Huldeblyk aan volksmoeder en haar kind

October 11th, 2015 by
Geen kommentaar | Lees kommentare
© 2017 Vaandeld Uitgewers

Vandag presies 116 gelede het die Tweede Vryheidsoorlog begin (11 Oktober 1899.) En byna drie jaar lank het ‘n handjievol “agterlike kruisband- en velbroekdraers” (Lord Roberts se woorde) die magtige Briste Empire só rondgejaag en verrinneweer dat die einste Roberts die vernedering nie langer kon verduur nie en op 8 Junie 1900 besluit het om hom op sy teenstander se weerlose vrou en kind te wreek. Lord Kitchener het dit later uitgebrei. Eers tóé is die Boerestryder se gees geknak.

Die oorlog is lankal verby, die stryders almal in die graf, maar die wraak op daardie pioniersvrou se agter-, agternasaat het nog nie geëindig nie. Vandag word dit net nie meer in konsentrasiekampe en deur ‘n Roberts of Kitchener voortgesit nie, maar span die Empire sy broer en beste vriend daarvoor in die swart barbaar.

Daarom wil ek vandag eerstens op die spoor van hierdie pioniersvrou terugloop om net weer ‘n slag in haar teenwoordigheid te wees ‘n mens, veral ‘n man, vergeet so maklik.

En tweedens kyk Don Booysen vir ons na nog ‘n handjievol kruisband- en velbroekdraers wat skaars 12 jaar na die Empire se valse Vredesluiting in 1902, op 26 November 1914 nie net weer teen die Empire opgestaan het nie, maar nou ook om te rebelleer teen die rugstekers en verraaiers in eie geledere — Louis Botha en Jan Smuts.

Maar minder as twee maande na die begin van die Rebellie moes hulle, op 21 Januarie 1915, die wapen by Upington neerlê. Beide Botha en Smuts was daarvan oortuig dat die opstand misluk het.

Tog het die Godsman en profeet, Siener van Rensburg, wat die tog met hulle meegemaak het, geprofeteer dat daardie oorgawe net die eerste tree was na die finale oorwinningsfees wat hier in die suide gaan plaasvind op ‘n galery wat vanuit die noorde sou neerdaal en volgepak is met ‘n blou-oogkinderskaar in wit klere. Op die galery was ook uitgestal al die toebehoorsels van die Tabernakel, nl. die Lampstaander, Goue Kandelare en Tafel met die Toonbrode…

Die teenwoordigheid van hierdie toebehoorsels is vir ons ‘n aanduiding dat God dan self by sy kinders sal woon: Openbaring 21:3 “En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.”

Maar tot dan sou hierdie pioniersvolk deur elke nasie verstoot, gehaat en vervloek word; sou hy op elke denkbare manier kasty word.

Hoekom?

Want net soos die vink en die swawel, net soos die vy en die druif, wou hy ook, soos sy God hom beveel het, soort van sy soort voortbring. Maar daarvan wou die wêreld niks weet nie! Hierdie vyeboom moes ook gifappels voortbring. En omdat hy nie wou of kon nie, is hy herhaaldelik deur menige van sy eie stamgenote in die rug gelem; en weer en weer verraai; hulle het hom deur die meule laat gaan, tot fyn stof gemaal en is hy deur die wind weggewaai — of so het almal gedink en saamjuig: “Dank die Here, die vyeboom is dood!”

Maar hoe sterf ‘n stiggie wat God Self van die boom van die lewe se edelhout gesny en in sy Tuin geplant het? Geen wind en weer, geen droogte kan keer dat dit op sy tyd vrug sal dra nie.

Die Empire en die wêreld het dus verniet gejubel, want wié kan sy vyeboom wat Hyself geplant het, ontwortel?

As daar met Siener gepraat is oor sy volk se swaarkry, ontberings, beproewinge en diepe smart, was sy woorde altoos: “Ons mans het ook swaargekry, maar ons vroue het die meeste gely … en hulle is ook meer standvastig in die geloof as die mans.”

Skaars elf dae na die uitbreek van die 2de Vryheidsoorlog, het hy een nag by Taung hierdie lyding in ’n wroegende tafereel voor hom sien verbygaan, en dit die volgende môre só aan genl. De la Rey beskryf:

“…ek sien ons vroue en ons kinders in hulle honderde en duisende saamgebondel. Ek kan nou nog die kindertjies hoor huil. Die vroue was ook vol verdriet en wanhoop; en soos hulle aangejaag word, sien ek net ons huise en lande brand, ‘n vuurgloed van horison tot horison — alles toe onder rook en vlamme… Dit was verskriklik, Generaal!”

Die lyding van vroue en kinders binne en buite die kampe was ‘n belangrike deel van hierdie gesig.

Nie lank daarna nie, verskyn die visioen weer aan hom, aanskou hy die louter angs en verwildering van ’n verjaagde volksmoeder en kind: “Van die westekant af kom vrouens en kindertjies aan. Daar is baie en hulle vlug. Ek sien die hele aarde is pikswart. Ek sien groot verwoesting oor die hele land…”

En terwyl hy sy trane afvee, bring hy hierdie belofte van sy God aan hulle: “Hy sal dit nie oorsien nie. Kyk, elke maal as daar ’n groot wêreldgebeurtenis kom, dan word kinders en vroue vermoor, en dan volg die straf gewis.”

Maar na daardie eerste gesig van die vuurgloed oor die land, sou elke nuwe dag vir ons vrouens en kinders twee en ’n half jaar lank sy eie verskrikking, smart en lyding baar; sou hulle enigste metgeselle die dood, honger en onmenslike vernedering wees.

En dis omrede hiervan dat die Boereleiers daar by Vereeniging die stryd gaan opsê het; hardop gehuil het terwyl hulle die vyand se voorwaardes moes aanhoor en onderteken. Maar nog ’n lang tyd sou verloop eer hulle uiteindelik na vrou, kind en murasie kon terugkeer — sommige van ver anderkant vreemde waters, en plekke met nog vreemder name — Bermuda, Ceylon, Sint Helena.

Intussen het die joiners, meelopers en verraaiers die gerief en rustigheid van hul ongeskonde eiendomme opgesoek om behaaglik hul Judasloon te geniet.

Verslae, ontgogeld het die Boervrou in die moordkamp die onbegryplike ‘vrede’ in stilte aangehoor — haar daarin berus as die wil van haar God; maar omdat sy haar hele lewe lank as pioniersvrou aan ellende, stryd en dood gewoond was, het sy ook by hierdie tafel wat met sy bitter spys van pyn, smart en trane vir haar gedek was, gaan aansit.

Generaal Jan Smuts het later in wanhoop en te midde van die geweldige geestelike aftakeling by sommige van die manne só oor die oorlog skryf: “Die gees van Suid-Afrika is vermorsel deur die teleurstelling, die vernietiging, die verliese van die verlede… Ek sien geen ligstraal in die toekoms nie… Suid-Afrika is op die afdraande. Die hele land herinner my aan die sombere reël van Keats waar hy praat van ‘the weariness, the fever and the fret. Here where men sit and hear each other groan’…”

(Maar skaars 12 jaar later sou hyself van moeder en kind se bittere lyding vergeet, sy gesig wegdraai en met ‘n dolksteek in die hart hulle weer aan dieselfde vyand uitlewer).

So het die son dan op 1 Junie 1902 oor Suid-Afrika, bedek met ‘n laferdoek, opgekom.

Dié Suid-Afrika wat Rhodes, Chamberlain, Milner, Roberts en Kitchener hulle eie wou maak, so lank oor gedroom en twee en ‘n half jaar lank voor geveg het.

Lange dae het die ossespanne van die Repatriasie Departement die vlaktes oorkruis terug huis toe, terug na die uitgestrekte genade van haar God. Maar in haar Boerehart het dit geskrei. Die ysige wintersomberheid het soos ’n loodgrys wolk oor die grafstil landskap gehang. Dit was werklik winter in die hart van die Boervolk. Die rypbedekte vlaktes en bulte het soos ’n kombers van verlatenheid oor die gewese Republieke gevou.

Selfs die veroweraar kon dit nie glo toe hierdie verswakte, uitgeteerde skaduwee van ’n mens die pad vat om by haar huilende wildernis, stoppelland, ashoop en murasie te kom nie.

Dit was asof die militêre neerlaag manne soos Smuts verpletter het.

Maar nie die vrou nie. Daar was geen insinking by haar nie, geen tree op moedverloor se vlakte nie. Met stille vasberadenheid is woordeloos oor die swart, verwoeste landskap teruggekeer huiswaarts.

In maanlignagte het die wawiele deur verlate dorpstrate geknars, met weerskante troostelose donker murasies; ook kerkgeboue was in puin, verminkte, godverlate altare. Selfs die kloktorings het haar met skrik vervul soos donker spiese het dit na die hemelhart geboor.

Die wiele het voortgestamp en na uitmergelende dae, weke het sy haar verwoeste tuiste in die koue voordagskemer sien opdoem. Stom en net met ‘n traan op die wang het sy die landerye aanskou, gestroop van alles behalwe onkruid; die vrugteboord was weg, as vuurmaakhout uitgekap; die ryke troppe skape en kuddes beeste nêrens te sien nie, met net die grafte van dierbares en kamerade as verlate monumente en getuienis van duisende verskeurde Boeregesinne…

Vrou-alleen was sy en haar kind die erfgename van ’n geplunderde, gegeselde en verkoolde aarde.

Stilsit en wag vir die man se terugkeer — dit sou nie deug nie — alles rondom haar het gesug en gepleit om herstel en heling…

Sy het die wrede werklikheid gadegeslaan, met oorstelpte, vreesbevange kinders wat aan haar rokspante vasklou.

Alleen moes sy vir hulle onderdak vind in die half-verbrande oorblyfsels van ’n eens welvarende woning — meermale was dit die stal, vervalle buitekamner of tent wat as tuiste moes dien.

Net soms kon aan die veraf blik in die oë, of die skielike pyntrek om die mond wanneer besoekende kinderstemme in haar leë huis opklink, die diepte van haar onnoemlike leed gepeil word die verlange na haar eie kroos wat nie meer daar was nie.

Min wetend dat donkerder dae nog voorlê…

Maar emosionele uitbarsting was vreemd aan haar. ’n Latere Britse eerste minister, Ramsay Mac Donald, het pas na die oorlog daarvan getuig:

“Ek het haar in haar huis ontmoet, in die kampe, op die plaas, en sy was altyd … daardie stil engel wie se droewige kyk versrkikliker was as die bitterste woorde.”

Die Britse geskiedskrywer, L.S Amery, kon nie woorde vind om sy eerbied en meegevoel vir hierdie tenger kappiedraer se moed en onvernietigbare gees uit te druk nie; stomgeslaan het hy haar ywer en geesdrif aanskou waarmee sy op die verwoeste puinhoop van ’n leeftyd se arbeid, ’n nuwe begin wou maak.

In die amptelike verslae van Britse magistrate staan dit opgeteken dat weduwees en vroue van krygsgevangenes sonder trekvee, sonder saad, implimente en werkvolk, self ingespring het om tog iets in die grond te kry voor die einde van 1902 se ploegseisoen.

Waar het hierdie Boervroue die moed vandaan gaan haal om wat die Britte self as ’n vergeefse stryd beskou het, aan te pak en deur te voer?

Sy het haarself en haar volk stadig maar seker uit die asse van twee en ’n halfjaar se berowing, haat en kastyding, weer opgerig.

Tog sou die jaar 1903 haar moed, wilskrag en deursettingsvermoë tot die uiterste beproef, en al die werk van 1902 ongedaan maak. ‘n Knellende droogte, die ergste in menseheugenis, het sy somber net oor heel die twee verowerde Republieke uitgegooi. Van Januarie tot September 1903 het slegs 8 duim reën in die Vrystaat geval vergeleke met die gemiddeld van 24 duim vir die jare vóór 1900. Die mielie- en koringoeste het op die lande verdroog. Diere het gevrek. Groentetuine weggekwyn. Kos het opgeraak; voedselpryse die hoogte ingeskiet, en één maaltyd per dag, was al waarvoor sy gehoop en gebid het.

Buitelanders, meestal Engelssprekend, het die stille lyding gadegeslaan, en die swaarkry in die koerante rugbaar gemaak.

Maar omdat hulle nooit self gekla het nie, is die koerantberigte deur die Engelse owerheid as vals en sensasioneel bestempel.

Toe het Emily Hobhouse, wat reeds die Boervrou se siel geken het, self die verowerde gebiede deurreis om vas te stel wat die waarheid is.

So arriveer sy een middag met sonsondergang anderkant Middelburg by die Haupt-gesin. Hulle het al hul besitting in die oorlog verloor en in die stal woonplek ingerig. Aangesien Emily haar gasvrou nie ongerief en verleentheid wou aandoen nie, het sy aangebied om op haar muilwaentjie te slaap. Maar daarvan wou die gasvrou niks hoor nie, en Emily moes die nag binnenshuis deurbring — op die enigste katel.

Later skryf sy aan haar tante: “Vroeg die volgende oggend is ek met my sketsboek die veld in. En by my terugkeer vind ek die gesin besig met oggendgodsdiens. Hulle het ‘n Psalm gesing en in gebed dankie gesê vir kos, klere en onderdak”.

In Dullstroom tref sy ’n verskynsel aan wat hom oral op haar pad geopenbaar het. Vroue vertel van die leed en swaar van hul buurvroue en pleit dat sy tog iets vir hulle moet probeer doen, en dit terwyl hulle eie swaarkry en ellende veel erger was as dié van hul bure!

“Op hierdie trant kan ek nog bladsye lank voortgaan met verhale van lyding en heldemoed op die eensame plase,” skryf Emily, “die stil kinderkamers en die harde werk, in weerwil van die feit dat selfs die natuur sy rug op hulle gedraai het. Die vrou het al die swaarkry deurgesien sonder een enkele klagwoord, sonder murmurering.”

Is dit hoekom Siener bewoë gesê het ‘ons vroue (en kinders) het die swaarste gekry’?

Die Boervolk het in daardie veelbewoë worsteljare deur verraad sy vryheid verloor, maar deur sy vrou sy siel en sy geloof behou.

Siener bevestig dit ook in ‘n gesig wat hy op 10 Mei 1925 gehad het: “In Europa is groot zwaar onweer en die lichte slaan achter die wolke uit. Toe breek die dag en die luch word skoon. Toe kom ’n seroetmandje in gezich en ’n vrouw met wit klere zit ’n wit bos blomme in die mandje, en die mandje draai in die rond (daar is ‘n tydsverloop.) Toe is dit die Vierkleur wat in die mandje is.”

Hy sê terwyl daar nog ‘n hewige oorlog in Europa woed, breek die dag al by ons (hier is vrede); die uitgereënde wolke beteken ons swaar is nou vir altyd verby. Die seroetmandjie (‘n tregtervormige mandjie) is in Siener se tyd gebruik om vrugte in te plaas — en hy sien dit is dié deel wat ons vroue bygedra het tot die verkryging van ons vryheid.

Maar vóórdat daardie dag aanbreek, sou elke nuwe seisoen nog sy eie kwota Judasse, meelopers, verraaiers en join ers oplewer.

Ek sluit af met die woorde van ‘n oud-stryder wat na sy terugkeer uit Bermuda verstom gestaan het oor alles wat sy vrou en twee dogters vingeralleen op sy verwoeste plaas verrig het. Die woonhuis is herstel; die landerye geploeg; ‘n vrugteboord aangelê  en uit die kraal het ‘n bees gebulk.

Hy het later aan ‘n vriend op Bethlehem gesê: “God alleen weet waar hulle die krag, moed en deursettingsvermoë vandaan gekry het! Ek weet nie…” En toe het hy bewoë bygevoeg: “Ja, alles is nog nie verlore nie, solank ons nog ‘n moeder en kind het wat ons Skepper in die oë kan kyk, is daar hoop vir ons volk. En sowaar as ek leef, waar ek ooit weer ‘n moeder of haar kind mag raakloop, sal ek ‘n oomblik stilstaan en my hoof buig omdat ‘n sigabare engel van hierdie wêreld my pad gekruis het…” (My dank aan Karin Strydom vir haar insette)

 My ‘flentergat’-volk se stryd

Die 100-jarige herdenking van die 1914 Rebellie het gekom en gegaan sonder enige skrywe, oorsig of samekoms. Was die Rebelle afstemmelinge dan skaam oor hulle oupas se ‘agterlikheid’ of die van die regeringsgesindes oor die verraad teenoor hulle medevryheidsvergters van die Anglo-Boereoorlog?

Op 2 November 2014 het ek en my vrou Alta, ’n dowwe, amper vergete trekspoor van die sonderlinge Kemp/Sienier-groep nageloop vanaf Vleechkraal by Sweizer-Reneke, verby Kuruman, Witsand, Kheis, Upington, Rooipan tot by Jerusalem in Suid-Wes. Mens staan verwonderd oor die ‘Godsonmoonlike tog’ as jy onder die ongenaakbare son deur klipvelde, sandduine, swarthaak- en driedoringvlaktes die geloofspoor navolg; eers dan word jy onweerlegbaar bewus van die grootsheid van die daad.

Rebellie-van-1914
Tydens die tog deur die Namib het dit in een stadium so haglik met die Rebelle gegaan dat hulle tonge weens gebrek aan water aan hul verhemeltes vasgekleef het, en uit radeloosheid het hulle toe van die handperde slag en die bloed gedrink om nie van dors om te kom nie.

Tóé kon die profeet nog sy perd se maanhare sien; maar in die donker dae wat nou kom, kon hy nie sy hand voor sy oë sien nie.

Die hele doel en betekenis van die Rebellie wys vooruit na die toekoms. Êrens lê daarin’n geheime boodskap van hoop vir hierdie Volk van my.

Toegedraai in tyd, lê ook die voetspore van ’n nederige ou man, wat een of ander hedendaagse intelektuele profeet as ’n ou ‘Flentergat’ beskryf. Dieselfde ou man by wie ‘Slim Jannie (Smuts)’, een van Cambridge se drie mees intellektuele ‘reuse’ om raad gaan aanklop het. Hy wat moeilik slegs die Skrif kon lees, maar geroepe was om vir sy medevolksgenote se nasate ’n boodskap van hoop te bring.

Gaan ondersoek gerus hoeveel van sy gesigte reeds is bewaarheid.

Soos hy gesien het, staan ons “Flentergat”-volk vandag verslae, vergete, gehate, verarm en moedeloos, terwyl ons met “die hoed oor die oë…” leierloos (genadiglik) koersloos ronddwaal.

Die etopie van wat die intellektuele heldersiendes geprofeteer het, is ’n rioolput.  Koorsagtig word die Nuwe Wêreld Orde, kerke, rykdom, Jodedom, Illuminati, Vrymesselaars, Vrede, Here (Baäl), Wegraping, bloedmane, toordokters, predikante, priesters, pastore, hoerreerders, Koi-San-gene nagejaag en verheerlik tot ‘redding’.

Nou wil die pendelprodusente (voorheen bakkieboere) meer blanke simpatie opwek, want 50 % van hulle rykdomme (meestal verkry deur gatkruipery of voorvaders se ‘joiner’- of verraaierhandeling) kom in gedrang. In dusende trek hulle op na “when we…”-byeenkomste om daar in die oor gestreel te word oor hoe hulle as ‘skuldiges’ alles moet uitdeel en die koperkappel aan die boesem moet vertroetel

Sal daar dan nie ook ’n slagting by die spruit Kison plaasvind oor die gruwelike geraas voor Sy aangesig nie?

As flentergat sal ons maar die spoor soek van ’n Siener se halfvergete profesie van VRYHEID vir die Boervolk. ’n Volk wat gebore is om te lei, nie een wat volg nie. Met ’n vryheidsgees wat net sal buig en kniel voor YHWH, die Elohim van Abraham, Isak & Jakob. Teen die hele wêreld vry! Don Booysen.