NGK vrees Londen scenario vir SA

August 28th, 2011 by
| Lees kommentare
© 2018 Vaandeld Uitgewers

Die NG Kerk het die afgelope tyd benoude spronge op sy amptelike webblad gemaak oor die “vlaag van geweld wat Londen en ander Engelse stede onlangs getref het, en Brittanje tot in sy fondamente geskok het”. Nou sit die kerk radeloos, vreesbevange met die hand in die hare en wag dat dieselfde hier moet gebeur. En wat dan? Allerlei voorstelle word gemaak om so ‘n situasie die hoof te bied, maar ironies genoeg,word die kerk se God nêrens genoem as Iemand by wie dalk hulp gevra kan word nie.

Daar word twee redes vir hierdie “opstand van die leë mae” aangevoer. Albei so holruggery soos die sekelmaan: 1) Arm swart klonge wat “uitgesluit word van behoorlike onderwys en opvoeding”. En 2) Die blanke “samelewing skuld die agtergeblewe swartes iets sonder dat hulle ’n teenprestasie hoef te lewer.”

Wat die kerk se eerste rede betref: Hy en sy ongeletterde, onopgevoede, wil-nie-werk-nie swarte, weet baie goed dis ‘n leuen, want in die apartheidsjare het swartes méér van die handjievol blankes ontvang as die res van Afrika van hul eie regerings. Hier is net ‘n paar voorbeelde:

Die NP regering het vir hulle 10 swart universiteite gebou – Medunsa ingesluit (‘n unieke mediese fasiliteit), wat 200 swart dokters per jaar laat kwalifiseer het op staatskoste, betaal deur blanke belastingbetalers. In Soweto se Barakwanath-hospitaal is sewe opehartoperasiues daagliks uitgevoer. Vandag staan dit bekend as die Chris Hani-hool (ekskuus, hospitaal).

Altesaam 65% swart kinders was in die skool, teenoor Egipte se 64%, Nigerië 57%, Ethiopië 29%. Die NP regering het elke 24 uur 15 nuwe klaskamers dwarsdeur die jaar gebou. Dit beteken dat ‘n ekstra 600 meer swart kinders daagliks skool kon bywoon. Omdat hulle egter nie vir lees, spel en skryf in die wieg gelê is nie, is die klaskamers en dikwels sommer die hele skool net so vinnig afgebrand.

In 1978 het Soweto 115 sokkervelde gehad, 3 voetbalvelde, 4 atletiekbane, 11 krieketvelde, 2 gholfbane, 47 tennisbane, 7 swembaddens, volgens Olimpiese standaard, 5 rolbalbane, 81 netbalbane, 39 speelparke en tallose stadsale, flieke en klubhuise. Daarby het Soweto ook gehad: 300 kerke, 365 skole, 2 Tegniese Kolleges, 8 klinieke, 63 dagsorg sentrums, 11 poskantore en sy eie groentemark.

Oor die kerk se tweede rede, moet hy die vinger na homself wys, want was hy dan nie die voorbok wat met sy sendingwerk hierdie bedelbak-filosaofie by sy lokasie-broers gekweek het nie? Met kos en klere is hulle na kerkdienste gelok, gedoop, gekersten en getrou. Maar sodra die pap en vleis wegval, het die kleed van “bekering” ook soos ‘n bokvel van die swart skouers afgegly.

Niemand kon Afrika se ewige hongerpyne, waterdors en armoede nog ooit stil nie. In 1985 toe ‘n miljoen in Etiopië van honger omgekom het, het die Ierse kitaarslaner, Bob Geldof, sy tokkelblik gegryp en met aapspronge op die verhoog en ‘n gejil wat aan waansin grens, honderde miljoene dollar vir die 35 miljoen verhongerde Etiopiesiërs ingesamel – wat hulle sommer fluks binne enkele dae verorber het.

Vandag, 26 jaar later, lyk Etiopië weer so. Maar hierdie keer is daar 70 miljoen honger mae, en hierdie keer is die rumoerige ghrieskop Geldof ook nêrens te sien nie. Dit lyk of hy in ’85 ‘n paar miljoen dollar goeie skoolgeld betaal het.

Die NGK se vrees vir nagtelike plundering en oproer in ons strate, kan dalk nog hierdie week ‘n werklikheid word. In Engeland was swart en gekleurde jeugbendes die aanstigters, en na Julius Malema se waarskuwings en dreigemente oor die naweek, balanseer Mandiba se wankelende vrede van 17 jaar vandag op ‘n mespunt.

In die Saturday Star van 27 Augustus 2011 word daar redelik volledig oor Malema en sy vleiskop-bende se planne berig. Ek som net kortliks op:

Die Metro-polisie en politici staal hulleself vir die instroming van duisende lede van die ANCYL na Johannesburg Maandagmiddag vyfuur (29/8/2011). Tienduisende lede uit al nege provinsie sal met busse na Luthuli-huis opruk vir ‘n nagwaag daar ter ondersteuning van Malema in afwagting op sy verhoor Woensdag. Van die groot kanonne in die ANC het reeds openlik hulle steun aan Malema toegesê.

Dis dalk ook hoekom hy Saterdag so uitdagend en vol bravade was, en gesê het die ANC is nie ‘n dier nie, en sal nie een van sy kinders eet nie. Hy is reeds oortuig daarvan dat hy skotvry uit Luthuli-huis gaan stap. As dit gebeur, is Jacob Zuma se dae getel. Gebeur dit nie, en Malema word dalk geskors, is die Londen-scenario gewis en seker ons voorland.

Die vraag wat niemand durf antwoord nie, is hoekom Malema en sy bende, net soos in Engeland, in die aand op Johannesburg se strate gaan toesak? Het Malema dalk mooi gekyk hoe die Britse straatboewe maak? Of is hierdie ook net ‘n oefenloop? En al die stakings van die afgelope tyd. Ek glo nie looneise het iets daarmee te doen nie; die massa moes ook hulle oefenlopies doen –  die pionne wat vir ‘n veel meer sinistere doel rondgeskuif word.

Jammer, maar die tyd vir nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie slaap, is verby!

(Môre of oormôre dalk ‘n stukkie baie belangrike en verstommende nuus vanuit die Oos-Kaap se wêreld!)

  Subscribe  
nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Melanie
Guest
Melanie

Dankie Oom, kan ek net iets vra: Is daar nie iets van ‘n boom wat van bo vrot en dan in twee val in Oom Siener se gesigte nie, en as daar so iets is is dit nie dalk die ANC nie?

Ant San
Guest
Ant San

Zuma en Mothlanthe maak spore! Sal nie deel wees van die verhoor van Malema nie. Hulle het reeds besluit wat gaan gebeur, dit is verseker. Malema gaan kerk toe en die baal priester lig toe hulle god in oor wat aangaan hier op aarde. Dit is verseker nie ons Skepper nie, Hy weet reeds wat aangaan! Ek stem saam met Mnr Snyman, die tyd vir slaap is verby! Ek dink dat ons die geweer se loop nou op ons gerig gaan sien en dat die volk nou gaan wakker skrik. Ja, die tyd vir slaap is verby!

Doreen Stassen
Guest
Doreen Stassen

Ant San, ja,die tyd is verby 12 uur op die horlosie! Ons moes al gepak het en gereed wees vir vertrek. Die Vyand is op pad, en ons slaap nog. En die mense raak al minder wat van die begin af saam met ons geglo het. Hulle het langs die pad van die lang wag, uitgeval. Hul sien die dinge om ons gebeur, maar wil dit nie regtig glo nie. As mens met hulle praat, is die antwoord net “julle se dit al vyf jaar lank” maar besef nie die ons dagboek nie Vader sn is nie. Geseende aand vir… Lees Meer »

Johan
Guest
Johan

Weereens!
Baie dankie Oom Adriaan,die tyd loop uit!Ons Bid maar net dat Yahweh God ons sal beskerm.Kyk maar net hoe lyk dit globaal,ek se vir my vrou in die toekoms gaan ons ook dae soos in Libie ens beleef! Maar ek glo baie van ons verstaan nie regtig wat ons binnekort moet deurmaak nie.
Sterkte aan my mede Afrikaner Boere!
Ons gaan mekaar nodig he in die tyd wat voorle!Wat het geword van die woorde”Ons sal lewe ons sal sterwe ,ons vir jou Suid Afrika”
Eendrag maak mag!
Vrede vir ons Volk!
Amen.

Jurwey
Guest
Jurwey

Wat die NG Kerk gesaai het gaan hy nou MAAI, Hy en al sy Baal Ds, hulle ken Gods woord nie, van daai tyd toe ons volk uit die Kaap is toe het die Ds hulle ondermyn en vandag nog!! Hulle is deel van die Room Katolieke, hulle behoort aan die wereld raad van kerke wat die Rooms Kakolieke gestig het, laat hulle vir hulle kry, die hele spul van hulle, Kop in Eene mus! Die gemors

g-man
Guest

Wat die verkeerde dinge betref binne die NG Kerk:Hier volg dit: -Baba doop is verkeerd,nerens in die bybel is daar n voorbeeld van baba doop nie,Jesus was ook gedoop as n grrot man en nie n baba nie.Baba’s kan wel in geseen word,dit is bybels. -Saambly is verkeerd asook seks voor die huwelik,alhoewel die NG Kerk somtyds nie so dink nie! -Om sondae kerk toe te gaan en jou tiendes te gee gaan nie verseker dat jy hemel toe gaan of n christen is nie.Goeie mense gaan nie hemel toe nie maar Christene gaan hemel toe.Die Here wil n persoonlike… Lees Meer »

Ingrid
Guest
Ingrid

Ek het nou al lank gedink of ek die volgende hierop moet sit of nie en besluit ek gaan dit wel doen. Ek lees gereeld hierdie blog en stem 100% met Siener se sienings saam. Ons kan maar net kyk wat daagliks om ons gebeur en ons kan sien dat ons in die eind tye leef. Ek het al baie navorsing oor die eindtye gedoen en ook oor die wegraping. Ek het onlangs die volgende video link en artikel oor Elenin gekry en dit bevestig presies wat ek oor die jare nagevors het. Wat ek eintlik probeer sê is ja,… Lees Meer »

Doreen Stassen
Guest
Doreen Stassen

Dit is vir die N.G.K., wie eerste die hand in ons ondergang gehad het, nou effe laat om te vrees dat dieselfde scenario van Engeland, hom in Suid Afrika sal afspeel. Hulle het reeds op hul kniee in Rustenburg apartheid op hul eie, sonder ‘n mandaat van hul mense, bely en vergifnis gesmeek. Niemand, sover ek weet van die Boervolk, het ooit so laag gedaal nie. Ons buig net ons kniee voor Yahwe, en NIEMAND ANDERS NIE. En ek sou wonder tog waarom hul nou so vreesbevange is? Sou hul nie geweet het wat ons al die jare weet nie,… Lees Meer »

Eva
Guest
Eva

Hi Vaandel vriende,

Ek het ‘n paar taai weke agter die rug, my internet tyd was al die 15e op en dit was vir my swaar om nie hier te kuier nie. Alles is darem nou weer in werkende orde.

Dat die NG kerk nou kamtig besorg en bekommerd is oor die situasie in die land, is net ‘n fyn uitgewerkte satans plan om sy lidmate te behou. Hy gee nie ‘n damm om wat regtig van die land word nie. Dit gaan net oor die geld wat hy moontlik kan verloor as hy nie “iets” sê nie.

Groete

maria lottering
Guest
maria lottering

ja mense mut wakker slaap, hoeveel waarskuwings wil hul nog igroneer