Obamacare — afskop vir 666

January 24th, 2014 by
27 kommentare | Lees kommentare
© 2017 Vaandeld Uitgewers

Sedert pres. Barak Obama se “Bekostigbare Gesondheidsplan” (Obamacare) in 2010 op die wetboek geplaas is, was daar nog nie ‘n dag dat Amerikaners nie hand en tand daarteen geveg het nie. Die vraag is hoekom baklei teen ‘n skema wat vir “almal” net voordele inhou? Of is daar ‘n dalk rot in die meelsak? Die verslag beslaan 33 000 bladsye waarvan 11 000 “regulasies” is. Sou jy die fout maak om dit te wil druk, sal die stapel ‘n meter hoog staan!

Daar is twee redes vir die openbare weerstand teen Obamacare:

Hierdie verpligte Obamacare en die mikroskyfie-inplanting het direk te doen met die slegte toestand van die drie hoofslagare wat die wêreldekonomie voed, nl. goud, olie en die dollar. Laasgenoemde se kop is nou op die kapblok, goud lê kort op sy hakke, terwyl olie die lont was vir elke bloedige oorlog die laaste 30 jaar.

Wat die dollar betref: 23 lande het begin om maatreëls te tref om van die dollar af te stap. Daardie lande verteenwoordig 60% van die wêreld se BBP en hulle is van plan om nie net van die dollar af te stap nie, maar ook SWIFT en BIS opsy te skuif.

Jare lank al is daar waarskuwings dat die Swart Swaan-dag (of liewer Swanesang) te eniger tyd kan aanbreek wanneer die dollar ineenstort en dit die einde sou beteken van die VSA en die Jode se finansiële wurggreep op die wêreldekonomie. Die vrae wat gedurig gevra word, is “Wanneer?” en “Wanneer gaan die bedrieglike skynvertoning wat ons “die ekonomie” noem, dan eendag verby wees?”

Dit begin lyk asof daardie dag uiteindelik aangebreek het. Die lande wat altyd in dollars betaal het vir goedere, wil nie langer die waardelose papiergeld gebruik nie, want as gevolg van die VSA se boelie-beleid het hulle heeltemal vertroue in die dollar verloor.

Die lys van lande wat afstap van die dollar sluit in China, Rusland, Indië en verbasend genoeg ook Duitsland, Frankryk en Brittanje. Dit beteken dat die Eurosone die dollar nou ook begin systap en hierdie lande is ook besig om ‘n nuwe bankstelsel in te stel wat wêreldwyd gebruik sal word. (Lui dit miskien ‘n klokkie? Wêreldregering, Wêreldbank, Geldlose Stelsel, ens? Pasop waarvoor jy vra, want jy mag dit dalk kry!)

In September 2012 het China, Brasilië, Rusland, Indië en Suid-Afrika ‘n ooreenkoms onderteken wat die dollar se wurggreep op olie en hoe dit aangekoop word, beëindig het. Die vyf lande het geld uitgeleen aan ‘n instelling wat bekendstaan as die BRICS Bank. (Waar het Zuma die geld gekry om uit te leen?) Die bank is geskep met die bedoeling om die dollar te systap en vrye handel tussen lande toe te laat sonder om éérs in dollars te handel. Die BRICS Bank sal nou funksioneer as ‘n bank vir internasionale betalings, asook ‘n lener wat die nodigheid van BIS en IMF heeltemal sal uitskakel. Nou het die 23 lande dieselfde gedoen, en soos iemand gesê het: Die lont aan die dollar-bom is aangesteek.

Al wat in die pad staan van die wêreld se finale verwerping van die dollar, is die wankelrige vertroue wat Saudi-Arabië en die OPEC lande in die VSA het en sy versekering dat olietransaksies deur die dollar gedomineer sal bly ooreenkomstig die Petrodollar-verdrag van 1970. Dit het egter onlangs duidelik geword dat ook Saudi-Arabië leun in die rigting van ‘n nuwe wêreldsisteem en hy het reeds in die openbaar gesê dat sy bande met die VSA oop is vir heronderhandeling.

Die dollar kan dalk nog in 2014 ‘n finale nekslag kry, want soos ons hierbo gesien het, is president Obama se nuwe gesondheidswetgewing, Obamacare, reeds in beginsel gewettig sodat RFID-skyfies met persoonlike en gesondheid data teen April vir alle Amerikaners ingeplant kan word.

In sekere Amerikaanse stede is dit al klaar verpligtend om sulke skyfies in alle katte en honde in te plant sodat hulle opgespoor kan word.

Hond kry chip

Daar word ook reeds van sekere werknemers verwag om kentekens te dra waarin daar ’n RFID-skyfie is, en in sommige gevalle word selfs van hierdie mikroskyfies in hulle liggame ingespuit.

RFID - ryskorrel

Radiofrekwensie-identifikasie

Hierdie RFID-mikroskyfie bevat ’n elektromagnetiese radiofrekwensie-induksieklos wat met ’n eksterne magnetiese veld moduleer om identifikasie in kodevorm oor te dra wanneer dit deur ’n skandeerder geaktiveer word. Die skyfie kan vir die identifikasie van verbruikersartikels aangewend word en ook in mense of diere ingeplant word.

Bybelse profesie

Die Bybel het hierdie verwikkelings byna tweeduisend jaar gelede voorspel en aangedui dat die Antichris ’n kontantlose ekonomie sal gebruik om die finansiële transaksies van alle ekonomies aktiewe mense op aarde te beheer en daardeur ook hulle bewegings te kan monitor. Terselfdertyd sal hy hierdie stelsel gebruik om mense te dwing om hom as wêreld messias te aanvaar en te aanbid:
“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig” (Op. 13:16-18).

‘n Mens moet jouself egter ook afvra: Hoe raak dit my? Is dit alles net bangmaakstories of gaan dit ‘n werklikheid word? Ons geldeenheid, ons manier van koop en verkoop, eiendomsreg, dalk die regstelsel, wette, te veel om op te noem. En gaan “hulle” ook my geld vat, my beleggings, spaargeld? Daar is ‘n gesegde wat lui: “Jy ken die duiwel wat jy het, maar hoe lyk die een wat jy gaan kry?” Dis nie nou die tyd om jouself besig te hou met rugby en TV-sepies nie. Dit gaan jou vorentoe dalk nog bitter berou dat jy nie meer aandag gegee het aan die naderende  onheile nie.

Dit begin al hoe duideliker word dat die oorheersing van die VSA op die wêreldtoneel vinnig besig is om te verswak. Daar is van oraloor weerstand. Dit lyk nie asof Rusland sy kontrak met die VSA vir die verskaffing van uraan gaan hernu nie en Rusland kan die uitvoer daarvan enige dag stop. So ‘n stap sal twee derdes van die VSA byna oornag in duisternis dompel wat ‘n finale nekslag vir daardie land se ekonomie sal wees. Sal Putin die heer bly en voortgaan om uraan aan die VSA te voorsien? Net tyd sal leer.

Wat goud betref, is daar kommerwekkende verwikkelinge. In meer as ‘n honderd jaar het die Engelse en Amerikaners hulle sakke volgestop met wat aan die Boervolk behoort het. Daar was niks wat ons kon doen om dit te keer nie. Dr. Verwoerd wou probeer, maar op die dag waarop hy die parlement daaroor sou toespreek, is hy vermoor. Dié twee lande het ons minerale rykdomme so te sê droog gebloei. Elke stoffie goud is buiteland toe geneem; en nog vóór die ANC-oorname is die bewaarkamers vol goud in die Reserwe Bank in die geheim die land uitgeneem.

Elkeen van ons word geraak deur die balans op bankstate veral waar dit regerings en ander magsinstansies aangaan. Ons toekoms is in die hande van gierigaards wat gryp en inhark om hulleself buitensporig te verryk. Dit bring onrus mee en soos wat daar op internasionale gebied baklei en gestry word oor die pad vorentoe, word Suid-Afrika daardeur geraak. Opstande van ander lande het nou ook hierheen oorgespoel. Die onsekerheid oor wat om te verwag, knaag aan almal, die res het of te veel geld of leef in salige onkunde.

Die 20ste eeu is deurtrek met onrus, stakings en oorloë. Teen die einde van die vorige eeu het dit duidelik geword dat die wêreld nou oorskakel na ‘n ander rat. Leë beloftes word aan die kapstok gehang en die gepeupel eis dat dit nagekom word. Dit is ironies dat dit juis op ‘n tydstip gebeur dat die myne dit nie meer kan bekostig om aan looneise te voldoen nie. Waar dit voorheen hoofsaaklik die goudmyne geraak het, het die platinummyne nou ook by hulle aangesluit en die nuutste staking is die grootste nog en 100 000 werkers het graaf en pik neergelê — dis byna 70% van die totale werkerskorps op die myne.

Ons verneem die staking sal minstens drie maande lank duur en dat werkers in dié tyd geen salarisse sal ontvang nie. Dit sluit nie-stakende blanke werker4s in. Stakings het die myne nou so ver gedryf dat hulle dalk verplig sal word om te sluit. Goud is egter steeds voor in die resies tussen die twee metale se pad na die afgrond.

Toe ons ‘n onafhanklike republiek in 1961 geword het, was stakings onwettig en is verbied. Die gevolge was dat ons ekonomie kon groei en sodoende vir almal ‘n beter lewe kon bied. Maar toe die barbaar oorneem, was die skrif aan die muur.

Die Kromdraai-myn is in 1893 begin en in 1914 gesluit. ‘n Eeu later lyk dit asof Suid-Afrika se oorblywende myne dieselfde pad gaan volg, want die son is besig om ondergaan oor ‘n industrie wat in die apartheidsjare ‘n derde van die wêreld se goud geproduseer het.

Einde verlede jaar het die goudprys gedaal van R509,000/kg na R400 000/kg en dit daal nog steeds. Dit was die grootste daling sedert die 1920’s en teen R400 000/kg werk sowat 60% van die myne teen ‘n verlies. Gedurende die sewentigerjare het Suid-Afrika 79% van die wêreld se goudproduksie gelewer. Johannesburg was toe ook bekend as die “Goudstad”.

Op die oomblik gaan dit so beroerd met die industrie dat Thomson Reuters Suid-Afrika verlede jaar na die sesde plek op die wêreldranglys van produsente teruggeskuif het. Tans lewer ons goudmyne slegs 177.8 ton goud jaarliks — ‘n skamele 6% van die wêreldtotaal teenoor die 79% van 1970. Die jaar 2013 was SA se swakste goudopbrengs sedert 1905.

Vir Zuma voorspel die verlaging van SA na die sesde plek van wêreldprodusente niks goeds nie, want hy het sy kiesers 6 miljoen werksgeleenthede belowe en nou lyk dit asof duisende hulle werk gaan verloor. Beleggers is reeds besig om te onttrek uit vrees vir die onsekerheid in die mynbedryf.

In 1990 was daar amper 500 000 arbeiders in die onderskeie skagte werksaam. Dit het nou gedaal tot ‘n skamele 142 000. Die 360 000 werkers wat nie meer in die myne werksaam nie, is meesal ongeletterd en sukkel om ander werk te kry. Dit plaas die welsynsisteem onder groot druk en misdaad floreer.

Societe Generale se analis, Robin Bahr, sê: “Goud was ‘n borrel en daardie borrel is besig om af te blaas.” Hy sê ook: “Hierdie jaar kan ons baie moontlik by $1 000 per fyn ons uitkom. Enigiets waaraan jy kan dink wat negatief is vir goud, sal negatief wees.”

In die April-Junie 2013 periode het goud met 23%  gedaal en wankel nou op $1,224/ons. Dit is 36% laer as sy hoogste piek en dit lyk asof dit nog verder gaan val as die Feds ophou om geld te druk.

NUMSA en Amcu se buitensporige eise van 10 maal meer as die inflasiekoers en 150% verhoging, gaan die sluiting van ons mynbedryf beteken as hulle sou vasbyt. Die einde is egter ook in sig vir hierdie vakbonde, want die lede het uitgevind dat oor al die jare se stakings heen het die leiers van die vakbonde groot bedrae van die mynbase ontvang as hulle die stakers so ver kon kry om terug te gaan werk toe. Nou staak hulle op hulle eie en luister nie meer na die leiers nie. Ons kan dus enige dag ‘n goeie skoot anargie verwag as die mynbase nie aan hulle eise voldoen nie — en hulle kan nie, al wil hulle ook.

As die stryd so voortduur, kan Siener van Rensburg se voorspelling dat die mynwerkers met die graaf oor die skouer huis toe loop, bewaarheid word. Die myne het nie die geld om aan die swartes se eise te voldoen nie. Hulle is reeds die hoogsbetaalde mynwerkers ter wêreld. In Nigerië word mynwerkers R1 200 per maand betaal teenoor R6 000 per maand hier. Die swartes is besig om die laaste gans te verskeur wat nog goue eiers kon lê.

Vir ons as landsburgers het die myne al die jare nog bitter min voordele ingehou. Die naam Anglo American sê hard en duidelik dat dit die Britte en Amerikaners is wat dekades lank al die buit uit die land wegry en hulle sakke vol geld stop. Wat maak dit saak as die myne nou almal sluit? Ons weet dat dit een of ander tyd gaan kom, en hier so kort voor Dingaan Jacob Zuma se stertriemverkiesing kan dit dalk net ons belangrikste jaar aan die gang sit.

Wêreldregerings en Wall Street sweer hoog en laag dat die ergste nou verby is. Ons kan maar ontspan en weer planne vir die toekoms begin maak, maar ‘n mens hoef net na die ekonomie wêreldwyd te kyk om te weet dat die ergste nog aan die kom is.

In Griekeland het die Grieke uiteindelik in opstand gekom oor die haglike toestand van hulle ekonomie. Na die ineenstorting  in 2010 het onstoke burgers dwarsoor Griekeland die strate ingevaar om ontslae te raak van korrupte leiers in die regering. Die polisie het probeer keer, maar is met petrolbomme bestook en moes uiteindelik die aftog blaas. Die regeringsgeboue is bestorm en die booswigte hardhandig uitgesleep. In die aangehegte video-opname is dit ‘n gewese Griekse minister, Kostis Hatzidakis, wat onder hulle vuiste deurloop. En hierdie patroon word na meer as drie jaar nog byna daagliks herhaal.

Hele bevolkings van Europa huiwer ook op die rand van bankrotskap. Een uit elke 8 huiseienaars in die VSA is agter met hulle huispaaiemente of in die proses van bankrotskap. Ekonome waarsku dat selfs ‘n nog groter ineenstorting in die maande vorentoe gaan kom!

‘n Leeftyd se spaargeld van miljoene word uitgewis. Skeepsvervoer oor die wêreld het met 47% gedaal. Daar is ‘n 49% ineenstorting in die VSA se handelsuitvoer. Banke neem vinniger huise terug as wat hulle dit kan verkoop. Ekonome in Amerika sê dat alle pogings om hulle ekonomie uit te met groter lenings gedoem is tot mislukking.

Hulle waarsku ook dat hierdie groot krisis maar net die begin is — en dat die volgende fase baie meer pynlik en skrikwekkend sal wees vir elke dagloner, verbruiker en belegger.

En asof dit nie genoeg is nie, lyk dit asof die biosfeer besig is om tot niet te gaan met die gevolg dat riviere opdroog, woude ernstig beskadig word en daar is ook kommer oor heuningbye en miljoene visvrektes in die see. Baie nuwe siektes maak hulle verskyning en is immuun teen bestaande medikasie. En dan is daar die dreigende oorlog in die Midde-Ooste wat deur Amerikaanse Jode aangevuur word.

Of ‘n mens nou skepties is of nie, die wêreld staan op die drumpel van katastrofes soos wat ons nog nie gesien het nie. Hierdie krisis sal baie erger wees as in 1929-1932. Toe het slegs ‘n derde van die bevolking in stedelike gebiede gewoon. Vandag is dit 80%

In die Groot Depressie was 1 uit elke 5 werkers betrokke by die vervaardiging van voedsel. Vandag is dit skaars meer as 1 persent, en die bevolkings is baie, baie groter as wat dit destyds was. Kos gaan dus ‘n ernstige probleem word en jou goud en silwer sal jy, soos wat die Bybel sê, dalk nog op die straat weggooi omdat dit waardeloos gaan wees.

Met soveel miljoene swartes in die land wat nie sorg vir die dag van môre nie, gaan ons onself binnekort teen hulle moet verdedig vir ‘n snytjie brood.

Sorteer volgens:   nuutse | oudste | gewildste
Dries
Guest

Net n regstelling. Ek was hierdie week by Anglo Swartklip, Union section en nie stakende werkers sal wel betaal word.

Barry62
Guest

Ek het n gesprek gevolg op BKA en dit blyk dat die mynne tussen Rustenburg en Northem nie hulle nie-stakkende werkers betaal nie. Hulle moet vakansie vat en as al hulle dae gebruik is dan kry hulle nie verder betaling nie.

Johann Cronje
Guest
Goeie dag Adriaan, Afskop vir 666 Die regerings van meeste lande weerhou baie belangrike inligting van die mens. Dit is ‘n onheilige spul wat saamsweer en hul geheime aktiwiteite is tipies die van die Illuminati. Die Bybel gee vir ons ‘n beskrywing van globale sameswerings reeds sedert die “val” van Adam. Die gevalle engel (satan), was toegelaat om in te meng in die sake van die wêreld en word ook genoem “die god van hierdie wêreld” (2 Kor 4:4). God self, tree in en bewaak Sy eie Raadsplan, maar satan het sy eie plan. Ons word duidelik vertel dat satan… Lees Meer »
3AM
Guest
http://beforeitsnews.com/religion/2013/11/roman-catholic-paganism-vs-protestantism-a-picture-tells-a-thousand-words-2458558.html Alhoewel ek nie heeltemal saam met Johann stem oor b.g. nie, slaan hy tog die spyker grootendeels op sy kop… Die oorlog wat om ons woed is tussen Jesus Christus en satan en dit is dieselfde oorlog wat in die hemel begin het, op aarde voortgesit is en wat ook hier voleindig sal word. Ons is ongelukkig in die middle daarvan! Die ou draak se tyd raak min en hy besef di took… Gen 3:15 is absoluut waaroor Openbaring 12 en die hele Bybel gaan… DAAR IS NIE 3 OF 4 OF 5 GROEPE IN HIERDIE WERELD NIE,.. MAAR… Lees Meer »
3AM
Guest
http://beforeitsnews.com/religion/2013/10/pappa-and-his-friends-or-are-they-his-servants-2456678.html IS THE NEW POPE NOT A JESUIT?.. OF WHAT SEED IS HE… Extreme Oath of the Jesuits …I furthermore promise and declare that I will, when opportunity present, make and wage relentless war, secretly or openly, against all heretics, Protestants and Liberals, as I am directed to do, to extirpate and exterminate them from the face of the whole earth; and that I will spare neither age, sex or condition; and that I will hang, waste, boil, flay, strangle and bury alive these infamous heretics, rip up the stomachs and wombs of their women and crush their infants’ heads… Lees Meer »
Rieks
Guest

Waar dink jul het die Zimbabwiese President sy truuks geleer? Kyk maar na sy optrede, en lyk my hier word nou dieselfde formaat vir ons land gebruik.

Advokaat
Guest

Baie inlyn met die volgende (betrekking t.o.v. Griekeland):

IMF’s four steps to damnation
How crises, failures, and suffering finally drove a Presidential adviser to the wrong side of the barricades

http://www.theguardian.com/business/2001/apr/29/bu

Advokaat
Guest

Jammer, die skakel was foutief:

IMF’s four steps to damnation
How crises, failures, and suffering finally drove a Presidential adviser to the wrong side of the barricades

http://www.theguardian.com/business/2001/apr/29/business.mbas

3AM
Guest

Geweet hierdie webblad is n messelaarsnes… O.. en siener was nie n profeet van Christus nie.

D, F. Albers
Guest
Adriaan en ander vriende. Dankie vir julle insette wat mens diep laat dink. Daar is geen twyfel dat groot boosheid oor die hele aarde heers. Hierdie land is ongetwyfeld voor in die koor. Kom julle ook agter dat die ” moderne christen ” sukkel om die ou en nuwe Testament as ewe belangrik te sien. Een dame het vir my gese sy hou nie van die God van die ou Testament nie, want daar is te veel bloed ! ! Toe ek verwys na Openbaring, en die slag van Armageddon, waar die bloed tot aan die perde se stange vloei,… Lees Meer »
John Smith
Guest
Dink julle die demokrate hier is enige iemand anders as die demokrate in die VSA? Nou waarom gaan stem julle ! Al wat jou stemmery doen is om ligitimiteit (jou wettige toestemming) aan die politici te gee om met jou te doen wat hulle wil. As jy nie vir hulle daardie mag gee nie kan hulle jou nie regeer nie. Al gaan stem niemand van ons nie, gaan dit in elk geval geen verskil maak nie, dit weerhou net jou toestemming dat hulle oor jou kan heers. Die Bybel is geskryf milenia voor die koms van Yashua, nie 2000 jaar… Lees Meer »
3AM
Guest
Ek het al(al)Eben Swart se lesings deurgewerk en reken dat daar bitter min, indien enige is, wat al soveel inligting oor messelary bymekaar gekry het in Suid Afrika,.. maar ek stem nie saam met sy teologiese siening van Genesis 6 nie… KLOP NIE MET DIE BYBEL NIE… Julle moet net besef dat Helen Zille ook n ridder van Malta is… (die batman suits met die wit kruis van Malta op, waarin Mandela en Mbeki verskyn in die foto’s op b.g. skakels). Ons word net die idee gegee dat ons vir kandidate kan stem in ons(enige ander land) land. WIE KIES… Lees Meer »
Fanie
Guest

http://www.boervolkradio.co.za/radiogesprek/

Luister gerus na die praatjies oor die party politiek en die stemmery en wat dit in werklikheid vir jou beteken. Jy sny jou eie keel af.

10/10 John.

Dirk Albers
Guest
Vriend 3AM, ek is bewus dat die Woord ‘n tweesnydende swaard is wat sny deur murg en been. Tog behou ek die reg om die Woord van Jahweh, en Sy seun Jahweshua te interpreteer met die lig en intelligensie wat ek ontvang het. Ek is al slim genoeg om te weet hoe MIN ek weet ! Kan ek voorstel dat jy openlik sê wat op jou hart is. Adriaan is gewoond aan die ergste kritiek, en nie bang om dit te plaas nie. Tensy dit natuurlik satanies van aard en totaal afbrekend is. Ek persoonlik, is uitgeput van al die… Lees Meer »
3AM
Guest
Broer… Kennis van die Wette beteken nie veel nie… Dit is veronderstel om gehoorsaam te word. Dit is so duidelik in die Bybel dat pouslikke Rome die anti-chris is waarvan Johannes praat… en dat die paralelle tussen dit en die klein horinkie van Daniel 100% dieselfde mag is. As dit waarheid is wat jy soek Dirk, vind die 1 kerk en enigste oorblywende Protestante kerk wêreldwyd, wat die Bybel aanvaar soos dit vir ons gegee is en wat nie bereid is om saam met die ander afvallige protestante kerke(harlots)in n “EKUMENIE” MET ROME AS DIE MOEDER in te gaan nie.… Lees Meer »
3AM
Guest
Net nog een van die baie artikels wat b.g bevestig… http://www.nowtheendbegins.com/blog/?p=16251 Die Bybel maak die tydperk van 1260 dae (dag= jaar prinsiep)/42 maande/n tyd, tye en n halwe tyd of 3.5 jaar baie prominent en dit dui op die tyd van die katolieke kerk se eerste “reign” voor dit n dodelikke wond aan die kop ontvang het, wat VINNIG besig is om te genees. ONS BEWEEG NOU IN DIE TYD VAN DIE EINDE IN!!! Wat het in 1798 met die katolieke kerk gebeur?.. GOOGLE DIT… Watter land het die wond toegedien? Napolion se generaal BERTIER… Revelation 13:10 He that leadeth… Lees Meer »
Sheugnet
Guest

…en wat het dit alles te doen met Siener van Rensburg se visioene? …en op wat baseer jy jou uitlating dat hierdie ‘n ‘messelaarsnes’ is?

Jy moet besef dat die meeste mense wat op hierdie blad kommentare lewer, mense is wat al diep navorsing gedoen het.

3AM
Guest

Ek het niks van sy visioene gesê nie.., maar wel dat hy nie n profeet van God was/is nie…

As jy sou lees, sou jy sien dat ek nie gedink het my kommentaar gaan geplaas word nie.

…so, ek het eintlik maar net n reaksie probeer ontlok…

P.s…. en ek is baie bly hier is mense wat diep navorsing doen.

Rieks
Guest
Ek wil net byvoeg, hier is nog ‘n persoon met die naam van Steve Worral-Claire wat vir baie jare navorsing oor Vrymesselary gedoen het, hy kom uit ‘n generasie van Vrymesselaars en hy was self een .. hy woon op die Suidkus van Natal as jul enigsins meer informasie wil he, ek het ongelukkig nie sy details nie, maar ek is seker as julle op die Internet soek sal jul hom kry. Indien enigeen nog twyfel oor hulle, sal Steve julle kan help. Van die vroegste tye al was die okkulte gepraktiseer in verskeie vorme, ek se altyd dit was… Lees Meer »
3AM
Guest

Dankie Rieks…

Gaan verseker kyk of ek iets van Steve Warrol-Claire kan opspoor, maar moet saam met jou stem oor Prof. Walter Veith ook…

Die man het sy navorsing gedoen.., en bitter goed ook bygesê. Gaan baie interessant wees as die mense besef hoe mislei ons regtig is, en wat hulle gaan doen as hulle dit besef…

Ek reken van die eerste dinge wat sal gebeur, is n stormloop van mense na die doopbad…

Kinder doop is …

Willem
Guest

Ja 3AM, dis meer as duidelik dat jy goeie slaap nodig het om nugter te word, indien dit nog moontlik is…

Mens publiseer wat jy bedoel, nie wat jy hoop nie geplaas sal word nie, stommerik.

Jou vermeende kennis beindruk niemand van ons nie, trouens jy is vervelig en beledigend ontwykend.

Vertrek liewer na ander oorde waar jy nie belangrike spasie opneem nie.

3AM
Guest

Kan jY ook nie lees nie?..

Ek het nie gehoop dat dit nie geplaas word nie. Dit het net lank gavat om geplaas te word, maar dankie vir jou inset ook

3AM
Guest
… OM TERUG TE KOM NA ADRIAAN SE ARTIKEL en om julle nog so klein rukkie te verveel… Rev 13:16 And he causeth all, both small and great, rich and poor, free and bond, to receive a mark in their right hand, or in their foreheads: Rev 13:17 And that no man might buy or sell, save he that had the mark, or the name of the beast, or the number of his name. Rev 13:18 Here is wisdom. Let him that hath understanding count the number of the beast: for it is the number of a man; and his… Lees Meer »
Jurie Wessels
Guest

Die mikro skyfie is in Suid Afrika ook verpligtend indien jy honed wil laat registreer! Nie net oorsee nie, hier in julle eie land!!

wpDiscuz