Die nag kom nader

May 3rd, 2016 by
316 kommentare | Lees kommentare
© 2017 Vaandeld Uitgewers

Die bekende geopolitieke analis van New York, Eric Draitser, wat ‘n gereelde gas op Russia Today is, het pas in ‘n artikel onthul dat Amerika al ‘n geruime tyd doelbewus besig is om Suid-Afrika binnelands te destabiliseer.

In sy nuutste artikel, BRICS Under Attack: The Empire’s Destabilizing Hand Reaches Into South Africa, beskuldig hy die CIA en Britse geheimediens openlik daarvan dat hulle met hierdie optrede beoog om in Suid-Afrika dieselfde chaos te skep as in Libië. M.a.w. ‘n Arabiese Lente.

Some Advertising Text
Some Advertising Text
Some Advertising Text

Eric Draitser is ook van mening dat die die 3de Wêreldoorlo greeds aan die gang is.

Dan kan dit nie meer te lank wees voordat “…die aarde brandslaan en Siener se gesig van ‘n aaklige oorlog ons lot sal wees nie. ‘n Oorlog waarin hy die bloed van die perde se stange sien afloop het“.)

Draitser sê: “Op die oomblik is Washington besig om ‘n ekonomiese en propaganda oorlog te voer teen die vyfblok-groep van lande, bekend as die BRICS-lande (Braziliê, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika). Brazilië en Suid-Afrika word gedestabiliseer met gefabriseerde politieke skandale. Beide lande word geteiken deur Washington-gefinansierde politici en nie-regerings organisasies. Washington versin ‘n skandaal, stuur sy politieke agente die strate in om te protesteer en hulle eis aksie teen die regering en sy nie-regerings organisasies (NGO).

“Obama het dit teen China probeer met die georkestreerde Hong Kong “studente protes”, maar die plan het misluk. Daarna het hy dit ook teen Rusland probeer met georkestreerde protes teen die herverkiesing van Poetin en het weereens misluk.

“In die onlangse maande is Suid-Afrika in die greep van groot protesoptogte, soos wat politieke magte deur Amerika opgestook word om uiting te gee aan ‘n groeiende ontevredenheid met die regering en die regerende party. Onder die oppervlak van hierdie demonstrasies wat georganiseer word rondom wettige griewe is daar ‘n duidelike ondertoon van manipulasie.

“Suid-Afrika en sy regerende ANC party is geteiken vir destabilisasie as gevolg van die land se middelklasverhouding met China en ander nie-Westerse nasies.

“Verlede jaar, byvoorbeeld, het China die VSA en die EU verbygesteek as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en die ANC is hard aan die werk om nog verdere handelsamewerking te bevorder.

(Die Obama regering beskou die DA met sy charismatiese leier, Mmusi Maimane en sy wit vrou, Natalie, as die “toekoms van Suid-Afrika  en simbool van die Reënboognasie” wat by Zuma moet oorneem om die NWO-regering te lei. Na sy toespraak in Mei verlede jaar voor die Amerikaanse Kamer van Koophandel, is hy spontaan toegejuig as die “Obama” van Suid-Afrika. Die Britte daarenteen gebruik Julius Malema weer net as wapen om die ANC tot ‘n val te bring, waarna hy natuurlik vir hulle van nul en gener waarde meer sal wees nie).

Mmusi Maimane en sy vrou Natalie

Mmusi Maimane en sy vrou Natalie -die simbool van ‘n reënboognasie.

“Die ANC regering ervaar die huidige protesaksies as ‘n ernstige bedreiging vir sy voortbestaan en ook dié van sy twee vennote, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Congress of South African Trade Unions (COSATU).

“‘n Aantal linkse groepe soos die EFF wat gelei word deur die voormalige ANC Jeugleier, Julius Malema, en die National Union of Metalworkers (NUMSA), het deelgeneem aan die protesoptogte wat afgeskop is deur studente demonstrasies teen universiteitsfooie.  Die EFF is in wese ‘n bloudruk van Robert Mugabe se Zanu-PF Party, en dis Malema se doelwit om dieselfde roete as sy leermeester te volg.

“Suid-Afrika word nou geskud deur destabolisasie. Hulle gebruik dieselfde formule as wat gebruik is om die Arabiese Lente te begin. Die leidende oorsaak van die operasie is die onlangse oproep van NUMSA – die grootste in die land – vir ‘n verandering van regime. Dit val saam met die gees van die BRICS-assosiasie van lande Wêreldwyd.

“Die destabilisasie verskil in essensie niks van die een wat Rusland nou ondervind nie. Beide kom van dieselfde ouers, die VSA en die Britse Empire in sy neokoloniale fase – gebaseer op propaganda, asook finansiële en psigologiese oorlogvoering – en beide het dieselfde oogmerk: om wettige regerings wat dreig om uit die VSA/Britse sisteem weg te breek, te immobiliseer of omver te werp. Met die projek wil die VSA en Brittanje lande soos China, Rusland, Brazilië en nou ook Suid-Afrika met massa vyandiggesinde groepe verlam as ‘n stap vorentoe na die omverwerping van hierdie nasies.

Vanderbijlpark. Die strate lê bestrooi met klippe.

“So byvoorbeeld, het hulle die verkose regering van die Oekraïne in Februarie 2014 omvergewerp en ‘n regering ingestel wat Bandera-misdadigers bevat, asook ‘n kabinet aanstelling wat deur Washington gedoen is ter voorbereiding vir die aanloop tot ‘n oorlog met Rusland.” (Eric Draitser in ‘n geopolitiese analis van New York).

Indien Draitser se waarneming korrek is, bevind Suid-Afrika hom op ‘n pad waarop hy nie meer kan omdraai nie. Ons sit dus op ‘n tydbom wat enige dag kan ontplof.

Die hegte band wat daar die afgelope twee dekades onder swart geledere was, is deur die langdurige VSA/Britse destabilisasieprogram aan stukke geruk en het die verdeeldheid byna oornag die rooi lyn oorgesteek.

Om maar net enkele punte aan te raak:

Maar ek het juis vanoggend ‘n boodskap van iemand ontvang wat sê ons moenie bevrees wees nie; sy het ‘n droom gehad waarin sy gesien het hoe Noag (God se uitverkorene) by die ark ingaan en die deur agter hom toegemaak word. Hy wag nou rustig vir die storm om los te bars.

Die persoon wie se visioen oor die aanval op blankes in die stad, het gister laat weet sy het God gevra om haar invalide moeder weg te neem, voordat die geweld losbars. Haar moeder is vandag skielik oorlede en sy het gesê ons moet van nou af altyd op ons hoede wees… Sy het in elk geval versoek dat ons by Vader moet pleit om ons dit te spaar.

(Baie belangrik: Met die eerste plasing van my artikel vroeër vanaand, het ek hierdie stukkie sensitiewe inligting aanvanklik weggelaat; maar na heroorweging besluit om dit tog bekend te maak. Ek laat my nie daaroor uit nie. Want, hetsy of dit so gaan gebeur of nie, ek berus my daarin dat wat ook al oor ons pad kom, altyd in Vader se hande is!)

Maar met al hierdie dreigende onheile wat op ons toesak en selfs die feit dat ons al in die geweerloop se bek kyk, kan ons ook (soos Noag in sy ark), bedek en veilig onder Siener se “wit seiltjie” die naderende storm afwag. Hy het mos belowe: “Ek sal jou nóóit begewe en Ek sal jou nóóit verlaat nie!”

Vir wie of wat moet ons dan vrees of bang wees?!

Leave a Reply

316 Kommentare oor "Die nag kom nader"

Stel in kennis van
avatar
1800
Sorteer volgens:   nuutse | oudste | gewildste
Adriaan Snyman
Guest

Let asseblief op: Na die eerste plasing van die artikel het ek ‘n uiters belangrike brokkie nuwwe inligting bygevoeg

Adriaan Snyman
Guest

Ek het sopas ‘n interessante droom wat ek vroeg vanoggend gehad het op HUTSPOT geplaas. Om dit te lees, gaan na NUUS op die hoofblad en klik op HUTSPOT.

Dirk Albers
Guest
Baie interessant Adriaan ! Ek dink dat meer en meer mense, begin worstel met die ” bly, of ry ” opsie. Vir baie is dit n eenvoudige, maklike besluit. Vir ander is dit weer bitter moeilik, en ons grootste probleem, is die baie vals-alarms wat ons al oor die jare gehad het. Abjater het vir ons waardevolle inligting gegee, tov die ” bly ” opsie. Persoonlik, kan ek nog nie besluit watter kant toe nie. Die argumentasies, na altwee kante toe, is baie sterk. Miskien sal die laaste oorweging, vir ons ouer mense wees : Wil ek sterf tussen my… Lees Meer »
Pierre
Guest

Hi Oom Adriaan, eerstens, dankie vir alles wat jy doen en wat jy wys vir die volk. Tweedens, as jy kans kry, wys n bietjie vir die mense hoe Luderitz groei en alles wat Oom Siener van gepraat het is besig om te gebeur daar.

Ben
Guest

Objektief gesien is hoe werkloosheoid ‘n kruitvat en Malema beskuldig die regering dat hulle te min doen om die probleem op te los. Dis ‘n werklke probleem maar hoe is Malema ‘n pion van die VSA/Engeland? Word hy finansieel vandaar ondersteun en waarom besef sy volgelinge dit dan nie? Dit lyk soos Vrymesselaar taktiek – agter die skerms geld ander lojalitiete.

Dirk Albers
Guest
Ek het Eric Draitser n paar keer al hoor praat, en hy maak n baie goeie indruk ! Obama het nou die dag, luidkeels op wêreld TV uitbasuin dat as die VSA nie die koning van die wêreld bly nie sal Sjina oorneem ! ( Hy het spesifiek verwys na die wêreld-handelsleisels ! ) Nou weet ons ook al, wie die geld beheer, beheer die wêreld. Ek dink ons gaan versnellende radikale gebeurtenisse van nou af begin sien. Nie net hier nie, maar wêreld-wyd. Kom ons probeer vriende en familie oortuig om Vaandel gereeld te lees. ( Terwyl die Skewe-beeld,… Lees Meer »
Adriaan Snyman
Guest
Ben, kyk gerus na my vorige artikel. Daar is ‘n afdruk van ‘n betalingsbewys aan die EFF van byna R9 miljoen wat via Lord Renwick as “donasie” oorbetaal is. Ek het vroeër ook al berig dat hy met sy besoek aan Engeland ‘n paar jaar terug (kan nie nou die datum onthou nie) deeglik voorberei is om die revolusie aan die gang te kry. Die VSA/Brittanje is besig met ‘n tweelede plan. Aan die eenkant word die DA befonds om die land te destabiliseer en die ANC tot ‘n val te bring, en aan die anderkant word Malema gestoot, maar… Lees Meer »
Ben
Guest

Dankie Adriaan. Ek dink aan Siener wat gese het dat die rewolusie hier van korte duur sal wees. Waarom? Omdat die massas sal besef dat Malema ook maar net ‘n pion was en dat niks aan hul situasie gaan verander nie, en omdat die wit middelklas nie verder gemelk sal kan word nie? So, sit maar skouer aan die wiel en maak ‘n positiewe bydrae tot hierdie land van melk en heuning met oorvloed sonskyn en skatte onder die grond, waarop Deut. 38 ook sinspeel?

JB
Guest
Die orkestrasie-draak waaroor Adriaan Snyman hierbo skryf het baie koppe … Hier is een van die koppe: In 1 Desember 2010 het ‘n ene Thomas C. Mountain (toe ‘n onafhanklike westerse joernalis in die Hoorn van Afrika) ‘n stuk oor Gayle E. Smith gepubliseer. Dit is getiteld Guerilla Mistress To Obama Confidant; The Life And Crimes Of Gayle Smith. Dit is te lees by: http://www.countercurrents.org/mountain011210.htm Intussen is die dame op 2 Desember 2015 as die Administrateur van USAID ingesweer. Vyf jaar later. USAID se kantoor in Azanië is by 100 Totius Straat, Groenkloof, Pretoria. Mooi snoesig so tussen die Harlequins… Lees Meer »
JB
Guest

VERVOLG
Daar is nog baie sulke koppe, soos die een reg in die hartjie van die Witwatersrandse Universiteit wat die #FeesMustFall veldtog georkestreer het/orkestreer. Aan die hoof van die kop (‘n Instituut) is ‘n Duitser. Ook snoesig, so onder die neuse van die universiteitsowerhede …
Daar is so baie koppe dat ons nie weet waar om te keer nie … Eintlik hardloop ons hier rond soos afkop-hoenders totdat ons Bartholomeusnag kom.
Ns. Ek wonder waar slaan die Gildenhuys uit met Malatji …? Ek wil ook ‘n besigheid begin en dan wil ek dit JB Matwetwe ‘Unlimited’ noem.

Dirk Albers
Guest

Wat n pragtige storie van die blanke kelnerin in die Kaap, wat deur n sub-ras barbaar beledig is, en geweier het om haar n fooitjie te gee, weens haar ” politiek ! ” Nou het mense wêreldwyd, al oor n honderd duisend rand bymekaar gemaak vir haar ! ( En haar ma ly aan kanker ! ) Hier is n les vir ons ALMAL hierin ! Uit n TOTAAL onmoontlike situasie, kan ons Hemelse Vader, n ONGELOOFLIKE wonderwerk laat gebeur !

Dirk Albers
Guest

Toe word die EFF weer deur die ” bouncers ” uit die parlement gegooi ! En hulle het beslis n regverdige saak teen die ” president ! ” ( Dat hulle miskien self net so korrup is, is nog nie ter sprake nie ! ) Maar kom ons probeer dink hoe die gepeupel al hierdie dinge beleef. Onthou, hulle kyk ook TV, lees koerante, luister radio, hou vergaderings, ens, ens. Hulle koning, malema, en sy kapteins, word skandelik behandel, en beledig, in die witman se ” parlement ! ” (vervolg)

Dirk Albers
Guest

(vervolg) Dink julle regtig die gepeupel het geloof in die witman se ” parlement ? ” Glo hulle werklik, deur kruisies op papier te trek, kan/gaan hulle lewens verbeter ? ( En dit na twintig jaar se witman-fopspene ! ) Nee wat, selfs n dom sprinkaan, gaan nie vir hierdie nonsens val nie. Hulle weet, dat daar net een oplossing is, en dit is UHURU !

simone wagner
Guest

Kommentaar word nou automaties beperk tot 1800 karakters

Clayton
Guest

Wat nou van Donald Trump.Dink dit gaan die Vrymesselaar planne lelik in die wiele ry want hy gaan die nuwe president word!!!

JB
Guest
Donald John Trump is ‘n marionet van die Jesuïete Orde se Superieur Generaal (Swart Pous) naamlik Adolfo Nicolás Pachón – Gesetel by Curia Generalizia in Borgo Santo Spirito, Vatikaanstad, Rome. Net so is dit die geval/le met Marco Rubio, Marco Cruz, Hillary Clinton en Bernie Sanders. Trump het na sy vyf jaar in ‘n militêre skool twee jaar by die Jesuïete se Fordham Universiteit deurgebring. Gaan lees ook oor die Jesuïete se Georgetown Universiteit. Die wenner van die Amerikaanse presidents-verkiesings-klug, soos nog altyd, word deur die Jesuïete Orde se Superieur Generaal bepaal. Maak nie saak wie van die bogenoemdes die… Lees Meer »
JanB
Guest
Johann Cronje
Guest
Adriaan, Dit is duidelik UIT JOU SKRYWE dat die volk vele vyande het en dat hulle vol haat is vir ons. In Deut 28 Spreek Moses ONS VOOROUERS, die Israeliete aan en vertel aan hulle soos volg : Vers 1: Moses het gesê: “As julle waarlik gehoorsaam is aan julle God YAHWEH, as julle alles doen wat sy wette sê wat ek vandag vir julle gee, dan sal julle God YAHWEH vir julle die belangrikste volk op die aarde maak.” Dit het YAHWEH inderdaad gedoen. Dit was egter baie jare gelede en die wêreld (al Israel se vyande) het alles… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest
(VERVOLG) Deut 28 :37 – “YAHWEH sal jou (Israel) na ander volke toe neem, en al daardie volke sal skrik wanneer hulle jou sien, hulle sal praat oor jou en hulle sal jou spot.” Psalm 44:11-16 – U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande, en die mense wat vir ons haat, vat ons goed. U laat ons sterf soos slagskape, U jaag ons na al die kante toe, na ander lande. U verkoop u volk vir niks, U wou nie baie geld vir hulle hê nie. laat ons bure vir ons verneder, U laat die mense rondom ons… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest
(VERVOLG) Esegiel 36 : 21-24 –“ Die volk Israel het my Naam (YAHWEH) ontwy tussen die volke waar hulle gekom het, en Ek was hartseer daaroor. Daarom moet jy vir die volk Israel sê: YAHWEH, JULLE GOD , sê: Israel, Ek sal iets doen, maar Ek sal dit nie doen om júlle te help nie, Ek sal dit doen vir mý HEILIGE NAAM (YAHWEH) . Julle het my NAAM ontwy tussen die volke waar julle gekom het. Ek sal my groot NAAM weer HEILIG laat wees, my NAAM wat julle ontwy het tussen die volke. Die volke sal weet dat… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest
(VERVOLG) Jesaja 41:8-11 – “My dienaars, mense van Israel, NAGESLAG van Jakob wat Ek gekies het, NAGESLAG van my vriend Abraham: Ek het Abraham uit ’n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’ Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie… Lees Meer »
JB
Guest
Ek luister vanoggend na RSG en toe ek inskakel was hulle besig met so ‘n islam opkikkering voor ses. Ek het nog nie die mense van Valhalla daaroor hoor kla nie … Later hoor ek ‘n kleurling en iemand anders op die radiostasie sê, dat die vrolike mannetjies wat rappie jol nie uit die kas/te mag/kan klim nie. Hulle ‘struggle’ seker ‘heavy’. Maar die vrolikes hoef nie te ‘worry’ nie want hulle sal later ‘n hele vrolike rugbyspan in die ateljee hê. Ek wonder teen wie speel die vrolike spannetjie? Nou ja, as jy dalk geaffronteerd voel oor jou lesbiese,… Lees Meer »
JB
Guest

VERVOLG
Op ‘n ernstige noot: Freedom House se hoofkwartier is in Washington DC. Dit is ‘n onafhanklike waghond organisasie wat hom toespits op wêreldwye vryheid en demokrasie. Die president van Freedom House is Mark P. Lagon, ‘n Jesuït opgeleide – Georgetown Universiteit. Hy het onder andere ook gedien as ‘Adjuct Senior Fellow for Human Rights’ by die VSA se Council on Foreign Relations.
Ja, nog een van die koppe van die drake. Reg hier onder ons neuse in Rosebank, Johannesburg wat werk vir #AllAndEverythingMustFall en derglike “destabilisering”wat moet lei na die EWO.

Abjater
Guest
Dit is ‘n stap in die regte rigting om sielkundige oorlogvoering by die destabiliseringtegnieke in te sluit. Vrees is die wapen in Malema se hande, ‘n wapen wat al lankal teen ons gebruik word. Isis het groot sukses daarmee met hulle martel en moord videos wat op die internet versprei word. Maar mense sien nie die wapen nie, en dink Malema is ‘n idioot. Vrees laat mense met net twee opsies. Veg of vlug. Die meeste mense vlug maar. So 80% vlug gewoonlik. Hoeveel van ons het al oorsee gevlug, hoeveel ontvlug die vrees deur in totale ontkenning van ons… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest

Die uitspraak van Hilary Clinton hieronder herinner ons aan die profesie van die vernietiging van Damaskus wat nog nooit vantevore gebeur het nie, maar heelaas eersdag in vervulling sal gaan.
Jes 17 :1 ‘n Uitspraak van YAHWEH teen Damaskus: Damaskus gaan ophou om ‘n stad te wees, hy word ‘n puinhoop.
http://www.globalresearch.ca/hillary-clinton-destroy-syria-for-israel-the-best-way-to-help-israel/5515741
Hillary Clinton: Destroy Syria for Israel: “The Best Way to Help Israel”

Martin de Beer
Guest

Prys die Here, die bangmaak boodskappe is oor, ons glo die Here sal voorsien en skielik verstaan of glo jy wat ek gese het aangaande Malema ‘n ruk terug, omdat ‘n Amerikaanse joernalis so se: dat hy ‘n agent is en daar ‘n derde kolonialistiese (NWO) mag aan’t werk is. Maak nie saak wie geglo word, wie nie en hoekom nie, solank die waarheid uitkom. Dankie daarvoor.

Groete

Martin

Johann Cronje
Guest
Abjater, Ons gevare is duidelik en die wat kan vlug sal, maar hoe doen mens dit wyl enige van jou geliefdes, ouers, kinders en wie ookal, nie in ‘n vermoëende posisie is om saam te vlug nie. Diegene in oue tehuise, hospitale en ander inrigtings gaan net so aan hulle lot oorgelaat word. Vir almal is daar baie onbeantwoorde vrae en gedagtes. Net die tyd sal leer. God se plan sluit ‘egter ‘n beloning in, vir diegene wat op Hom vertrou, en Hy belowe om Sy kinders te verheerlik. Ons praat van God se geheime wysheid, ‘n wysheid wat verborge… Lees Meer »
FJH
Guest

Kan ek net vra , jul almal wat “beweer” die res dwaal.
Wat beteken die woord “geloof” ?

In die afwesigheid van bewys, vind die woord ‘geloof / glo” sy bestaan.
“whatever you believe is true”, want dit is wat jy glo, hoe kan dit verkeerd wees ?

En dit is wat jul hier aan uiting gee, maar dit maak dit nie ‘n “Absolute Waarheid” nie, dit bly net jou “glo”.

Ek volstaan “Whatever you believe is true.”

Abjater
Guest

Ek is nie ‘n grootprater of ‘n sondaar of ‘n spotter nie. Ek dink voorbereiding, ook sielkundige voorbereiding, is baie belangrik.

FJH
Guest
Abjater Ek respekteer wat jy se. Kom ons kyk globaal na alles, die wereld moes al x+2-2-x jaar al ge ‘reset’ het. volgens openbare opienie. Dit bol spin nog steeds. Hoe waak ‘n mens teen die spraak van net die verkondign van plain “doom”? Daar is tog bewys daarvan in ons verlede asook die wereld se verlede, waar met elke draai van die “dekade” “doom” voorspel is, en “dit alles kom tot niks”, maar dit moet tog gebeur ne ? Dan tref ek kommentaar aan met verwysing na “http://beforeitsnew.com”. Kan die hele wereld se kennis verkeerd wees en net ‘n… Lees Meer »
Dirk Albers
Guest

Whatever you believe is true, (voeg by), for YOU, at this point in time, in YOUR life, with your revelation, education, intelligence, surroundings, history, emotions, mental and/or physical health, dreams, instincts, and hopes ! Dit is waarom daar geen twee persone is, wat heeltemal oor ENIGIETS ten volle kan saamstem nie. En dit sal so aangaan, totdat ons verheerlikte liggame kry. Diie president van die EU, het op wêreld TV erken, dat die EU n onwerkbare droom was/is ! Laat mens dink aan die toring van Babel, wat inmekaar geval het, nê !

FJH
Guest

Niks om by te voeg, “Whatever You believe is true” die ‘You’ is already there !, die klem is op die verklaring van “believe”, believe can only exist in the absence of prove. Feite bestaan met bewyse Sonder GELOOF.

Abjater
Guest

Dit is darem ‘n oulike sêding daardie FJH. Ek het ‘n website vir jou gekry wat nog sulke diep sêgoed vir jou sal genereer. Kliek net op ‘Reionize electrons’

http://sebpearce.com/bullshit/

Johann Cronje
Guest
FJH Die wat twyfel aan die bestaan van die enigste EWIG lewende God en Skepper YAHWEH sal dalk sulke vrae stel of dalk ‘n moontlike ateïs, Hoekom, wil so ‘n persoon dalk twyfel by jou ook saai omdat hy nie kan sien en glo nie. Baie mense sê – “Sien is glo” maar die werklikheid is “ Glo, is sien”. Omdat hy nie kan glo sonder om te sien nie is hy nie in staat is God te vind nie omdat hy ‘n valse metode van verifikasie van bewyse vir God soek. Hy voer ‘n stryd om getuienis te vind… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest
FJH, Jy vra “ Hoe waak ‘n mens teen die spraak van net die verkondiging van plain “doom”? – Vir meer as 2000 jaar al hoor ons die bespiegelinge en spekulasie van die “doom” wat voorspel word vir die mens op aarde en dit gegrond op die mens se eie wanbegrip en onkunde . Alles sal wel eendag gebeur soos deur die profete voorspel, maar hierdie tyds berekeningsfout maak die mens alreeds vir talle eeue omdat hulle nie verstaan wat Yahshua gesê het nie nl. Mat24 : 6 – “ En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.… Lees Meer »
Johann Cronje
Guest

FJH ( VERVOLG)

Intussen leef ons in ‘n deurmekaar wêreld en almal is gespanne want ons besef die einde moet kom, maar weet nie wanneer nie, selfs nie eers die engele of Yahshua nie. ! Mat 24:33 – So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Mat 24 :36 – MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader (YAHWEH) alleen.

Mimi Hildebrand
Guest
Ons moet onthou dat alles wat Vader Yahweh doen is vooruitbepaal. Alles volgens n plan. Vader het Sy werk gedoen in 6 dae en die 7de dag het Hy gerus. Nou lees ons in die Skrif dat n dag is soos n duisend jaar en n duisend jaar soos n dag. Ons weet dat volgens die Skrif, in Openbaring, word gepraat van n duisend jaar vrederyk, maw n 7de dag duisend jaar. Die ou verbond was om en by 4000 jaar – ons weet nie presies hoeveel nie – ons weet ons is nou 2016 in die nuwe tyd. Baie… Lees Meer »
Abjater
Guest

5776

Mimi Hildebrand
Guest

Abjater sover ek weet is daardie getal die jode se jaartal. Nie ons s’n nie.

Skaap
Guest
Ek glo ook dat die 6000 jaar naby is. Die Moderne Bybelse tydlyn het een of twee weglatings maar daar is ander Skrifte wat dit weer regstel. God het ons wel gewaarsku om nie te peuter met die dae van die week of feeste nie, om die 7 dag siklus met 13 weke seisoene en 52 weke telling te hou van die tye en die Sabat Dae. Dan het hy verder die Jubilees aangekondig wat 7 x 7 jare met een Rus of Jubilee aan die 50 ste jaar(ekstra). Tel nou terug van 2020(Nie 365.22 nie) af dan is die… Lees Meer »
Jan
Guest
Hallo Johan, baie mense weier om te glo omdat hulle nie die bewyse kan sien nie, jy kan nie elektisiteit sien nie, mikrogolwe, radio seine etc, jy kan nie walvisse hoor praat met mekaar nie, ons moet die klank vinniger maak om te hoor met menslike oor, elke druppel water in die see het mikroskopiese diertjies in, maar net sigbaar met mikroskoop, dit is dieselfe in die onsigbaar geestes wereld wat om ons betsaan en net sommig het die gawe om dit te kan sien. maar omdat dit nie gesien kan word nie, maak dit nie minder n werklikheid nie.… Lees Meer »
FJH
Guest
Abjater
Guest

Ek voel maar jammer vir mense wat aan niks glo wanneer dit skielik nag word nie. Hulle gaan geen lig in die duisternis hê nie.
Aan die anderkant voel ek ook jammer vir mense wat so glo dat hulle niks doen om hulle te beskerm nie, en geen voorbereiding tref nie. Hulle maak dit gewoonlik nie.
En hulle wat nie eers kan sien dat die skemering van ‘n baie donker nag reeds om ons neergedaal het nie.

Hinsie
Guest
Goeie more, FJH, Stem vandag met die stelling van u saam: “Whatever You believe is true” U sien jaaarre gelede was dit nie so nie. daar is mos 2 “stelsels” in die wêreld. Stelsel 1: Die prioriteite in mens se lewe: a) GOD (heelbo omvat alles) b) Godsdiens, ‘kerk’ ens. c) Volk, Taal, Ras en die sort dinge d) Familie, gesin, pa, ma, ens. e) Werk f) Stokperdjies, sport, ens. g) Ek h) Geld Stelsel 2: a) EK, GELD b)Godsdiens, ‘kerk’, ras, werk, gesin, Volk, Taal, en die soort dinge alles ondergeskik aan a) Dit is darm seker heel duidelik… Lees Meer »
Hinsie
Guest
O, ja, nog so dingetjie. Dit is darm ook heel duidelik dat die spul besig is om tot niet te gaan. (Polities, ekonomies en godsdienstig). Die nag kom nader. Keer kan mens nie meer keer nie, het probeer maar dit is ‘n dooie verlies. Nou los mens die spul, emm’s net uit, en berei voor vir die dag wat daar niks meer is nie. Die lotte kan maar lag en spot en doen net wat hulle wil, mens los die goed net uit en gaan maar aan op jou eie tyd. Dit is dan ook waar die ‘chip’ in kom.… Lees Meer »
JB
Guest

Kyk net hier hoe was Die Vierkleur en Die Vlag van die Oranje Vrystaat weereens verkrag … Nogal by ‘n Gelofte’fees’ …
https://www.facebook.com/www.lankverwacht.co.za/photos/a.882799375168534.1073741837.780863625362110/882799585168513/?type=3&theater
Ek noem dit verkragting deur die “Doringbos”.

Kiepersol
Guest
Juf Ehlers se, die enigste rolbos is te vind tussen oom se ore. Graag wens sy almal hier se aandag te vestig op welke wyse julle die nagedagtenis van oom Siener….en die Boerevolk se karakter verkrag. Lees asb al 44 bladsye van: – Die Ou Man ( DOM ) se bydrae of inset in: Boerevryheid – Israel Waarheid. Ek en my twee maatjies skaam my vir jul slangsaad evangelie. Wens oom Adriaan raak nou eens en vir altyd van jul spul imposteur Jode wat in selfbedrog lewe – ontslae. Die blad gaan immers oor oom Siener…en nie jul bokhoring trompetgeskal… Lees Meer »
Dirk Albers
Guest

JB, jy het nou weer litdorings raakgetrap ! Die ” doring-bos ” mense, is n werklikheid, en hulle is beslis in die meerderheid. Maar hulle raak meer en meer benoud, want aan die een kant, is malema, met sy bloeddorstige miljoene. En aan die ander kant, is die blanke patriotte, wat BAIE kwaad is. En hulle verstaan wat die Banvloek is, en is bereid om dit op hulle vyande te bestel !

Dirk Albers
Guest
JB, ek het n groot probleem met die RSA/NP vlag ! Dit is tog onder hierdie vlag, dat die NP, met hulle onverskrokke kriminele, die land uitverkoop het. Jong mans, verniet op die grense laat sneuwel het. En die ” geestelike leiers, ” ons met die Bybel onder die arm, na die slagpale gelei het ! Hoe kan enige mens trots wees op hierdie vlag ? ? Maar ek kan sien, hulle wil die net WYD uitgooi, want selfs n Gelofte-fees kos ook maar geld, nê ! Die probleem is egter baie keer : As jy vir almal iets probeer… Lees Meer »
Skaap
Guest
Naand Vriende, Ek lees deur en sien baie aanmerkings en opmerkings wat ek mee saamstem en dan sien ek ook baie mense wat regtig nie die beginsel van sekere dinge verstaan nie. Ek doen reeds lank navorsing ten opsigte van die bybelse profete en die tekens van die tye. Eers aan die einde van my soektog het ek werklik begin nalees na Siener se visioene. Ek gaan dus nie hier probeer om ‘n debat te wen nie maar wil bloot ‘n paar dinge wat soms oral misgekyk word weer probeer in perspektief bring. (Dit beantwoord dalk sommige vrae wat mense… Lees Meer »
Skaap
Guest
Ek voel dat ek persoonlik kan identifiseer met Oom Niklaas. Vir die wat nie geleerd is nie, soos ek, Siener, is die Bybel amper maklikker verstaanbaar en omdat daar nie allerande invloede was(of is)nie, moes ons self die paralelle trek. 1. Moet nie net aanneem dat jy die Woord verstaan nie. Die Heilige Skrifte is ‘n baie meer letterlik en baie gesofistikeerd in die voorlegging van numeriese waardes, Simbole en Profesiee as wat ons verstaan. Slegs in die Gees KAN ons dit verstaan. 2. Vandaar die verskeie “Opinies” oor die eindtye. Die Bybel, Jesus en al die profete waarsku ons… Lees Meer »
Hinsie
Guest

Goeie more,
Oom Adriaan en ander Vaandels. So vinnige vraagie. Aanhaling uit oom Adriaan se vorige skrywe:
“Die IT spesialiste kry toe opdrag om binne 9 maande ‘n nuwe geldstelsel wat oor die hele aarde gebruik gaan word, gereed te kry.”
Dink u nie dit is dalk hierdie Bitcoin ding wat nou so opgang maak nie?
Ja, ons ou tydjie is voorwaar baie kort op die huidige ‘stelsel’
Groetnis.

JB
Guest
Insake die verkragtingsaak verder op hierbo: Die Nasionale Vlag van die Unie van Suid-Afrika (Oranje, Blanje, Blou) was op 30 Maart 1928 in Havanna, Kuba vir die eerste keer gehys. Hoe ironies? In Kuba …! In Suid-Afrika was die eerste amptelike hysing van dié vlag op 31 Mei 1928 gewees. Dié vlag opsigself was alreeds ‘n verkragting van Die Vierkleur en Die Vlag van Die Oranje Vrystaat. Saam op die vlag was/is ‘n Union Jack. Wat ‘n vernederende en skandalige toedrag van sake. ‘n Vlag vir die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverraaiers – Kaapse Rebelle uitgesluit. Na… Lees Meer »
JB
Guest
VERVOLG So was Die Boervolk gestoomroller met die Republiekwording in 1961 en toe weer met die twee JA-stemme in 1983 en 1992. (In 1961 het “Woer-Woer” [Krediet aan Theuns Cloete van die Transvaalse Separatiste] maar net aangestoomroller met die Nasionale Unievlag en ook geen poging aangewend om Die Boere Republieke te herstel nie.) Gestoomroller deur die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverrraaiers se meerderheid. Daar word van die Nasionale Unievlag gepraat as ‘n ‘kompromievlag’. … Dit was geen kompromie nie, dit was verdere onderwerping van Die Boervolk. Die Boervolk het geen kompromie aangegaan nie. Dit was ‘n stoomrollervlag.… Lees Meer »
JB
Guest
VERVOLG Gaan lees onder andere ook by: http://www.boerevryheid.co.za/forums/archive/index.php/t-24081.html http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=3660:clem-de-klerk-se-bogpraatjies-bluf-nie&catid=16:artikels&Itemid=12 – Hier word ‘n ene Adriaan Pont ook bygesleep. http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=176:1808201001&catid=59:laaste&Itemid=109 – Hier word daar onder andere verwys na “die “naïewe” mnr Clem de Klerk”. Ja, “waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie” … Dit nou die man van Bravoland met sy Bravolandvlag en sy Bravoland volgelinge met hul gastehuise so oorkant die eNGee Kerk endiesmeer/derglike plekke en so aan in stede, dorpe, plase en ander plekke, en wat sommer die Boerevlae saam met die bogenoemde Unievlag en Kamma Bravolandvlag vertoon. Verkragting. Ns. Die aanvaarding van die Vrymesselaars se ‘Die Stem… Lees Meer »
Dirk Albers
Guest
Ek het lank terug n praatjie gehoor, waar heraldiek-spesialiste interessante dinge gesê het nl. Die insluiting van die ” union jack, ” in die sogenaamde Republiek-vlag, was belaglik verby ! ( soos om n kruis op n bordeel se deur te sit ! ) Maar die mense is bedrieg, deur te sê, die union jack is maar net daar, om die engelse mense beter te laat voel ? Die eintlike rede was, om subtiel te beaam, dat die Britte steeds die RSA regeer, ten spyte van al die republiek-nonsens ! Ek het al ondervind, dat mense wat hierdie vlag aanbid,… Lees Meer »
JB
Guest

Dirk

Snaaks hoe woorde in groepe voorkom. Nou weer: Union “Jack”. Onthou jy die Lieg “Jack” storie van nou die dag? Dieselfde Lieg “Jack” is nou weer hier doenig … hy lieg so baie dat hy nie meer weet of hy nou “Klein Jack” of groot Jack is nie …

“Doringbos” Jack …

Groete

JB
Guest

Dirk Albers

“Juf Ehlers”, die ‘dame’ Cussonia Spicata en vrindinne se liddorings is so erg, so saam met die skurf’geit’, dat hulle hul skoene van binne af deurloop.

Groete

JB
Guest

Ek lees nou net by Stakings-Suid Afrika:

“Migdol, Lichtenburg. Situasie ruk handuit. Onluste polisie oppad.”

“KENNISGEWING! Moet asseblief nie die Schweizer-Reneke/Delareyville pad gebruik nie. Betogers is besig om die pad op Migdol toe te maak met klippe ens.”

Dit nou in die laaste uur.

Ek noem dit spesifiek want Migdol is mos die plek waar ons bymekaar gaan kom …

Dirk Albers
Guest
JB, ek dink nog steeds, dat iemand op n veilige plek in die Karoo/Weskus store moet bou, sodat Volksgenote, wat nie nou al kan trek nie, ten minste lewensmiddele kan gaan stoor. En ek kyk daarna, in terme van die oorlewing van ons Volk. As dinge regtig skeef loop, gaan duisende mense vlug, met net die klere aan hulle lywe ! As ek n miljoenêr was, sou ek dit lankal gedoen het, want die blanke ras moet oorleef in hierdie land. Ek is nie oortuig, dat ons in dorpe/stede sal kan oorleef, as alles in duie stort nie. En dan… Lees Meer »
JB
Guest

GEDAGTES
Veg, vlug, verstar.
Staan vas, klap tone, val flou.
Rug teen die muur … Veg!
Broeksak, gatsak, knapsak, baalsak, grypsak.
Sanna, rollie, kogels.
Water, pap, biltong, beskuit.
Bakkie, matras, brandewyn, ‘tool’boks.
Hoed, vellies, kombers, groet.
Platsak vir haak en Venter, wat nog Prado, Patrol, Cruiser, Fortuner?
Sak-Sarels van Groter Orania, Kleiner Fonteinia, grootbekia, geldmakia, boelsjitia.
Wil nie daar gania.
Ook nie Upington-Oos nie ja …
Wie se plaas ja?
Nou, hoe nou ja?
Jan Tuisbly se karretjie met Sanna, Bid en Biblia …?

wpDiscuz