Siener se gebeurelyn vir ons dag

December 4th, 2018 by
22 kommentare | Lees kommentare
© 2018 Vaandeld Uitgewers

Ons staan nou voor ‘n tydperk in ons geskiedenis soos ons miskien laas met die Tweede Vryheidsoorlog beleef het, en daar is bitter min verskil.

Skaars elf dae na die uitbreek van die oorlog het Siener van Rensburg die Boerekrygers wat op pad was na die slagveld vooruit gewaarsku dat die Engelse hulle plase gaan verwoes, hul vroue en kinders in groot ellende gaan dompel en dat hulle ook die oorlog sal verloor. Hulle wou dit nie glo nie. Van die krygers het hom uitgeskel as ‘n verraaier, ander het selfs gedreig om hom dood te skiet.

Hierdie keer is dit niks anders nie. Die Almagtige het dieselfde profeet gebruik om ons ook te waarsku dat ons die donkerste tyd in ons geskiedenis in gesig staar – so erg dat jy nie jou hand voor jou oë sal kan sien nie. Maar net soos destyds minag en verwerp ons ook die vermaning en word die boodskapper nog boonop bespot en beswadder as ‘n ‘flenter-gat’ profeet.

In hierdie artikel gaan daar kortliks gekyk word na ‘n paar van Siener se belangrike gesigte vir ons tyd; gesigte wat vir ons ‘n blik agter die sluier van die toekoms kan gee.

Omdat hyself gesê het hy noem geen datums nie, gaan ek dit ook nie doen nie. Tog wil ek ‘n gebeurelyn probeer vas te stel om te kyk in watter volgorde sy visioene moontlik kan afspeel. Dat dit dalk heel anders kan verloop, is egter nie uitgesluit nie!

Die situasie in Suid-Afrika het in die afgelope twee jaar drasties versleg en agteruitgegaan.

  1. In 2017 en 2018 ondervind sekere dele in die land een van die ergste droogtes in 80 jaar.
  2. Op 18 Desember verlede jaar neem Cyril Ramaphosa by Jacob Zuma as president oor en die media kondig dit met groot gejuig aan. Maar skaars het die gejubel weggesterf, of die voorslag van Ramaphosa se sweep vreet oor ons blaaie: “Diewe, rowers! Julle het ons grond gesteel, en sonder vergoeding gaan ons dit terugvat!”
  3. In 2018 vind die meeste stakings plaas sedert 1994. Dit het sommer vroeg in die jaar al afgeskop toe honderde personeellede van die Durbanse Universiteit van Tegnologie op 15 Januarie om hoër lone begin staak het. Sedertdien volg die een staking op die ander. Dit kring later uit na die myne en gaan gepaard met sulke gewelddadige betogings dat talle myne hulle deure gesluit het. Sibanye-Stillwater is een wat al sy mynbedrywighede gestaak het. Net die mynstakers word op sowat 75 000 gereken. ‘n Reuse—staking dreig by Eskom nadat die raad aangekondig het dat ‘n groot aantal werkers afgelê gaan word. Intussen het Eskom se wins met 89% gedaal en gewaarsku hy dat dinge vorentoe nog kan vererger. Nehawu (die National Education, Health and Allied Workers Union) dreig om van Maandag 4 Desember af te staak.
  4. Eskom beleef een van die moeilikste jare in sy geskiedenis. Hy is in Maart deur Standard & Poor  afgegradeer en het sy kredietwaardigheid verloor. Munisipaliteite betaal nie hulle Eskom-skuld nie. Net die Soweto-munisipaliteit se skuld staan op R1 miljard. Weens gebrek aan voldoende steenkool moes Eskom elf eenhede by sy kragstasies afskakel. Volgens Moneyweb is dit weens ‘n gebrek aan befondsing. Eskom het ook geen geld meer in sy koffers om onderhoudsbedrywighede te finansier nie. Die kragstasies is nou afhanklik van dieselgenerators wat 27 000 liter diesel per minuut verbruik. Gevolglik kan daar binnekort geen diesel meer in SA te koop wees nie.
  5. Johannesburg, die grootste stad in Suid-Afrika, staar ‘n skrikwekkende mynramp in die gesig – maar die regering ignoreer dringende oproepe deur stadsamptenare om in te gryp en ‘n moontlike katastrofe te voorkom. Transnet en Sasol het die alarm geblaas dat zama-zamas onder Johannesburg binne meters van hoogs vlam

    Onwettige mynbedrywighede

    bare gas- en brandstoflyne met dinamiet skiet. (In die goudmynstreek staan die ondergrondse onwettige myners bekend as zama-zamas, wat ‘n lewe maak deur die erts te ontgin in beide operasionele en verlate mynskagte.) Kenners sê dat as een van die lyne beskadig word, sal alles binne ‘n radius van 300 meter in ‘n vlammehel verander. Belangrike dele van die stad word ook bedreig deur ineenstorting as gevolg van die 140 km-labirint van nuwe en bestaande tonnels wat onwettige mynwerkers onder die stad uitgrawe. Dit sluit in die M1 dubbeldekkerweg, die M2, dele van Soweto en die 94 000-sitplek FNB-stadium.

  6. Duitsland het besluit om nie in Suid-Afrika te belê indien die diskriminasie van ’n SEB (Swart Ekonomiese Bevoordeling) nie geskrap word nie. ‘n Duitse afvaardiging het dit onomwonde gestel dat hulle konsessies verlang, waarvan BEE as onregmatige maatreël vir swart bevoordeling beslis onaanvaarbaar is. Duitse sakemanne verkies om self te besluit wie hulle in diens wil neem, en daarom sal hulle nie enige onregmatige bevoordeling van swartes duld nie. Ook die EU het geëis dat SEB geskrap word voordat hy weer in SA sal belê.
  7. Miskien het Duitsland se besluit iets te doen met Malema en sy EFF se onlangse aanval op die BMW-fabriek in Roslyn, Pretoria. Die fabrieksbestuurder het onmiddellik die Duitse ambassade gekontak wat op hulle beurt die Duitse regering van die aanval in kennis gestel het. Net daarna het die Duitse regering Ramaphosa gekontak en aan hom gesê Duitsland sal geen verdere beleggings in SA maak nie.

As die vyeboom bot

By geleentheid het die Messias aan sy dissipels gesê as hulle sien dat die vyeboom bot, is dit ‘n teken dat die somer naby is. Net so vind daar dinge plaas wat vir ons ‘n teken moet wees dat die dreigende onheil wat na 1994 op die horison verskyn het, naby gekom het.

‘n Paar belangrike nuusgebeure waarvan ons, na my mening, beslis moet kennis neem, is die volgende:

Selfs in die res van die wêreld lyk dinge nie beter nie.

In Australië het talle vuurtornado’s alles in hul pad verteer en bykans 8 000 mense moes ontruim. Kalifornië het ook die ergste reeks vuurtornado in sy geskiedenis beleef.

Vuurtornado

 

Daar word inderhaas voorberei vir die 3de Wêreldoorlog. Sowat 300 000 Russiese troepe en 3 200 Chinese soldate het pas aan die grootste krygsoefening ooit deelgeneem. Hulle maak openlik gereed vir ‘n konflik met die Weste. Op sy beurt is Amerika en NVO ook besig om vir oorlog voor te berei.  Europa is in chaos gedompel sedert die grense in 2015 oopgegooi is vir onwettige immigrante. Talle Europese stede het byna oornag in oorlogsones verander; soveel so dat burgeroorloë in Frankryk en Engeland dreig.

 

Intussen het die pres. Van Oekraïne, Poroshenko, krygswet afgekondig en sy weermag beveel om loopgrawe voor te berei in afwagting van ‘n moontlike Russiese aanval.

Die elite van die Noord-Amerikaanse en Europese politici, sakeleiers, finansiers en akademici, het in Junie vanjaar tydens ‘n Bilderberg-konferensie openlik die instelling van die Nuwe Wêreldorde bepleit.

Later het Angela Merkel alle lande versoek om hulle soewereiniteit prys te gee en by die ‘Nuwe Wêreldregering’ aan te sluit. Die Illuminati se eenwêreldregering kan nie meer langer afgemaak word as net ‘n regse versinsel nie.

Chronologie van Siener se voorspellings

Van die vernaamste gebeure wat Siener vir ons dag voorspel het, sluit aan of bevestig wat hierbo gesê is:

Daar is ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen Siener se voorspellings van besoedelde drinkwater en dit wat ons tans ondervind:

Gebiede in die noordelike dele van ons land sal, as gevolg van gebrekkige of geen instandhouding, ‘n ernstige tekort aan skoon drinkwater ondervind – die riviere sal besmet wees met riool. Selfs ons munisipale water sal nie meer drinkbaar wees nie.

12 Des 1917 —Van die Noorde kom ’n groot tenk. Uit die tenk rol fyn skaapmis, die tenk rol na die Suide (en) die aarde word net (soos) ‘n miswerf.

Hierdie gesig het weereens te doen met besoedelde drinkwater. Ons moet onthou, in Siener se tyd was daar nog maar min munisipaliteite of dorpsrade (behalwe in die groter stede) wat kraanwater voorsien het. Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners moes meestal groot opgaartenks gebruik om hulle reën- of boorgatwater in op te gaar. En dat die Siener skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, wys vir ons dat ons munisipale drinkwater nog eendag vanuit die noorde tot in die suide besmet of besoedel gaan wees.

Twee ander gesigte in verband met water- en kosskaarste is 18 Feb. 1918 — Groot mandjies lê aan die kant van die zee in die water… En, 18 Okt. 1917 — Kom ’n dam in gesig vol water, die water raak weg en die klippe van die blad van die dam maak hom vol en daar kom nog ’n dam in gesig en toe is daar een wat leeg is. Dis nie net ons drinkwater wat besoedel sal wees nie, maar ’n groot droogte of droogtes gaan veroorsaak dat selfs die reservoirs sal leeg loop.

As gevolg van die sogenaamde regstellende aksiebeleid beskik paaslike owerhede nie meer oor die kundigheid en instandhoudingspersoneel om rioolbehandeling en -suiwering op standaard te hou nie. By die meeste plaaslike owerhede bestaan daar nie eens meer standaarde nie, en word in die nagtelike ure miljoene tonne rou riool in die Vaalrivier losgelaat. Klagtes by die betrokke plaaslike owerhede het tot dusver op dowe ore geval en die situasie vererger van dag tot dag. Die weerstand van die natuur is besig om te knak en ’n wesenlike natuurramp, met gepaardgaande siekte en pes is besig om oor ’n groot deel van ons land te ontvou. Ons riviere is besig om in rioolslote te verander.

Volgens ’n bekende arts in Bloemfontein hou rioolwater byna geen gevaar vir swartes in nie, maar kan dodelik wees vir blankes. Slegs ’n geringe inname van rioolwater kan siektes soos maagkoors, diarree en E-coli tot gevolg hê.

Die rede waarom gekleurde rasse nie deur rioolafval bedreig word nie, is omdat daar by hulle sekere maag-ensieme teenwoordig is wat help om hulle liggame te ontgif. By blankes ontbreek hierdie ensieme en dus moet hulle riooltenks en riooldamme gereeld met organiese en biologiese ensieme behandel word — dit verwyder ook die stank.

Talle munisipaliteite se pompstasies werk nie meer nie en is deur onkruid toegegroei. By Kroonstad is ’n besinkingsdam verstop deur ’n kors ontlasting wat agtien meter dik lê.

Volgens ’n berig in die Volksblad is spore van cholera reeds in die Vaalrivier gevind. Blanke kundiges het hierdie situasie reeds dekades gelede voorspel en die owerhede en inwoners van die land tevergeefs hierteen gewaarsku.

Die Oos-Rand Beeld berig dat die Ekurhuleni-metroraad ’n waarskuwingsbord langs die invloei van die Boksburg-meer opgerig het om mense te waarsku dat “die water nie veilig is nie, dat dit nie aangeraak mag word nie en daar ook nie geswem of visgevang mag word nie”. Die laaste van die meer se visse het reeds begin September 2008 gevrek.

Dis egter nie net die Vaalrivier wat met menslike afval besmet is nie. Meer as 300 munisipaliteite se rioolwerke funksioneer feitlik nie meer nie.

Eltivillas (’n swartgebied by Louis Trichardt) se stukkende rioolpompstasie stort sowat 1 500 liter per uur rioolwater in piektyd — wat op meer as 360 000 liter per dag te staan kom.

Teen die treinspoor loop ’n stroom rioolwater teen 35 000 liter per uur.

In etlike dorpserwe borrel rou riool uit die grond.

Maar skynbaar pla dit swart gemeenskap glad nie, want selfs munisipale werkers gebruik daagliks die besmette vleilandwater vir huishoudelike gebruik.

Suid-Afrikaanse farmaseutiese firmas het etlike jare gelede reeds stil-stil begin om medisyne wat slegs vir spesifieke rassegroepe geskik is, te vervaardig. Dit was nadat bevind is dat die normale dosis antibiotika wat vir blankes heeltemal voldoende is,  in dubbeldosisse aan swartes en kleurlinge  toegedien moet word om dieselfde uitwerking te hê.

Ergste mynstakings ooit

Juis in dié tyd, het Siener voorspel, sal daar talle mynstakings aan die Rand wees, stakings wat hewige onluste in Johannesburg se strate tot gevolg sal hê. Hy het dit só aan Boy Mussmann gestel: “Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur en geen mens is te sien nie, (al die mynkaffers is huis toe gelos).

“Dan sien ek ‘n verdeelde volk: twee houte, een met penne (soos ’n hark) en een met gate. Die rooi kielhouer gaan oor hulle (dit beteken oorlogsmoeilikhede of ’n smeltkroes, wat waarskynlik dui op die nag van UHURU). Volgens Siener is dit die Heer wat ons met daardie rooiwarm kielhouer weer bymekaar gaan bring. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sien nie.” (Die volk staan nou weer bymekaar en is eensgesind).

Hy sien in Europa breek verwoede onluste, geweld en oorlog uit, wat vinnig na die noorde versprei totdat die hele Europa in vlamme staan. Engeland sal die ergste daaronder ly, veral weens hongersnood en ‘n rebellie. Vir Duitsland sal die wiel stadig begin draai.

Die Siener het by geleentheid aan sy seun Klasie gesê: “God gaan Duitsland ná daardie groot oorlog (die 2de W.O.) tog weer ophef. Maar dis oor Engeland wat die nag gaan toesak. Daar sien ek ’n swart slang lê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem. Dit wys op hongersnood en burgeroorlog. Die slang rol hom op — die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. En dan begin al Engeland se probleme — en ook sy ondergang. Engeland gaan totaal verwoes word — “dat net so hier en daar ’n ou maer vark in die modder oorbly”. Engeland het mos ander nasies se lande met vuur afgebrand — soos by ons en Duitsland en hulle vrouens en kinders vermoor, so sal aan haar gedoen word. Die atoombomme sal daarop reën en ander baie gevaarlike brandgoed. Dit sal selfs tot onder in hul skuilkelders brand.

Siener van Rensburg het ook voorspel dat ’n groot staatsfiguur van Engeland sal sterf kort voor die verwagte Wêreldoorlog uitbreek. Dit gaan gebeur “wanneer ons donker tyd begin,” het hy gesê, “ek sien ’n swart slang pik na ’n vrou op die troon oorkant die water en sy raak weg. (Koningin Elizabeth). Dan begin ons moeilikheid hier in Johannesburg met geweld wat losbars en bomme wat ontplof.”

Die dag wanneer Engeland se probleme begin, gaan daar ’n burgeroorlog in Frankryk uitbreek, want die swartes stroom ook daarheen, en die behoudende nasionalistiese Franse sal uiteindelik die wapen opneem teen die liberale immigrante-ondersteuners.

Die huidige opstande in Parys en oraloor in Frankryk, is waarskynlik die aanloop tot Macron se einde! Net soos Merkel het hy hom ook teen Siener se ‘witboontjie-golf’ vasgeloop!

Burgeroorlog broei in Frankryk

 

Die huidige situasie hiér en in die res van die wêreld bevestig onomwonde dat Siener van Rensburg se profetiese tydtafel reeds besig is om op ’n groot en finale krisis af te stuur.

 

 

Sommige van bogenoemde gebeure sal waarskynlik eers plaasvind ná die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog.

In die Rhodesiese briewe van mnr. Boy Mussmann wat deur ‘n vriend, Eugene Venter aan my geskenk is, sê Siener die volgende oor die begin van die laaste, finale groot oorlog: “Die parlement sal sit. Maar my seker teken is die reën (die woord ‘seker’ is deur mnr. Mussmann onderstreep), omdat dit die Heer se werk is – die parlement kan enige tyd byeengeroep word. Die reën bly plek-plek weg dat dit by daardie plekke witdroog sal word. Net soos dit weer reën dat die gras groen is, dan breek die oorlog uit…” (Na die tweede droogte).

Hy het ook gesê ons sal in hierdie tyd gereed gemaak vir ’n groot en belangrike verkiesing.

Suid-Afrika het pas twee versengende droogtes na mekaar beleef. In dié tyd het Siener die een mynstaking op die ander gesien; talle myne sou weens geweld en intimidasie noodgedwonge moes sluit. Landswye kragonderbrekings sou ook drasties toeneem.

Wanneer die tweede droogte verby is en dit begin reën, breek die Derde Wêreldoorlog uit. Dit moet nog winter in die Noordelike Halfrond wees, wany hy sien soldate in lang, warm jasse loop.

Hierby ons word daar vir ‘n verkiesing gereed gemaak, maar weens allerhande logistiese probleme en die onstabiele toestand in die land kan ernstige verkiesingsprobleme opduik.

Volgens Siener se gebeurelyn gaan UHURU waarskynlik rondom die einde van die tweede droogte plaasvind. ‘n Buitelandse mag sal dan kom ingryp om die vrede te herstel, waarna die jingo’s (Afrikanerbond), Engelse en hul swart kamerade die parlement oorneem en ‘n tussentydse regering daarstel. Hoe lank hulle die leisels gaan hou, is onbekend.

In hierdie stadium woed daar steeds ‘n vernietigende oorlog in Europa. Engeland is besig om onder te gaan. Maar Duitsland wat dieselfde lot in die gesig staar, besluit om sy gewese kolonie, Duitswes, wat in 1990 aan SWAPO oorhandig is, weer te kom annekseer. Nadat hy drie ultimatums aan die tussentydse regering in Suid-Afrika gerig het, land die Duitse vloot met vyf  oorlogskepe in Lüderitzbaai en die Boerebevrydingsleër word via Prieska deur die Duitsers bewapen.

Net hierna steek die Duitse lugmag Kaapstad onder die bomme.

Volgens Siener sal dit een van die hewigste militêre aanslae in ons geskiedenis wees, want hy sien ‘n diep kuil in Kaapstad wat vol bloed loop. In al die ander aanvalle het hy net ‘n emmer bloed sien omval.

Nadat die Duitsers Namibië beset het, help hulle die Boerebevrydingsleër om die land te tot by die ewenaar skoon te maak.

22
Leave a Reply

avatar
1800
11 Comment threads
11 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
12 Comment authors
PieterOckertSipho PhutupapJanBPieter Recent comment authors
  Subscribe  
nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Herman
Guest
Herman

Adriaan hierdie artikel is baie mooi en duidelik uiteen gesit. Elkeen wat dit lees kan onomwonde bevestig dat ons op die vooraand van die krises is. So pas het die parlament bevestig dat grondonteiening sonder vergoeding deur hulle toegestaan is. Siener het ook gese dat daar ;n tyd kom dat die Afrikaner nie meer die wa deur die drif sal kan trek nie. Dit gebeur nou want die Afrikaner wat die ekonomie gedryf het, is ook nou besig om sy einde te genader. Die aandele mark is meer as 12% af vanaf Januarie. Miljoene of biljoene rande se waarde is… Lees Meer »

Gideon Prinsloo
Member
Gideon Prinsloo

Wonder waar is die mense wat geglo het in onderhandelinge. Ook waar is die FH Pretorius hulle en die ander wat gese het dat hierdie dinge nooit sal plaas vind nie en tog is dit besig om te gebeur. Ook baie het my beskuldig van verdraaiery sodra ek verwys na Siener Van Rensburg en Johanna Brandt se visioene soos baie goed uit een gesit deur Adriaan Snyman. Wonder wat se hulle nou. En die mense wat Angus Bakhand so aandbid wonder wat gaan met hulle gebeur soos dit duidelik is dat hul geloof skipbreek sal lei omdat hulle agter hierdie… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest
Dirk Albers

Sover ek weet, was malema die enigste een wat gesê het dat ALLE grond moet oorgaan na die staat. Al die ” slim ” mense, het oudergewoonte hom verkleineer, en sleggesê, en om die braaivleis-vure mekaar oortuig dat sy aanhang belaglik klein is. ( Veral omdat die christen ousie en tuinbooi, van die plakkerskamp, dit vir die baas en miesies gesê het. En hulle weet mos wat eintlik op grondvlak aan die gang is, en kan mos nie lieg nie ! ) Nou as julle mooi geluister het na al die argumentasies, oor wie eintlik die blankes se grond moet… Lees Meer »

Mimi Hildebrand
Guest
Mimi Hildebrand

Ek het hierdie van iemand ontvang. Dinge is aan die gebeur al sien ons dit nie altyd nie. Ek sal sy foto ook probeer plaas. Diegene van julle wat Siener van Rensburg lees. Hou gerus die Duitser dop. Hy is ver regs en een vd kandidate van dir Afd party. Die 3de grootste politike party in Duitsland. Dis weens sy volgehoue druk dat Merkel besluit het om haarself nie weer verkiesbaar te stel nie. Ons weet Siener het altyd die Duitsers gesien as “Blou” van kleur. Ek het nog altyd gewonder hkm. Wel in n onlangse toespraak sê Borne Hocke… Lees Meer »

Pieter
Guest
Pieter
Mimi Hildebrand
Guest
Mimi Hildebrand

Ek kan ongelukkig nie die foto plaas nie. Indien een van julle weet hoe, sal ek dit aanstuur.

Ek het ook n video ontvang waar die muslims reguit sê hulle wil Buckingham Palace in n moskee verander. Toe die onderhoud voerder vra, wat van die “queen” was hulle antwoord: sy moet “convert” na islam of sy moet landuit.

Soos ek sê: dinge is aan die gebeur.

Dirk Albers
Guest
Dirk Albers

Mimi, baie dankie vir jou bydraes ! Ek het altwee stukke waarna jy verwys ook gesien, en ek wil spesifiek verwys na die Duitser Borne Hocke. Hierdie man se gesig het my dadelik aangetrek, en veral sy oē, is besonders. Ek hoop iemand kan sy foto vir ons plaas, want ek wil graag ons ander lesers se mening hoor. Ek sal graag ook meer wil hoor waarom hy klem lê op die kleur ” Blou ? ” As ons meer hiervan kan uitvind, dink ek sal baie meer dinge vir ons duideliker word ? Peter, ons het lanklaas van jou… Lees Meer »

Ruiter vd Forums
Guest
Ruiter vd Forums

Vir mdme Kwien om te ‘convert’ sal nie veel kos nie.
Haar kleinseuns het klaar meid gevat.

Sipho Phutupap
Guest
Sipho Phutupap

Die Britse koningshuis groot deel van NWO. Deel van die proses om verbastering te normaliseer. Let egter daarop hulle hou dit uit die troonlyn (Harry is ‘n buite egtelike hoerkind en hy of sy nageslag sal nooit die troon bestyg nie).

Albert Post
Guest
Albert Post

Baie dankie Adriaan vir die artikel wat dinge duidelik maak. Ek verstaan hoekom Siener nie datums wou gee nie. Dit is ‘n waarseêr wat datums gee terwyl ‘n profeet tekens gee. Maar die vrees om datums te gee moet ons nie keer om profeties op te tree en dalk selfs tydgebonde stellings te maak nie. Byv in bg artikel word daar verwys na die voorbereiding van ‘n verkiesing wanneer die gebeure gaan plaasvind. Aangesien ‘n verkiesing iets mensgemaak is wat op ‘n sekere dag en tyd plaasvind kan ‘n profeet wel in so ‘n geval ‘n datum gee wanneer die… Lees Meer »

JanB
Guest
JanB

Gaan kyk die video dit sluit aan by die skrywe. Daar word gewys hoe die stelsel gaan val.

https://www.youtubevideo.com/?v=9lKKZks-H-M

Albert Post
Guest
Albert Post

Wat is die naam van die video aangesien die ‘link’ wat gegee was nie wou speel nie

JanB
Guest
JanB

Skuus Albert ek sien nou eers die watch is uit die link uit.

Sinkende Wêreld Orde.
https://www.youtubevideo.com/watch?v=9lKKZks-H-M

JanB
Guest
JanB

Nog een berig wat ons nader bring aan Oom Klasie se voorspellings Report claims millions of children suffering from ‘rising tide’ of UK poverty New figures follow a UN report that accused the government of “callous” policies that hit the poorest hardest. The charity’s 2018 annual report says 4.1 million under-18s are living in households with insufficient money. It adds that relative poverty, measured as 60% of median household income after housing costs, now affects more than one in five people – half of them in families where at least one person is working. He said: “It means more families… Lees Meer »

Herman
Guest
Herman

Ek weet dat die meeste lesers op hierdie blad graag wil he dat die dinge nou moet begin want ek dink die meeste van ons wil weer hoop vir die toekoms he. Daar is egter nog heelwat dinge wat moet gebeur voordat ons die nuwe millinium kan betree, Ek wil graag dit hier lys en miskien kan iemand ons meer inligting hieroor verskaf. Soos ek verstaan moet die volgende eersnog gebeur voordat die huidige regering agter ;n newel verdwyn. n Reuse krag onderbreking in Suid Afrika Pensioene sort in duie Amerikaners trap hulle touleier plat Reuse burgeroorlog in Rusland(Ukraine?), Frankryk,… Lees Meer »

Ockert
Guest
Ockert

Bare Naked Islam hou mens ook op datum wat die swart afrikaan moslems aanvang.

Mimi Hildebrand
Guest
Mimi Hildebrand

Ek is nou heeltemal boos! Genoeg is genoeg!
Ek het n video ontvang, waar n swarte op n verhoog staan en skreeu hoe hulle die blankes gaan doodmaak. Hulle vroue, hulle kinders, hulle honde en al hul diere.
Ek wens iemand kan dit hier plaas. Ek weet nie hoe nie.