Selfoon gevare

Selfoongevare

Sep 18th, 2012 by
Geen kommentaar | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

Dr. Devra Davis president van die Environmental Health Trust het in sy boek Disconnect: The Truth About Cell Phone Radiation, What the Industry Is Doing to Hide It, and How to Protect Your Family onder meer gemeld:

As die industrie nie begin om binnekort positiewe stappe te neem nie, kan ons binne die volgende twee dekades ‘n globale epidemie op ons hande hê.

As ‘n voormalige Withuis adviseur dit sê, moet ‘n mens wonder of selfoongevare nie net nog een van vele bangmaak stories is wat deur Washington versprei word soos die groot Globale Verwarming gevaar. Maar met ‘n bietjie ondersoek, besef jy vinnig dat terwyl die kastige gevare van aardverwarming en oorbevolking Globalisering aanmoedig, die potensiële gevare van selfoonmisbruik en ander elektroniese toestelle ‘n baie meer sinistêre agtergrond het.

Elke dag word ons gebombardeer met Elektromagnetiese Uitstraling (EMU) wat deur verskeie toestelle, kraglyne en selfs die bedrading in geboue uitgestuur word. Daar is al bevind dat die toename in EMU besig is om ‘n ernstige probleem te word en dat radio-frekwensietoestelle soos skootrekenaars met draadlose LAN-vermoeëns in die toekoms problematies kan wees. Gewoonlik is die frekwensie by draadlose toestelle nie ‘n te groot probleem nie, maar as gevolg van die nabyheid van skootrekenaars aan gebruikers en die aanhoudende gebruik daarvan, is die gevare baie erger.

Maar dit is veral selfone wat vandag die grootste gevaar inhou. Daar is op die oomblik meer as 6 biljoen selfoongebruikers wêreldwyd (teenoor 1 biljoen in 2000) waarvan 5 biljoen uit ontwikkelde lande afkomstig is.

In die vyftigerjare tot die middel 70’s het die VSA ambassade in Moskou ononderbroke 24 uur radio-frekewensie bestralings uitgestuur. Die werkers by die ambassade het begin om simptome te toon van wat geïdentifiseer is as Radio-frekwensie Siekte Sindroom en beide ambassadeurs wat gedurende die tyd werksaam was, het leukemia opgedoen.

Gereelde blootstelling aan radio-frekwensie uitstraling sluit in:

Die selfoon-industrie weier om te erken dat daar enige gevare is. Maar daar is in der waarheid soveel wetenskaplike bewyse dat sommige selfoonmaatskappy hul kontrakte vandag so moet opstel dat hulle nie omrede gesondheidsrisiko’s gedagvaar kan word nie.

Die eerste waarksuwingsligte was in 1993 toe ‘n Florida sakeman, David Reynard, die selfoonmaatskappy NEC gedagvaar het oor die dood van sy vrou Susan. Sy het klaarblyklik ‘n breingewas ontwikkel as gevolg van oormatige selfoongebruik. Die TIA (Technology Innovation Agency ) het dadelik op die been gespring en honderde kastige bewyse genoem wat meld dat selfone totaal onskadelik is. Die media het egter daarop aangedring dat die kastige studies voorgelê moes word aan die publiek, maar niks het daarvan gekom nie.

As gevolg van die onsekerheid besluit die die selfoon-industrie toe om ‘n n nie-winsgewende organisasie, Wireless Technology Research (WTR) op die been te bring wat ‘n reeks studies sou implimenteer om die veiligheid van selfone te bepaal. Dr. George Carlo, ‘n epidermoloog wie se kundigheid hoofsaaklik gelê het in openbare gesondheids- en epidemiese siektes, is aangestel as hoof van die navorsingspan. Algehele oorsig van die studieprogram is onder die toesig van die FDA geplaas, instede van die baie meer gunstge Environmental Protection Agency wat ‘n neiging het om nie deur korporatiewe dreigemente beïnvloed te word nie.

Dr. George Carlo wat uiteindelik vervolg sou word oor sy waarskuwings aan die publiek aangaande die risiko’s verbonde aan selfoon gebruik.

As gevolg van dr. Carlos se agtergrond was daar heelwat kritiek en baie het gemeen hy was geplant deur die selfoon-industrie om hulle eie konklusies aan die publiek bekend te maak. Nietemin het dr. Carlo meer as 200 dokters en wetenskaplikes by die projek betrek en almal vooraanstaande spesialiste in hulle betrokke velde.

Dr. Carlos het vinnig besef dat elke groot instansie betrokke by die projek alternatiewe politieke motiewe gehad het en dit het vir hom duidelik geword almal hoop om ongeskonde uit die projek se bevindinge te kom. Hy het hom egter nie daaraan gesteur nie.

Onder sy toesig begin die navorsingspan met ‘n reeks blootstellingseksperimente met menslike liggaamselle en laboratoriumrotte. In die vitro- (laboratorium) studies is bloedmonsters en limfweefsel in proefbuise en “petribakkies” geplaas wat aan EMU blootgestel is. Die mikrokerne in die menslike bloed wat met selfoon-uitstraling besmet is, is geobserveer, asook DNA-skade in laboratoriumrotte. ‘n Reeks epidermologiese studies is gedoen op verskeie mense wat selfone gebruik. Persone met kardiale pasaangeërs was klaarblyklik instrumenteel in een van hulle verslae waar hulle aanbeveel het dat die uitwerking van selfone op hierdie toestel drasties aangepas moet word.

Maar die selfoon-idsustrie was gladnie ingenome met hierdie verslag nie en alle vondse is onmiddelik bevries toe Dr. Carlos en sy kollegas hulle bevinding aangaande die impak van selfone op gangmakers publiseer het in die New England Journal of Medicine in 1997. Na sowat nege maande is die projek weer voortgesit en in 1999 is nog ‘n reeks studieresultate opgelewer. As gevolg van die feit dat verskeie instansies en veral die selfoonmaatskappy op daardie stadium baie moelik was, het dr. Carlos hierdie inligtingdirek aan die publiek bekend gemaak en die hele storie is op ABC-nuus blootgelê.

Die gevolge was ‘n totale aanslag op sy persoonlike lewe. Sy loopbaan is van alle kante bedreig en gerugte is versprei dat dr. Carlos verstandelik onstabiel is. Sy gewese vrou is selfs ingespan om druk op hom uit te oefen.Teen die einde van 1998 is sy huis afgebrand en het hy besluit om homself geheel en al uit die samelewing te onttrek

Wat was sy gevolgtrekkings?

‘n Selfoon stuur ‘n radio sein na ‘n basisstasie waar daar twee tipe uitstraslingsvelde geskep word:

a) ‘n sogenaamde nabye-veldarea

b) en ‘n verre-veld area

Lewende organisme skep dieselfde tipe velde op sellulêre weefsel-organe en rondom die organisme self en word genoem ‘n “biologiese veld”. Die meeste selfoon-dragolwe ossileer teen sowat 1900 megahertz (Mhz) en is heeltemal onsigbaar, asook skadeloos vir lewende organismes. Maar die sekondêre informasie-draende golwe wat benodig word vir die interpretering van data en die omskakeling van seine in herkenbare spraak is die groot probleem. Die golf se siklus is in ‘n herts gebied (Hz) waarop die liggaam self funksioneer. Jou hart, wat teen sowat 2Hz klop besef skielik daar is ‘n indringer en begin ‘n aantal biochemiese reaksies in werking stel in ‘n poging om die indringer te keer wat uiteindelik ‘n verskeidenheid fisiologiese en biologiese probleme tot gevolg het. Dit kan insluit die opbou van vry radikale elemente op sêllulêre vlak, lekkasie in die bloed-brein grensarea, ontwrigting van sellulêre kommunikasie en ‘n groter gevaar vir die vorming van gewasse op die brein.

Die gevolge van die biochemiese reaksie op Hz invloede kan soos volg opgesom word:

Selmembrane kry as gevolg hiervan skade wat verder aanleiding gee tot nog ontwrigting in intersellulêre kommunikasie. As gevolg van die selwande wat nie meer reg funskioneer nie begin verskeie gifstowwe die brein bereik

Dr. Carlos meld dat meeste van die akkute kroniese simptome in elektrosensitiewe pasiente teruggewys kan word na die ontwrigting van intersêllulêre kommunikasie. Simptome sluit in slapeloosheid, irretasie, kopseer.

Hy meld egter dat die toename in breingewasse as gevolg van die gebruik van selfone nog nie genoeg data gegenereer het om ‘n definitiewe gevolgtrekking te maak nie, maar hy meld dat sodra daar genoeg data wel beskikbaar is, die probleem al epidemiese proporsies bereik het.

Op 31 Mei 2011 het die Wêreld Gesondheidsorganisasie bevestig dat die gebruik van selfone moontlike langtermyn gesondheidsrisiko’s kan hê. ‘n 40% toename in die manifestasie van breinkanker is gemeld onder persone wat ‘n minimum van 30minute oor ‘n tydperk van 10 jaar op ‘n selfoon sit en.selfoongebruik verdubbel terselfdetyd ook die moontlike ontwikkeling van verskeie breingewasse.

Die mens en sy vernuf. Waar het dit ons gebring?

Vir die mens is niks ooit goed genoeg nie, en dit maak nie saak waar hy homself bevind nie, hy sal altyd meer, beter, vinniger, sterker en groter soek. Selfone was veronderstel om ‘n leemte te vul in draagbare kommunikasiemiddele (net soos skootrekenaars en ander rekenaar stelsels vandag) maar het slegs ‘n bydrae gelewer in die handhawing van ‘n beskawingsmonster wat vêr buite die potensiaal van ons menslike vermoeë strek. Die Internet is ‘n kreatuur gebore uit menslike vernuf en waaroor ons vandag bitter min werklike beheer of selfs begrip het. Sommige kenners is selfs van mening dat dit oor die potensiaal beskik om selfstandig te raak.

As gevolg van hierdie astronomiese groei in tegnologie kom ons skielik vandag te staan voor ‘n moeilike keuse. Met elke nuwe ontwikkeling en elke nuwe deurbraak in medisynes, ingeneurswese en verskeie ander vakgebiede is ons gewoond om keer op keer voor ‘n nuwe probleem te staan te kom en daarvoor ‘n oplossing te soek. Dit is ‘n wrede sirkel wat gehandhaaf word deur ‘n instinktiewe neiging om foute reg te maak. Maar waar gaan dit eindig? Hierdie menslike inspanning om vir homself ‘n beter plek (‘n hemel) op aarde te skep het in der waarheid net homself meer afhanklik gemaak van ‘n wêreld gebore uit die vindingrykheid en talente van die mens, nie uit God nie.

Die ander keuse is natuurlik om terug te keer na dit wat voorheen vir ons ‘goed’ was. Maar wat is die opoffering? Elke toestel wat veronderstel was om ons lewens vandag te vergemaklik, sal moet prysgegee word. En is die beskawingspeil (op die gebiede van kuns en tegnologie) dan nie die maatstaf en hoogtepunt van die mens se toepassing van sy talente en vernuf nie?

Selfone het, soos meeste ander ontwikkelings, ons verder afhanklik gemaak van ‘n digitale sisteem – ‘n plek, waar ‘n mens onwillig moet erken dat daar geen plek meer is vir God en sy skepping nie. En as dit die geval is dan moet ons die vraag begin vra: As die potensiele kreatiewe en verstandelike mag inherent in elke individu dan nie die maatstaf is vir sy waarde nie, wat is dit dan? En is ons beheptheid en afhanklikheid van tegnolgie nie maar ‘n vorm van materialisme nie?

Miskien is dit hoogtyd dat ons weer terugkyk na die merite waarop die Messias die waarde van ‘n mens bepaal het en onsself daarop vestig, instede daarvan om onsself op die skouer te klop en te sê: “Kyk wat het ons reggekry!”