DIE VAANDELDRAER

Boodskap van hoop aan my gebroke volk

Om mee te begin wil ek wil ek nie vandag oor dinge van die wêreld skryf nie, maar liefs van hart tot hart met my medevolksgenote praat. Want terwyl ons so beroof, geplunder, verdruk en in die aarde vertrap word, wil  ek julle net daaraan herinner dat Hy wat by Bloedrivier ons hand gevat het, dit nooit weer sal los nie.

Die dag toe sy (die Boervolk) gebore is, is haar naelstring nie afgesny nie; sy is nie met water gewas of gereinig nie en daar was nie ’n doek om haar in toe te draai nie.

Want geeneen het met haar medelye gehad nie.

Sy is op die oop vlakte langs die eensame trekpad weggegooi, niemand het na haar gevra, omgesien óf haar met olie gesalf nie.

Maar toe Hy wat in die hemele woon, haar na Hom hoor roep, het Hý neergedaal en ʼn oomblik by haar vertoef en haar in haar bloed sien spartel.

En Hy het vir haar in haar bloed gesê: “Leef, my volk!” En Hy het sy hand na haar uitgesteek en haar aangeraak.

En sy hét geleef, sy hand geneem, dit saggies teen haar wang gedruk en gehuil.

En Hy het oor haar gebuig en haar naaktheid met sy wit seiltjie bedek; want sy koester sy gees van ewige lewe in haar. En dit maak nie saak dat almal haar versmaad het of in die aarde vermolm het nie; sy gaan dit oorleef. Sy gaan opstaan, weer wondere verrig, weer ʼn groot beskawing word. Sy gaan weer ’n seën vir die wêreld wees – soos dit vir haar voorbeskik was.
En sy het opgegroei en groot geword en die hoogste pieke bereik.

Toe het Hy vir haar gesweer en met haar ’n Tweede verbond op die walle van die Tweede Bloedrivier gesluit en vir haar gesê:

“Jy is Myne!”

En die Vierkleur het oor haar gewapper.

En toe die bloedbevlekte Vierkleur teen die vlagpaal regs van die kokerboom op die heuwel by Prieska gehys is, het in elke oog sy eie verborge pyn gelê, die blink druppels ’n swart verbrande aarde weerkaats, verwoeste stede, dorpe, leë plekke in die huis, in die familie- en vriendekring — maar ook in ’n rou, verskeurde volkshart.

Wie weet of hulle dan nie sal onthou nie:
“Uit die blou van onse hemel, uit die dieptes van ons see…
“Oor ons ver verlate vlaktes….”

En miskien sal hulle ook, soos Israel by die riviere van die Nuwe Suid-Afrika (Babel), bitterlik ween as hulle dink aan die ou Republieke (Sion): “Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee…”

Die lied het opgestyg oor die Karoostilte, oor die waters van die Oranje, die ver kamme van die Doringberge en die blou van hul God se hemel:
“Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra…
“Ons hét gesterwe vir jou Suid-Afrika…

“Maar nou sál ons lewe nét vir Hom wat ons bloue hemel, die dieptes van ons see, ons ver verlate vlaktes, ons ewige gebergete en die hoë kranse met groot deernis wyd en ver aan ons voete oopgesprei het…”


Gebed vir my gebroke volk

Ons wil nie net aan ons kinders vertel ons was U oogappel nie;
Ons wil nie net aan hulle vertel van al U goeie dade nie;
Ons wil nie net aan hulle vertel van ‘n land wat óns land was nie;
Ons wil nie net aan hulle vertel toe U alléén ons Vader was nie;
Ons wil net saam met hulle aan U voete neerbuig en pleit:

Laat ons tog weer soos van ouds U dierbares wees;
Laat ons weer soos ons vadere vir U ’n altaar bou;
Laat ons weer as volk U alleen ons pandhouer maak —
Laat ons weer U Naam oor ons kinders uitroep.
Laat ons weer ons hand in U sterke hand lê;
Want ons wil weer die skape van u weide wees;
En ons wil wéér kan sê: U alléén is onse Vader…

Blog Artikels

Solidariteit, Afriforum en die Afrikanerbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
‘n Paar van die onderwerpe wat in die boekie behandel word sluit in: Die heilige boomstamme, Kersfees, Paasfees, Aanloop van die Hervorming, Nimrod en Babilon
Subscribe
Notify of
guest
3 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Christopher

Ek sing altyd.

“..ons sal lewe, ons sal strewe…”

Ek wil amper sê Langenhoven het ‘n fout gemaak want “sterwe” en “strewe” is amper indenties.

johan v W

Amen

Pieter

Amen!!

3
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x