Siener en die huidige wêreldgebeure

Jan 31st, 2019 by
51 kommentare | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

Verdeel en heers

Die grootste euwel vandag op aarde is tweestryd en die direkte gevolg daarvan verdeeldheid. Dit oorheers ons hele bestaan. Ons is gedurig in ‘n verbete tweestryd met mekaar gewikkel. En alle slegte dinge en ellendes wat wat ons oorkom, is ‘n direkte uitvloeisel daarvan. Dink maar aan egskeidings, twiste, onderlinge onenigheid, haat afgus, jaloesie, ens.

Die dag toe Satan sy gesprek met Eva in die Tuin van Eden begin het, het hy net één doel voor oë gehad, nl. om te ‘verdeel en te heers’.  Want waar Adam en Eva tot op daardie stadium eengesind met hulle Skepper was, het daar nou skielik ‘n breuk gekom, en net daarna het die eerste moord gevolg.

Elke oorlog en rewolusie wat sedertdien geveg is, elke politieke party, groep of organisasie wat gestig is en elke egskeiding, was die direkte gevolg van verdeeldheid. Selfs die kerk het dit nie vrygespring nie, want in die wêreld het daar uit een Bybel al byna 40 000 denominasies ontstaan; alles die gevolg van ‘n diep gewortelde verdeeldheid.

En dis ironies dat hoe meer die mens se kennis en insig op alle vlakke en gebiede verruim het, hoe meer  verdeeldheid het daar gekom; soveel so dat dit vandag op sy heel ergste in die geskiedenis is.

Verdeeldheid was dan ook een van die sentrale temas in oom Niklaas van Rensburg se visioene. Hy het dit so dikwels ‘gesien’, so dikwels daaroor gepraat dat mens die indruk kry daar was nog nooit iets anders as twis en verdeeldheid onder die Boervolk nie. En stryd, tweedrag en verraad loop nog steeds soos ‘n donker bloedstroom deur ons volksgeskiedenis:

Daar was verdeeldheid oor die Groot Trek, Uniewording, ons taal en ‘n eie vlag. Ons deelname aan die twee Wêreldoorloë het ‘n burgeroorlog, opstande en verraad tot gevolg gehad. Selfs oor die kwessie van ‘n Republiek moes dr. Verwoerd eers ‘n referendum hou voordat hy ’n mandaat kon kry.

Maar soos oom Niklaas tereg voorspel het, het die tweede Republiek (1961) se nate gou begin los torring (vgl. sy visioen van 15 Desember 1917) en kort voor lank was die tweespalt eens so erg.

Vandag is die dreigende oorlogswolke al klaar weer aan die opsteek. Kyk ‘n mens nou na wat oom Niklaas vooruit gesien het, gryp dit jou aan die keel, want hierdie keer staan die Boervolk voor sy groot en finale waterskeiding.

Hy het ook gesê hierdie swaar en donker tye sou voorafgegaan word deur ‘n bitter politieke stryd tussen liberale en konserwatiewe Afrikaanssprekendes.

Eers was daar die skeuring in 1910 tussen die Sappe en Uninioniste; daarna tussen NAT en SAP toe die HNP (1969) en later die KP (1982). Die tweespalt in eie geledere het skielik weer na vore gekom en ou wonde oopgekrap.

Dit sal in hierdie tyd wees dat ons leiers ook halsoorkop gaan poog om ’n nuwe regering tot stand te bring (die Tussentydse- of Doringbosregering). Maar dit sal nog nie die langverwagte Boererepubliek wees waarvoor ons al van 1902 wag nie, want daarvoor was en is daar nog steeds te veel twis en tweedrag onder die volk. Daarom dat die rooi kielhouer oor ons moet gaan sodat ons as ’n gesuiwerde en eendragtige volk ons nuwe tuiste in besit kan neem. Vyande sal daar nie meer binne ons landspale wees nie, en ook nie verraaiers of joiners nie.

John Hopkins

Sterwende MI5-agent bely oor Diana se dood

Siener van Rensburg het op 20 Januarie 1919 prins Charles en prinses Diana se egskeiding voorspel – In die Unie is ‘n sloot en by die sloot se bo ent kom ‘n vrou uit sy het Kakieklere aan en ‘n sif loop bo op haar hoof. (Sy is Engels en van adellike afkoms).

Verklaring: Daar hang ’n egskeiding oor die hoof van ’n baie bekende Britse dame van adellike afkoms (Diana).

In drie ander belangrike gesigte (16 en 23 Januarie 1916 en 12 September 1920) het hy nie net gesien hoe hierdie Engelse prinses ná haar egskeiding van al haar bates gestroop word nie, maar dat haar skielike en tragiese dood die hele Engeland in rou sou dompel. Hy het verder gesê dat daar gemene spel by haar dood betrokke was en ook dat sy in ’n motorongeluk sou sterf.

16 Jan. 1916 –‘n pragtige vrou wat geel aangetrek is. Sy word kaal. Ná haar egskeiding (sy is geel aangetrek), het prinses Diana haar aanspraak op die troon, asook ál haar titels verloor.

23 Jan. 1916 – ‘n vrou met ‘n groot swart lanfer – doodskleed om haar –‘n groot tafel wat blink (gemene spel). Daar is veel gare op. Die ashoop wat daar lê (dit gee vir ons die rede waarom sy moes sterf — sy het ‘n skandaal (ashoop) oor die koninklike huis gebring…Vandag weet ons dat daar gerugte in omloop was dat Diana ’n kind van haar Moslem minnaar verwag het en van plan was om met hom te trou). Die kar spore wat in die pad lê. (Sy sou in ’n motorongeluk sterf).

Die derde visioen kom uit die Krause-dokument. 12 September 1920 – In Europa kom ‘n geel Spider, en toe die spider stil, staan kom ‘n rooi witrug bees onder hom uit en gooi hom om. Toe staan die bees daar, maar die Spider het verdwyn. (Die Spider wat verdwyn, dui daarop dat dit vernietig is, en dat niemand weet wat daar gebeur het nie.

Op 23 September 1920 skryf Siener aan mr. S.W. Naudé hieroor: Met die dood van die Engelse vrou sien ek ’n geel Spider (ligte Engelse koets – waarmee verraad gepleeg sou word – dis geel) wat oos ry en ’n rooi witrug gooi hom om. In die brief sê Siener een van die insittendes was ’n pragtige Engelse vrou, die rooi witrug was die oorsaak van haar dood (die geheime diens).

Siener het ook verklaar dat die dood van hierdie Engelse vrou in later jare verreikende gevolge vir die Britse troon sou hê.

In Junie 2017 publiseer yournewswire.com die belydenis van  ‘n 80-jarige afgetrede Ml5-agent, John Hopkins, nadat hy uit ‘n Londense hospitaal in Londen vrygelaat is en dokters gesê het hy het nog net ‘n paar weke om te leef. In die onderhoud beweer Hopkins dat hy tussen 1973 en 1999 by 23 sluipmoorde betrokke was vir die Britse intelligensie agentskap MI5, insluitende dié van prinses Diana.

John Hop

John Hopkins

Hopkins, wat 38 jaar lank vir M15 gewerk het, beweer verder dat hy dikwels gebruik is om individue te vermoor wat as ‘n bedreiging beskou is vir die veiligheid van die Verenigde Koninkryk.

Hopkins sê hy het uitgebreide ervaring van minder konvensionele metodes om dood en vernietiging aan te bring, insluitend chemikalieë en gifstowwe.

Hopkins sê prinses Diana is uniek onder sy slagoffers – sy is die enigste vrou wat hy ooit vermoor het, asook die enigste in die Koningshuis.

“Sy het te veel koninklike geheime geken, ‘n groot wrok gekoester en sy sou dit een of ander tyd openbaar maak. My baas het my vertel sy moes sterf – hy het die opdrag direk van prins Philip gekry – en ons moes dit na ‘n ongeluk laat lyk. Ek het nog nooit van te vore ‘n vrou vermoor nie, nog minder ‘n prinses, maar ek het die bevele gehoorsaam. Ek het dit gedoen vir die koningin en my land.”

Die belangrikste getuie in die saak, mnr. Hopkins se baas, het aan ‘n hartaanval vroeg in 2005 gesterf en hy sê dat prins Philip, nooit aangekla sal word van enigiets nie.

Hopkins sê hy was deel van ‘n sel van sewe wat vertrou was om politieke moorde in die Verenigde Koninkryk uit te voer. Die meeste slagoffers was politici, aktiviste, joernaliste en vakbondleiers.

Diana se beste vriendin, Christine Fitzgerald, het later John Hopkins se aantygings bevestig deur te sê dat die bevel om Diana te vermoor, van koningin Elizabeth gekom het.

Zimbabwe se emmer bloed het omgeval

Oom Nicolaas het ’n ruk voor sy dood in ’n gesig gesien hoedat onrus en geweld bo in Afrika uitbreek en in ’n donker bloedstroom na die suide toe loop. Ook het hy gesien hoedat derduisende Engelse voor die geweld probeer uitvlug. In die proses sou hulle dan eers Duits-Oos (Tanganjika) en daarna agtereenvolgens die twee protektorate, Noord- en Suid-Rhodesië, verloor.

Siener: “Uit Kenia en Njassaland sien ek klein en groot rooi beeste (die Engelse) daar wegvlug. Hulle vlug in ’n noordwestelike rigting Noord-Rhodesië binne.”

Hieroor het Boy Mussmann aan mnr. Willem Boshoff van die destydse Suid-Rhodesië geskryf: “Nou wil ek vra waarom vlug die rooi beeste dan nie hierheen nie? Hulle vlug nie hierheen nie omdat as die Engelse van ons praat, dan is dit die ‘Dirty Dutch’. Daarom is dit ’n beskikking van die Here dat hulle nie hierheen kom nie. Agter die Engelse sien hy (Siener) verskyn ’n lang ry kafferassegaaie, dan val daar ’n emmer bloed om (dit beteken groot bloedvergieting). Die ander blankes (die behoudendes) vlug na ons kant toe. Die stof voor hulle waens raak aan die brand (hulle word aangeval). Hy sien dit is bergwêreld. Tussen die berge slaan rook en vlamme uit en dan kom daar mense in sig wat hard veg. Dit is die Boere wat in daardie streke woon. Hulle vlug so vinnig dat die stof agter hulle uitslaan. Hulle belang is ons belang. Ons sal moet bymekaarstaan.”

Die afgelope dae se tonele van plundering, chaos, bloedvergieting en dodelike konfrontasie tussen die polisie en woedende betogers in Zimbabwe, is net ‘n verdere uitvloeisel van die emmer bloed wat daar omgeval het. Die onluste het uitgebreek nadat die president Ed Mnangagwa die brandstofprys oornag met 250% verhoog het.

Daar is gerugte dat reeds meer as 4 000 in die geweld gesterf het.

Vrydag 11 Jan. 2019 het Zuva Petroleum miljoene liters brandstof bestel en daarvoor betaal. Zuva word besit deur president Ed Mnangagwa en sy kamerade.

Die volgende dag kondig Mnangagwa aan dat die brandstofprys om middernag met 250% styg en Zuva maak oornag 40 miljoen VSA dollars.

Die dag daarna vlug Mnangagwa uit die land na Rusland met ‘n entourage van ongeveer 30 in ‘n gehuurde $2 miljoen Dreamliner-straler.

Die vakbond ZCTU reël ‘n driedaagse staking wat om middernag sou begin.

Vervoerkoste het oornag die hemele in geskiet.

Ernstige boodskappe begin sirkuleer met waarskuwing aan dorpe, stede, alle besighede, skole en alle aktiwiteite om onmiddellik te sluit en huis toe te gaan. Onluste en skermutselinge begin oral uitbreek. Paaie word geblokkeer met klippe en brandende buitebande. Die waarskuwings op die sosiale media en Wattsapp word erger. Alles begin afskakel.

Twee polisiestasies en drie tolhekke is afgebrand. Voertuie wat nog beweeg, word met klippe bestook, brandgesteek of omgekeer. Die publiek worde aangesê om vulstasies en regeringsgeboue te vermy. Motors staan langs die paaie sonder brandstof. Die Internet word afgeskakel en mense val terug op SMS’e en foonoproepe. Landswyd is daar geen openbare vervoer nie, en alles sluit sistematies.

Genl. Chiwenga stuur die weermag/CIO/Zanu PF militia in gewone klere uit om by huise in te breek, inwoners te slaan, te skiet, te martel en te intimideer.

Die brug by Cheza na Bindura word vernietig.

Die Nyanga-pad van Rusape is versper met groot klippe en houtstompe voor Londonstore. Christmas Pass Mutare is ook met klippe gesluit en motoriste word aangesê om terug te draai.

Die pad na Beitbrug is by Ngundu Holt gesluit.

Sekuriteitsmagte vermy Kadoma omdat die mense daar burgeroorlog verklaar het.

Daar is weermaghelikopters in Bulawayo.

Die Chirundugrens is gesluit aan die Zimbabwe kant.

Honderde in Harare is beseer, traangas en lewendige ammunisie word gebruik en oral brand vure.

“Mense is aan die brandgesteek.

“Winkels word geplunder.

“Daar is geen elektrisiteit in Harare nie.

“Dokters kan niemand help nie omdat niemand by hulle werk by die hospitale kan uitkom nie – die paaie is oral versper. En selfs as hulle daar kan kom, kry hulle te doen met skietwonde, steekwonde en versplinterde ledemate. Hulle het steeds geen handskoene of sanitêre items om mee te werk en hierdie mense te help nie. Daar is geen pynverdowers in die hospitale nie, aangesien aptekers eers kontant wil sien in VSA dollars, maar daar is GEEN geld nie.

Kommentaar: ‘n Mens het simpatie met die blankes daar, maar daar is werklik niks wat ons aan die saak kan doen nie. Onsself sit hier met ‘n dreigende volksmoord en burgeroorlog wat ons moet probeer afweer.

Dit maak nie saak hoe ‘n mens oor swartes voel nie, hulle barbaarsheid begin al hoe meer kop uitsteek en tog is dit verstommend hoeveel Blankes nog met oogklappe aan deur die lewe gaan en glo dat niks hiervan hulle ooit sal raak nie, want “God sal dit nie toelaat nie”.

So skryf Frik Pretorius bv. op sy webblad: “Siener het nooit gesê dat ons grond en eiendom weggevat gaan word nie – in elk geval nie deur die huidige regering en sy trawante nie. My verwagting is dat die swartes op die een of ander manier in die miljoene uitgemoor gaan word deur die een of ander geheime organisasie.” (Hier gee Frik erkenning aan ‘n organisasie wat ons van ons vyand moet verlos. In teenstelling met wat Siener gesê het, nl. dat ons NET deur die Vader-hand verlos sal word en dat Hy die eer daarvoor moet kry.) Dan sê Frik verder: “Hierdie dinge moet noodwendig vóór die verwagte algemene verkiesing in Noordwes gebeur waar die VF Plus die oorwinning sal behaal…”

Dis nou Constand Viljoen se Vryheidsfront wat basters in hulle gelede opgeneem het, o.a. Peter Marais, die gewese burgemeester van Kaapstad!

Op een plek spog Frik ook dat hy reeds “Die nag van die lang messe” as ‘n “vieslike bedrogspul bewys het” (hoe weet hy dat dit nie nog in die toekoms kan plaasvind nie?); maar net ‘n entjie verder sê hy weer jy moet in jou huis bly om “dáár die aanslag saam met jou bure af te slaan. Ons het miskien net ‘n klompie handwapens, jaggewere en tuinvurke, maar het nogtans genoeg slaankrag om dit te kan doen…” As die swart gepeupel jou huis met AK-47’s omsingel en dit aan die brand steek, Frik?!

Wat Frik en baie van ons volksgenote nie verstaan nie, is dat die swartes die roede is waarmee die Vader ons tugtig omdat ons sy wette verlaat het. Die Almagtige gaan nie die straf oor ons verlig deur van Frik se ‘geheime organisasie’ gebruik te maak nie. Hy sal dit op Sy manier doen die dag as ons met ons hele hart na Hom toe terugkeer. Solank jy oortree, gaan jy gestraf word. Punt.

Die Blankes is al geslagte lank in Zimbabwe. Onder hulle is gelowiges met besighede, mense wat al hul lewe lank in Zimbabwe bly. Soos baie van ons eie mense het hulle gebly waar hulle is en geglo dat die ergste nie sal gebeur nie. Nou sit hulle met ‘n situasie wat lyk of dit in ‘n aaklige nagmerrie kan ontaard, soos destyds in Angola toe Blankes en selfs nonne, met bandsae middeldeur gesaag is; honderde met pangas afgemaai is; beeste se hakskeensenings met pangas afgekap en stukke vleis lewendig uit die diere geslag is.

Daardie bloedstroom van geweld het geleidelik nader gekruip tot op ons grens. Baie van die moeilikheidmakers het reeds oor die grens hierheen gekom om te kom “help” met “Our Great Day” van afrekening, maar steeds is daar Blankes wat vas glo dat NIKS sal gebeur nie. Hulle hoef net te bid.

Hierdie swart gepeupel het nie net byna alles wat ons besit reeds gevat nie. Hulle het selfs ons  plekke van aanbidding oorgeneem. Sondae sit hulle die kerkbanke en groot tente vol, hulle stroom na ons “aanbiddingsessies”. Daar sing hulle hartlik saam “Prys die Heer met bly galme” en ons Blankes sien niks verkeerd daarmee nie. Hulle besef nie dat die teenwoordigheid van swartes in plekke van aanbidding een van die groot redes is waarom hierdie verskriklike straf oor ons kom en reeds deels gekom het nie. Hulle dink dat as hul met die vyand hande vat en saam bid, dit die straf sal wegkeer.

Intussen het honderde duisende blankes hulle werk verloor omdat hulle onderdanig saam met die heiden/vyand “in die juk trek”. En ek praat nie hier van werksplekke waar ons mense dikwels geen ander keuse het nie, maar van onderlinge verhoudinge en broederskappe waarin hulle omarm word. Die seën wat God vir ons as volk gegee het, ons land en sy voorspoed, het ons aan Sy vyande weggegee. Dit was ‘n gelooflose, papbroekige besluit, en as gevolg daarvan stuur ons af op die uiteindelike verskrikking in die res van Afrika, maar min sien dit raak.

Baie boere en ander Blankes het lankal reeds uit Zimbabwe padgegee. Dié wat nog daar is, is die bittereinders wat nie die skrif aan die muur gesien of verstaan het nie. Noudat hulle in groot benoudheid verkeer en uiteindelik besef wat op hulle wag, roep hulle na ons om te kom help, terwyl dieselfde ondier ons bedreig.

Hier in Suid-Afrika het ons, anders as hulle, nêrens om heen te vlug nie. Dit help nie om te sê dat daardie verskrikking nie gaan kom nie, want kom, sal dit kom, net so seker as wat dit Angola, die Belgiese Kongo en nou Zimbabwe oorval het. In Afrika is feitlik alles al verwoes en leef baie swartes reeds van rotte, muise, sprinkane en krieke.

Zimbabwe se verhoogde brandstofprys sal dit ook onmoontlik maak vir die boere om saad in die grond te kry. Verder kan die geweld uitkring en weer hul lewens bedreig soos in 2000 toe Mugabe se bendes hulle van hul plase af verdryf het. Dit kan tot gevolg hê dat die oorblywende Blanke boere ook na Suid-Afrika toe uitwyk.

Oom Klasie het dit in ‘n visioen sien gebeur en gesê ‘ons dinge’ begin kort daarna.

1 Maart 2019 – ‘n dag van onheil?

Ons boere hier is vandag in die spervuur, want begin Maart is die wetgewing oor grondgrype van krag en kan daar verwag word dat die hordes op die Blanke boere se plase sal begin toesak. Dit sal dan nie meer help om die polisie se hulp in te roep nie, hulle sal hul net eenvoudig nie daaraan steur nie omdat dit dan wettig sal wees. In elke toespraak van hom is Ramaphosa intussen doelbewus besig om sy volgelinge gratis grond te belowe, want hy moet hulle omkoop om Meimaand vir hom te stem.

Ons verneem dat daar al klaar ‘n lys van dosyne en dosyne plase geoormerk is vir onteiening. Die meerderheid het dan ook minerale regte. Die lys sirkuleer glo reeds onder die swartes en hulle word in groepe opgedeel wat na 1 Maart dan spesifieke plase gaan beset.

Maar hierdie keer is dit nie sommer net vir ‘vat’ nie. Want daar is oorgenoeg aanduidings dat die boere weerstand gaan bied en selfs bereid is om hul eiendomme met wapengeweld te beskerm.

Julius Malema is wel deeglik bewus hiervan, want op ‘n nuuskonferensie in Bloemfontein het hy gesê hy weet die boere gaan nie vrywilliglik van hul grond afstand doen nie, en toe het hy ‘n beroep op sy medestryders gedoen om hulle vir die ontberinge van oorlog (‘hardship of war’) voor te berei.

Verder het hy ook kennis geneem van die Israeliese soldate wat besig is om ‘regse’ Blankes in Pretoria as skerpskutters oplei.

Kan hierdie dreigende botsing dalk die begin wees van Siener se gesig waarin hy op 6 Maart 1914 gesien het dat ‘die potte tussen ons borrel’ (‘n burgeroorlog wat uitbreek). Toe sien hy hardloop donkerbruin perde weg (liberaliste slaan op die vlug). Die wit vlag hier raak van die westekant af aan die brand (die mate van vrede wat ons tot nou toe nog geniet het, is dan verby).

Sou dit wel gebeur dat swart bendes na 1 Maart met grondgrypaksies gaan begin, kan Siener se voorspelling moontlik nog bewaarheid word waar hy gesê het ‘ons dinge’ gaan met die ‘geelperskereën’ ‘n aanvang neem.

Ramaphosa se grondgrypwet het reeds tot gevolg gehad dat die waarde van plase skerp gedaal het.

In die lig van die komende onheil wat kan kom, wou ‘n Blanke boer in Transvaal sy plaas met ‘n waarde van R40 miljoen verkoop, maar hy kon slegs R3 miljoen daarvoor kry.

Dit sê vir ons niemand stel belang in grond wat in elk geval deur die swartes gevat gaan word nie!

Moet ook nie vergeet wat Malema reeds in 2016 kwytgeraak het nie: “Ons doen weer ‘n oproep vir die beslaglegging van die myne, banke en grond. Suid-Afrika sal in anargie verval indien ons nie ons grond, sonder vergoeding, terugkry nie. Dan sal die armes opstaan en dit met wapengeweld vat!”

Maar daar wag ook ander groot probleme vir ons landbouers. Volgens ‘n amptenaar van die Suid-Afrikaanse graan- en rooivleisbedryf, staal die boere hulle reeds vir moeilike tye na die ergste droogte in dekades, asook die uitbraak van die hoogs aansteeklike bek-en-klouseer. Dit het vleis uitvoere feitlik heeltemal uitgeskakel.

Mieliepryse het ook te midde van al hierdie bekommernisse, kwaai gestyg, aangesien droë toestande in die grootste deel van Suid-Afrika se mieliegordel gewasaanplantings buite die optimale aanplantingsvenster vertraag het, en dit sal ‘n verlaagde opbrengs van stapelvoedsel tot gevolg hê, wat natuurlik veevoer insluit.

Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, ‘n nywerheidsliggaam wat graanprodusente verteenwoordig, het gesê die verminderde aanplantings kan ‘n verwoestende impak hê op die finansiële status van die boere.

“Veral in die westelike dele van die land is dit nie die eerste jaar van droogte vir sommige boere nie, dit is die vyfde of sesde jaar dat hulle minder as normale opbrengs of minder as normale inkomste gehad het.

“Ons sal beslis minder hektaaraanplasntings sien as verlede jaar en minder opbrengs as wat ons in Oktober verwag het toe die boere hul oesskattings bekend gemaak het,” het hy gesê.

As gevolg van Ramaphosa se grondgrype het die banke ook geskrik en ons weet van ongeveer 25 megamielie- en koringboere wat geen lening by ‘n bank kon kry om saad aan te koop nie. Die banke is nie bereid om miljoene te leen aan eienaars van plase terwyl hulle weet dat dit in swart hande gaan beland nie; rn in die Vrystaat is reeds sowat 40 boere se bankrekenings gesluit.

Ons het ook pas inligting ontvang dat die landboukoöperasies vanjaar 80% minder saad aan boere verkoop het as verlede jaar; meestal ook net aan boere wat besproeing toepas.

Ramaphosa se grondgrypery gaan nog in sy bakkies ontplof wanneer daar nie meer brood- en papmeel op die winkelrakke vir sy miljoene vreters is nie. Dit sal ‘n volbloedrewolusie tot gevplg hê!

Doodsklok lui vir SA goudmyne

Kobus Scheepers skryf op ons blog: Ek het verlede week met ‘n vriend van my gepraat wat in die swaar vervoer bedryf is. Hy glo nie regtig in oom Siener se voorspellings nie maar het my meegedeel dat die goudmynbedryf “klaar” is. Op navraag wat hy bedoel het hy gesê ‘n kennis van hom wat betrokke is by die goudmyne se loonsonderhandelinge sê dat hulle slegs speel vir tyd en dat hulle die myne gaan sluit omdat dit nie meer ekonomies is om voort te gaan nie. Kyk maar hoe pas dit by oom Siener se gesigte in.”

Op 11 Julie 2013 skryf Netwerk24 onder die opskrif: Ná 120 jaar sak die son oor SA se goudmyne. “Selfs met basiese gereedskap het die koste die wins oorskry by die Kromdraai-goudmyn noord van Johannesburg, wat in 1893 in Londen geregistreer is en in 1914 gesluit het.

“‘n Eeu later lyk dit of dieselfde lot Suid-Afrika se goudmyne in die gesig staar na mate die son sak oor die bedryf, wat ‘n derde van die goud geproduseer het wat op die planeet ontgin is.

“Die bedryf beweeg al nader aan sy einde weens verswakkende gehalte van erts en skagte wat dieptes van tot 4 kilometer bereik het – die diepste ter wêreld; verder daal die goudprys en koste skiet die hoogte in. Onrus is ook aan die orde van die dag. Werkers dring aan op meer vir hulle arbeid.”

Siener het hierdie toedrag van sake reeds ‘n 100 jaar gelede vooruitgesien toe hy gesê het: ““Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur en geen mens is te sien nie, (al die mynkaffers is huis toe gelos) al die motorkarre staan.” Elders het hy ook gesê hy sien mynwerkers met die grawe oor die rug huis toe gaan – daar is nie meer werk vir hulle nie.

Burgeroorloë in Rusland, Brittanje en Frankryk

  1. Rusland: Die meerderheid Oekraïners glo lankal nie meer die Oekraïense owerhede se uitsprake oor die Russiese aggressie in die ooste van die land nie en 63 persent van hulle beskou die konflik as ‘n burgeroorlog.

Op 9 April 2018 berig die Washington Post soos volg oor die toestand al daar: “Die gevegte in die oostelike Oekraïne se Donbas-streek betree sy vyfde jaar. Meer as 10,000 mense is reeds dood in hierdie aanhoudende konflik; 2.800 was burgerlikes. Byna twee miljoen mense is ontwortel of verkeer in gevaar wanneer hulle in hul huise bly.

“Voor die oorlog het hierdie kompakte, swaar verstedelikte en nywerheidsgebied byna 15 persent van die Oekraïne se bevolking (6,6 miljoen) gehad en het 16 persent van sy bruto binnelandse produk gegenereer.

“Nou is dit ‘n bloedige oorlogsone. Dit het begin toe die Oekraïne in 2014 verdeel is tussen diegene wat by Rusland wou aansluit en diegene wat hulle by Europa en NAVO geskaar het. In Kiëf het die pro-Europa-faksie die kleptokratiese en Russies-gesteunde Oekraïense president, Viktor Janoekowitsj, omvergewerp.

“Botsings in die Donbas, ‘n streek wat grens aan Rusland en bestaan ​​uit etniese Russe en Oekraïners, het opgevlam. Separatistiese magte, aangevuur deur Rusland, het begin om die Oekraïense weermag te beveg – hulle is versterk en gerugsteun deur Russiese weermagseenhede.

“Vandag is die Donbas-oorlog een van die ergste humanitêre krisisse in die wêreld, met gereelde aanvalle van beide kante oor die oblasts (provinsies) van Donetsk en Luhansk.” (Hierdie slagting van menselewens gaan ongesiens by die res van die wêreld verby!)

Hieroor het oom Niklaas gesê: “Ek gewaar ’n pot met vuur in die suidweste van Afrika,” wat beteken dat die etniese stryd daar opnuut in al sy felheid gaan opvlam. (Dit is nou aan die gebeur). “Maar,” het hy bygevoeg, “dinge sal baie erger en hagliker in Rusland wees, want dis dáár waar ‘n ontsaglike burgeroorlog sal woed, en terwyl dit aan die gang is, sal die wêreld net magteloos staan en toekyk. En daar is nog geen einde in sig nie.”

  1. Engeland: Siener sê hy sien ’n pot wat op die vuur staan. In Engeland en Frankryk is gewone potte op die vuur. Dit dui op burgeroorloë. Maar in Rusland sien hy ’n seeppot op ’n gloeiende vuur — dit beteken dat ’n ontsaglike burgeroorlog daar sal woed … Die dag wanneer Engeland se probleme begin, gaan daar ook ’n burgeroorlog in Frankryk kom, want die swartes gaan ook soontoe stroom. Maar nog vóórdat al hierdie dinge gebeur, sal daar ’n ontsaglike burgeroorlog in Rusland woed. Die totale chaos en geweld in hierdie streek sal eskaleer en uiteindelik op die 3de Wêreldoorlog uitloop, het Siener voorspel: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop” (sy eie woorde).

Die onsekerheid en twis oor Verenigde Koninkryk se poging om die Europese Unie te verlaat (Brexit), het die Britse volk in twee geskeur.

Die Sunday Express berig op 27 Januarie 2019 i.v.m. die Brexit-debakel soos volg: “Krygswet kan in Brittanje ingestel word te midde van vrese dat Theresa May se Brexit-plan in duie gaan stort. Dit kan gedoen word om ‘burgerlike ongehoorsaamheid’ te keer en te verhoed dat mense sterf as gevolg van ‘n tekort aan mediese- en voedselvoorrade nadat die Verenigde Koninkryk die Europese blok sonder ‘n ‘ooreenkoms’ verlaat het.”

Die koerant berig verder: “die enigste ander iets wat vergelyk kan word met ‘n ‘geen-Brexit-ooreenkoms’, net ‘n grootskaalse burgeroorlog.”

  1. Frankryk: Volgens Siener sal daar in die toekoms ook ‘n burgeroorlog in Frankryk uitbreek waar hy ‘gewone potte op die vuur’ gewaar het – anders as ‘n ‘gloeiende pot’ in Rusland.

Op 4 Desember berig die Sunday Express dat Frankryk op die randjie van ‘n burgeroorlog huiwer en dat die woede van die Geel Hemde-brigade byna breekpunt bereik het.

Macron kuier lekker by die G20-beraad terwyl Parys brand.

Elf weke gelede op 17 November het die Geel Hemde met ‘n spontane opstand begin teen pres. Emmanuel Macron se koolstofbeleid en verhoogde brandstofpryse, wat later uitgebrei het na die regering se knellende ekonomiese beleid. Vandag is daar feitlik nie meer brandstof in Frankryk te kry nie.

Gedurende die laaste drie weke het die opstand ‘n nuwe wending geneem toe daar ook geëis is dat Macron moet bedank. Hy het geweier om van sy beleid af te wyk, en die woede het net toegeneem.

Die Franse eerste minister, Edouard Philippe, het tevergeefs probeer om die situasie te ontlont deur aan te kondig dat daar vir ses maande geen belastingverhonging op brandstof sal wees nie, maar die opstandelinge wou niks weet nie en het steeds Macron se bedanking geëis.

Marine Le Pen, die verregse leier het haar aan die kant van die betogers geskaar.

 

Drinkwater is skaars en besoedel

Siener – 20 Sept. 1921 — Na die Noorde is ‘n sif so ‘n paar voet bokant die aarde. Toe kom ‘n gemesselde stroom water van die Weste, maar die water is bruin (vuil) en die water spat op my veldskoene, ek staan langs die water.

Die sif bokant die aarde dui op ‘n verkiesing wat lelik skeef gaan loop.

Ons riviere vloei van wes na oos en ons kry ons drinkwater in die Noorde uit die Vaal- en Oranjerivier met mensegemaakte gemesselde vore (pype). Dat bruin water wat op sy velskoene spat, is ‘n aanduiding dat dit ondrinkibaar is, want hy staan by die stroom.

Die video-snit hieronder is ‘n goeie aanduiding van hoe erg ons watersituasie versleg het.

 

51
Leave a Reply

avatar
1800
28 Comment threads
23 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
19 Comment authors
Dirk AlbersJohannaChristiaanJohannesAdriaan Snyman Recent comment authors
  Subscribe  
nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Herman
Guest
Herman

Amen! Dankie Adriaan Ek glo ook dat ons na die begroting afgegradeer gaan word en so sal ons geld eenheid “nutteloos” word. Teen die einde Februarie sal die aandele mark ook al ineengestort het en ons probleme dan vermeenigvuldig. Ons sien nou dat die reen oral begin te val en teen einde Februarie behoort die gras groen te wees, Vroeg in Maart sal die parlement dan nou ook vir oulaas bymekaar kom en dan sal ons sien hoe hulle die probleme in die land bespreek. Die groot “puzzle” begin nou duidelik te word en die prent word herkenbaar

Dirk Albersek
Guest
Dirk Albersek

Herman, ek hoop en bid dat jy reg is ! Want terwyl al die ” slim ” mense politiek-politiek speel, is die skip besig om onder die water te verdwyn. En die soustrein-ryers, is weer druk besig om fopspene uit te deel. En daar is steeds blankes wat tog te gretig is om aan hierdie fopspene te suig. En as jy hulle waarsku dat die fopspene in dodelike gif gedoop is, skel hulle jou net uit. Maar moet ook nie vergeet van die potensiële soustrein-ryers, wat nog op die stasie staan nie. Hulle lieg baie keer beter, en meer oortuigend,… Lees Meer »

Hartmut De Wet
Guest
Hartmut De Wet

Eskom het SA nou in ‘n wurggreep van R440 biljoen (Amerikaanse duisend miljoen) skuld en het vandag nog ‘n bykomende R 15 biljoen lening gekry, terwyl die goudmyne gaan sluit indien die 15% elektrisiteitsverhogings toegestaan gaan word. NUM het hierdie week ook ‘n grootskaalse staking by Eskom aangekondig, wat gedurende die verkiesing in Mei sal plaasvind.

Derik Strydom
Guest
Derik Strydom

Ameinya !!!Dankie Oom Adriaan,

Ruiter vd Forums
Guest
Ruiter vd Forums

Mynsens insiens, is die dae van konvensionele verset of oorlogvoering iets van die verlede.
Sonder n enkel skoot te skiet, geskied die oorgawe ( geruisloos…nes FW dit op n silwer skinkbord aan die vyand gebied het ) – op twee fronte: –
a) – Ongebreidelde aanteling.
b) – Die poppemeester wat die $ se krag/mag laat geld.
Trap jy nie in jou spoor nie, is die gevolg iets soos ZimBobwe of Venezuela. Enige teken om te ontkom aan die kloue van Mammon, en jy sit met n Brexit dilemma.

Marellus
Guest
Marellus

Adriaan, Die nag van Bartholomeus het plaasgevind op die aand van 24 Augustus 1572. En dit het begin met die moord op Gaspard de Coligny. Is dit dan net terloops dar Siener gesê het om ons oë op Coligny (Treurfontein) te hou ? Adriaan, ek sê nou vir jou, dat die Nag Van Die Lang Messe in die maand van Augustus sal plaasvind. Want hulle wie ons teenstanders is, is ook bekend met belangrike datums. Umkhonto We Sizwe is op 16 Desember gestig. Is dit net terloops Adriaan ? En hulle wie hierdie Nag Van Die Lang Messe beplan sal… Lees Meer »

Marellus
Guest
Marellus

Adriaan,

Dit beteken ook dat 16 Junie ‘n belangrike datum is. Voor 24 Augustus, sal daar iets op 16 Junie plaasvind, want Adriaan, die Hemelse Vader is ook bekend met belangrike datums, en daardie datum is ‘n vaandel teen 16 Desember.

Hy gaan 16 Junie tot ‘n dag van smaad verander, veral vir hulle wat daardie dag, as ‘n heilig dag ag.

Retha Croukamp
Guest
Retha Croukamp

Naand. Vannaand dink ek aan die drie blou briewe wat in die parlement aankom. Het sopas die berig lees van die brief vanaf lande (VSA en ander) wat dreig om alle gelde te weerhou alvorens Rampie nie kan bewys dat korrupsie vir eens en vir altyd vasgevat word nie en dat hulle versoek dat BBEEE van die tafel verwyder word. – Kan ook maar net sê dat ek op fb opgelet het dat baie Sassa trekkers nie hul gelde die 31/01/2019 asook 1-3/02/2019 kon trek nie. Daar gaan groot chaos uitbreek as daai kraantjie toegedraai word. – Ek wonder oor… Lees Meer »

Davin Hansen
Guest

Hi Adriaan, my naam is Davin Hansen. Ek wil graag met you praat. Hoe kan ek jou kontak? Ek het my epos onder aangeheg. Laat my asseblief weet, dit is belangrik dat ons praat.

Dankie,
Davin

Albert Post
Guest
Albert Post

Volgens die artikel is die donkertyd wat ons vir jare lank oor wonder en bespreek het, hier. Vir so lank praat ons oor die donkertyd asof dit niks meer as ‘n boeiende spanningsverhaal is waar almal hulle eie persoonlike siening, filosofiese denke en teologiese standpunt gegee het. Nou gaan ons sien wie reg is en wie verkeerd was. Daar is nog ander belangrike sake wat nie genoem is nie. Byv, volgende maand sal die Amerikaanse Doller nie meer die enigste wêreldse geldeenheid vir handel dryf wees nie, want Sjina en Rusland wil die Sjinese Yuan as ‘n kompeterende geldeenheid inbring.… Lees Meer »

Boepie
Guest
Boepie

Is dit die eerste bloubrief wat gekom het vir CR?

Hans
Guest
Hans

Die geelperske reen is gewoonlik in Desember so ek weet nie hoe dit inpas in die tydlyn nie?

Herman
Guest
Herman

Ek het so pas gelees dat die boorgate in die oos kaap besig is om op te droog. Die reen wat die afgelope weke oor die drooggeteisterde dele geval het was maar gering en nou is ‘n tweede El Nino besig om oor die land te vorm. Ek bly by Deneysville by die Vaaldam en alhoewel die dam no so 70% vol is, weet ons hoe vinnig die watervlak kan daal. Gewoonlik, as die Vaaldam se vlakke in November soms laag is, kry ons in Desember soveel reen in die opvang gebiede dat die dam teen einde Des/Jan 110% is.… Lees Meer »

Boepie
Guest
Boepie

Herman, alles gebruik water, elke liewe fabriek gebruik water iewers in sy aanleg, die meeste gebruik water vir afkoeling en veral in die staal bedryf en krag opwekking. In landbou het jy se maar 30mm reën/week nodig vir mielies, dws, n land van 100ha het weekliks 3 000 000L water nodig, en in n groei sesoen van net 3 maande, 36 000 000L. Dis baie water vir n klein landjie. So kan n mens uitwerk hoeveel reën n land nodig het om sy populasie te onderhou. SA se gemidelde reënval is net genoeg om 50 000 000 mense te onderhou… Lees Meer »

Herman
Guest
Herman

Neem deel aan die gesprek…Amen !

arno
Guest

Gehoorsaamheid aan Vader se opdragte is nie moeilik nie, Dit het inteendeel baie makliker geword om die vryheid in ZAR te verkry indien ons aan n paar eenvoudige Goddelike reels en opdragte gehoorsaam word, die ironie is dat ons juis niks hoef te doen nie, menende dat ons in n Goddelike rus moet ingaan op spesifieke dae van die jaar, waardeur ons dan n watermerk verkry wat deur God beloon sal word, waaronder die terugawe van ons grond, wat eersdaags van ons gesteel gaan word, ingesluit is.
https://www.youtube.com/watch?v=ioxmKB2680I

JanB
Guest
JanB

Cosatu wil SA lamle
Februarie 13, 2019

‘n Woordvoerder van die vakbond Cosatu se die organisasie beplan om Suid-Afrika volledig lam te le op finansiele gebied. Die vakbond se die aksie word beplan om voor die nasionale begroting in die parlement toegepas te word “sodat die kommer oor belangrikke sake aangespreek kan word”.
Cosatu wil die griewe van sy lede en werkers uitlig, en dit so te doen dat die minister van finansies dit in sy begrotings rede kan beklemtoon.

http://www.dievryburger.co.za/2019/02/cosatu-wil-sa-lamle/

Kobus Scheepers
Guest
Kobus Scheepers

Goud industrie:

Eerste tekens van moontlike afleggings word amptelik deurgegee.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/sibanye-stillwater-gaan-dalk-duisende-afle/
Paragraaf 5 verwys na “dreigende beëindiging of afskaling van bedrywighede” by Sibanye

JanB
Guest
JanB

Mense gaan kyk by whitenationnetwork.com na die video van die week waar die burgemeester met ‘n ander persoon ‘n gesprek voer, hy erken dat die kaapenaars vir ongewenste elemente betaal om daar te wees. Hy het nie geweet die mikrofoon is oop nie.

Video of the week: Caught out Capetown Mayor acknowledged rate payers pay for illegal aliens flooding their city.

Kobus Scheepers
Guest
Kobus Scheepers

Goud industrie:

Maroela Media berig dat Amcu met meer as 15 000 lede reeds sedert 22 November 2018 by Sibanye se goudbedryf staak. Nou beplan Amcu om stakings in simpatie tot hul staking in die goudmynbedryf ook in die platimnum en steenkool sektore uit te roep.
Amcu president, Joseph Mathunjwa, beweer hulle sal die hele mynbedryf in Suid Afrika tot stilstand bring wanneer hulle met die staking begin – aldus Maroela Media.

Berig kan gelees word by:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/amcu-beplan-staking-in-platinum-steenkoolbedryf/

Die prentjie word al duideliker.

Herman
Guest
Herman

Ek wil net die lesers herinner dat Adrian Snyman een van die dae verjaar. Dan is hy 81jr ek dink op die 28ste Februarie. Mag die Skepper hom vir ons spaar om met ons almal Kanaan in te gaan!

Herman
Guest
Herman

Baie dankie Adrian, vir jou onbaatsugtelike ywer en liefde vir ons mense!

Adriaan Snyman
Guest
Adriaan Snyman

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Dinsdag gesê hy beplan ’n sekondêre staking volgende week in die platinum- en steenkoolbedryf om sy lede in die goudbedryf by Sibanye-Stillwater te ondersteun. Minstens 15 000 Amcu-lede staak al drie maande lank, sedert 22 November 2018, by Sibanye se goudmyn bedrywighede en eis hoër lone. Amcu—president Joseph Mathunjwa het gesê sy vakbond sal die HELE MYNBEDRYF IN SUID-AFRIKA TOT STILSTAND BRING WANNEER HULLE MET DIE STAKING BEGIN. Kan dit dalk Siener se profesie wees waar hy sê: “Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur en geen mens is te… Lees Meer »

Johannes
Guest
Johannes

Ek probeer om alles by mekaar te sit. Volgens die nuus het die parlement “ontbind” maar nie tegnies nie. Die parlament gaan voort soos altyd?
Dus blykbaar om die stem datum af te dwing vir die OVK. Is daar so iets in ons grondwet of is dit dalk die moontlikheid dat die mielie blare gaan weg waai?
Jan kan jy meer inligting gee oor dit asb?

JanB
Guest
JanB

Volgens die grond wet, werk dit soos volg.
Duur van Nasionale Vergadering.
49. (1) Die nasionale Vergadering word vir ‘n termyn van 5 jaar verkies.
(2) Indien die NV ingevolge artikel 50 ontbind word, of wanneer sy termyn verstruik, moet die President by proklamasie ‘n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepal, en die verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Vergadering ontbind is of sy termyn verstryk het.

http://www.justice.gov.za/legislation/SAConstitution-web-afr.pdf

Christiaan
Guest

Hi Adriaan, miskien kan jy dalk meer inligting kry op die volgende. Ek bly in Benoni en werk in Pretoria, ek ry in en uit elke dag. Die laaste paar weke het ek iets begin sien wat ek nooit tevore gesien het nie, daar is 12+ gepantserde voertuie wat een groot trok wat hoogs gemodifiseerd is wat geagter volg is deur ‘n polisie helicopter, die word daagliks tussen Pta en die Oosrand sien ry en ek het hulle eendag gevolg tot by die lughawe. Is die dalk besig om goud uit ons land te neem? Enige informasie sal waardeur word.

JanB
Guest
JanB

Parliament dissolved for the elections News24 | 21 February 2019 ‘We cannot hold elections while the current parliamentary term is still in session’ Parliament dissolved for the elections 21 February 2019 The National Assembly on Thursday unanimously adopted a resolution to dissolve Parliament.The motion was brought by ANC chief whip Jackson Mthembu. “The resolution is informed by the announcement made by President [Cyril] Ramaphosa on 7 February 2019, that the national and provincial government elections will take place on 8 May 2019,” said ANC caucus spokesperson Nonceba Mhlauli in a statement that was released shortly after the National Assembly voted… Lees Meer »

JanB
Guest
JanB

Registration “This therefore means that South Africans have until close of business on Tuesday, 26 February 2019 to register to vote.” Mthembu’s motion also made provision for suspending some of the National Assembly’s rules – Rule 333 (2) and 351 – which would allow the House to continue with its work until it rises on March 20. This dissolution of Parliament will not affect the work of the legislature, as Section 49 (4) of the Constitution states: “The National Assembly remains competent to function from the time it is dissolved or its term expires, until the day before the first… Lees Meer »

Herman
Guest
Herman

Adriaan, baie baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n wonderlike vreugdevolle dag ervaar. Ons bede is dat ons Vader jou nog lank sal spaar om vir ons geringe boervolk ‘n lig te wees mbt tot Siener se visioene. As dit nie vir al jou harde werk was nie sou baie van ons Siener nie geken het nie en sou ons seker al desperaat ook die land verlaat het. Ek dank die hemelse Vader elke dag vir instrumente soos jy en ander wat ons gewone mense bemoedig en inlig deur onbaarsugtelike liefde en omgee

JanB
Guest
JanB

Geluk met die verjaarsdag Oom Adriaan mag die Vader U nog gespaar hou om dit wat vir hierdie Volk nog voorle te mag sien. Dat U ook die vryheid sal geniet soos.ons dit sal beleef.

Johannes
Guest
Johannes

Oom Adriaan.

Ek sien dat nog ‘n Substasie ontplof het in Pine Town. Met die aangehegde video is daar meer mense wat nuus versprei na die buiteland.
https://www.youtube.com/watch?v=Pg0vacG0dcg
Ek volg die man se informasie vir 2 weke en dit lyk of die Informante hier by ons, om ons media beweeg om die nuus uit te kry.

Johanna
Guest
Johanna

Hoor van al die substasies wat ontplof en sprake van ” false flag” om noodtoestand intebring en verkiesing te stop, het enige een meer inligting ?

Johanna
Guest
Johanna

https://youtu.be/zq3nZtlIbjY met die substasie ontplofings en honderde duisende wat nie agv dit krag gebruik , is die load mos minder , of is to verkeert . Hierdie video se stage 4 vandag , agv slate weer in Mosambique, my vraag – kan dit , kry ons baie krag van daar ? Of is dit weer dat diesel uithardloop ??? Sal almal se opinie wardeer , dankie .

Dirk Albers
Guest
Dirk Albers

Johanna, ons sit met die probleem dat ons in hierdie land belieg en bedrieg word van die môre tot die aand. Die satan, wat die vader is van alle leuens, is in beheer van elke faset van die samelewing. Almal lieg en steel van almal. Jy kan dit ongelukkig nie meer net voor die deur van die swart barbare lê nie. Die ” christen ” besigheidsman/boer/indiwidu, lieg en bedrieg nou ook, soos wat die ekonomie in duie stort, en almal gedwing word, om te veg vir oorlewing. Maar die blanke is reeds ter dood veroordeel, so die barbare sien niks… Lees Meer »

Johanna
Guest
Johanna

Baie dankie Dirk, dis die waarheid wat jy se .

JanB
Guest
JanB

Dirk hier is vir hulle wat so agter die ANC aanloop ‘n lekker wakker maak storie.

Ace says ANC doesn’t need whites.

Elections: ANC is not counting on the white vote

The ANC’s internal polling may have revealed that the party’s support among white people had increased under Cyril Ramaphosa, secretary general Ace Magashule has downplayed the finding, saying it’s the traditional black vote that matters to the ruling party. This as factional battles within the party caused a deadlock that saw the retention of candidates with dark clouds hanging over them.
Lees verder by.

https://city-press.news24.com/News/whats-in-city-press-today-ace-says-anc-doesnt-need-whites-batohi-cracks-the-npa-whip-da-ramps-up-black-numbers-20190317

JanB
Guest
JanB

Johanna volgens Netwerk24 is die diesel op ook. Maar hier is iets oor die krag vanaf Mosambiek Most of the electricity generated at Cahora Bassa is still sold to South Africa through a 1 420-km high-voltage transmission line, which runs from Songo, in central-western Mozambique, not far from the borders with Zimbabwe and Zambia, to the Apollo converter station, in South Africa’s Gauteng province. However, some of the electricity is also sold domestically and to neighbouring Zimbabwe. HCB has a firm contract to supply Eskom with 1 150 MW at an average R0.36/kWh, with tariff negotiations for the next five-year… Lees Meer »