig gehad het, sien hy ’n ander ‘rooi vlaggie’ (Sjina) uitkom, dan slaan die gras aan die brand en brand na die suide. Hierdie gesigte het albei betrekking op Kommunisme wat eers oor Afrika en later dwarsoor die wêreld sou uitbrei.

25 Apr. 1920: “Die dag breek en toe kom daar swart wolke uit in die Oostekant.” Siener se seun Kallie het hierdie visioen verklaar as die opkoms van Kommunisme vanuit Rusland en Sjina na Europa. Maar Siener se simbool vir Kommunisme is ‘n rooi vlag, terwyl ‘swart wolke’ ‘n aanduiding is van ‘n hewige oorlog.

Die sinistere onheil van Kommunisme sou eers 50 jaar later aan ons deur kom klop nadat die destydse Goewerneur-Generaal van Suid-Afrika Charles Robberts (Blackie) Swart, op 8 April 1960 die ANC in Suid-Afrika verbied het. Na die verbanning het die ANC sy gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe (Spear of the Nation), gevorm om teen apartheid te veg deur guerilla-oorlogvoering en sabotasie.

In daardie selfde jaar het swart MI6 betaalde agente in Soweto begin met ’n werwingsveldtog onder die inwoners om teen die paswette te betoog; hulle is gesteun deur die militante, nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress (PAC). Hierdie MI6 agente het die swart inwoners belowe dat die betogings die Verwoerd-regering tot ’n val gaan bring en dat hulle rewolusie teen 1963 al goed op koers sou wees om sonder slag of stoot die leisels by die witman oor te neem.

Die volledige ‘Plan’ hiervoor is uiteengesit in Operation Mayibuye (“Terugkeer”, bedoelende Afrika kom terug na die swart mense.) Die gewraakte Operasie Mayibu­ye-dokument, is destyds opgestel deur twee Kommuniste, Joe Slovo en Govan Mbeki.

Maar die ‘Plan’ is voorlopig in die wiele gery na die in hegtenisneming van verskeie Kommuniste in 1963 by Rvonia, en sou eers drie jaar later (1966) weer op koers kom nadat daar van dr. Verwoerd ontslae geraak is en John Vorster die weg vir FW de Klerk kon voorberei om die land aan Mandela oor te gee.

Intussen het Mandela die sandkombers oor sy kop getrek, en geeneen van sy twee opvolgers Thabo Mebeki of Jacob Zuma kon hond haaraf maak nie. Dit was eers met die verskyning van Cyril Ramaphosa dat die rewolosie-vuur skielik weer opgevlam het.

Want anders as Mbeki en Zuma wat net kon grootpraat en dreig, was Ramaphosa die stukrag agter die ANC se ‘Plan’ om die wittes vir die gruwels van apartheiddeel te ‘braai’, soos hy dit self in 1994 aan die Italiaanse wetsgeleerde dr. Mario Oriani-Ambrosini verduidelik het.

Oriani-Ambrosini skryf in sy memoir hieroor: “In sy brutale eerlikheid het Ramaphosa my vertel van die ANC se 25-jaar-strategie om met die blankes af te reken: dit sal wees soos om ‘n padda lewendig te kook, en dit word gedoen deur die temperatuur baie stadig te verhoog. Omdat hy koudbloedig is, sal die padda nie agterkom dat die temperatuur stadig styg nie, maar sou die temperatuur skielik verhoog word, sal die padda dadelik uit die water spring. Hiermee het Ramaphosa bedoel dat die swart meerderheid wette, grond en ekonomiese mag van wit na swart stadig en geleidelik sou oorneem, totdat die blankes alles verloor het wat hulle in Suid-Afrika verwerf het, maar sonder om te veroorsaak dat hulle in opstand kom of veg.”

Op hierdie wyse sou die ANC dan sy beplande rewolusie finaal afhandel.

Maar Ramaphosa het nie rekening gehou met die Boereprofeet Siener van Rensburg, wat ’n heel ander scenario in die vooruitsig gestel het nie – ‘n scenario waarin die Blanke nie net sy vaderland gaan terugkry nie, maar ook alles wat oor eeue heen van hom gesteel en geroof is.

Tog het Siener ook gewaarsku dat daar éérs ‘n  ‘donker tyd’ moet kom, voordat ons die Boererepubliek gaan kry. Maar dit sou ook ‘n ‘donker tyd’ vir die ganse mensdom wees, want, “ek sien die hele wêreld is omgeploeg”. Dat hy die ‘hele wêreld’ omgeploeg gesien het, beteken dat elke volk en nasie op aarde hierdeur geraak sal word.

Die tweede Groot Griep?

Met die koms van die koronavirus het dalk nog ‘n visioen van Siener ‘n werklikheid geword, want hy het in etlike van sy gesigte ‘n omgeploegte aarde/wêreld gesien, en hy het self gesê dit beteken ‘n ‘groot omwenteling’ – en omdat die hele aarde/wêreld omgeploeg is, moet dit beslis ‘n ‘omwenteling’ van wêreldwye omvang wees wat almal sal raak.

Die koronavirus kan ongetwyfeld beskou word as een van die grootste ‘omwentelinge’ van alle tye, want nog nooit in die geskiedenis is die ganse mensdom so skielik en byna oornag nie net van sy vryheid en voorregte ontneem nie, maar is ons almal ook wetlik verplig om in ons huise te bly.

Dan het Siener verder gepraat van ‘n ‘groot stilte’ wat ons nog sou beleef. Kan dit dalk ook verwys na hierdie grendeltyd terwyl alles letterlik tot ‘stilstand’ gekom het en niemand van ons weet wat werklik besig is om te gebeur nie? Dis ‘n tyd van totale onsekerheid, twyfel, vrees en verwarring, maar bowe-al ook ‘n tyd van wanhoop en moedeloosheid!

Siener: “Ek sien die Boere (Blankes) se hoede hang oor hul oë en hul koppe hang laag. (Hulle lyk baie moedeloos). Ek sien hulle het kolle op die oë wat soos pêrels lyk (hulle word verblind en kan nie sien wat werklik besig is om rondom hulle te gebeur nie).”

Daar kan tereg gevra word wié van ons het die vaagste benul van wat in hierdie huidige deurmekaar wêreld aan die gang is? Want ons hoor van miljoene lewens wat die koronavirus gaan eis, ons hoor van dodelike inentings, van nuwe 5G-mobiele netwerke wat die verspreiding van COVID-19 veroorsaak, van Bill Gates wat die wêreldbevolking met miljarde wil verminder, ens., ens. En ons is so oorbluf ons weet nie meer wat om te glo of wat om te verwag nie.

Soos vroeër reeds genoem, het Siener hierdie ‘groot omwenteling’ al in die 1914-Rebellie sien kom.

Maar hy nie net die bose invloed van Kommunisme vanuit Afrika sien kom nie – 4 Januarie 1919: “Toe is die grond van die Ooste af ‘omgeploeg’.”

Vraag: is die koronavirus wat die hele wêreld van Wuhan af (in die Ooste) omgeploeg het, nie dalk ‘n sinnebeeld van daardie ‘moeilike tyd’ nie?

‘n ‘Omgeploegte wêreld’ of ‘n ‘groot omwenteling’, stel dus ‘n tyd voor wanneer alles skielik en heeltemal onverwags verander om nooit weer weer dieselfde te wees nie.

‘n Ander gesig van hom wat hierby aansluit is: “Die vlaktes van ons hele land is omgespit en omgeploeë.” Siener het dit aangedui as die begin van ons  ‘Donker Tyd’ (die smeltkroes), en dis ook in hierdie tyd dat hy die ‘rooi balk’ (Kommunisme) oor ons sien gaan het  – die swart regering is in hierdie grendeltyd daarop uit om spesifiek die Blanke aan bande te lê, te vervolg, te verdruk en te vertrap. Want gedurende hierdie tyd steur die swartes hulle glad nie aan die beperkende maatreëls wat ingestel is nie. Dit krioel in die strate, op die markpleine, taxi’s word nog steeds oorlaai en daar is geen polisieman in sig nie. Maar laat ‘n Blanke dit net waag om met sy hond te gaan stap, dan word hy dadelik gekonfronteer en beboet.

Eers in hierdie ‘smeltkroes’ en ‘donker tyd’, het hy gesê, sal ons volk in ware ootmoed voor die Heer kom en vra dat ons son nie moet ondergaan nie.

Aan Boy Mussmann het hy gesê ons gaan nog eendag dankbaar wees vir die ‘donker tyd’ waardeur ons moes gaan, want uiteindelik het ons, net soos Israel van ouds, droogvoets deur die see van ‘moeilikhede’ gegaan.

Sagaria 13:8-9 beskryf vir ons die smeltkroes waarna Siener verwys so: “En in die ganse land, spreek die HERE—twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!”

Die koronavirus het ons ganse bestaan en leefwyse skielik en heeltemal onverwags aan skerwe geruk. Niks was meer dieselfde nie; ons vryheid van beweging, kommunikasie, doen en late, skoolonderrig, werksomstandighede, ons wyse van aanbidding, ja, selfs ons menswees is van ons beroof en bestaan skielik nie meer nie. Maar dis nie al nie, die koronavirus het ook ekonomieë wêreldwyd geknak of vernietig, miljoene sit nou sonder werk, terwyl miljoene ander dalk binnekort nie meer kos gaan hê om te eet nie. En net soos met die Groot Griep-epidemie van 1918 sal Suid-Afrika ook hierdie ‘griep-epidemie’ se nagevolge nie vryspring nie.

Maar ek het tog vir u goeie nuus: vorentoe gaan FW de Klerk se ‘onomkeerbare’ hervorming weer genadeloos ‘omgekeer’ word!

Siener sê hy het in 1914 gesien die Vierkleur word op die perd gedra – dit was tydelik, maar daar by Grootrivier sien hy die vlagpaal is stewig ingeplant – dus waai die Vierkleur vir goed en altyd. En by die paal staan hy, sy vrou en kinders. Die Vierkleur is ’n simbool van ons Derde Boererepubliek en hy, sy vrou en kinders verteenwoordig die Getroue Afrikanervolk.

11 Aug. 1918 — “Aan die Oostekant kom ’n toegevoude kombers uit, hy vou oop. Toe is daar ’n paal en bo aan die paal hang die Vierkleur. Aan die Westekant is die aarde pikswart. Wanneer die stryd verby is, sal julle nie net stewiger staan nie, maar uiteindelik ook die langverwagte vryheid geniet. Elders in die wêreld sal daar in hierdie stadium nog bloedige oorloë woed (…die aarde daar is pikswart).”

Hy het op ’n dag sy tweede oudste seun, Kallie, versoek om die volgende gesig neer te skryf: “Ek sien ‘n vark hang aan die hak in Engeland. Dit raak daar weg en dan sien ek hom weer in Johannesburg hang, en dan word hy wors gemaak. Die wors hang in die Kaap aan die parlementstoele, en ek eet daarvan. (Ek is die Getroue Afrikaner). Die wors wat daar in die parlementshuis hang, word dan met wetgewing gekonfiskeer. En dit wys vir my dat dit ‘n regverdige saak is. Ons roof of steel nie,” sê die Siener. “Ons vat net terug wat ons reeds met bloed en offers van die Heer gekry het.”

Toe het hy die gesig self meer breedvoerig verklaar: “Die varke (kapitaliste) in Johannesburg sal, in samewerking met die Boere se vyande oorsee, sy eiendom (die wors) van hom wegneem. Maar dit sal hulle niks help nie, want die Boere sal, deur ingryping van Bo, weer die mag verkry (die wors hang aan die parlementstoele). Ook sal al die myne en minerale staatseiendom word en al die ou Republikeinse plase val terug en word onder my volk verdeel … ‘n volmaakte republiek sal ons kry van ‘n volmaakte God”

En nie lank hierna nie, vind die laaste ‘groot omwenteling’ op aarde  plaas – die herstel van die Godsryk:

25 Des. 1918 — In die Unie is osse, ploeë en mense, toe kom hulle na die Westekant en toe is die hele aarde omgeploeg. Maar hierdie keer sal Siener se ploeg alles op die ganse aarde ten goede omgeloeë. En God se volk wat onder was, is nou weer bo. Die man in grys staan op die ysterploeg, wat beteken hy is in beheer. Siener het gesê dit is God se wil en God se wil sal geskied.

Die herstel van die Ewige Ryk sal, volgens beide Siener en Henog, in die Unie van Suid-Afrika begin voordat die na die Weste sal oorgaan:  “In die Noordekant in die lucht is een galery en op die galery is zoos die beschrijving van die tabernakel met die goude kandelaren … en achter die galery kom een menigte kinders uit en kom af naar die Zuide.”  (En omdat die tabernakel die Woonplek van die Allerhoogste is, sal Hyself kom om in die tabernakel vir ewig onder sy kinders te woon…

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470

Subscribe
Notify of
47 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Lukas

Inderdaad Adriaan
 
Webwerf lyk baie netjies!
Jy slaan alweer die spyker loodreg op sy kop…
Ons sien al hulle truuks vir wat dit werklik is.
Ons is baie dankbaar vir al jou eindelose harde werk.
Bittereinder is JY

Harry

In openbaring 2808 van Judith de Beer te http://www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za, word gewaarsku dat daar eerskomende naweek ‘n donkerte aanbreek omtrent 6 ure na Vrydagnag se volmaan, wanneer hooggety plaasvind – dis ongeveer 03:24 (Suid-Kaap) op 06-06-2020.
 
In die daaropvolgende openbaring 2809 word gemeld dat die swart teenoor wit haatgedrewe onluste in die VSA na die res van die wereld gaan oorspoel.

Lukas

More julle
 
En kyk hoe saggies begin hulle met die nuwe kontantlose stelsel…
 
https://www.gov.za/speeches/post-office-unveils-first-its-cashless-atms-pay-sassa-social-grants-4-may-2020-0000
 
Lyk my Suid Afrika gaan die voorloper in Afrika wees.
 
Opwindend..

Ou Tant Soes

Ons almal weet teen hierdie tyd dat die kontantlose stelsel die voorloper vir die 666 merk van die dier mikroskyfie besigheid is.   In openbaring 2688, Waak o Sion, vertel Judith vir ons dat God se suiwer kudde in Suid-Afrika eerste vir die merk van die dier voorberei word.   Lees gerus die hele openbaring, dis te lank om hier te plaas.   Haar woorde is “Sion eerste vir merk van dier voorberei”. Gereelde Judith-lesers sal uit haar ander openbaringe weet dat dit die suiwer Godgelowige blanke Israeliet in Suid-Afrika is. Kyk byvoorbeeld openbarings 2615, 2227, 1054, en 1650 waar… Read more »

Lukas

Ons het hulle sien kom Tant Soes.
 
Ons lees jou 5/5…

Harry

Openbaring 2617 van Judith is baie interessant en kan ook by die lysie gevoeg word, want dit toon die volgende:   “Die merk van die dier sal julle maklik op die hand of voorhoof kry. Kyk, slegs n klein gedeelte, is bereid om vir die Waarheid te sterf</strong> <strong>of te ly.</strong> <strong>Skryf daarom o, kneg, net een, vanuit die getal vyftig en weet dit is</strong> <strong>al, vanuit julle midde, wat vanuitn oorblywende twee miljoen, vir My sal oorbly.” Vanuit bg. kan die som gemaak word en die getal 40 000 word verkry – dit is die getal boere wat oorbly… Read more »

Ou Tant Soes

Harry, ek het daardie een ook al goed bekyk en die sommetjies ‘n paar keer oor gemaak in die hoop dat dit op een of ander manier nie so min sal wees nie.   Dis hartseer om te dink hoe min van ons volkie gaan oorbly, maar aan die ander kant as ek so om my kyk hoe hulle hand om die nek met hul Raka-maters loop is ek ook nie regtig verbaas nie.   As mens al Judith se openbaringe se “binnegoed” onder verskillende onderwerpe bymekaar sit en dit dan onderwerp-vir-onderwerp (ipv openbarings in ‘n ry) lees kry jy… Read more »

_JW12_

Verstaan hierdie Bybelkonsepte, en verstaan die Bybel beter…
.
 
TOP 5 Most Corrupted Bible Verses :
 
https://www.youtube.com/watch?v=naPfDlnEtIQ
 
.
 
TOP 5 Most Mistranslated Bible Verses :
 
https://www.youtube.com/watch?v=-TkaYIgN-4s
 
 
.

_JW12_

Nota : Hierdie volgende skrywe vorm deel van ‘n reeks (alles reeds klaar geskryf). .   JESUS / JESHUA   Dis die ou storie : Die lekker sjokolade roomys gemeng met die 1% riool. En party mense lek dit heerilik op ?   Valse-vlag predikers is veral bekend daarvoor dat hulle 99% waarheid verkondig en dan op slinkse wyse die 1% riool keurig daarby inmeng sodat die hele spul SAAM as sogenaamde “wat is die waarheid?” verkwansel kan word. Onder sekere Israelgeledere (‘israel-visie’?) is dit niks nuut nie.   Waarom is daar steeds sekere ‘Israel predikers’ wat hare kloof (en… Read more »

Last edited 15 days ago by _JW12_
_JW12_

(vervolg…)   H3091 yehôshûa‛   yehôshûa‛ yeh-ho-shoo’-ah, yeh-ho-shoo’-ah From H3068 and H3467 ; “Jehovah-saved” ; Jehoshua (that is, Joshua), the Jewish leader : – Jehoshua, Jehoshuah, Joshua. Compare H3442.   H3442 yêshûa‛ yah-shoo’-ah For H3091 ; he will save ; Jeshua, the name of two Israelites, also of a place in Palestine : – Jeshua.   JESHUA se Naam was vertaal in Grieks, Latyn en Hebreeus :   Luk. 23:38 : “En daar was ook ‘n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters : HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.”   Joh. 19: 19-20 : “En Pilatus het ook… Read more »

_JW12_

Mnr Snyman
 
Ek sien u het nie my drie skrywes geplaas nie.
 
Dit vorm deel van ‘n reeks van skrywes oor belangrike onderwerpe wat ek wil aanspreek (wat ek hier stuk-stuk oor ‘n week of twee sou/wou plaas).
 
Ek neem aan dit is te veel vir u om elke keer na te gaan (te verstane, omdat u waarskynlik nie tyd het om dit deur te gaan nie). Geen probleem.
 
Ek sal dus liewer slegs ‘n SKAKEL daarna plaas – vanwaar die lesers dit alles op hul eie tyd kan gaan lees.
 
Is dit reg so ?
 
.

_JW12_

Dankie vir die geleentheid dat ek my kennis kan deel. Ek plaas dus die volgende skrywes net hierna.

Harry

Tant Soes, dit is nogal hartseer om die klein getal van ons volk wat gaan oorbly te sien, maar die res van die wereld lyk heelwat slegter – in Judith se openbaring 53 word ons meegedeel dat net 1 uit 10 000 gered sal word, wat die somtotaal van 144 000 is, soos geskrywe in Openbaring 7 en 14. Dit beteken dat daar uit ‘n totale wereldbevolking van 7,8 biljoen mense net 1,44 biljoen is wat potensieel gered kan word, waarvan ‘n skamele 144 000 sal oorbly.   In Openbaring 7 vertel Johannes dat daar uit elk van die 12… Read more »

Ou Tant Soes

Kyk na hierdie interessante openbaring van Judith. Nommer 2179: ‘n Regverdige Stryd. Dit is ‘n langerige een, ek sit net die twee paragrawe hier. Let op “hierdie virus”, maw net een virus. En die ander interessante deeltjie van “gelyke getalle”. Sou dit dalk Covid wees wat hulle so kan uitdun??? So luister Elohim na hulle aanklag en gaan daarmee heeltemal akkoord. Sy Grimmigheid gaan oor Afrika se vlaktes van Oos na Suid, Wes na Noord en wawyd open nou die doderyk se poort en daaruit kom die wurm van die dood as mikroskopiese klein soldaatjies voort en hierdie virus pleeg… Read more »

Lukas

En kyk na die tydsverloop spesifiek in paragrawe vier en ses in Openbaring 2786…
en die eerste Openbaring was 30 Mei 2007. So is 2020 ‘n skrikkeljaar.

Dankie Adriaan
Mooi loop julle almal

_JW12_

JESHUA SE TITELS / BENAMINGS Profeet : Luk. 1:76 : “En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak…” Luk. 24:19 : “En Hy sê vir hulle : Watter dinge ? En hulle antwoord Hom : Die dinge aangaande Jeshua, die Nasaréner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk…” Hand. 3:22 : “Want Moses het tot die vaders gespreek : Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Ps. 18:32 : “Want wie is God buiten die HERE (JHWH), en wie is ‘n ROTS behalwe onse God ?” Ps. 89:26 : “He shall cry unto me, Thou art my father, my God, and the ROCK of my SALVATION (H3444). [KJV] Salvation H3444 yeshû‛âh Feminine passive participle of H3467 ; something saved, that is, (abstractly) deliverance ; hence aid, salvation, save, saving. Psalm 89:26 vertaal lui as volg : “Hy sal uitroep oor my : U is my Vader, my God en die Rots van my Yeshua.” Dan. 2:35 : “…maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot ROTS… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Hy is die Woord, is by God en is deel van God : Joh. 1: 1-3 : “In die begin was die WOORD (Jeshua), en die Woord was by JHWH, en die Woord was God. Hy was in die begin BY God. Alle dinge het DEUR Hom (Jeshua) ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.” Joh. 1:14 : “En die WOORD het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.” Die… Read more »

_JW12_

DIE GETUIENIS VAN JESHUA Jeshua en die Apostels getuig saam… (1) Jeshua het gekom in die Naam van sy Vader JHWH : Joh. 5:43 : “Ek (Jeshua) het gekom in die Naam van my Vader (JHWH),…” Joh. 6:38 : “Want Ek (Jeshua) het uit die HEMEL neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom (JHWH) wat My gestuur het.” Joh. 7:16 : “Jeshua antwoord hulle en sê : My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.” Joh. 12: 44-45 : “En Jeshua het uitgeroep en gesê : Wie in My… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Jak. 1:1 : “Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jeshua Messiah, aan die TWAALF STAMME wat in die VERSTROOIING is : Groete !” 1Petr. 2:9 : “Maar julle (Israel) is ‘n uitverkore RAS (G1085 – genos), ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige VOLK, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,…” (vergelyk Exod. 19:6) 1Pet. 2:9 : “But you (Israel) are a CHOSEN RACE, a royal priesthood, a holy nation, a people for his own possession, that you may proclaim the excellencies of him… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Joh. 15:10 : “As julle (Israel) my GEBOOIE BEWAAR, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader (JHWH) bewaar en in sy liefde bly.” Joh. 14:15 : “As julle (Israel) My liefhet, bewaar my gebooie.” Joh 14:21 : “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet ; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.” 1Joh. 5:3 : “Want dit is die liefde tot God, dat ons (Israel) sy gebooie bewaar ; en sy gebooie is nie… Read more »

_JW12_

DIE “ANDER JESUS” EN DIE “ANDER EVANGELIE” 2Kor. 11:4 : “Want as iemand kom en ‘n ANDER JESUS verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ANDER GEES ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ANDER EVANGELIE as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.” Die ander Jesus en die ander evangelie behoort aan die sinagoge van die Libertyne en die Nikolaïete : Hand. 6:9 : “En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die LIBERTYNE opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Die hoer van Openbaring is die RKK : Openb. 17: 4-6 : “En die vrou (hoer) was bekleed met PURPER en SKARLAKEN en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n GOUE BEKER gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery ; en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe : Verborgenheid, die groot BABILON, die MOEDER van die hoere en van die GRUWELS van die aarde. En ek het die vrou (hoer) gesien, dronk van die BLOED van die heiliges en van die BLOED van die GETUIES van Jeshua, en ek het my… Read more »

_JW12_

DIE 3-EENHEID Die valse aanklag van sogenaamde “afgodery” Ek vind dit laakbaar en onverantwoordelik wanneer sekere ‘Israel prediker/s’ suggereer, dat sou iemand direk “na Jesus” of “na Jahshua” bid – dat sulke aanbidding noodwendig op sogenaamde “afgodery” sou neerkom. In dieselfde asem ontken hierdie einste ‘prediker(s)’ die Goddelikheid van Jeshua. Hierdie is niks anders as ‘n agterbakse sataniese taktiek / poging om die beeld van Jeshua en sy Vader as verdeelt en kompeterend teenoor mekaar af te speel. Ek sien dit ook as ‘n opsetlike en sluwe (intelligensiediens?) poging om Israelgelowiges (CI) te smeer, mislei en te verdeel ! Van… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Die Goddelikheid van Jeshua : Fil. 2: 9-10 : “Daarom het God (JHWH) Hom (Jeshua) ook uitermate VERHOOG en Hom ‘n naam gegee wat BO elke naam is, sodat in die Naam van Jeshua sou BUIG elke knie van die wat in die HEMEL en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,…” Joh. 4:24 : “God is Gees ; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh. 10:30 : “Ek en die Vader is een.” Joh. 12:45 : “En wie My aanskou, aanskou Hom (JHWH) wat My gestuur het.” Joh. 11: 25-26 : “Jeshua sê… Read more »

Last edited 3 days ago by _JW12_
_JW12_

(vervolg…) Gen. 1: 26-27 : “En God het gesê : Laat ONS (JHWH & Jeshua) mense (Adam – H120, H119) maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle HEERS oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God (JHWH) het die mens (Adam – H120, H119) geskape na sy beeld ; na die BEELD van God het Hy hom geskape ; man en vrou het Hy hulle geskape.” [Nota : Slegs Adam = Blankes is na God… Read more »

_JW12_

MERK VAN DIE DIER 666 1Joh. 2:22 : “Wie is die leuenaar, behalwe HY wat ONTKEN dat Jeshua die Messiah is ? Dit is die Antichris wat die Vader EN die Seun LOËN.” [d.w.s wat een of beide ontken] Ek vind dit laakbaar en verregaande wanneer sekere (valse-vlag / “israel-visie”) ‘prediker/s’ openlik verkondig dat die term “Jesus Christus” aan die “Merk van die Dier” en/of aan die “Antichris” gekoppel moet/kan word. Dis die einste ‘Israel prediker/s’ wat die Goddelikheid van Jeshua ontken en wat suggereer dat daar van Jeshua ‘n “afgod” gemaak kan word (as mens bv nie ‘direk na JHWH’… Read more »

_JW12_

(vervolg…)

Hierdie drie videos beskryf dit verder :

(1) http://brothernathanaelchannel.com/watch_video.php?v=1372

(vervolg…)

_JW12_
_JW12_
_JW12_

(vervolg…)

Italian lawmaker call for arrest of Bill Gates :

https://www.bitchute.com/video/U0XPjEpnaabs/

(vervolg…)

_JW12_

(vervolg…)

WHO Logo (sterk ooreenkoms met die “XI”) :

http://www.pngguru.com/free-transparent-background-png-clipart-ganoh

Neem kennis.

(opvolgende onderwerp binnekort, 24-48 uur…)

**** 

Last edited 2 days ago by _JW12_
_JW12_

DIE BESNYDENIS Dit is jammer dat hierdie einste (valse-vlag) ‘Israel prediker/s’ ook mense mislei deur die besnydenis te verkondig. Ek gaan hierdie saak nou aanspreek en dit regstel. Die besnydenis is ‘n teken van die Ou Verbond. Dit tel nie meer onder die Nuwe Verbond nie. 1Tim. 1: 6-9 : “…waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies ; hulle wil leraars van die WET wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. Maar ons weet dat die WET goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy WEET dat die WET… Read more »

_JW12_

(Hand. 15: 1-9 vervolg…) Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê : Dit is noodsaaklik dat hulle BESNY word en bevel ontvang om die WET van Moses te onderhou. En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê : Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons VERKIES het dat die heidense Israeliete deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Rom. 2: 25-29 : “Want die BESNYDENIS is wel nuttig as jy die WET onderhou ; maar as jy ‘n OORTREDER van die WET is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. As die onbesnedene dan die verordeninge van die WET onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie ? En sal hy wat van nature onbesnede is en die WET volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die WET is nie ? Want nie hy is ‘n Judeër wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Diegene wat steeds die besnydenis wil onderhou het in die genade verval : Gal. 2: 3-5 : “Maar selfs is Titus, wat by my was, NIE GEDWING om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is ; en dit vanweë die INGESMOKKELDE VALSE broeders wat INGESLUIP het om ons vryheid te bespied wat ons in Messiah Jeshua het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring ; aan wie ons selfs NIE ‘n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.” Gal. 5: 1-12 : “Staan dan vas in die vryheid waarmee Messiah ons… Read more »

_JW12_

DIE GELOOF EN DIE DOOP IN DIE PLEK VAN DIE BESNYDENIS Let wel : Die DOOP is slegs vir ISRAEL bedoel en slegs op ISRAEL van toepassing. Dit is nie vir “almal” bedoel nie. Die Bybel, die Verlossing en die Evangelie is SLEGS vir ISRAEL bedoel. Matt. 28:19 : “Gaan dan heen, maak dissipels van al DIE (Israel) Nasies (G1484 – Ethnos), en DOOP hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees ; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt. 28:19 : “Go ye therefore, and make disciples of… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Aan wie kom die BELOFTE toe ? Al Hierdie dinge (beloftes, aanneming, heerlikheid, verbonde, wetgewing, erediens) behoor slegs aan Israel : Rom. 9:4 : “Hulle is ISRAELIETE aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes…” Hand. 16: 14-15 : “En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre, ‘n godsdienstige vrou, het geluister ; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is. En toe sy en haar huisgesin GEDOOP is, het sy by ons aangedring… Read more »

_JW12_

DIE WET vs DIE GELOOF EN GENADE Die wet het nie verval nie en sal nooit verval nie, al is ons nie meer ONDER die wet nie. Verder was die wet SLEGS aan ISRAEL gegee. Die wet openbaar die sonde. Ons pleeg steeds elke dag (op die ingewing van die oomblik) sondes. Die wet red ons egter NIE van ons (daaglikse) tekortkominge nie. Matt. 5:17 : “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te VERVUL.” 1Kor. 6: 9-10 : “Of weet julle nie dat… Read more »

Last edited 18 hours ago by _JW12_
_JW12_

(vervolg…) Rom. 6: 11-14 : “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde DOOD is, maar lewend is vir God in Messiah Jeshua, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam NIE HEERS dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle NIE HEERS nie ; want julle is NIE… Read more »

_JW12_

(Gal. 3: 17-27 vevolg…) Nee, stellig nie ! Want as daar ‘n WET gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die WET wees. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die BELOFTE uit die GELOOF in Jeshua Messiah aan die GELOWIGES (gelowige Israeliete) gegee kon word. Maar voordat die GELOOF gekom het, is ons (Israel) onder die WET in BEWARING gehou, ingesluit met die oog op die GELOOF wat geopenbaar sou word. Die WET was dus ons TUGMEESTER na Messiah toe, sodat ons GEREGVERDIG kan word uit die GELOOF. Maar nou dat die… Read more »

_JW12_

(vervolg…) Rom. 3: 28+31 : “Ons neem dus aan dat die mens (Adamiër / Israeliet) geregverdig word deur die GELOOF sonder die werke van die wet. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof ? Nee, stellig nie ! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (want die hele wet is in Jeshua VERVUL). Rom. 6: 1-3 : “Wat sal ons dan sê ? Sal ons (Israel) in die sonde bly, dat die genade meer kan word ? Nee, stellig nie ! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe ? Of weet julle nie dat ons almal wat… Read more »

[anycomment]