Onbeskut, haweloos en ingeperk

In 1990 het die verloopte Afrikanerbond en hulle agterryers vir ons gesê apartheid is ’n sonde omdat ons in God se oë almal dieselfde is en daarom ook mekaar se gelykes. Al het die Almagtige self verklaar dat Hy soort volgens soort gemaak het en dat hulle nie mag verswaer nie.

Maar net daarna het hulle hulself afgeskei van hierdie ‘nuwe gelykes’ deur agter elektroniese heinings, staalhekke en die wakende oê van sekuriteitskameras weg te kruip. Ook is gewapende sekuriteitseenhede ingespan om hulle te beskerm.

Maar toe maak die bose mnr. Corona oornag sy verskyning, en dompel die ganse mensdom in totale paniek, verwarring en chaos! En vanuit die naald was dit duidelik dat mnr. Corona geen onderskeid maak nie, sy bose oog skeer almal oor dieselfde kam; en ook De Klerk sou saam met dié op wie hy sy rus gedraai het, spoedig uitvind dat selfs die beste en duurste elektroniese heining, staalhek, kamera-oog óf gewapende sekuriteitswag nie in staat is om hierdie indringer van jou deur af weg te hou nie!

Dwarsoor die wêreld word die een noodmaatreël na die ander getref om die pes te te probeer bekamp. Lande sluit hulle grense, vlugte word gekanselleer, besighede maak toe, skole sluit en ’n sekere hospitaal in Durban het selfs geweier om besmette pasiënte toe te laat. By supermarkte vertrap mense mekaar om noodaankope soos  kos, skoonmaakmiddels en vitamines te doen.

Intussen verneem ons daar is gevalle van die coronavirus op alle kontinente behalwe Antarktika aangemeld.

  • Dit mag wees dat die virus natuurlik of mensgmaak is. Hoe dit ook al sy, die wêreldmagte gaan dit gebruik om hulle agenda uit te voer.
  • Geld is reeds in Wuhan, China ‘onwettig’ verklaar omdat dit die ‘vinnigste’ manier is om die virus te versprei. As dit ook in die res van die wêreld gedoen word, het die Nuwe Wêreldorde beplanners hulle doel bereik.
  • Een van die nagevolge van die virus kan ’n entstofprogram wees. Nie om ons gesond te hou nie, maar siek te maak
  • Die Amish gemeenskap in Amerika

    Die Amish-gemeenskap, wat ongeveer 200 000 tel en wat teen inentings gekant is weens hulle geloof, het nog nooit ’n geval van outisme of verskeie ander siektes gehad nie. Die Amish het vroeg in die 18de eeu na Noord-Amerika geëmigreer; hulle het hulle in die ooste van Pennsylvania afgesonder, waar daar vandag ’n groot nedersetting bly.

  • Plakkaat in Duitsland gedurende die T-4program.

    Die virus takel ouer mense en veral vigs- en teringlyers, wat kan beteken dat dit gemik is op ‘nuttelose eters’. Dit herinner aan die destydse T4-program in Duitsland gedurende die 2de WO: Die Nazi-program was Aksie T4: Die moorde het plaasgevind vanaf September 1939 tot aan die einde van die oorlog in 1945; 275,000 tot 300,000 mense is dood in psigiatriese hospitale in Duitsland en Oostenryk. Die Duitsers het Pole en die Protektoraat van Bohemia en Moravië beset (nou die Tsjeggiese Republiek.) Verskeie redes is voorgestel vir die moorde, waaronder eugenetika, rassehigiëne en geldbesparing.

  • Die opskrif lees: “60 000 Reichsmark is wat dit die staat kos om om te sien na hierdie persoon met sy ooreflike siekte. Volksgenote, dit is jou geld ook”
  • Na die inval in Pole, het Hermann Pfannmüller (hoof van die Staatshospitaal naby München) gesê: “Dit is vir my ondraaglik dat die fleur van ons jeug in die voorste linies hul lewens moet verloor, terwyl die gebrekkige en asosiale elemente ’n veilige bestaan in ’n toevlugsoord kan hê.”

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verklaar dat die coronavirus ’n noodsituasie vir openbare gesondheid en ’n PANDEMIE is.

Regoor die wêreld sukkel lande om die verspreiding van die virus te beheer, en:

  • Dorpe word gesluit.
  • Skole en universiteite sluit.
  • Besighede sluit.
  • Mense word gedurende lang periodes in kwarantyn geplaas.
  • Honderde vlugte is gekanselleer.
  • Lughawens word gesluit.
  • Mense word gedwing om hulle in hul huise af te sonder.
  • Openbare byeenkomste is verbied.
  • Internasionale sportbyeenkomste gekanselleer.
  • Grensposte word gemonitor of gesluit om kruisbesmetting te voorkom. Behalwe in Suid-Afrika waar daar tot ’n 1 000 onwettige immigrante daagliks oor ons onbewaakte grense stroom.
  • COVID-19 versprei vinnig oor die hele wêreld.

Miljarde binne minute van die SA mark weggevee

 Die bekende ekonoom Mike Schussler, het onlangs gesê Suid-Afrika is nie meer in ’n resessie nie, maar depressie, want die land ondervind op die oomblik die slegste ekonomiese toestand in sy hele geskiedenis. Suid-Afrika het ook die grootste werkloosheidsyfer ter wêreld. En hierdie skokkende inligting is gemaak terwyl daar gewag word vir Moody se aankondiging of hy SA se gradering tot rommelstatus gaan verlaag.

Intussen het die JSE verlede week ’n bloedbad beleef toe miljarde rand binne minute van die mark weggevee is

Die JSE het 15% van sy waarde verloor — en twee van sy grootste ineenstortings in die afgelope veertig jaar beleef. Die JSE se indeks van alle aandele het Maandag met meer as 6% gedaal, terwyl die mark Donderdag met 9.7% gedaal het. Sasol het Maandag weer met 15% gedaal tot R42.99 — nadat hy verlede week tot net onder R30 gedaal het. Mynaandele is ook sleg getref — waaronder Gold Fields (-16%), Exxaro (-15%), Northam (-13%) en Sibanye (-13%).

Hierdie toedrag van sake laat my wonder of dit nie is wat Siener in sekere van sy gesigte waargeneem het nie.

Op 6 Maart 1916 sien hy die perskes lê in die sloot, en hy loop oor ’n sementvloer. Perskes beteken daar is volop geld in omloop, maar omdat dit in ’n sloot lê, beteken dit die ekonomie is tot niet. Die volk kry baie swaar — hy koop oor ’n koue sementvloer.

Op 18 Oktober 1917 sien hy weer ’n dam wat leeg raak. Dwarsoor die wêreld gaan ekonomieë groot verliese ly. Op 26 Januarie 1920 verander die perskeboom in ’n sipresboom. Weereens ’n teken dat ekonomieë  in duie gaan stort. En op 11 Mei sien hy kafferkoringare wat die sinnebeeld van mense aan neem en dan word die mense nakend. Kafferkoring is die simbool vir geld, en hiervolgens gaan mense al hulle geld verloor.

Oom Niklaas het gesê daar is ’n rede waarom hy vir ons tekens gegee: “sodat julle kan weet wanneer die oorlog (Derde Wêreldoorlog) gaan begin: “Kyk,” het hy gesê: “die treine sal staan. Die myne staan. Die motorvoertuie staan en die Nie-Blanke mynwerkers is weg huis toe gestuur”.

Op 11 Maart 1922 het hy ’n gesig gehad wat nog bewaarheid moet word. Hy het gesien hoe dat “’n groot besem die aarde skoonvee…”

Die betekenis van die besem het Siener eendag aan Boy Mussmann verklaar toe dié by hom wou weet waarvoor ons vyande dan gaan vlug. Sy antwoord was “Dis die Gees van Verskrikking wat God in ons vyand se harte gaan opwek (vir die Groot Besem) en wat sal maak dat hulle halsoorkop op die vlug gaan slaan…”

Die woord ‘corona’ in Hebreeus beteken ‘Crown of fear’ (kroon van vrees).

Kan ’n doodse angs vir hierdie ‘besem’ dalk die rede wees waarom mense ‘op die vlug gaan slaan’?

Nie lank hierna nie sien hy die ganse wêreld word aan die brand gesteek: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.” Die 3de Wêreldoorlog.

Swart skoene en donkerte

Reeds op 1 Augustus 1915 het hy al gesien dis ‘donker’ hier en in die ‘donker’ sien hy ’n man, met swart skoene aan. (Die ‘swart skoene’ beteken ons staan onder ’n swart regering en ‘donker’ is die simbool van ’n verskeidenheid haglike omstandighede waaronder ons in daardie tyd gebuk sal gaan. Van die dinge wat hyself genoem het, is beproewing, swaarkry, armoede, verdrukking, moedeloosheid, asook ’n langdurige droogte).

“Ek sien die Boere se hoede hang oor hul oë en hul koppe hang laag. (Hulle is baie moedeloos). Ek sien hulle het kolle op die oë wat soos pêrels lyk (hulle word verblind en kan nie sien wat werklik besig is om rondom hulle te gebeur nie). Die droogte het hulle gebreek. Die huidige uitgerekte droogte was dan ook een van die vier perde wat hy in Afrika sien ry het en wat groot ellende, hongersnood en duisende sterftes tot gevolg gehad het. Die vierde perd was ’n pes wat so erg sou wees “dat nie al die dooies begrawe kan word nie”.

Siener: “Dan sien ek Hosea 4:16 voor my verskyn: ‘Want Israel is wederstrewig soos ’n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos ’n lam in die oop veld”. (Wat met Israel gebeur het, gebeur nou ook met die Boervolk — hulle is onbeskut, haweloos en sonder leier of herder).

Mnr. Boy Mussmann skryf: “Daarna sê oom Niklaas sien hy die gras word weer witdroog (Die aanbreek van ’n bitter koue winter) en wanneer die gras weer groen word, begin ons dinge”).

Siener het ook aan Boy Mussmann gesê “God gaan die skroef aandraai en aandraai en aandraai totdat ons op ons knieë gaan en Hom om hulp smeek”.

Kan die coronavirus dalk daardie ‘skroef’ wees…

Eers was daar ebola

Aanvanklik was ek van mening dat ebola dalk die verwoestende pes kan wees, maar ebola het nooit werklik hand uitgeruk en pandemiese afmetings aangeneem nie.

Die coronavirus daarenteen, wat vroeg in Desember verlede jaar in Huwan, China uitgebreek het, het spoedig tot ’n wêreldwye pandemie uitgekring. En na alle waarskynlikheid kan dit ook die vierde perd wees wat Siener in Afrika sien ry het. Want volgens kenners is Afrika op die oomblik die minste daartoe in staat óf voorbereid om die coronavirus te bestry.

Ramaphosa het op 15 Maart 14 maatreëls aangekondig om die virus te bekamp. Hy het in sy toespraak ook melding gemaak van al die instansies, departemente, en bekwane kamerade met wie se hulp hy gaan verhoed dat die virus in Suid-Afrika versprei. Opvallend is die Almagtige se Naam nie onder hulle nie. Is dit omdat Ramaphosa wéét hy kan niks vanuit daardie Oord verwag nie? Want want sy god is die vleeslike arm van die Sangoma en sy versameling diknekke.

In ‘Kommentaar’ Sondagaand 15 Maart op RSG het drie blanke ‘vleeslike arms’ die coronavirus bespreek. Onder hulle was Jan-Jan Joubert, die liberale ANC-stofkruiper en pootlekker. Sommer met die intrapslag het hy van die geleentheid gebruik gemaak om neerhalend en snedig te verwys na die spul ‘regse’ gekke wat in ’94 stapels blikkieskos bymekaargemaak het!

Maar hierdie keer gaan die genadelose mnr. Corona Jan-Jan Joubert sy woorde laat sluk en ‘dwing’ om self ook blikkieskos bymekaar te maak ― as hy hoop om te oorleef, want reeds Maandagoggend het ons uit verskillende oorde verneem dat daar stormlope by winkels is om kosvoorraad op te koop.

Die uitbreek van hierdie virus en sy verspreiding wêreldwyd, het ook skielik heelparty ander visioene van Siener op die voorgrond gestoot. Ek noem net ’n paar daarvan:

Op 15 Jul. 1919 het hy ’n gesig gehad van mense wat in Johannesburg se strate afbeweeg Toe kom mense uit dieselfde rigting met grawe agter die rug … “Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur,” sê hy, “en geen mens is te sien nie ― al die mynwerkers is huis toe gestuur.”

Die vraag is nou, hoekom word hulle huis toe gestuur? Dis tog nie moontlik dat al die myne in ons dag uitgewerk en gesluit sal word nie. Maar ’n pandemie soos die coronavirus, kan die mynbase dwing om hul bedrywighede tydelik te staak om te verhoed dat werkers wat met die virus besmet is ook ander werkers aansteek.

Suid-Afrika het op die oomblik nog 526 myne wat ontgin word, met ’n werkersmag van nagenoeg 500 000. Sou dit dan gebeur dat hierdie werkers tydelik sonder betaling (met ’n gemiddelde salaris van R21 000 per maand) huis toe gestuur word, kan Siener se gesig van 1 Okt. 1917 ’n werklikheid word: “die mieliestronke is by Johannesburg aan brand”. Hy het self gesê dis ’n teken van massa-aksie en geweld wat in die stad gaan losbars. Groot stakings sal dan ook landswyd voorkom.

Die coronavirus raak egter nie net die myne nie, maar ook vele ander bedrywe wat as gevolg daarvan tot stilstand kan kom — dink maar aan die boubedryf, lugrederye, toerisme, sakeondernemings soos hotelle, gastehuise, restourante; dan is daar nog die talle sportbyeenkomste, toneelopvoerings en sangkonserte wat nie meer voor gehore sal kan plaasvind nie. Om van kerkdienste, sportbyeenkomste en feeste nie eens te praat nie. (Die Comrads Marathon en die KKNK is reeds afgestel, so ook vele ander byeenkomste (waar meer as 100 mense vergaderg is) en die BBC het oor die naweek berig dat 50 miljoen mense in die toeristebedryf se werk in gevaar is.

Selfs taxi’s kan verbied word om passasiers te vervoer, en les bes sal treine ook nie meer loop nie.

Hoe het Siener nou weer gesê? Die karre (taxi’s?) staan op die rooi bulte en ook die treine staan. Wat hy presies bedoel het met ‘die rooi bulte’ is nie duidelik nie. Maar volgens sy eie verklaring beteken ‘rooi’ kommunisties (gevaar) en die simbool ‘bult’ staan vir swaarkry tye. Dus sal die karre staan in ’n tyd van kommunistiese beheer en ons swaar tye beleef.

In verband met die oorlog het hy kort en kragtig gesê dit sal begin  wanneer Russiese magte in een nag  deur Turkye beweeg tot by die Spaanse grens.

In ander visioene het Siener vir ons die verloop van sekere toekomstige gebeure gegee: “’n Jong, Ierse meisie word in ’n oogwink volwasse”. (Ierland word onafhanklik. Na Brexit is dit ’’n sterk moontlikheid).

Uit ’n groot tenk rol fyn skaapmis en meteens word die hele aarde ’n groot miswerf (’n pes wat die hele aarde besmet) ’n Plaat garingbome beweeg na die noorde (garingbome het met die parlement te doen. Siener het gesê die parlement gaan in wanorde uitmekaarspat en noorde toe vlug).

“In die noordweste val ’n emmer bloed om (geweld, bloedvergieting) en dan sien ek ons vlag is in die bloed gedoop en daardie bloedvlag wapper dan oor ’n vrye volk.”

Het Bill Gates geweet?

Die multi-miljoenêr, filantroop, Vrymesselaar en voorstander van die nuwe Wêreldorde Bill Gates, bepleit al jare lank dat die wêreldbevolking drasties verminder moet word. In 2015 het hy in ’n praatjie ’n scenario voorgehou wat ’n presiese weergawe is van wat ons vandag beleef.

En op 28 April 2018 tydens ’n bespreking met pres. Trump oor epidemies het Bill Gates weer gesê “Die volgende dodelike siekte wat ’n wêreldwye pandemie sal veroorsaak, is voor die deur en ons is nie gereed daarvoor nie. Hy het  benadruk dat dit vir Amerika belangrik is om gevorderde navorsing oor nuwe terapeutiese middels, te befonds, en daar moet ’n  universele griep-entstof ontwikkel word wat mense teen alle of die meeste griepstamme sal beskerm. (En op 11 Maart 2020 berig Science Alert soos volg: “A Potential Universal Flu Vaccine Just Passed an Important Clinical Trial. There may be hope yet for a universal flu vaccine – one powerful dose of immunisation that can provide long-lasting protection for multiple influenza strains, all in a single shot.”)

Gates het verder gesê: “’n Siekte soos die pandemie-griep van 1918 kan binne ses maande 33 miljoen mense doodmaak, en die wêreld moet daarvoor voorberei soos vir oorlog.”

“Die waarskynlikheid dat so ’n siekte sal voorkom, neem steeds toe. Nuwe patogene kom voortdurend na vore namate die wêreldbevolking toeneem. Vir individue of klein groepies word dit makliker en makliker om siektes te skep wat soos ‘n veldbrand oor die hele wêreld kan versprei.”

(Hierdie corona-pandemies is na alle aanduidings dus vooruit beplan!)

Roger Teale — ’n verstommende profesie

Seker een van die belangrikste profetiese uitsprake oor Suid-Afrika se toekoms is op 4 April 1994 in Durban deur die Amerikaanse prediker Roger Teale, gegee. Hieronder is ’n woordelikse weergawe van sy profesie. Let veral op na die onderstreepte gedeeltes — dis ’n akkurate beskrywing van presies wat ons vandag beleef:

Roger Teale

“Julle, die regverdige volk van God moet die Here vra om die land, jul kinders en familie te spaar vir die geweld en bloedvergieting wat met alle boosheid en minagting van lewe op straat sal uitbreek.

Die rand sal gedevalueer word en u besittings sal onder u neuse verkoop word.

“Dit begin April/Mei. Dit is belangrik dat u na u eie plek, u huis, sal terugkeer. “Daarom moet u vandag van alles wat in u huis onheilig, vuil, onbehoorlik is en nie van God nie, ontslae geraak of verbrand word. Dinge soos pornografie; Afrika-maskers, krale, messe, spiese; Vrymesselaars se goed, afgode, heksery, ens. En bly binne die huis waarin u u verbond met God gesluit het. Moenie uitgaan nie, bly binne, u is gewaarsku. (Weens die coronavirus word ons verplig om ons af te sonder).

“Wat kom, is nie die werk van die duiwel nie, maar die oordeel van God.

“Ek gee u ‘n teken: — hulle sal alles verbrand! (Ek kan in die moeilikheid kom om dit te sê!). En as ek ‘n ware profeet van God is en as ek ooit weer na hierdie land sal terugkeer, is dit miskien ‘n goeie toets vir my vir wat ek nou gaan sê: Hulle sal die lughawens sluit en u sal nie kan in- of uitkom nie!” (Talle lugrederye het reeds hul vlugte gekanselleer).

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470