Boervolk | Siener van Rensburg | Vaandel Uitgewers

Geweld Stakings Landswyd dalk Oktober Rewolusie?

2012-10-04

Deur Adriaan Snyman

Avatar photo

Die profetiese gety is op ons – en niemand, maar niemand sal dit kan ontvlug nie! Of jy dit nou geglo het of nie, maak nie meer saak nie. ‘n Profesie wie se tyd aangebreek het, is net so genadeloos soos ‘n aankomende orkaanwind – alles in sy pad word weggevee. Ons gee hier net die belangrikste gebeure van die afgelope twee dae. Van die inligting het u dalk al elders gehoor, maar dit voltooi gister en vandag se legkaart:

  • Amplats was oortuig dat sy Rustenburg-myne hierdie week weer in produksie sou gaan, maar die stakings het alle werksaamhede verhoed. (Siener: ek sien ‘n groter staking as in 1922).
  • Kaapstad wat nooit juis geraak is deur vorige stakings nie, het gister ook deurgeloop – die stakingsgeweld het toegeneem met vier vragmotors wat deur stakers aan die brand gesteek is. En die vlaag slegte ekonomiese nuus kring uit met munisipale werkers wat nou ook met ’n landwye staking dreig. Ná weke waarin die bloedige mynwerkerstaking by Marikana na ander myne uitgebrei het, is winkels, kitsbanke en vulstasies nou besig om leeg te loop. Ons het van ‘n vlieënier verneem dat die meeste vulstasies teen Maandag leeg sal wees – die brandstoftekort kan ook  talle vlugte in die wiele ry.  (Siener: ek sien die karre op die bulte staan).
    Goldfields, die nr. 4 grootste goudprodusent ter wêreld, het sy werkers beveel om op te pak en huis toe te gaan (Siener: ek loop tussen die mynhope deur en daar is nie ‘n mens in sig nie.
  • Vermy die R25 na Birchleigh-Kemptonpark – woedende stakers gevaar vir motoriste. Vermy die M2 by Grayston. Gister 14 voertuie brangesteek, eienaars vlug te voet. In Durban is ‘n blanke bestuurder met klippe doodgegooi. Die Van Buuren-brug by Bedfordview na Easgate en Denvor-brug na Johannesburg moet vermy word. Stakers bestook motoriste met bottels en klippe! Vermy ook die paaie na Ogies, Bethal, Kriel, Secunda en Kinross. ‘n Senior bankbestuurder in Johannesburg kon gisteraand eers 9-uur huis toe gaan.
  • Eskom se gradering is deur Moody’s Beleggersdienste van Baa2 na Baa3. Die kanse vir nog lenings is nou daarmeeheen, en Eskom sit in sy grootste krisis die afgelope 50 jaar. Sy reserwe steenkoolvoorraad is feitlik uitgeput. Hy het nie eens meer geld om onderdele te koop nie, want by die Witbank-krastasie is herstelwerkj met bloudraad gedoen. Die oonde daar sluk elke 14 minute 38 ton steenkool. BEE-kontrakteurs lewer goedkoop, laegraadse steenkool wat enrstige skade tot gevolg kan hê. (Siener: ek sien daar lê ‘n groot hoop vuurmaakhou – 100 treë in omtrek by Johannesburg. Die potjie (pappot) kom na Pretoria toe, maar dit is leeg. Die papemmer is leeg. Een groot pap wat die deksel op es toen gaat het open toen es het leeg).
  • Die laaste blanke boere in Zimbabwe het kennis gekry om hul plase te verlaat, aangesien dit reeds aan die nuwe (swart) eienaar oorgedra is. (Siener: Ons dinge sal begin lelik raak kort nadat die ‘laaste Engelse’ uit Rhodesië (Zimbabwe) na Suid-Afrika vlug, en die onheil hier begin dreig.
Siener: Ons dinge sal begin lelik raak kort nadat die ‘laaste Engelse’ uit Rhodesië (Zimbabwe) na Suid-Afrika vlug

Groot stakings, kragonderbrekings, brandstof tekorte, en ekonomiese ineenstorting is al dikwels na verwys, maar vir die eerste keer is elkeen van hierdie rampe nou in een poel verenig, met daar by ook ‘n dreigende voedsel tekort.

Terwyl kospryse as gevolg van die sukkelende wêreldwye- en plaaslike ekonomie styg, moet Suid-Afrikaners ook begin bekommerd raak oor die beskikbaarheid van kos in hul kombuisrakke. Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het gewaarsku dat die land verskriklik vatbaar is. Hy meen dit sal slegs een ernstige droogte vat om die land se voedselsekuriteit wankelrig te maak. Leë mae is reeds volop in Suid-Afrika. Times Live berig Lesotho is ook erg in die knyp.

Volgens die World Food Programme het die land se mielieproduksie vanjaar met 77% gedaal. Ackerman se grootste bekommernis, is die gevaar van politieke onrus indien ‘n skielike styging in voedselpryse in werking sal tree. Verbruikers kanhulself staal vir stygings in die pryse van basiese voedselsoorte soos brood en vleis. Mielieprodusente in Amerika word geraak deur ‘n ernstige droogte wat die internasionale mielieprys met meer as 30% laat.

Amerika is een van die grootste mielieprodusente ter wêreld en ontleders sê plaaslike verbruikers gaan nie die invloed van die droogte in Amerika vryspring nie. AFP het vroeër berig die VSA ervaar sy ergste wydverspreide droogte in 56 jaar.

5 Kommentare oor “Geweld Stakings Landswyd dalk Oktober Rewolusie?”

  1. ‘n Volgende Tsunami brander was besig om momentum te kry en die wal water was besig om op te bou tot ‘n massiewe hoogte +/- 40 to 50 meter hoog en mense was besig om uit hierdie fabriek uit te hardloop voor die aanstormde Tsunami muur van water. Die volgende oomblik het die water op die strand neergestort en alles en almal verdwelg , terselfdertyd het die fabriek ontplof en drie vuurballe is hoog in die lug ingeslinger . Twee van hulle het op die strand geval maar die derde vuurbal het net agter ons huis geval en verby my na onder toe gerol. Ons het verder na die bokant van die heuwel toe gehardloop en ‘n manspersoon het vir my gese ons is nou veilig want die water sal nie tot by daardie hoogte kan kom nie . Ons het egter gou gesien dat dit nie die waarheid was nie want die water het amper tot by ons gestyg .

    Gaan die fabriek va??
    Boeregroete

  2. Onthou:
    ons kan niks reg bid wat Skriftuurlik verkeerd is nie,
    netso is dit verkeerd om teen profesie te bid.
    Vrede en Staan Sterk!
    BoereGroete

  3. Chris Potgieter

    Mag nie vloek nie, mag nie vloek nie ag fok, dis a feit dat die wie nie kan ‘adept or die’ die res in die donnerse afgrond af wli sleep.

Comments are closed.