“Ons sal nie luister nie!”

June 20th, 2014 by
46 kommentare | Lees kommentare
© 2017 Vaandeld Uitgewers

Ons volk bevind hom vandag in die donkerste uur van sy bestaan, ‘n krisis soos daar nog nooit was nie, maar ons wil dit nie hoor, sien of daarvan weet nie! Ons gryp desperaat, wanhopig na die strooistingels wat die media, kerk en politici as reddingboei na ons toe uitgooi.

Nog minder wil ons hoor of weet van die waarskuwings wat die Almagtige by monde van sy profete aan ons gegee het: “Bekeer julle van jul verkeerde weë, en Ek sal julle uitred…”

Maar soos uit een mond het ons Hom toegesnou: “Ons sal nie luister nie…” (Jer. 44:16.)

Sy geduld en lankmoedigheid het uiteindelik ook tot ‘n einde gekom en deur sy profeet Jasaja het Hy laat weet: “…my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.”
Voeg hierby ons eie profeet se boodskap van komende onheil en oordele wat op ons wag as ons nie ‘n ommekeer maak nie.
In die taferele wat tydens oom Nicolaas se oomblikke van heldersiendheid voor hom afsgepeel het, storm bulle en ramme van verskillende kleure op mekaar af; hy sien hul gebreekte horings en bene. Waens met blou, rooi of vaal osse rammel verby. Voëls vlieg uit standbeelde se bekke; springbokke trek oor ’n stuk verskroeide aarde; ‘n swart gordyn val oor Rusland en die aarde is omgeploeg. ‘n Klomp varke kom aangehardloop en verander skielik in mensegedaantes; ’n swart wolk vol mense hang oor Bloemfontein. Uit n groot tenk rol fyn skaapmis en meteens is die hele aarde ’n miswerf. Alles het te doen met geweld en bloedvergieting; Bloed spring uit die punt van sy kierie; broederbloed deurweek die landskap; strome bloed loop in Oos-Europa — albei sy hande is vol bloed…

Sy professieë lees ons in vandag se koerante:

Baas word klaas: Na afloop van die Driejarige Oorlog het Siener ‘n gesig gehad van ‘n klein kaffertjie (m.a.w. hy is nog klaas) wat uit die aarde opkom, en eers in die verre toekoms nie net grootword nie, maar tot magtige·kryger uitgroei (m.a.w. klaas het nou baas geword). Dis egter nie al nie, hy sal ook die wapen teen die witman opneem (sy skild en assegaai se skaduwee val dwarsoor die land).

Eers met Jacob Zuma se troonbestyging, is alle pretensies wat daar miskien nog was, summier oorboord gegooi. Dingaan Zuma het net één doel voor oë gehad: Die witnerf moet uitgewis word en spoedig ook! Reeds in sy jong dae het hy Blankes met ‘n verterende wrok gehaat en het hy tóé al die mes op die slypriem vir hulle skerpgemaak.

Dié onthulling het hy in Julie verlede jaar voor ‘n groep hooggeplaaste politici en sakelui by Liliesleaf in Sandton gemaak. Hy het o.m. vertel hoedat hy as een van die jong ANC leiers in die sestigerjare erg militant was nadat die ANC verbied is, en hulle het gevoel iets moet gedoen word. Hy en ‘n klomp jeugligalede in Durban het toe kapmesse gaan koop om “die wittes in Durban te slag!” Eers nadat Mandela op 16 Desember 1961 Umkhoto we Sizwe gestig het, het hulle “voorlopig” van dié plan afgesien. Maar noudat hy president is, laat hy selde ‘n geleentheid verbygaan sonder om aan sy mede-moordlustige  bewonderaars te sê: “Bring my masjiengeweer, want ek en my kabinet wil witvelle gaan jag!”

Wie onthou nog Mandela se boodskap aan sy kamerade na sy besoek aan Rusland? “As ek die dag dood is, moet julle wraak neem vir wat aan ons gedoen is.” (Die skrywer van Dokument-X het dit persoonlik aan my vertel). Die wekroep tot aksie het onder verskeie name bekend gestaan, o.a, Uhuru, Night of the Long Knives en White clean-up.

Zuma het oënskynlik hierdie boodskap tydens sy Staatsrede Dinsdagaand aan sy ondersteuners oorgedra. Hy het hulle blykbaar ook vertel wanneer dit moet plaasvind, maar geeneen van die media-, politici- of kerkdoofstomblindes het dit dit gesien of gehoor nie. In sy toespraak het hy na Mandela se verjaarsdag op 18 Julie verwys en gesê dis ‘n dag vir “Operation clean-up”. Daar was ‘n sluwe jakkalslaggie op sy smoel terwyl hy met sy regterhand ‘n beweging gemaak soos iemand wat ‘n tafel skoonvee. Hy het die beweging ook ‘n paar keer herhaal. Aan sy lyftaal was dit duidelik dat hy ‘n boodskap oordra! En dit was ook opvallend dat die klomp EFF’s in hulle rooi pakke en helms uitbundig gelag en sy handbewegings nagedoen het! Maar kom on wag en kyk…

Siener en Irak: In een van sy ongedateerde visioene beskryf Siener hoedat Amerikaanse troepe Irak binneval. Dit het in Maart 2003 gebeur toe Amerikaanse vliegtuie sekere teikens in Bagdad begin gebombardeer het. Net meer as ‘n jaar later (Mei 2004) kondig pres. George W. Bush aan dat “die oorlog verby is en daar nou ‘vrede’ in Irak heers.” ‘n Vrede wat miljarde dollar gekos het en warvoor duisende Amerikaanse soldate met hul lewens moes betaal. Maar sy woorde was nog skaars koud of die oorlog tussen die Irakse regering wat (Amerika goedgesind was) en terroristiese Arabiese Soennitiese jihadiste het al hewiger toegeneem; en vandag is die jihadiste feitlik weer oral in beheer.

Die Irakse weermag kon nie staande bly nie en het op die vlug geslaan; in die proses is groot hoeveelhede wapens wat uit Amerikaanse fabrieke kom, net so agtergelaat.

Die Amerikaanse regering het nou besluit om weer betrokke te raak en die vliegdekskip USS George H.W. Bush is na Irak gestuur om bystand in die krisis daar te verleen.

Die vliegdekskip USS George H.W. Bush.

Die vliegdekskip USS George H.W. Bush.

Ook hierdie verloop van sake het Siener op 4 April 1919 geprofeteer, toe hy gesê het Amerika sal geen keuse hê as om weer in te gryp nie. Maar hierdie keer kry hy met ‘n veel sterker mag te doen (hy sien nuwe waens met nuwe seile.) Die gevolg is dat Amerika se tweede inval nog slegter gaan verloop as die eerste.

Die wit opstand: Siener het ‘n dik muur gesien en agter die muur brand ‘n vuur hewig. Die muur is die Sensuurraad. Dit is donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is; dit beteken ons word willens en wetens deur die media belieg — niemand weet meer wat in die land aan die gang is nie. Hy het gesê al hierdie dinge sal saamval met ’n wêreldwye oplewing van rasse-onluste. Dit sal aanvanklik in Europa begin, het hy gemaan, en daarna oor die res van die wêreld versprei: (Aan die Weste kant (Europa) is een wit doek (’n simbool van rasegtheid) Toe is daar wit boonkies in, (boontjies verwys na mense met dieselfde erflike eienskappe — in hierdie geval die blankedom) en die gaan oor die hele wereld — wit rassisme sal teen alle verwagting in, wêreldwyd toeneem).

In die EU se jongste verkiesing is hierdie gesig bewaarheid. Daar was so ‘n oorweldigende steun vir verregste partye, dat die BBC dit selfs beskryf het as ‘n “aardskudding”. Die ganse liberale wêreld was stomgeslaan en so verbysterd dat hulle mekaar hieroor  in die hare gevlieg het.

Ondergang van Brittanje: Volgens Siener sou dit begin met der duisende swartes uit Afrika wat daarheen gaan stroom. En hierdie gesig is vandag besig om voor ons oë bewaarheid te word. Dis byna of die miljoene swartes deur ‘n onsigbare mag gedryf word om halsoorkop Brittanje binne te val. Die meeste Europese lande, soos Spanje en Griekeland, wil hulle glad nie daar hê nie; Italië het al in die geheim van die bote gesink. Die Franse polisie het onlangse immigrantekampe naby die dorpie Calais met stootskrapers platgestoot waar duisende saamgetrek was. Weens gebrek aan water en toiletgeriewe was die stank so erg dat van die polisiemanne maskers gebruik het.  Op ‘n vraag van ‘n Franse joernalis waarheen is die reis? het hulle soos uit een mond gekoor: “Ingland”. En ironies genoeg is dit nog net in Brittanje waar hulle welkom is.

'n Foto van die plakkers langs die hawe van die Franse stad Calais. Sowat 700 immigrante het hulself hier gevestig.

‘n Foto van die plakkers langs die hawe van die Franse stad Calais. Sowat 700 immigrante het hulself hier gevestig.

Profetiese gebeure versnel: Sedert Mandela se dood, is dit of Siener se gesigte mekaar nie vinnig genoeg kan opvolg nie: Dis stakings; onophoudelike geweldddadige betogings; plakkerhutte, geboue, klinieke en polisiestasies wat in puin gelê word; oraloor is daar vrees, ellende en verskrikking; ons val rond in die duisternis, en die vooruitsigte lyk soos gister — nog meer stakings, nog meer kragonderbrekings, smaakliker rioolwater, boomskraap kospotte. As troos het ons darem die plegtige belofte van Eskom dat ons van nou af elke aand romanties by kerslig sal eet.

En al wat ons van die liberale media, jingo’s, joiners en meelopers se kant hoor, is: “Sowaar as wat Mammon leef, geeneen van hierdie rampe sal ons ooit tref nie!”

Dus het hulle nie na Ronald Lamola van die ANC-JL geluister toe hy op 10 Mei 2012 sy bek gerek het nie: “Deel jul rykdom met ons, of ons sal dit met geweld van julle wit honde afneem!  En daardie blankes wat weier om die land te verlaat en hul rykdomme aan die swartes te oorhandig, sal uitgeroei word.”

Nog minder na Tony Ehrenreich, Cosatu-leier van die Wes-Kaap, toe hy hulle met hul eie sambok bykom en gelooi het: “Ons is hier vandag om oorlog te verklaar. Ons is teen geweld, maar as dit is wat dit kos om ‘n ‘slegte boer’ (hoor net die minagting!) tot sy sinne te bring, dan sal ons hom in daardie rigting in moer! As boere aanhou om ons plaaswerkers se menseregte te verkrag, sal ons hulle opdonner!  Hulle sal k…k as hulle nie daarmee stop nie.  Ons sal die land gryp en aan die regte eienaars oorhandig!”

En noudat Julius Malema se EVV in die parlement sit, wéét ons by voorbaat dat hulle nie net ons grond, die myne en banke gaan nie, maar ook ons huise, besighede, pensioenfondse, motors, water, vroue, kinders  alles!
(Van pensioenfondse gepraat, op RSG is daar Vrydag gesê dat Suid-Afrika nou as ‘n “onstabiele land” beskou word en dat die graderings-agentskap, Fitch, se afwaartse aanpassing van die land se vooruitsigte van bestendig na negatief, gaan meebring dat pensioenbetalings verminder sal moet word.

Ook een van Siener se gesigte. Hoe het hy dit nou weer gestel? “Daar gaan nog ‘n dag kom dat ons alles gaan verloor — ja, alles!”

In April is duisende ondersteuners van die EVV aangemoedig om “elke stukkie grond” te beset, ogeag eienaarskap. Hulle was ook agter die besetting van grond op Matlala-weg, net buite Pietersburg.

Die adjunkpresident van die SAKP en minister van openbare werke, Thulas Nxesi,  het Sadou-lede by ’n ‘politieke skool’ in Khayelitsha, belowe daar kom ‘n nuwe wet op grondonteiening vroeg in die ANC se nuwe termyn.

‘n Week na Zuma se inhuldiging, sak honderde plakkers toe op die Dinokeng-wildreservaat, ten noorde van Pretoria. Heinings is verwoes en die veld aan die brand gesteek. Die stomme werkers wat desperaat probeer het om die brande te blus, is met klippe bestook en aangeval.

Die parlement het nog skaars geopen of Malema se EVV-party skryf ‘n brief aan ‘n Brit, Richard Branson, en waarsku hom dat die spogwynplaas van 40 ha wat hy in Franschhoek gekoop het, ‘n onwettige transaksies was en dat hulle die plaas kan teruggeneem. Die brief is geskryf deur Andile Mngxitama en in die parlement gepos. Ons gee net ‘n verkorte weergawe:

“Meneer, jy het gesteelde grond gekoop. Die gevolg van jou onwettige deelname aan hierdie transaksie is dat die EVV in die nabye toekoms die grond kan terugvat sónder enige vergoeding. Die transportakte in jou besit, is ‘n stukkie papier geskryf deur die oorspronklike gronddiewe om aan hulle onwettige beheer te gee oor eiendom wat hulle nie besit nie. Ek wil ook ‘n historiese feit onder jou aandag bring waarvan jy dalk nie bewus is nie. Die boorlinge van Afrika wat die grond beset het wat jy gekoop het, is die Khoi en die San.

“Die diewe wat hulle van hul land beroof het, het só skuldig daaroor gevoel dat hulle ‘n nóg groter misdaad begaan het — hulle het die wettige eienaars doodgemaak sonder om enige vergoeding te betaal, óf die misdaad te erken.

“Die afstammelinge van die oorspronklike grondeienaars is tot slawe verlaag en verdien so min as R1 500 per maand. Die EVV gaan ‘n minimum salarais van R5 000 per maand vir plaaswerkers eis.

“(Meneer), jy kan nie meer sê jy het nie geweet nie!”

Miskien wil hierdie Richard Watsenaam dit ook nie hoor nie…

Die grootste staking: Amcu staak reeds vyf maande en dit lyk of daar dalk ‘n ooreenkoms bereik kan word. Selfs al gebeur dit en die staking eindig môre, sal dit minstens drie tot vyf maande duur om die myne (wat normaalweg sowat die helfte van die wêreld se platinum produseer), weer aan die gang te kry, want al 70 000 myners moet eers weer mediese toetse ondergaan en opgelei word voordat hulle kan begin werk. ‘n Ander kopseer is dat daar in die afgelope vyf maande letterlik honderde duisende rand se kabels uit die platinummyne gesteel is, wat nou ten duurste vervang moet word.

Die mynbase het hierdie stryd klaar verloor en sal moet swig óf die skagte sluit; want sou Amcu die nuwe voorwaardes aanvaar, beteken dit dat die werkers onmiddellik hul eerste verhoging gaan kry en sommer volgende maand die tweede een, wat sal neerkom op rondom 16% op hul basiese loon voordat die staking begin het.

Die ANC-gesinde National Union of Mineworkers (NUM, waarvan Solidariteit ook deel is) het Amcu vanaf sy stigting in 2012 geminag, verkleineer en afgemaak as ‘n klomp kleuters wat hulle met grootmens sake bemoei. Maar met hierdie staking het Amcu geskiedenis gemaak en in die proses NUM ook sommer finaal geslag. Nou lê die pad vir Amcu oop na die goudmyne.
Hy het verlede week reeds te kenne gegee dat hy sy volle aandag daaraan gaan gee om steun in die land se goudmyne ook by die NUM af te neem. Die verwagting is reeds dat die goudmyne binne enkele weke kan begin staak. Dieselfde druk wat die Amplatsbase maande lank moes verduur, wag op nou die goudbase. En Beeld het op 17 Junie dit ook duidelik gestel dat net die gedagte daaraan die goudmynbase laat bewe! En dis nie sonder rede nie, veral as mens in gedagte hou dat Suid-Afrika se goudmyne van die diepste ter wêreld is en die ontginning daarvan tot driemaal soveel kos as elders.

goud mynwerkers

Die huidige goudprys het reeds tot gevolg dat van die myne teen ‘n verlies werk, ander breek net gelyk en enkeles maak nog ‘n wins. Sou Amcu dus op dieselfde vergoedinbspakket aandring as wat aan Amplatswerkers toegestaan is, sal die meeste goudmyne noodgedwonge hul skagte moet sluit.

Daar is min twyfel dat dit wel gaan gebeur, want Siener het dit al 90 jaar gelede sien kom: “In die tyd van hierdie stakings, loop ek in Johannesburg tussen die mynhope deur en géén mens is te sien nie – al die mynkaffers is huis toe gelos…” (Aanhaling uit ‘n brief wat mnr. Boy Mussmann in Maart 1955 aan die Volksblad geskryf het)

Rusenburg bloei dood: In die negentigerjare het Welkom, net soos Rustenburg, ook agteruitgegaan. Die verskil is net dit het in Rustenburg feitlik oornag plaasgevind.

Siener het gewaarsku dat die stakings en kragonderbrekings geleidelik al hoe groter sal word en al hoe ernstiger afmetings vir die ekonomie aanneem, en toe bygevoeg dat niks hierdie stakings meer sal kan keer nie. Die een salarisverhoging na die ander sal geëis word totdat besighede dit later nie meer kan bekostig nie, en gedwing word om te sluit. Hierdie massa-optrede vorm dan ook deel van die georganiseerde manier waarop die Kommuniste die land totaal onregeerbaar wil maak, sodat hulle volle beheer kan oorneem.

Wie weet, miskien was daar ‘n tyd wat van die Rustenburgers ook gesê het: “Dit sal nie met ons gebeur nie…”

Onderstaande inligting is deur ‘n makelaar verstrek.
•    Rustenburg was sedert 2004 een van die mees vooruitstrewendste dorpe/stede in die Suidelike Halfrond.
•    Daar was meer juwelierswinkels in Rustenburg as in enige ander dorp/stad in Suid-Afrika. As die vroue nie self vir hulleself oor-, neus- voetringe, armbande, halssnoere, krale juwele gekoop het nie, het die mans dit gedoen.
•    Rustenburgse verkope van nuwe motors was onder die vyf beste dorpe/stede in die land.
•    Blanke gesinne het dikwels oorsee gaan vakansie hou, bootritte om die kus geniet en met hul karavane langs die seewater gaan uitspan. Maar toe begin die staking op 23 Januarie en… die Almagtige waarsku wat met ons sal gebeur as ons nie na sy stem luister en sy gebooie en insettinge sorgvuldig hou nie: “…dan sal al die teenspoede wat Ek nou opnoem oor julle kom:
•    “Daar wag teenspoede vir julle in julle stede en op julle landerye … daar sal nie vrug in julle mandjies wees nie en ook nie meel in die skottels waarin julle brood knie nie … Julle sal gedurig teenspoed hê… ‘n Vreemde volk van wie julle nie eers geweet het nie sal julle oeste kom wegvat en alles waarvoor julle gewerk het … Hulle sal julle koggel en met julle die spot dryf … Hulle sal al meer invloed kry en julle al hoe minder seggenskap … Julle wou mos nie julle Yahweh Elohim met blydskap en vreugde dien nie al het Hy vir julle so met oorvloed oorlaai …Julle sal in verskriklike ellende verkeer —  julle sal honger en dors ly en nie klere hê om aan te trek nie …Hulle sal julle beeste slag en eet … Mishandeling en verdrukking is al wat julle sal ondervind…” (Parafrase uit Die Lewende Bybel).
•    ‘n Blanke vrou wat met haar haarkappersalon R80 000 per maand verdien het, moes dit verlede maand sluit nadat haar klandisie heeltemal opgedroog het.
•    Sedert die staking begin het, is reeds meer as 150 eenmansake op Rustenburg gesluit.
•    Honderde blankes het reeds hul motors, huise en selfs meubels verloor omdat hulle nie meer die paaiemente kan betaal nie. ‘n Persoon wat ‘n huis huur het aan Beeld gesê hulle skuld reeds R22 500 aan huurgeld
•    Die groot Waterfall Mall waar jy vroeër nie parkeerplek kon kry nie, is deedase oorgeneem deur die ‘vreemde nasie’ se ousies met vet sterre en nog vetter beursies, en net hier en daar sien jy ‘n witte wat gaan om ‘n brood en liter melk te koop. ‘n Jong meisie wat daar werk dis “doodstil” en sy leef in vrees dat sy haar werk kan verloor.
•    Deesdae sit Rustenburg ook soms sonder water en moet inwoners tot sover as Koster ry net om drinkwater te gaan haal.

Soos in die dae van Josef: Dinge kon vir die Blanke inwoners totaal anders verloop as hulle maar net op die waarskuwings ag geslaan het. En ons bedoeling is nie om te oordeel nie. Maar vir 20 jaar lank is die Blankes  dwarsoor die land knaend, tydig en ontydig, ja, tot satwordings toe, deur die profete in die Bybel en ook ons eie profeet gewaarsku dat hierdie onheile oor hulle gaan kom en dat hulle hul daarvoor moet voorberei.

Maar ons weet hulle is deur die politici, kerk en media benvloed om nie daarop ag te gee nie. Dit was veral die vals profete in die kerk wat hulle gerus gestel het: “Hy (God) sal dit nie doen nie, daar sal geen kwaad oor ons kom nie en ons sal nie oorlog of hongersnood beleef nie. Wat die profete (en ou Siener) sê is wind, dit is nie die woord van die Here nie. Mag wat hulle sê oor hulleself kom!” (Jer 5:12 — 1983-vertaling).

Ons het intussen verneem dieselfde lot kan Kathu binnekort tref. Op die oomblik beleef hierdie myndorp die grootste ekonomiese oplewing in sy hele geskiedenis. En soos iemand terloops opgemerk het. “Vandat Mammon sy intrek daar geneem het, ken elkeen net één naaste en dis hyself. Die plek is heeltemal geldmal!”

Nuwe myne ontstaan oornag en dit lok mense en wesens van alle kleure en geure soontoe. Die boubedryf bars letterlik uit sy nate en nuwe besighede skiet op. Dit het veroorsaak dat daar ‘n groot skaarste aan huisvesting is. Nou verhuur inwoners hul huise vir astronomiese bedrae van tot R40 000 per maand, en gaan bly dan self in die motorhuis. Hulle hoor of sien glad nie wat daar by Rustenburg plaasvind nie, want, “dit sal tog met ons gebeur nie!”

Hoeveel medevolksgenote wat ook bevoorreg was om die sewe vet jare van Josef te geniet, het daaraan gedink om kosvoorraad in die skuur weg te sit vir die maer jare?

Die Rustenburgers wat gehoor gegee het, kan nou, soos ‘n Jakob en sy 12 seuns, geseënd elke dag hulle brood geniet.
Dwarsoor die land is daar vandag etlike honderde duisende van ons volksgenote wat geluister het en voorbereid is. Want dis na hulle waarna die profeet Jesaja  verwys: “…en jou ore sal agter jou ‘n woord hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop!” (30:21).

Maar ongelukkig is dit ook so dat as Mammon eers eenmaal vir jou ‘n silwerstuk in die hand gestop het, verdwyn alle ander waardes wat jy miskien nog gehad het en word jy spoedig permanent in sy diens aangestel met ‘n nuwe status.
‘n Mens staan dikwels verstom as jy sien met watter absolute oorgawe, ywer en getroudheid hierdie dienaars vir hom werk. Elke uur van elke dag behoort aan hom, word aan hom gewy en wat hy ook al van hulle vra — en so hou dit aan, elke minuut, elke uur, dag na dag, sewe dae ‘n week. Geen offer is te groot nie; niks en niemand word ontsien nie, en sou Mammon dit vereis, word selfs vriend, familie, vrou en kind na die altaar gesleep.

Kyk na die parlement: In een van sy gesigte het Siener gesê ons moet na die parlement kyk, want dis daar waar dinge gaan begin.

Julius Malema en sy EFF-parlementslede is gisteraand deur die speaker uit die Nasionale Vergadering gejaag, nadat hy die die ANC-regering van ’n massamoord op die Marikana-myners beskuldig het. Terwyl hulle uitgestap het hulle luidkeels in Zoeloe gesing: “Ons gaan van Zuma ontslae raak”.

Later het Andile Mngxitama, EFF-LP, het gesê: “Die rewolusie is hier!” Hy het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-LP, ook daarvan beskuldig dat hy ’n dief is en die werkers op sy plaas soos slawe behandel.

Die vark in die werhaal: Dis opmerklik hoe dikwels die ryk kapitaliste (varke)  in Siener se visioene voorkom.

Op die middag van 1 Mei 1921 verskyn die Mammon-dienaar só in ‘n gesig: “Ek sien ‘n vark lê in Europa met sy kop na die weste. Die vark word skoon afgekrap met ‘n skerp mes. Dit word skemer en ek sien hulle hang die vark in die Unie op. (Toe Anna wou weet wat dit kan beteken, was Siener se antwoord dit dui vir hom op die koms van die Afrikaner-kapitalis wie se goed hy as verderflik beskou het.

En op 24 Oktober 1923 skryf hy aan mev. JJ Steyn: “Ek sien ‘n vrou uitkom, haar wit bokleed (‘n teken van seën en voorspoed) sak af en toe is sy ‘n groot ou dik tannie, heeltemal swart aangetrek”. Hy verklaar dit self as die kapitalis wat in rou kom (wanneer die land se geld nikswerd is nie).

Later sien hy die kapitalis weer as ‘n vark wat in Engeland geslag word (hul ondergang) en dan hang daar varkwors aan die parlementstoele in die Unie. Die betekenis hiervan gee hy so: “Die vark (kapitaliste) in Johannesburg sal, in samewerking met die vyand van die Boere oorsee, sy eiendom (die wors) van hom wegneem. Maar dit sal hulle niks help nie, want die Boere sal, deur ingryping van Bo, weer die mag verkry (die wors hang aan die parlementstoele). Ook sal al die myne en minerale staatseiendom word en al die ou Republikeinse plase val terug en word onder my volk verdeel…”

En noudat die Flilistyne op ons is, soek ons desperaat na ‘n eselskakebeen…

Sorteer volgens:   nuutse | oudste | gewildste
Sheugnet
Guest

Dankie vir hierdie artikel. Sal moet sorg dat die onttrekking goedjies in plek is.

JB
Guest

Sheugnet

Nie pak en ry nie. Haak en ry.

Groete

Dirk Albers
Guest

Adriaan, jy maak die demokratiese reënboog kinders weer baie bang ! Hulle laaste demokratiese fopspeen nl die ” parlement, ” is besig om te verkrummel. Hieraan klou hulle krampagtig nou al vir twintig jaar. Nou het malema die fopspeen uit hulle bekkies geruk, en sommer op die grond vertrap ! Nou skreeu die “babas” blou moord ! O gits, iemand het die fopspeen gesteel ! !

Gert van Kraayenburg
Guest

Die profesie oor Malema reeds baie lank aan die volk geopenbaar as “The Chosen One”.

Nou sal die wie die valse profeet so laster, te laat ontwaak om die waarheid in profesie te glo en hul saak met God die Skepper te skik.

https://www.facebook.com/gert.vankraayenburg/notes

Michael le Grange
Guest

Dit klink NA groot k%k wat oppad is,maar voel nie eintlik so nie,tensy ons hier in die Laeveld se Christenskap van so aard is dat die vyand nog nie sy kloue hier Kon inslaan nie omdat ons geloof hulle keer.

Twanette
Guest

Dankie Adriaan! Daar is net ‘n tikfoutjie, Mandela se verjaarsdagdatum is die 18de Julie, nie die 8ste nie.

Adriaan
Guest
Twanette Ja, dis omdat ek met een vinger tik – dan glip sulke foutjies maklik deur en wanneer ek die teks redigeer, lees ek (van pure haas) daar bo-oor. Ons volk verkeer in groot benoudheid – ek kom dit agter deurdat ek soms tot 150 e-posse per dag ontvang, en die meerderheid wil weet wat nou? Hoe lank nog? Waar gaan dit eindig, ens., ens. Noudat Amcu se staking verby is, sit hulle weer in sak en as. Maar ons moet na die volledige prentjie kyk. AMCU het NUM letterlik en figuurlik begrawe en gaan nou dieselfde voorwaardes vir die… Lees Meer »
Eluk
Guest
Met God YHWH as my getuie; om en by 3 maande gelede sien ek met my eie oë en hoor met my eie ore op nationale nuus dat die Mandela gesin die ‘routydperk’ van Nelson verkort van 12 maande na 6 maande. Wat sou dit beteken? Alles het dan die volgende week soos normaal aangegaan, die werkers werk en die stakers staak, als soos die weke tevore. Wat gaan dan verander as die 6 maande van rou om is, is my vraag? Spoke wil ek nie opjaag nie en die profete se woorde en uitlegging nie verander nie-ek mag nie… Lees Meer »
Mika Fourie
Guest

Verjaar Mandela nie die 18de nie?

Eluk
Guest

Hier, Mandela se rou tydperk is vandag net mooi 6 dae gelede amptelik verby. Dus is ons moontlik nou eers in die sekondes net na die kis in die gat verdwyn het. http://www.google.co.za/search?q=mandela+mourning+period+six+months&oq=mandela+mourning+period+six+months&gs_l=mobile-heirloom-serp.12…189.6046.0.8556.19.14.0.0.0.0.1547.1547.8-1.1.0….0…1c.1.34.mobile-heirloom-serp..19.0.0.95yI0UevD8c

Eluk
Guest

Jammer, dit is 6 dae gelede WEER aangekondig dat dit MORE (Sondag) tot einde kom!

Theo
Guest
Oom Adriaan U ken my, Theo Schütz. Ek is ‘n suidlander en boer van hart maar…..ek dien Jesus Christus nie yaweh of jehova of wat ook al nie maar Jesus Christus die Helder Morester my Verlosser en Redder, Jesus die Alfa en Omega. Ons MOET ook die Nuwe Testament aanhaal. Asseblief ek vind U skrywe interessant maar wat my erg pla is die feit dat Jesus se Naam nooit gebruik word nie? Ons moet nie mislei word nie daar is net een Here en dit is Jesus Christus.Ons MOET seker maak dat ons dieselfde Here dien naamlik Jesus Christus, Die… Lees Meer »
Adriaan
Guest
Theo, ekskuus, my vriend – dit was nooit die bedoeling nie. Ek en beskou die Twee Testamente as onskeibaar – die Messias as my Verlosser. Die rede waarom ek meestal tekste uit die Ou Testament aanhaal, is omdat ek gedurig deur mense daarop gewys word dat die Ou Testament net die “geskiedenis” van die “Jode” is, en dat ons slegs op die NT moet konsenteer. Ek werk al geruime tyd aan ‘n artikel juis om hierdie kerkistiese onwaarheid te weerlê. Dit handel oor ons Vader se huwelik met Israel; die egskeiding en dat Hy sy Eie wet nagekom het om… Lees Meer »
Henry Minary
Guest

Yahwee het nix met Jesus Christus te doen,Yahwee was of Enki of Marduk!!! Jesus is die Universielle Liefde,hy het die Sterresaad van die Homosapiens in die All geplant, en hy gebruik die Ether/Äther (Allomvattende Energie)om alles te kan hoor, en te sien!

JB
Guest

Ek maak my vriende, familie en kennisse vandag attent op Adriaan se artikel hierbo. Almal doodstil, behalwe een … hy stuur ‘n boodskap terug; “Stop”.

cb
Guest

NM se verjaarsdag is 18 Julie, nie 8 Julie

P v.d Meer
Guest
Goedendag broeders en zusters in Zuid-Afrika, Wij hier in Nederland volgen de toestand in ZuidAfrika omdat wij ons verbonden voelen met jullie. De toestand in de wereld wordt er niet beter op voor de blanken. Europa wordt overspoelt met duizenden vreemdelingen. De islam is enorm in opmars en daarmee ook het geweld. Het plan van de kwade machten (Ezau joden) om de blanken uit te roeien, is in een vergevorderd stadium. De rassenvermenging is zeer groot en men doet er niets aan. Ook word er vanuit de kerken niet gewaarschuwd hiertegen. Huwelijken tussen verschillende rassen worden in de kerken ingezegend.… Lees Meer »
Jonathan Pompies
Guest

HalleluYah!

Richard
Guest

Daar is a ‘Siener Van Rensburg’ and ook ‘n ‘Sipho Van Rensburg’. Dit sê ek as ek kyk na wat Zuma gesê het hier:

http://www.theguardian.com/global-development/2014/jan/31/i-have-dream-africa-nkosazana-dlamini-zuma

“Hoë-spoed spoorlyne, ‘n gemeenskaplike taal, diplomatieke invloed, voorpunt-mode-en leierskap in die ruimte eksplorasie: Dit is die visie van ‘n getransformeerde-Afrika”

Hulle praat oor swartes in 2063. Kan dit die visie van Siener van Rensburg wees oor hoe voorspoedig Suidelike Afrika weer sal wees? Lyk vir my hulle lees u boeke en een of ander manier het vergeet dat die plek word nog ‘skoongemaak’ tot by die ewenaar.

Ben
Guest

Heer v d Meer

Ek stem saam dat genealogiese afkoms belangrik is, net soos Nuwe Testamentiese beginsels. ‘n Misterie soos Paulus in Romeine skryf. Dalk sal ‘n mens al hoe meer voor jou eie deur moet vee. My ervaring is dat kultuurverskille bly selfs nadat iemand ‘n Christelike opvoeding gehad het. Mandela – seker een van die beste voorbeelde as “prins van vrede” – het uitgewei oor die morele waarde van godsdiens, maar as Vrymesselaar was hy ten gunste van die gelykstelling van alle godsdienste, wat in wese sy transformasie idees se intergriteit aantas.

Eluk
Guest
Theo Schütz. As die God van Abraham, Isak en Jakob se nageslag vir jou Jesus is en ek praat van Yahsua en ons meet hulle aan die Bybel dat Hy (Jesus/Yahsua) slegs vir die verlore skape van die huis van Israel, Sy volk gekom het, en dat Hy ander nie Israel nasies met brakke vergelyk en dat hy die hedendaagse kamptige uitverkore Jode, (daardie) lotte met die Yarmunkels, as addergeslag of slang saad uitwys en as jou Jesus die priesterdom afskryf as midde weg tussen mens en God, dan praat ons van die Selfde Verlosser vriend! Maar as jou jesus… Lees Meer »
Gerda
Guest
Wat stry ons oor die 8ste of 18de? Ons as volk moet ons lewens regkry want Jesus se koms is voor die deur. “O my siel wees bly want verlossing is naby,en die hemelse kleed sal jy dra”. Amen dankie Jesus dat ons weet U koms is baie naby, alles wat nou onder ons neuse aangaan, in ekonomie en politiek is net vingerwysings. Ons moet met reikhalsende verlange uitsien na die dag wat ons Jesus op die wolke gaan verskyn. Die liedjie “Die dag sal aanbreek, Oorwinnaarsbron… Bly in my kop. Satan wil ons moedeloos maak en ons oog op… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest

Eluk,
Baie goed gestel !

Sinies
Guest

Die stuk is vol feite foute en aannaames bv. Mandela se verjaarsdag is 18 Julie nie die 8e nie; Richard Branson is ‘n Engelsman en nie ‘n Amerikaner nie ens. ens. As die skrywe nie eers weet wie Richard Branson is nie – wie kan enige iets glo wat uit sy mond kom?

Barry62
Guest

Sinies ek merk dat jou Afrikaans propvol spel en grammatiese foute is en wil ek jou graag help. Byvoorbeeld jy spel aanname verkeerd, onthou dit is net een ‘a’ en nie 2. Verder as jy n datum gebruik onthou dit is nie 8e nie maar die korrekte gebruik is 8ste. Ook gebruik mens nie die kommapunt waar jy dit gebruik nie maar slegs n komma. Laastens as jy na die skrywer verwys moet nie die ‘r’ vergeet agter skrywe nie. Mens soos ons sal regtig dink dat jy ongeletterd is.

Dinkweer
Guest

Barry62 Help asb net vir Sieniks reg, selfs sy eie naam is verkeerd, hy skryf sienies maar dit is eintlik Sieniks of miskien Sinus?

4 Kleur wapper weer
Guest

Ai tog Dinkweer, hoe lag ek my nou slap! 🙂

rieks
Guest
Ek wil graag hierdie met jul deel wat deur ‘n vriendin van my in ‘n ope visioen gesien is. In die volgende 5jr gaan dinge baie erg raak in SA. Sy het gesien hoe die see oopgaan en ‘n Luiperd en ‘n Leeu maak hul verskyning uit die water, hulle is reg om nou alles te verskeur en te vernietig. Sy ervaar dat die Here ons waarsku om ons oe nie op allerhande situasies te hou nie, maar ons oe moet op die Here gevestig wees in hierdie kritieke tyd. As ons dit nie doen nie gaan ons dit mis… Lees Meer »
Lolla
Guest
‘n lang ruk volg ek siener se voorspellings en verbasend nie tot my verbasing nie sien ek elke dag hoe dit bewaarheid word, dis die een rede hoekom ek nie in die kerk sit vandag nie, oor die falsheid. En dit maak nie saak hoe die wereld dit probeer wegsteek of vermy nie, profesie is net dit, dit gebeur en niemand kan dit keer nie. Eks net bly mense soe die wat die webtuiste aan die gang hou bring al die goed in die lig, ek hoop en bid dat elke afrikaaner binnekort sal wakkerskrik en besef wat werklik aan… Lees Meer »
Eric Bornman
Guest

Eluk, dankie vir jou raak beskrywing aan Theo, ek stem 200% Saam. Oom Adriaan mag jy en jou gesin die seeninge van YHWH beleef tot in lengte van dae.

Dinkweer
Guest

Adriaan en Willem, hierdie een is vir julle, kyk net hoe praat hierdie ou Evgeny Fedorov van “Night of the long Knives” as ‘n instrument https://www.youtube.com/watch?v=x0zRD-Ulv2s Deputy of Russian state Duma, dan Sergei Glazyev, persoonlike adviseur vir Putin https://www.youtube.com/watch?v=nWT5HM_NMlI Hy spel presies uit wat hulle verwag wat in Ukraine gaan gebeur

Willem
Guest

Siener het juis gesê dat ons gelowige vrouens ons voorbeeld sal wees en ons Volksredding meer moontlik sal maak met hul vaste geloof.

Wees maar gedagtig aan Johanna Brandt, haar smarte, lyding en geloof gedurende haas onmoontlike omstandighede rondom die 2e Boere-Oorlog en daarna.

AntSan
Guest
1950, ?? passed the ??? Reform Law. Party officials went around ??? to help with land reforms. Animals, machinery and land were given to the peasants. Landlords had reason to fear for their safety. Immediately after the Communist Party came to power, landlords were rounded up to account for what they had done. The Communist Party encouraged the peasants to take over the land and to try “evil landowners”. Many former landlords were guilty of many crimes against peasants on their former land and it is thought that as many as 1 million ex-landlords were executed between 1949 and 1953.… Lees Meer »
AntSan
Guest
Vul nou maar gerus die ??? in, met die diktator Mao of Mal-ema en die land is natuurlik Rooi Kommunistiese Sjina of NSA. Die Pakistani winkels in ons buurt is nou al 10 vervang met “China’s”. Ons was nog nooit so in die duister oor toekoms nie. Blankes hoor van die grond, besighede, bate “steel” wat beplan word, hulle kan dit nie glo nie. Hulle kyk sjoepstil agtertoe, na die goeie ou Suid Afrika. (Pasop vir soutpilaar. Al wat ek hoor is “dit klink na Rhodesie”. Dit is erger meneer, Rhodesiers kon SA toe vlug! Die stryd is op hande,… Lees Meer »
Eluk
Guest

N (amper) briljante kernagtige opsomming oor ons volk se stryd en komende Boere oorlog. http://www.whitenationnetwork.com/paper/?p=26536

Eluk
Guest

Maandag oggend in n kamstige ‘ATM bomming wat verkeerd afloop’ word n hele 3 verdieping winkelsentrum,by name Ipitombi sentrum, platgevee in Midrand in n kragtige ontploffing. Woensdag tuimel n kragstasie in Soweto ineen. Wonder net of daar nie dinge in die land gebeur wat deur die media van ons weerhou word nie? Ek meen, n ‘otm bombing gone wrong’ en booi se kind blaas n hele drie verdieping winkelsentrum tot op die grond? ? ? ? ? Ag en dan twee dae later tuimel n kragstasie ook sommer in een???

Eluk
Guest

O, moet ook nie vergeet dat net n maand tevore moes die polisie Oudtshoorn agter ‘barrakse’ skuil toe 200 weermag soldate dryg om hul kaders met geweld uit die selle te kom haal? ? Wat broei onder die ‘nasie’? Of het ek die kat aan die stert beet?

Barry62
Guest
Daar is soveel mense wat reken daar kom n utopia na NSA, hulle glo vas dat niks gaan gebeur nie. Inteendeel al dui alles op die gruwelike verwoesting van ons volk sal hulle weier om logies en berekend na die feite te kyk. Bv. na Malema uit die ancyl geskop is het verskeie mense vir my gese, sien dit is sy einde en ons hoor nooit weer van hom. Nou sit hy in die regime se regering met 1.2 miljoen stemme agter hom verening. Ek lees die week op n regse blok waar die dame se waaroor bekommer mense hulle… Lees Meer »
Dirk Albers
Guest

Barry, ongelukkig is die meerderheid van enige bevolking mense wat nie kan, of wil vir hulleself dink nie. Selfs Siener het gesê dit is asof daar ” skille ” op die mense se oë is ! Maar hy het ook verwys na hoe hulle ” nekke ruk,” van skrik natuurlik. As mens luister na mense wat inbel op Radio Pretoria, dan verstaan jy baie duideliker hoe ons ons land, en nageslag se erfporsie verloor het ! Dit is hoekom daar n SMELTKROES moet wees, voordat ons weer kan begin !

Jurie Wessels
Guest

Die lewe is n opsie van keuses wat uitgevoer word, die eenvoud daarvan is n mens moet verantwoording neem vir sy eie keuses! Die faktor daar inteen sal nie verantwoording neem vir sy keuses nie, dit is altyd iemand anders wat hom beinvloed het om dit uit te voer, maar hy vergeet dat hy die keuse geneem het om saam te werk! Die. Volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Jos. 4;7

Willem
Guest
NIKS MAAK MEER SIN NIE DIE PROFETE SE OË IS GESLUIT EN DĺT SAL HEELTEMAL ONVERWAGS GEBEUR…!!! Soos Adriaan hierbo sê: “In sy toespraak het hy na Mandela se verjaarsdag op 18 Julie verwys en gesê dis ʼn dag vir “Operation clean-up”. Daar was ʼn sluwe jakkalslaggie op sy smoel terwyl hy met sy regterhand ʼn beweging gemaak soos iemand wat ʼn tafel skoonvee” Op 18 Julie 2014 sou Mandela 96 jaar oud geword het – 18 verwys na dubbel 9 – DUBBELE STRAF – 96 verwys na STRAF (9) OOR MENSE/ADAMIETE (6) WEES PARAAT VIR ELKE DAG WAT VOORLÉ… Lees Meer »
Pieter Venter
Guest

Oom Adriaan.
Ek lees hierdie berig en besef dat Suid Afrika in n bitter benarde posisie is. Soos u in die artikel noem kan daar dalk n gebeurtenis op die 18de Julie plaasvind. Ek het die artikel in USA Watchdog raak gelees.Dit is vir my opbaie opvallend dat hier n persoon is wat beweer dat daar op die 20ste Julie n masiewe finansieele gebeurtenis kan plaasvind wat die wereld kan verander. Lees maar hier, neem in en kyk of dit nie dalk by die 18de Julie kan inpas nie?
http://usawatchdog.com/official-2014-imf-forecast-based-on-magic-number-seven-steve-quayle/

Jan
Guest

Ek het ook Siener van Rensburg se boek gelees en dit is feite dat baie van sy voorspellings reeds plaasgevind het. Selfs al was dit nie waar nie, hoef mens nie `n genie te wees om te besef dat ons in hierdie land op `n kruitvat sit wat net n klein vonkie sal neem om te ontplof nie. Net `n paar mense (meesal blankes) se belastingbetalings hou SA aan die gang.

derick
Guest

SION

wpDiscuz