Satan en die Heilige Name

June 4th, 2018 by
| Lees kommentare
© 2018 Vaandeld Uitgewers

In opvolg van my vorige artikel in verband met die ‘Heilige Name’ dink ek nie daar behoort enige twyfel te wees dat die Naam van die Almagtige aan sy volk bekend was nie. In die Geskrifte van Moses, die Psalms van Dawid en die profete is daar genoegsame bewyse hiervan.

Eks. 3:15 “Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.”

Num. 6:27  “So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.”

Ps. 91:14  “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.”

Jes. 42:8  “Ek is Yahweh, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee…”

Jes 52:6  Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Ons weet dat Satan ‘n bedrieër en leuenaar is. Want hoe anders kon hy die wêreld verlei as om voor te gee dat hy God is? Op hierdie wyse het hy wêreldwyd ongeveer 40 000 verskillende kerkdenominasies met één Bybel en één God tot stand gebring —net in Suid-Afrika bestaan daar vandag sowat 3 500.

Moses het ‘n profesie hieroor aangeteken: “Jahweh sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie (o.a. Donker Afrika); en daar sal jy ander gode, hout (die houtkruis) en klip (kerke van klip en steen), dien” (Deut. 28:36).

Probeer jy vandag ‘n ‘kerkganger’ van die Waarheid oortuig, is sy/haar antwoord sonder uitsondering: “Ek het my kerk!” (Let wel, nié “ek het my God” of “ek het my geloof” nie).

“…want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede”. (2 Tim. 4:3).

Hoe is dit moontlik dat ons volk so maklik voor Satan geval het?

“Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig” (2 Kor. 11:14).

Dis presies wat in die Rooms katolieke kerk gebeur het: die pous beklee die posisie as God se onderkoning, wat in die plek van God en namens God praat en optree.

En hy is die “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Tess. 2:4).

As Satan dan die bedrieër en leuenaar is wat die wêreld mislei het (Openbaring 12:9), onder wié se naam sou hy dit doen? Tog nie sy eie nie, want dan sal die Christenkerke sy boodskap/evangelie summier verwerp het. Maar as hy sou sê hy is God/Jahweh, het hy mos geen probleem nie.

En deel van hierdie misleiding kry ons ook waar die Almagtige se Naam met dié van ‘n heidense afgod vervang word. Soos bv. nadat Israel na Babel weggevoer is, het hulle begin om die Fenisiese god Baäl te aanbid. Baäl beteken o.a. Heer/Lord. Toe kom die Bybelvertalers en speel so reg in Satan se hand deur Jahweh as ‘Here’ (Baäl) te vertaal.

Satan se hoofdoel is deurgaans om ons Skepper op élke moontlike manier te belaster. En is daar ‘n beter manier om dit te doen, as om sy volgelinge aan te spoor om hul afgode na Hom te vernoem? Só kan hy hom dan in hulle oë met die Almagtige gelykstel.

Dis ook belangrik om in gedagte te hou dat die dag toe Satan en sy gevalle engele uit die hemelryk gewerp is, was hulle reeds goed bekend met die Skepper se Naam.

In verband met Totius se ongelukkigheid omdat sy medevertalers nie die Naam Yahweh in die plek van ‘Here’ wou gebruik nie, skryf iemand aan my: “Dit was ‘n beskikking van die die Almagtige self, want Hy hy het vooruit geweet dat daar in ons dag se aanbiddingsplekke ook basters en heidense volke toegelaat sou word, en Hy wou nie hê hulle moet sy Naam aan roep nie: Joël 2:32 – Want: “En elkeen wat die Naam van YAHWEH aanroep, sal gered word.”  Rom 10:13 “Elkeen wat die Naam van Yahweh aanroep, sal gered word.”

Om dan te beweer dat ons Almagtige Vader na heidense afgode vernoem is, is lasterlik — die teendeel is eerder waar: heidense afgode is na Hóm vernoem.

Biskop Richardt Reckhart is ook nie die enigste een wat dit sê nie. Vele ander bronne bewys ook vir ons dat heidense afgode al van die vroegste tye af na die Almagtige vernoem is.

Afgode is na die Almagtige vernoem

Ek haal slegs enkeles aan, maar behou die oorspronklike Engels sodat daar geen misverstand of onsekerheid kan wees nie:

Not only were idols named or referred to by titles, but, it seems, also by many or most words referring to religious worship, like the words:  holy, sacred, faith, hope, success, etc.

Similarly, all the attributes of YHVH have been identified with  idols!  But that surely does not earn YHVH the attributes of pagan idols!  In the same way, we cannot say ‘God’ is a pagan title because idol worshippers claimed the same title for their idols – or any other title for that matter.

The Eternal’s Name most certainly is not ‘God’ –  but His TITLE indeed is. There are thousands of verses of Scripture to bear out this fact. How else shall we describe His Supremacy if we were not to use these titles, like ‘God’.

Paganism called their idols by the sacred Names of the God of Israel!

Consider the following extracts from pagan history:

Pagan leaders used the name Yahweh. The name was inscribed on the Moabite Stone in Jordan about 830 B.C. exactly as it appeared in the Old Testament. The Lachish Letters, written between 589-587 B.C. and discovered in 1935 in the ancient town of Lachish near Jerusalem, frequently used the name Yahweh.

Yw, Yawu, Yah, Iahu, IeuoYw or Yawu is given as the original name of Yam in the Myth of Ba`al from Ugarit, and is probably the same as Ieuo in Philo of Byblos’ Phoenician History. He is possibly to be identified with Yahweh. Coincidentally, a likely pronunciation of Yod-Heh-Vau-Heh really is Yahuh (Yahoo!).

The Protoindo European god Yayash, Yaë or Yave, a protective god whose symbol was a tree, signifying possibly ‘walking’, ‘going’, ‘a pilgrim’, has been dated back to the Indus River valley, circa 2900 B.C.E. He has been identified with the Turko Syrian YHVH, a ‘sacred’ animal or organization.

Yahweh appears to have been originally a sky god – a god of thunder and lightning. He was associated with mountains and was called by the enemies of Israel ‘a god of the hills’. His manifestation was often as fire, as at Mount Sinai and in the burning bush. – from: Great Events of Bible Times.

Originally, these four consonants [in YHWH] represented the four members of the Heavenly Family:

Y represented El the Father;
H was Asherah the Mother;
W corresponded to He the Son; and
H was the Daughter Anath.

In accordance with the royal traditions of the time and region, God’s mysterious bride, the Matronit, was also reckoned to be his sister. In the Jewish cult of the Cabbala God’s dual male-female image was perpetuated. Meanwhile other sects perceived the Shekinah or Matronit as the female presence of God on Earth. The divine marital chamber was the sanctuary of the Jerusalem Temple, but from the moment the Temple was destroyed, the Matronit was destined to roam the Earth while the male aspect of Jehovah was left to rule the heavens alone – from: Laurence Gardner, Bloodline of the Holy Grail, p. 18 (Source: Biblical Beginnings in Canaan, Op. Cit.)

A letter found in a mound northwest of the modern town of Ta’annek written in the fifth century B.C. proves that ‘Yah’ was a deity of the Canaanites. Yah is associated with the Canaanitish Mother-goddess, Ashtart-Anat as seen by the Father-Mother titles of the deity of the Jews at Elephantine. There, the title of Anat-Yaw is seen as well as Ashim-Bethel and Afat-Bethel where the titles of Astarte are combined with the Sun-god, Bethel (Bet is Baal, El is god = Baalgod). At Gaza, Yah appears as a Sun-god on a coin and coins were frequently inscribed with the figure of Ashtart-Yaw, Anat-Yaw, and Anat-Bethel, which corresponds to the Phoenician Melk-Ashtart and Eshmun-Ashtart” – from: The Mythology Of All Races, Vol. 5, p. 44.

Yah was identified with the Aramaic Thunder-god, Adad. A coin from the fourth century B.C. in southern Philisti (when the Jews were in subjection to the Persian kings) has the only known representation of the Hebrew Deity. The letters YHW were inscribed just above a bird which the god held on his arm. The most likely identification of the god Yah of Gaza is the Hebrew, Phoenician, and Aramaic Sun-god El or Elohim whom the Hebrews had long since identified with Yah. (ibid., pp. 42-43).

Die Skotse skrywer Alexander Hislop stel dit weer só in sy mees bekendste werk The Two Babylons:

The collection of ancient manuscripts found at the Jewish colony of Elephantine demonstrates the use of Canaanite religious terminology in conjunction with the name of Israel’s God Yahu. Such compound names as Anath-Yahu, Anath-Bethel, Ishum-Bethel, and Herem-Bethel are found there. These names all represent the attempt to combine differing philosophies and religious beliefs that were prevalent in the centuries following the Israelite conquest of Canaan. For example, Anath was the ancient Canaanite goddess, the sister of Baal (Bruce, p. 53), and Baal was one of the ancient names for Nimrod.” (from: The Two Babylons (1858), Alexander Hislop, p. 232).

It was from the divine name Yah that the Greeks took ‘Ie’ in the invocations of the gods, especially the god Apollo. The name ‘Ie’ was written from right to left and inscribed over the great door of the temple of Apollo at Delphi (Taylor, p. 183). Iao, a variant of the Tetragrammaton, was applied to the Graeco-Egyptian god Harpocrates or Horus. Horus was called Harpocrates by the Greeks. The ancient Greeks had an acclamation similar to Hallelujah (Praise you Yah). They used Hallulujee in the beginning and ending of their hymns in honor of Apollo. – Taylor, p. 183.

Many Vedic chants of praise also contain Yah, e.g. Rama-yah, Isha-ya (Yah my Divine Husband), Jai-ya (Yah as joy); Shiva-ya (Yah is purity, holiness, truth); Krishna ya (Yah is the transcendental loving Witness); Vishnu yah (Yah is all pervasive Light); Kali ya (Yah is the creative manifesting force or energy). etc.

This evidence totally flaws the restrictive reasoning that “we should not refer to YHVH as ‘God’ or ‘Lord’ because these were the names of pagan idols”. If this restriction was truly valid, then we would also have to refrain from calling Him by His Sacred Name ‘YAH, YHVH or YAHU”,  for these Names were also used for pagan idols!

Ou Testamentiese profesieë oor die Messias

Dit blyk dat daar vandag mense is wat nie net die maagdelike geboorte van die Heiland betwyfel nie, maar ook dat Hy nooit werklik bestaan het nie.

Die Ou Testament bevat heelwat profesieë oor Hom wat eers in die Nuwe Testament vervul is.

Die beloftes wat God aan Eva, Abraham en Dawid gemaak het, verwys almal na die Messias as hulle letterlike nageslag. Die hele Ou Testament wys inderdaad vooruit na, en profiteer oor die Gesalfde.

So byvoorbeeld moes ‘n lam sonder enige gebrek tydens Pasga geslag word (Eksodus 12:3-6). Dit het die offer van Messias, ‘die Lam van God wat die sonde van die wêreld sou wegneem’, verteenwoordig (Johannes 1:29; 1 Korintiërs 5:7). Die foutlose toestand wat van al die diere-offers vereis was, het vorentoe gewys na die perfekte karakter van die Messias (Eksodus 12:5, vergelyk ook 1 Petrus 1:19).

Die Psalms en profete in die Ou Testament bevat menige profesieë oor hoe die Messias sou wees. Hulle fokus ook op hoe hy sou sterf. Die Jode se weiering om die idee van ‘n Messias wat moes sterf te aanvaar, kan alleenlik toegeskryf word aan hulle onkunde oor hierdie profesieë:

Ou Testamentiese Profesie Vervulling in die Meester
Psalm 22:1 – “My God, my God, waarom het U my verlaat,?” Hierdie was die presiese woorde van die Meester op die kruis (Mattheüs 27:46).
Psalm 22:7-9 – “Maar ek is ‘n wurm en geen man nie, ‘n smaad van die mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê “Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom !” Die Jode het Jesus geminag en bespot (Lukas 23:35; 8:53); hulle het hulle koppe geskud (Mattheüs 27:39) en gesê “hy vertrou in God, laat die hom red” (Mattheüs 27:43).
Psalm 22:16,17 – … my tong kleef aan my verhemelte; ….. hulle het my hande en my voete deurgrawe. Jesus was bitter dors op die kruis (Johannes 19:28). Die hande en voete wat deurboor is wys na die kruisiging.
Psa 22:19 – Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot …” Die presiese vervulling hiervan word in Mattheüs 27:35 gevind.
Let daarop dat Psalm 22:23 spesifiek in Hebreërs 2:12 aangehaal word as sou dit betrekking hê op Jesus.
” Vreemd het ek vir my broers geword en ‘n onbekende vir die seuns van my moeder.

Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval” (Psalm 69:9,10).

Dit beskryf duidelik die gevoel van vervreemding wat Jesus t.o.v. sy eie familie en van die Jode gehad het. (Johannes 7:3-5; Mattheüs 12:47-49). Dit word in Johannes 2:17 aangehaal.
“En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink” (Psalm 69:22). Dit het gebeur terwyl Christus aan die kruis gehang het (Mattheüs 27:34).
Die hele Jesaja 53 is ‘n merkwaardige profesie van Jesus se dood en wederopstanding waarvan elke vers ‘n vervulling het. Net twee voorbeelde word hier aangegee:
“Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders–ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie” (Jesaja 53:7). Christus, die Lam van God, het stil gebly gedurende sy verhoor (Mattheüs 27:12,14).
“En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie” (Jesaja 53:9). Jesus was saam met kriminele gekruisig (Mattheüs 27:38), maar in die graf van ‘n ryk man begrawe (Mattheüs 27:57-60).

Ons lees ook in Jes. 42:6-7 “Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies, om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit”.

“Maar ‘n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis (kerker) oopgemaak en hulle uitgelei” (Hand. 5:19).

In Hom was lewe, en die lewe was die ‘lig’ van die mense (Joh. 1:4).

Dit is geen wonder nie dat die Nuwe Testament ons herinner dat die ‘wet en die profete’ van die Ou Testament die basis vir ons kennis oor Christus is nie (Romeine 1:2,3; Handelinge 26:22; 28:23; Romeine 16:25,26). Hyself self het gewaarsku dat as ons nie ‘Moses en die profete’ verstaan nie, ons hom nie kan verstaan nie (Lukas 16:31; Johannes 5:46,47).

Die feit dat die Wet van Moses vorentoe na die Meester gewys het, en die profete oor hom geprofeteer het, is bewys genoeg dat Hy nie fisies voor sy geboorte bestaan het nie.

Die geslagsregisters van die Heiland in Mattheüs 1 en Lukas 3 wys dat Hy die nakomeling is van die mense aan wie God die belofte gemaak het.

Die beloftes aan Dawid rakende die Messias maak die fisiese bestaan van Jesus ten tye van hierdie beloftes onmoontlik : “As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.  Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid. Ek sal vir hom ‘n vader wees, en hy sal vir My ‘n seun wees;”… (2 Samuel 7:12,14).

Dat hierdie nakomeling ‘uit die vrug van sy liggaam’ sou kom, wys dat die Heiland ‘n letterlike en fisiese nakomeling van Dawid sou wees. “Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon” (Psalm 132:11).

Salomo het hierdie belofte gedeeltelik vervul, maar aangesien hy reeds bestaan het ten tye van die belofte (2 Samuel 5:14), sou hierdie belofte eers ten volle in die Messias vervul word (Lukas 1:31-33). “Kyk, daar kom dae, spreek Yahweh, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land” (Jeremia 23:5) – dit is die Messias.

Voorbeelde van soortgelyke profesieë wat oor die Messias se toekomstige bestaan handel, is die volgende: “‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel” (Deuteronomium 18:18).

Jer. 3:14  “Keer terug, o afkerige kinders, spreek Yahweh, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring” (Is dit nie dalk wat gebeur het toe hy die 70 siele van Jan van Riebeeck hierheen laat kom het as die berg Sion wat Hy liefhet nie?)

Jer. 3:19 “Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee ‘n kosbare land, ‘n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie”.

Ps. 89:27 “Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!”

Mat. 6:9  “Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word…”

Joh. 8:28  “…en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.”

(Hiermee word ‘Die Heilige Name’ dan afgesluit. Alles wat oor hierdie onderwerp gesê kon word, glo ek is reeds by die eerste artikel gesê, dus hoop ek julle sal verstaan as ons nie verdere kommentare hieroor toelaat nie).