Ons antwoord aan Renee Swartz Renee, jy sê: “ wat gaan jou kennis jou in die sak bring Annelize? Hierdie blad is so negatief... Al wat julle op die blad doen is om mense in te lig met wat jul hoor en vrees te saai”. As ek jou reg verstaan, wil jy agteroor sit en wag dat die Vader alles vir jou moet doen. Dis ‘n verkeerde houding, Renee. Ons is al 24 jaar lank besig om ons volk met inligting, kennis van die Woord, asook Siener se gesigte te probeer wakker skud en na ons Vader én ons eie profeet se waarskuwings te luister. Ons wil graag die inligting wat ons kry, aan julle oordra, omdat Siener ook gesê het: “Vir dié wat WEET, sal dit nie so erg wees nie.” In Esegiël 33:2-6 lees ons: “Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense—as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel. As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ‘n siel uit hulle weg—dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis”. Maar die boodskappe van die al ou profete was in sekere opsigte ook uiters negatief, soos jy netnou sal sien. En Siener het dwarsdeur sy lewe presies dieselfde ‘basuin geblaas’ as die Bybelse profete: Keer terug tot God, so nie sal al hierdie dinge oor julle kom, het hy ons gewaarsku: Julle wat baas was in julle eie land, sal klaas word. In 1914 het hy al gesê ons gaan ‘n swart regering kry en saam daarmee al die verskrikkinge en smarte wat ons vandag beleef: Ons Vader se Naam is in die parlement verbode; ons kinders mag nie meer op skool van Hom hoor nie; ons taal is aan die verdwyn; ons mense kry nie werk nie; hulle leef in ellende en armoede; meer as ‘n miljoen sit al in plakkerskampe (ANC strafkampe); sowat ‘n miljoen het al die land verlaat; ons ekonomie is rioolstatus; daar gaan byna nie ‘n dag verby sonder dat daar by ons huise ingebreek word nie, sonder dat ons besteel of ons voertuie gekaap word nie; sonder dat tientalle van ons mense vermoor word nie, sonder dat ons vroue en dogters wreed verkrag word nie. Dan het Siener ook gewaarsku dat ons nog alles, ALLES gaan verloor. Ons bly vandag in selfgemaakte tronke. Ons waag dit nie meer om, soos van ouds, langs die pad stil te hou, ‘n bietjie uit te rus en ietsie te eet nie, want jy kan oorval word. In Sunnyside Pretoria is ‘n vriendin van ons by ‘n rooi verkeerslig uit haar motor geruk, geslaan en geskop, voordat die barbare met haar motor weggery het. (Sê my Renee, het jy diefwering voor jou vensters? Veiligheidshekke? ‘n Alarmstelsel? Slotte aan jou deure, aan jou motor se deure? Gaan stap jy saans vrou-alleen in die stad se strate? Gaan kuier jy saans nog by vriende? Ek as jongmeisie het in die sestigerjare in Arcadia, Pretoria gebly en Saterdagaande vyf blokke ver geloop om tot elfuur/twaalfuur by ‘n vriendin in die middestad te gaan kuier. Die eerste motor (‘n Volkswagen) wat Adriaan gekoop het, het geen slot gehad nie en dit is nooit gesteel nie. Selfs terwyl hy soms naweke in Durban was en die Volksie in die straat gestaan het. Vandag steel hulle dit met slot, ‘gear-lever’, alarm en al! Weet jy hoekom? Want destyds het ons as volk nog na Vader se stem geluister). Verder sê jy: “Die verdoemenis wat ek daagliks lees is 'n bewys dat mense die God van Bloedrivier nie eers in berekening bring nie.” By Bloedrivier het die Trekkers nie net gebid en toe agteroor gaan sit en wag dat God hulle moet uitred nie. Nee, hulle was elke oomblik van die dag besig om hulleself ook voor te berei. Wanneer hulle laergetrek het, is daar met takke veghekke gemaak; hulle het koeëls gegiet; hulle diere beveilig, ens., ens. Selfs in die Bybelse tyd het God aan Israel opdrag gegee om die vyand te gaan verslaan. So is Gideon en sy manne opdrag gegee om op hul ramshorings te blaas en die kruike stukkend te slaan wanneer hulle by die vyand se laer aankom. En omdat Gideon sy kant gebring het, het God die Midianiete teen mekaar aangehits en hulle het hulself uitgewis. Siener het ook gesê ons sal staan en kyk hoe hulle mekaar uitwis. Num. 25:16-17 “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle...” Dan sê jy ook ons is negatief. Kom ons kyk ‘n bietjie na die Bybelse profete: Moses: Deut. 28:15 Maar as jy nié luister na die stem van Yahweh jou Elohim, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal: Die vreemdeling (swarte) wat by jou is, hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak. Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees (Siener: Hy sal baas wees en jy klaas). Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man (swarte) sal haar skend; ‘n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie. Jou bees word voor jou oë geslag (vra ons boere hoeveel beeste is al op hul plase geslag), maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee. Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee (ondertrouery), terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen. Amos 6:14 Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, ‘n volk opwek, spreek Yahweh, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk... Maleagi. 2:3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra. Wat wag daar dan nog op ons as weggedwaalde volk? Antwoord: (2 Kon. 8:12): “Toe sê Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen: Jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring, en hulle jong kinders verpletter, en hulle swanger vroue oopsny.” Hoe sal dit gebeur? Jes_17:14 “In die aand—daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie.” (Siener se nag van verskrikking). Hoekom? (Jer. 15:6) Want: “Jy het My verwerp, spreek Yahweh, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.” Maar Moses het ook gesê as Israel na Vader se stem luister, wag daar ‘n magdom seëninge op hulle. Siener bevestig dit vir sy volk: as julle jul voor God verootmoedig en na Hom terugkeer, sal Hy nie net julle land aan julle teruggee nie, maar julle sal die mees geseënde volk op aarde wees! Renee, besluit jy maar self of hierdie inligting en professieë vir jou bedoel is of nie. Miskien is jy een van die wat nie WIL WEET nie? Adriaan en Annelize Snyman. ... See more
Oorlogsgedruis Blankes wil graag bly wees om te hoor dat ons volgende jaar dalk regeer sal word deur ‘n blanke regering. Dis ‘n goeie idee om nié bly te raak voor jy presies weet wat om te verwag nie. Hierdie DA wat volgens Malema “aan bewind” gaan kom, is nie wat mense dink hulle is nie. Die DA se verteenwoordiger, Francine Higham, het oorsee gegaan en daar gaan vertel dat daar nie so iets soos ‘n blanke volksmoord is nie. Wat sy eintlik sê, is dat dit ‘n saak vir die polisie is (wat hulle rug draai wanneer ‘n blanke aangerand word) en dat dit blote misdaad is, niks meer nie. Die ganse wêreld weet al dat ons blankes ‘n volksmoord in die gesig staar, maar sy, ‘n Engelsman, sê dit is nie so nie. Die bewyse is daar, maar sy en haar soort stry dat dit bars. Dan is daar weer blankes wat glo dat “alles gaan regkom” en hulle leef in Lalaland. Daar is onlangs vragte en vragte wapens in Walvisbaai en Durban afgelaai en dit is vervoer na weermagbasisse in Botswana. Intussen het dit uitgelek dat Ramaphosa die wapens nodig het om glo ‘n blanke opstand te onderdruk wanneer plase sonder vergoeding gesteel word. Die Boere het immers gesê hulle gaan weerstand bied en dit sal hom, met die hulp van die Sjinese en Engelse, asook Amerikaners, help om die grond te vat en terselfdertyd van die blankes ontslae te raak. Daardie wapens is ingebring om blankes dood te maak, nie swartes nie, en meer sepsifiek die Afrikaanssprekende, regse blankes. Dit alles sal geskied met die DA se goedkeuring, daardie Party waarvoor die meerderheid blankes nog stem. Eintlik stem hulle vir hulle eie ondergang en dood. En pas was dit op die nuus dat daar goud ontdek is by KwaMachi, 'n klein dorpie in Harding in die suide van KwaZulu-Natal. Die Zoeloes grawe dat dit bars vir goud en verkoop dit aan Pakistani’s. Hulle is suur vir Ramaphosa en die Xhosas en, soos hulle koning gesê het, hulle slyp hulle wapens. Dit beteken tog sekerlik dat hulle gereed maak vir oorlog. Dis ‘n gewelddadige botsing wat lankal lê en broei en die ontdekking van die goud kan moontlik die oorlog aan die gang sit. En hoe het Siener nou weer gesê? Ons kyk in die bek van die geweer, maar dan kom ‘n hand van Bo en klap dit weg en dan skiet hulle op mekaar. Die Xhosa en Zoeloe gaan aanmekaarspring en dit gaan ‘n moorddadige bloedbad afgee. Wee die blanke wat dan tussenin wil kom om ‘vrede te maak’. Dis dalk ‘n goeie idee om in hierdie stadium liewer na Siener se voorspellings te kyk as om ons te verlustig in die moontlikheid van ‘n blanke regering volgende jaar. Die tyd vir gis en wonder lyk asof dit verby is. Die DA en Solidariteit, Afriforum, die Volksfront en wie anders ook al sy vinger in die pastei wil kry, moet weet dat hulle niks gaan regkry nie, want dit staan nie so in die profesieë nie. ‘n Mens kan nou sê dat Siener geen profeet was nie en dat hy die voorspellings uit sy duim gesuig het, maar – hoe het hy geweet ons gaan ‘n swart regering kry? Dat die Nasionale Party sou sink? Dat ‘n versengende droogte ons sou teister? .... En as hy dit alles vooruit geweet het, ‘n mens nie anders as om ook te glo dat wat hy vir ons vorentoe voorspel het nie. Ons gaan deur die Duitsers bewapen word om die doringbosregering en sy meelopers uit die land uit te roei of uit te jaag. In Durban sal ons nog op mekaar skiet. Later sal die Sjinese terugkom om weer hulle ‘eiendom’ te kom terugvat, maar hulle sal self omdraai en padgee, want die Indiërs, wat almal dan reeds uit die land verdryf is, sal hulle waarsku om dit nie te doen nie, want ons word deur ‘n ‘groter Mag’ beskerm. Ja, die land gaan net na die ANC weer ‘n wit regering kry, maar dit sal die doringbosregering (Siener se mofskaapregering) wees wat die NWO steun en deur die geldmag daargestel is. Tot nou toe was die geldmag sedert 1994 steeds in beheer van die ekonomie, maar met die doringbos sal hulle ook weer die politieke mag hê. Dit is dan die regering waarteen ons Boere Bev rydingsleër uiteindelik gaan rebelleer omdat niks verander het nie. Inteendeel, die vervolging teen ons mense sal drasties toeneem. Dis ook opvallend dat Siener in sy gesig gesien het dat ons rustig optrek na Prieska om daar deur die Duitsers bewapen te word. Rustig? Daar is dus nie vrees vir die doringbosregering se vergelding nie; moontlik is hulle reeds deur die Duitsers uitgeskakel wat Kaapstad gaan bombardeer. Tot dan het ons nog ‘n stywe pad om te loop, maar ons het Siener se profesieë om ons leiding te gee. Daarvolgens lyk dit of aanstaande jaar se verkiesing uitgestel kan word en nie sal plaasvind nie. Bygesê, as die gesig na hierdie verkiesing verwys. Ons moet net wag en kalm bly. Laat die swartes mekaar na hartelus uitroei en moenie betrokke raak nie. Die regering wil so ver moontlik alle weerbare blanke mans in die tronk hê omdat hulle weet dat ons ‘n gedugte volk is. Die DA se kommentaar in dié verband is: “Hierdie oorlogsgerugte is niks meer as ‘n poging om ons as Suid-Afrikaner te verdeel op die basis van ras nie.” Dit is die party vir wie ons mense stem met die hoop dat ‘n ‘beter’ gemengde regering met blankes in beheer vir hulle vrede en voorspoed sal bring. Vergeet dit. Dit gaan nie gebeur nie. Die DA steun die ANC en sy oogmerke, met ander woorde ook die uitwissing van die blanke. Moet ook nie vergeet nie: geen ander nasie, behalwe die Jode, haat die blanke Boer meer as ‘n Engelsman nie. Hulle het nog nie vergeet hoe ons hulle pakgegee het en hoe lank hulle gesukkel het om ‘n handjievol Boere te oorwin nie. Hulle kon dit slegs regkry deur ons vroue en kinders in konsentrasiekampe te vermoor en só die Boerekrygers tot oorgawe te dwing . Hul nageslag haat ons net so erg. En dis hulle wat in die DA sit. Kan ons dus verwag dat hierdie rugsteker, doringbosregering ons gaan help? Beslis nie. En ook nie Solidariteit of AfriForum nie. En die Volksfront en ander kleiner organisasietjies? Hulle het alteeds presidente ingesweer, sit vol generaals en leiers, maar met geen manskappe nie. Hulle is ‘n monument vir ons volk se hoogmoed en arrogansie. Ons gaan ‘n al donkerwordende tyd binne. Daar gaan oomblikke wees wat ons skaars sal kan asemhaal van angs oor die dinge wat oor ons kom, maar Siener het ook gesê vir dié wat weet, sal dit nie so erg wees nie. Bewapen jouself met kennis, nie met hersinskimme en drome nie. Annelize Snyman ... See more
Die Doringbosregering Al julle mense wat graag in die tronk wil beland of gekke van julleself wil maak, hier is ‘n goue geleentheid om dit te doen. As ons gedink het dat die Nag van die Lang Messe ons enigste nagmerrie gaan wees, het ons dit ver mis. Daar is groter en boser planne op die tafel, maar die swartes is nie die enigstes wat deel daarvan is nie. Die meeste Blankes sal ‘n sug van verligting slaak as hulle uitvind dat die DA, die Broederbond en “ander” van plan is om die blanke weer aan bewind te kry, maar dink weer. Niemand dra die belange van die behoudende blankes in Suid-Afrika op die hart nie – allermins die Britte en die Broederbond. Daar is oop seisoen op ons verklaar. Iemand wat ek gedink het goed onderlê is met wat in die politiek aan die gang is, was verbaas om te hoor dat die Broederbond laaaaankal nie meer eksklusief blank is nie ... lankal nie meer nie. Hulle het van elke kleur en geur en soort in hulle midde, kortom, hulle lyk soos die NG Kerk van binne. En hulle eien hulleself die reg toe om oor ons toekoms te besluit. Danksy Julius Malema se los tong weet ons nou wat agter die skerms aan die gang is en wat beplan word. Deur hom is Projek 2019 nou uit in die ope en die Britte is boos, asook die Broederbond, want sien, hierdie projek is die toppunt van agter die skerms kook en verraai, lieg en bedrieg. Projek 2019 is in London uitgedink en ondermeer gefundeer deur Johann Rupert, die Oppenheimer familie en Lord Robin Renwick. Die plan is met groot sukses in die laaste plaaslike verkiesings bestuur. Dit het klaarblyklik die rassistiese DA sommige van die mees strategiese metropolitaanse stede, Johannesburg en Pretoria ingesluit, gegee met die hulp van Malema se EFF. Die uitlap van die 2019 projek het gekom uit ‘n onbewaakte kommentaar deur Malema gedurende die EFF se perskonferensie. Malema het gegil en gejil oor Helen Zille toe hy gesê het: “maar om haar party (die DA) toe te laat om so ver agteruit te gaan, dan is sy niks verskillend van Zuma nie. Sy is besig om Projek 2019 waardeur die ANC verwyder sal word, bloot te stel.” Die mannetjie het nie geweet wat hy doen nie. Hy het onwetend Projek 2019 bekend gemaak. Slegs Mmusi Maimane kon openlik praat oor Projek 2019 om sy kiesafdeling voor te berei vir die EFF koalisie in 2019. Malema is deur London geadviseer dat hy nie die plan waarvolgens blankes weer die politieke mag gegee sal word, bekend moet maak nie aangesien dit sal maak dat swart stemmers dan teen sy party sal draai. Verdere betekenis van die mededeling hierbo aangehaal, toon vir die eerste keer dat Malema die DA sien as die hoofspeler in Projek 2019. Malema is besig om meer en meer wisselvalig te raak. Volgens sekere bronne, mense binne Malema se binnekring, is hulle bekommerd oor sy bevoegdheid om koers te hou. Vroeër die jaar, toe hy gedruk was op twitter, het hy geknak en erken dat die EFF weereens sy stemme aan die DA in 2019 sal gee. Hierdie blabse van Malema mag hulle duur te staan kom by die stembusse aangesien swartes nie sal stem vir die terugkeer van die blankes in die regeringstoele nie. Projek 2019 is daarop gemik om politieke mag in 2019 terug te gee aan die blankes deur gebruik te maak van dieselfde koalisieskikking wat die metros laat oorgee het aan die DA. Die Engelse is nou kwaad, want Malema het water op hulle battery gegooi. Dit raak ons almal. Wat ons dan gaan kry, is ‘n bont regering soos dit was net voor en net na die oorgawe in ’94 – baie soos wat die NG Kerk vandag binne lyk. Dit sal ‘n regering van verraaiers en rugstekers wees en, soos Siener self gesê het, die blanke, regse, Boer sal erger vervolg word as wat die swart regering dit vandag doen. Dan breek die laaste groot stryd vir die Boervolk aan – om ons eiendom, ons land, wat deur God aan ons gegee is, weer terug te vat van die bontspul, die Engelse en die honde. Daar is mense wat vas glo dat ons nóú ‘n rewolusie op hande het, ‘n rebellie teen die swart regering. Niks is verder van die waarheid nie. Ons het nie die getalle of die wapens om met ‘n rebellie te begin nie. Daar sal egter mense wees wat dit gaan probeer omdat hulle opgesweep gaan word deur agente van die Broederbond – soos wat met die Boeremag en die mense by Bloemfontein gebeur het. Daar sal vir hulle gesê word dat hierdie tweede rebellie gaan slaag, maar dis nie wat gaan gebeur nie. Die tweede rebellie gaan wees juis téén die Doringbosregering wat ingestel sal wees deur die DA, die Broederbond, en ander. ‘n Persoon wat met hierdie dinge daagliks werk, sê dat as daar veertig weerbare manne bymekaar is, sal net 3 van hulle wapens hê en net ‘n paar rondtes ammunisie tussen hulle. Nee, ‘n rebellie teen die swart regering gaan daar nie wees nie. Die Broederbond wil graag hê dat ons dit moet glo en dat ons moet deelneem daaraan, want dan kan hulle ons mense toesluit soos wat hulle met die Boeremag gedoen het. Ons wil duidelik klem lê op die feit dat die Broederbond NIE pro-wit is nie. Dis ‘n spul wat net daar is vir eie gewin. Hulle hark die biljoene in ten koste van die die blankes in hierdie land. Moenie in enigiets betrokke raak wat gaan oor opstand teen die huidige regering nie. Die Broederbond het reeds hulle “werwers” uitgestuur om te begin kwaad stook. Die swartes, het verskeie mense al by verskeie geleenthede gesê, het nie ‘n probleem met die regse blankes nie, hulle het ‘n probleem met mense wat hulle eie verraai – soos die Broederbond. Die swartes kan in vrede met die regse blankes saamleef. Nou is dit egter op die lappe dat hulle uit die regering gelig gaan word, nie deur die regse blankes nie, maar deur liberaliste en die geldmag. Daar is ook organisasies wat saamheul met die Khoisan en die susse en die sose en ‘n bontspul bymekaar hark om te baklei vir ‘n stukkie grond. En as jy met hulle praat, is elkeen ‘n leier en ‘n koning en ‘n generaal. Siestog. PW Botha het gesê: “Die enigste iets wat jy van bo af begin, is ‘n graf.” Siener het gesê ons sal in die bek van die geweer kyk en dan kom ‘n hand en slaan dit weg en dan skiet hulle op mekaar. Ons sal wel uiteindelik die gemors moet opruim, maar teen die tyd dat ons daarmee klaar is, sit die geldmag, Jode, verraaiers, jingo’s en al die ander aasvoëls klaar in die stoele en dan begin die laaste, felste stryd van die Blanke Boer om behoud van sy land. Dit sal die een wees van rebellie en opstand, die wapen opneem en stry vir wat reg en regverdig is. Annelize Snyman. ... See more
Waar is die vrede? Ons het dan vergewe! In 2010 is Christo Mouton in sy huis in Drie Riviere, Vereeniging deur swart barbare koelbloedig vermoor is. Sy sesjarige dogtertjie, Monay, het tien ure lank vingeralleen by haar pa se lyk gesit, hartverskeurend gehuil en tevergeefs na horn geroep totdat die huiswerker die volgende oggend omstreeks 07:30 opgedaag en die polisie ontbied het. Daarna het Monay sielkundige berading ontvang, maar sy kon nie ophou huil nie. “Ek kan haar nie eens na die huis terugneem nie; sy onthou als en raak histeries,” het mev. Mouton gesê. En wat was die kerk se troosboodskap vir klein Monay, haar ma, haar familie en die res van die volk? “Nou is dit tyd om hulle (die moordenaars) te vergewe, tyd om na hulle uit te reik, tyd om hulle lief te hê…” Ja, ons hét uitgereik; ons het met hulle ge-Kodesa, selfs ons land vir hulle gegee; daarna ook al ons beste bates: Sanlam, Sasol, Volkskas, die ATKV, die FAK, die Raportryers, die Voortrekkers, en les bes natuurlik ook ons Kerk. Maar hulle wou nog meer hê — ons lewens. Liewe hemel, FW, waar is jy? FW, ons het jou dringend nodig! Jy’t mos self gesê jy is soos Moses, deur God geroep om hierdie nasie na die Reënboogland van dikmelk en goue stroop te lei. Maar hoekom het jy ons so skielik verlaat? Van daardie dag af toe jy jou hoed gevat en uit die Regering van Nasionale Eenheid gedros het, het ons jou nog nie weer met ‘n oog gesien nie; en sedertdien soek ons tevergeefs in ‘n koerant na ‘n trooswoord van jou vir klein Monaytjie en haar bedroefde ma, soek ons tevergeefs op ‘n begrafnisfoto van ‘n vermoorde volksgenoot na jou gesig met ‘n traan in die oog. Die dag toe jy wel weer jou verskyning maak, was dit met ‘n breë glimlag en net om klein Monaytjie hierdie trooswoord te gee: “Moenie bekommerd wees nie, mesie — ek sal dit alles wéér doen!” 24 jaar lank al beloof jy en die kerk vergifnis, liefde en hande vat. Sondag na Sondag word dit by gemeentes landswyd ingehamer. Selfs oom Angus versamel honderdduisend om hom, en kondig met trots aan: “Ek, Angus Buchan (nie God nie), het Suid-Afrika vir Christus omgekeer!” Maar as dit dan so is, waar is die vrede, die seën, FW? Hoekom sien ons niks daarvan nie? En hoe is dit moontlik dat al oom Angus se duisende bekeerlinge, al die dominees, al die pastore en priesters se preke, al die lofsange, al die hallelujas, al die Amens nog nie vir één enkele dag die vloek van die swaard van ons kon weghou nie? Hoekom nie, FW? Hoekom is daar geen antwoord op oom Angus en die kerk se gebede vir vrede en veiligheid nie? Hoekom gaan dit dag na dag net slegter en ellendiger met ons? Het die oom en die kerk dan nie gedoen wat reg is in hul eie oë deur die bose apartheid tot sonde te verklaar nie? Maar waarom hoor hulle god nie? Waarom swyg hy steeds? Sê tog vir ons, FW!!! ... See more