Neef Rudolf, hoor die kiewiete…

September 6th, 2015 by
25 kommentare | Lees kommentare
© 2018 Vaandeld Uitgewers

Op 5 Aug. verlede jaar het ons al gesê dat ‘n wêreldwye waansin die mensdom beetgepak het; en sedertdien het niks verander nie — inteendeel, dit vererger net by die dag! Oraloor heers daar meer onsekerheid, meer vrese, angs, smart, pyn en lyding; sien ons meer geweld. chaos, anargie en ‘n wolk van duisternis oor die dag van môre.

En asof dit nie genoeg is nie word ons al maande lank deur die sosiale media, koerante, TV’s en op radiostasie geteister met ‘n massa inligting (gerugte?) dat die ergste nóú eers gaan begin. Hierdie maand, September 2015, so word gesê, wag daar nog groter ellendes; ‘n totale finansiële ineenstorting; onbeskryflike natuur- en mensgemaakte rampe; onheile uit die hemelruim; die maan wat gaan verander in bloed; ‘n aankondiging van die Nuwe Wêreld Orde wat met sy Agenda 21 beplan om die 7 miljard aarbewoners tot 500 miljoen te verminder.

Het die mensdom dan heeltemal gek geword?

Kom ons kyk net na gebeure van die afgelope week.

Die immigrante krisis het oornag skielik in ‘n woeste en totaal onbeheerde stormloop ontaard nadat massa vreemdelinge vanuit Oos-Europa vloedgolf op vloedgolf na Wes-Europese lande begin stroom het; en dis veral Duitsland, Italië, Frankryk en Engeland wat die spit moet afbyt.
Hul 20-jaar lange beleid van oop grense is besig om te boemerang. Toe daar in 1995 weggedoen is met paspoortbeheer in 22 van die 28 Europese lande en oop grense verklaar is, is dit deur een en almal toegejuig as ‘n reuse-sukses. Maar nou het dit skielik ‘n aaklige monster geword wat dreig om die hele Wes-Europa te verswelg.

Net die afgelope week moes polisie en sekuriteitsbeamptes magteloos toegekyk hoedat tienduisende desperate immigrante hulle grense oorstroom. Die Kommissie President, Jean-Claude Juncker, het Woensdag erken dat dit reeds te laat is om nog iets daaraan te doen, want om die grense nou te sluit, sal net groter opstande, geweld en woede ontlok. het hy gesê.

Maar dit is dalk net die begin van Eurpa se “donker tyd”. Volgens ‘n Duitse amptenaar wat verkies om anoniem te bly, het hy inligting ontvang dat hierdie hele vlugtog na Wes-Europa haarfyn beplan is. In die eerste plek is die sogenaamde immigrante almal Moslem-mans wat geskik is vir militêre diens. Slegs hier en daar is ‘n vrou of kind onder hulle. Daar word geen rekords gehou van die duisende wat soos ‘n klomp wilde diere alles voor hulle platloop nie; geeneen het ‘n paspoort óf ID-dokument nie, dus sal niemand hulle ooit weer kan opspoor nie, of selfs weet wat van hulle geword het nie.

Hoe is dit moontlik dat so iet in ‘n beskaafde Eerste Wêreld land kan gebeur?

Volgens die Duitse amptenaar het “…ons nie hier te doen met desperate immigrante-vlugtelinge in nood nie, maar eerder met ‘n volskaalse Jihad, ‘n militêre inval in Europa! En ons sal eers die gevolg daarvan sien as die terreuraanvalle begin en duisende onskuldiges sterf…”

Het Siener dan nie gewaarsku dat Europa nog eendag deur hordes uit Afrika en Asië oorstroom gaan word nie?

Hier gebeur dit nou voor ons oë!

En nou is September op ons en almal sidder, hou asem op; maak hulle gereed vir die ergste. Almal wat nie weet hul bestemming is al in die dae van die voortyd uitgekap in die Rots van die Eeue nie.

Daarom is dit miskien nodig om juis nou, in hierdie oomblikke van ‘n totale Babelse verwarring, te luister na die boodskappe wat vanuit die geestessfeer na ons toe kom. Want dit was juis vir hierdie pikdonker dae dat daar aan ons belowe is:

“…en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.”

Op Donderdagmiddag 27 Augustus het ek omstreeks drie-uur ‘n bietjie gaan skuins lê en aan die slaap geraak en ‘n besonder helder droom gehad.  Miskien beteken dit iets, miskien nie; en ek is huiwerig om dit oor te vertel omdat drome soms net uitvloeisels kan wees van kwellinge of vrese in die onderbewuste.
Maar in Junie ontvang ek toe ‘n droom van ‘n vriend in Australië wat my net nie wil laat los nie. En Donderdagmiddag 27 Augustus het ekself toe weer ‘n droom gehad, en op aandrang van Annelize het ek besluit om tog daaroor te skryf.

(Ek wil net hier noem dat een van ons mense, mnr. Jan Brits, self ook ‘n uiters ontstellende droomgesig gehad het, dit het hom so gekwel dat hy uiteindelik ‘n blog begin het om ons daarvan te vertel. In die droom het hy Siener se profesie van ‘n fisisiese aanslag op medeblankes as’t ware voor hom sien afspeel. Hier is die skakel daarvoor: https://sienervanrensburgpredictions.wordpress.com/2015/04/09/a-difficult-blog-post/)

Droom uit Australië

Elke aand nadat ons huisgodsdiens gehou het en bed toe gaan, dan luister ek na Geknelde land van FA Venter op my klein DVD. Ek doen dit 7 dae van die week — dit maak my rustig. In Episode 2 sê oom Elie vir Rudolf: “Neef Rudolf, hoor die kiewiete…”

Dit was die natuur wat gesê het die Zoeloes/Xhosas kom.

Elke oggend staan ek 5 vm op en hou stiltetyd, na dit kry ek toe koud en gaan lê op die rusbank en raak aan die slaap. Soos Paulus sou sê, weet ek eerlik nie of dit in die gees of die liggaam was nie, maar die volgende oomblik skree die kiewiete vreeslik. So hard dat ek bevrees was hulle maak Esmeralda (my dogter) en Maria (my vrou) wakker.

Maar later vra ek Maria of sy die geweldige geskree van die kiewiete gehoor het. Sy sê toe sy was wakker, maar het niks gehoor nie…

Toe ek werk toe, ry is dit of die Gees my waarsku, en ek wil net sê: “Neef Gert (ds. Gert Wessels) en Adriaan, hoor die kiewiete…”

Ek is nie ‘n profeet nie en sal my nooit as een voorhou nie. Maar dalk moet ons luister na die kiewiete…

My droom

Ek droom ‘n vrou kom na my toe  en sê sy is bekommerd oor die veiligheid van haar gesin en familie vir die gees van verskrikking wat gaan kom; en sy begin bitterlik te huil. Om haar te probeer troos, sê toe dat ek haar ‘n droom gaan vertel wat ek as 8-jarige kind gehad het (ek kan glad nie so ‘n droom onthou nie.)

Net links van my staan ‘n groot eikehoutkas; en ek het nog skaars begin praat, of daar verskyn meteens ‘n leeu deur die houtdeur. Ek was geensins geskok of verbaas nie, en sê toe net vir die vrou: Ek kan daardie droom net so duidelik onthou as wat ek hierdie leeu nou voor my sien. Sy spring toe op en roep dat sy dit ook kan sien. Oomblikke later kom die leeu na my toe en, soos ‘n mak hond, spring hy teen my op. Ek hou my voorarm uit en hy plaas albei sy pote daarop. In die droom was ek verbaas dat my arm die gewig kon dra en dat sy naels my nie gekrap het nie.

Ek het geen vrees vir die leeu gekoester nie. Na ‘n paar oomblike kyk ek toe na die vrou en sê: “Dis die Leeu van Juda en Hy sal ons beskerm in die tyd wat nou kom.”

Sy hou toe op met huil, loop vorentoe en maak ‘n hekkie vir hom oop, en terwyl hy wegstap, sien ek hoedat sy agterlyf begin swart word en ek besef toe onmiddellik dat daar vir ons eers nog ‘n baie donker tyd voorlê eer ons gered sal word. Toe skrik ek wakker.

Op 6 September 1966 is ons as volk deur die moord op Dr, Verwoerd geskok en verslae gelaat, en was dit die vyand en die buitewêreld wat uitbundig gejubel en gejuig het.

Maar dit wat De Klerk gesweer het “onomkeerbaar” is, gaan Hy kom omgekeer; dan sal dit hulle tyd van strafgerig wees. Die profeet het mos gesê: “Ons het geween, ween julle nou!”

Maar voordat daardie dag aanbreek, is daar nog die leeu se swart agterkant en oom Elie se dringende waarskuwing waaraan ons nog eers aandag sal moet gee:

“…Neef Rudolf, hoor die kiewiete…”

nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Herman
Guest
Herman

Voorwaar Adriaan, ons leef in onstuimige tye. “En hoor jy die magtige dreuning”…. onthou jy nog hierdie lied? Die tyd het aangebreek dat ons sal moet bid dat die son nie oor ons volk onder moet gaan nie. Ek verwag groot dinge op die markte die komende dae. Sterkte vir julle!

Dirk Albers
Guest

Vriende, ek het vandag na lug gehap, toe n intelligente kerkman vir my sê : Die toestroming van die moddernasies in Duitsland, is niks om oor bekommerd te wees nie. Daar is so baie blankes daar, dat al sou kruisteling gebeur, sal die aanvanklike gekleurde resultaat, na twee of drie geslagte, weer WIT wees ! Ek het hom nie gevra, of hy bereid is dat sy kinders, en/of kleinkinders, met hierdie eksperiment help nie. Maar is dit nie weereens die wêreldling-broederskap wat hier deurskemer nie ? Kom ons gooi ons kosbare, Adamietiese gene weg, en word n oulike deurmekaar-spul !… Lees Meer »

JB
Guest
JB

Wat opvallend is met die instroming in die Noorde is die volgende: Die mense is welgekleed, skoon, netjies en goed versorg; Lyk nie honger en dors nie; Hulle lyk nie moeg nie; Ligaamlik in goeie kondisie; Is nogal militant as hulle nie hul sin kry nie … so asof hulle weet hulle het die hef in die hand … Onbeskofte ‘gaste’; Niemand doen iets om hulle teen te staan nie; Hulle weet waarnatoe hulle oppad is; Lyk gladnie bekommerd oor wat en hoe wanneer hulle by hul eindbestemming gaan kom nie; Wie voorsien hulle van voedsel en water, en watter… Lees Meer »

JB
Guest
JB

(Vervolg) Die tragiese van die hele affêre is dat die gewone man op straat hulpeloos en magteloos toekyk hoe die orkestrasie van die bizarre/abnormale plaasvind. Die EWO meesters in beheer met hul liberale agente. Net soos dieselfde absurditeit hier by ons plaasvind het en voortgaan terwyl ons magteloos toekyk. Of nie so magteloos nie want die witnerwe het JA-gestem vir dit.
Intussen broei die Oekraïne en nou die nuutste een … Lebanon.
Ja, van kiewiette gepraat … Die honde gaan ook geraas maak. Blaf en tjank … van ver af gemeng met bloedstollende en vreesbevange geskreeuery.

johann cronje
Guest
johann cronje

Adriaan,

Baie dankie vir jou skrywe. Die skrif is aan die muur en een na die ander van Siener se “visoene” gaan nou in vervulling. Pieter Meer het vanoggend vir my die skakel gestuur. dit getuig van Siener se visioen m.b.t.tot Eutopa en die asielsoekers !

https://www.youtube.com/watch?v=9c4Rvz5stHE

Hans
Guest
Hans

Dagse Almal. Kan iemand dalk vir ons se hoe ver die kiewiete nog is van skree af? Wat ek eintlik vra, deur dit wat ons sien, hoor en ontvang dmv profete en tekens… sou julle se ons het nog n paar jaar oor voor al die dinge gebeur, of kyk ons na ‘n 6 maande tyd, of dalk net minder as ‘n jaar. Ons kan uiteraard nie die Vader se wil sien nie, maar ons kan sekerlik Sy tekens gebruik om n meer spesifieke tyd te bepaal.

Jan
Guest
Jan

Hallo Adriaan, hier is n link Hhttp://www.liveleak.com/view?i=3cb_1441553402 wat die Pope mense in Europa vra om elk een vlugteling gesin in hulle huise op te neem. As thousands of refugees pour into Europe, Pope Francis has called on every parish and religious community to take in one family each. He said the Vatican state would set the example, with its two parishes each taking in a family of refugees in the coming days. There are more than 25,000 parishes in Italy alone, and some 12,000 in Germany, where many refugees fleeing war and hardship in the Middle East hope to end… Lees Meer »

JB
Guest
JB

Jan Onder andere word die ‘migrant’ probleem georkestreer deur die Swart Pous. Aanhaling uit skrywe hierbo: “Daar word nou deur politici soos Cameron gepraat van “adress the problem at scource” … Nog oëverblindery en blufspel. Die ‘scource’ is by hierdie adres: Borgo Santo Spirito 5 naby Sint Peter Plein, Rome – die hoofkwartier van die Jesuïte Orde se Superïeur-Generaal naamlik die Swart Pous genaamd Adolfo Nicolás Pachón. Hierdie Pous Francis van die RKK is die eerste Jesuït wat ‘n Wit Pous van die RKK geword het. Alle Wit Pouse word beheer deur die Swart Pous. Die Swart Pous is die… Lees Meer »

Pieter
Guest

Inderdaad komen er veel jonge mannen. In Apeldoorn hebben ze 600 sprinkhanen opgevangen waarvan 400 jonge alleen staande mannen. Maar de meeste mensen zien het gevaar nog niet. De chaos zal nog groot worden. Wij zien het ook als een Gods gericht over Nederland en west Europa. Nederland heeft JHWH en Zijn geboden verlaten en hebben vreemde volken en vreemde goden toegelaten binnen onze grenzen. Wij hebben abortus, euthanasie, homo’s, vrije seks, drugs, pornografie, pedofilie enz. in ons land toegelaten. De christelijke voorgangers hebben ons volk zijn identiteit doen vergeten. Kennen de naam JHWH als God niet meer. De mensen… Lees Meer »

JB
Guest
JB

Pieter So gepraat van die bose dinge wat ingelaat en toegelaat word … Gister lees ek toevallig oor André Hazes van Nederland. ‘n Egbreker, dronklap en iemand wie dinge met sy skoonmoeder gedoen het of wat sy met hom gedoen het of albei. En seker nog waarvan ons nie weet nie. Die man is ‘n held in Nederland. Net soos ons, ons egbreker, Dingaan-braaier Boere-Afrikaner ‘heldinne’ en ‘helde’ hier in azani ë het. Hulle het ook ‘n terroriste Mapoeppa held. Soos jy sê: “Maar de meeste mensen zien het gevaar nog niet.” As jy die gevaar aan hulle uitwys dan… Lees Meer »

Boepie
Guest
Boepie

Die Skepper se keuse is nooit ons mense se eerste keuse nie en in die meeste gevalle ook nie eers ons laaste keuse nie. God het vir Paulus gekies wat sy volk vervolg het. Ek glo daar word met almal van ons gepraat en gewaarsku en die keuse is ons s’n om te luister en gehoor te gee aan Sy waarskuwings. Oom Adriaan, neem die droom te harte en handel daar volgens en so wil ek ook vir almal se wat drome droom en gesigte sien. Die tyd raak min.

Besoeker
Guest
Besoeker

En vir die wat weet, sal dit nie so erg wees nie. Die lamp en die lig brand binne ons, en lei ons op die pad van geestelike en fisiese veiligheid. Die terminale waansin van die boosheid kan maar om ons woed en uitkring, ons sal nie struikel of vrees of in die geringste daardeur ontsenu word nie! Die droom van die Juda leeu is ‘n mooi droom. My droom was ‘n ondenkbare nagmerrie. Ek wil dit regtig nie eers oorvertel nie. Net so kortliks: In my droom word ons mense deur ‘n Indiër aangeval. Hy het in die nag… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Vriende, gister op PretoriaFm, het die ( Boere/boere ?) Afrikaner Volksraad, by monde van Andries Breytenbach, verduidelik waarom hulle verootmoedigings-dienste, hierdie maand, reg oor die land hou ! Ek het al tevore gesê, dat elkeen moet doen wat sy/haar hand vind om te doen. Wat my egter BAIE bekommer het, was die tyd wat afgestaan is, om Prof. Raath se boek oor Siener te promofeer ? ? Daar is selfs geskimp, dat dit die MEES betroubare literatuur op die onderwerp van Siener is ? Aangesien ek nog nie sy boek gelees het nie, kan ek dus nie n objektiewe mening… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Die anc-jeugliga, wil n optog hou, om Paul Kruger se standbeeld vanaf Kerkplein te laat verwyder ? ? Onthou julle hoe Saddam Hoesein se beeld omgetrek is, toe die Amerikaners daar oorgeneem het ? Dit was oor die hele wêreld uitgesaai ! Is dit miskien wat hier ook beplan word ? Vriende, laat my toe, om namens die subras-barbaar n paar dinge te sê nl. ONS, kan nie verstaan waarom die witman nie met ons wil veg nie ? Ons het al duisende wit boere gemartel, en/of doodgemaak ! Ons het al duisende huise, besighede en plase, rot en kaal… Lees Meer »

Helizna
Guest
Helizna

Presies! Ons moet net geduldig wag…

RIGTER...+
Guest
RIGTER...+

Luther: Jesaja 63:3 Ich trete die Kelter allein, und ist niemand unter den Völkern mit mir. JESAJA 63:11-15 Toe het Sy Volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle UIT die see laat optrek het saam met die Herder van Sy kudde? Waar is Hy wat Sy Heilige Gees in hulle midde gegee het? Wat Sy Heerlike Arm laat Trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle UIT gekloof het, om vir Hom ’n Ewige Naam te maak? Wat hulle DEUR die watervloede laat Trek het soos ’n… Lees Meer »

Martie
Guest
Martie

Kommentaar word nou automaties beperk tot 1800 karakters

Martie
Guest
Martie

Heelwat mense het min of meer dieselfde drome. Het self onlangs n erge ontstelkende droom gehad. Die angs en trane,die reuk van bloed en die atmosfeer steeds by jou wanneer jy wakker skrik,selfs die reuke is daar. Wanneer jy tot bedaring gekom het,besef jy jy was n toeskouer.
Boeregroete

willem
Guest
willem

Dag

My mense

Dalk is die van die wapens wat Siener gesien het.
http://www.usnews.com/news/articles/2015/04/21/us-navy-tests-laser-weapons

Adriaan ek is maloor die man se Blog wat in die Link hier boo is.

Maak n ou bang en opgewonde om te dink/weet ons gaan die lig aan die anderkant van die tonel sien.

Groete mense bly balnk

WJK

Dirk Albers
Guest

WJK, dankie vir hierdie skakel, wat mens diep laat dink. Daar is ook gevorderde virusse wat rekenaars kan lamlê, en ek glo BAIE ander dinge, wat hoogs geheim is op hierdie stadium. Ons moet onthou dat GEEN land, sal hulle mees geheime wapens, en/of uitvindings, op die dakke verkondig nie. Jare terug het die Bybelkenners gesê, dat Openbaring se verwysings na perde ens, slegs beeldspraak is. Want hoe op aarde sal iemand met perde oorlog wil maak, met al die moderne wapentuig ? Ek glo daar is alreeds kennis en/of uitvindsels, wat die moderne wapens kan neutraliseer ! So moet… Lees Meer »