Geneties-aangepaste voedsel veroorsaak kankergewasse in rotte

Sep 25th, 2012 by
Geen kommentaar | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

‘n Franse span deskundiges, onder leiding van ‘n molekulêre bioloog Gilles-Eric Seralini het na ‘n 2 jaar lange studie op rotte tot die gevolgtrekking gekom dat Geneties-aangepaste (GA) mielies gewasse en skade aan verskeie organe veroorsaak. Vroeëre studies was gebasser op 90-dae lange proeftydperkte – hierdie studie is die eerste van sy soort wat die impak van GA voedselsoorte op die totale leeftyd van rotte ondersoek. Dr Michael Antoniou, ‘n molukulêre bioloog by King’s College in Londen en ‘n deskundige op GA voedsel skryf:

“Dit dui aan op ‘n uitsonderlike aantal gewasse wat vinniger en meer aggressief ontwikkel – veral in wyfies. Ek is geskok deur die geweldige negatiewe uitwerking wat dit op gesondheid het.”

Die mielies wat gebruik is in die eksperiment, was ‘n Monsanto-aangepaste variasie wat spesifiek ontwikkel is om glyphosate te kan weerstaan, ‘n chemikaliee teenwoordig in die onkruiddoder Roundup.

In die studie was twee groepe rotte gebruik. Die resultate van GA gevoerde groep, asook die uitwerking van Roundup inname direk en deur water, is vergelyk met ‘n beheergroep sonder enige GA of Roundup.

Die volgende konklusies is bereik:

Kritiek op die ondersoek kom onder meer van Anthony Trewavas, ‘n professor in selbiologie by Edinburgh Universiteit, wat Seralini se resultate afgeskryf as normale manifestasies van gewasse in die spesifieke rottebevolkingsgetal. Hy meld ook dat professor Seralini, voorheen anti-GA veldtogte ondersteun het en dus moet sy gevolgtrekkings ook verder onder verdenking geplaas word.

DailyMail