Volksverraad

ISBN:

Skrywer: Advokaat Piet Pretorius

R900.00

8 in stock

Description

‘n Beperkte aantal eksemplare van hierdie historiese boek is nou weer beskikbaar!

Op 28 Februarie 1997 is die uitgewer en adv. Piet Pretorius deur Dr. Ferdi Hartzenberg en twee KP-onderleiers hof toe gevat as gevolg van die opspraakwekkende boek, Volksverraad. Hierin het adv. Pretorius beweer dat die KP as slenter-party gestig is om die regse front te verdeel, en verder dat hy oneerlik is, onbetroubaar, die kieserskorps van die Republiek van Suid-Afrika mislei het; sy eie onder steuners mislei het en ‘n dubbele rol in die openbare lewe speel.

Die hofuitspraak was ten gunste van Hartzenberg nadat slegs één kant van die saak aangehoor is en adv. Pretorius nie onder kruisverhoor geneem is óf getuies gelei het nie.

Skaars ‘n week nadat die hofsaak begin het, het ons opdrag gekry om boekwinkels te versoek om alle eksemplare van Volksverraad van hulle rakke te verwyder. Die boek is dus reeds 20 jaar lank uitdruk.

‘n Vriend het nou laat weet dat hy 12 eksemplare van die boek in sy besit het en gevra dat ons dit te koop moet aanbied.

Bestellings sal in volgorde van ontvangs uitgevoer word.


Reeds sedert die dae van die Voortrekkers hunker die Afrikaner na ‘n eie tuiste, maar negatiewe kragte het hierdie strewe ondermyn deur die kern van die volk, ter wille van ‘n sogenaamde wêreldvrede, te verbrokkel. Hierdie kragte opereer egter nie openlik nie. Hulle volg al jare lank geheime agendas. Hulle lieg en bedrieg. Hulle het geen respek vir die waarheid nie, en het die Afrikaner se blinde geloof in sy leiers so genadeloos uitgebuit dat die volk hom vandag op sy knieë bevind.

Die skrywer, ‘n gewese geheime-agent, rig dan ook ‘n persoonlike waarskuwing tot die leser:

“Voordat ons u toelaat om hierdie dokument te lees, wil ons u eers waarsku dat dit ‘n dokument is met ‘n ingrypende inhoud wat skokkend kan wees. Die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek is nie een van waarheid nie , maar een van afskuwelike leuens. Gekenmerk deur korrupsie, subversie en hebsug van bepaalde persone wat hulleself Afrikaners noem en wat daarop roem om ons hoogeplaastes te wees. Moord en verraad was hoog op hulle agendas en is herhaaldelik gepleeg.

“Dit was nie ‘n maklike taak om hierdie dokument te skryf nie. Verskeie insette oor die verloop van ‘n paar jaar is verwerk. Die waarheid is somtyds agter die waarheid. Dit is nie die taak van die intelligensiediens om die man voor die hof te bring nie, maar wel die van die polisie. Intelligensie gaan gepaard met die beskerming van bronne. Die polisie is welkom om ie feite wat hierin vervat is te ondersoek met die oog op kriminele aanklagte teen die vermeldes. Ons bronne word egter beskerm. Die Waarheid, in soverre dit gebeure betref, moet nogtans uit. Wees dus gewaarsku oor die inhoud van hierdie dokument.”

Additional information

Weight 180 g