Sy lewe en profesieë

Lees die verhaal van hierdie profeet en Godsman

R380

Die gety het gedraai

R180.00

ISBN: 978-0-6399778-0-5
Pubikasie Datum: 2018
Grootte (mm): 213 x 136 x 22
Bladsye: 282

Let wel: As gevolg van ons ligging in Ladismith word alle bestellings eers Woensdae deur die koerier opgetel. Meeste pakkies behoort dus teen Vrydag afgelewer te word.

Adv. P.J. Pretrius (die skrywer van Volksverraad)  en Adriaan Snyman het saamgespan om Die gety het gedraai te skryf. Dit handel hoofsaaklik oor die profetiese vooruitsigte wat Siener van Rensburg vir ons dag en tyd vir die wêreld en Suid-Afrika voorspel het.

Die gety het gedraai, is ‘n boodskap van hoop en dit voorspel ook ‘n heel nuwe toekoms vir ons land.

In DEEL I skryf adv. Pretorius in sy voorwoord: “As ons dit wat moet plaasvind verstaan, sal ons verstaan dat Suid-Afrika moet gered word om as verskansing teen die komende verworwenheid vir Christene hier en regoor die wêreld te dien. Ons (Suid-Afrika) word “God se geestelike verbondsark”.

In DEEL II behartig Adriaan Snyman o.m. ’n aantal herontdekte briewe wat Boy Mussmann aan Rhodesiese vriende geskryf het. In hierdie briewe kry ons nie net ’n duidelike beeld dat die gety dwarsoor die wêreld besig is om te draai nie, maar ook dat Suid-Afrika bestem is om die ‘Nuwe Kanaän’ vir die mensdom te word.

Relevante Publikasies

en die dagboek van Anna Steenkamp

Lees hierdie merkwaardige verhaal van ‘n groepie trekkers se optog na Palestina.

R140