Geneties Aangepaste koeimelk ontwikkel vir borsvoedmelk

September 30th, 2012 by
Geen kommentaar | Lees kommentare
© 2018 Vaandeld Uitgewers

In ‘n poging om alternatiewe bronne vir borsvoedmelk te ontwikkel, asook die verryking van bestaande babamelk het  ‘n span wetenskaplikes onder leiding van Professor Ning Li, die eerste suksesvolle kombinering van menslike gene met koei in ‘n eksperiment uitgevoer. Daar is tans nog heelwat kritiek oor die swak gehalte van “formulemelk” (babamelk); en hierdie nuwe produk mag dalk net die oplossing wees.

Proferssor Li is egter van mening dat die melk geheel en al veilig is en daar word gehoop om sommige van die implimenterings van die navorsing binne die volgende drie jaar komersieël aan te wend en oor 10 jaar behoort alternatiewe GA koeimelk-produkte op die meeste winkelrakke beskikbaar te wees.

Nietemin, as gevolg van die kontroversie met verskeie GA-voedselsoorte wêreldwyd, het hierdie oplossing geweldig onder die spervuur gekom. Op die oomblik is China die leier op navorsingsgebiede in GA-voedsel as gevolg van sy minder streng regulasies as byvoorbeeld Europa waar dit geweldig teenkanting ondervind.

In die proses word menslike DNA in Holstein-melkkoeie geplant voor die GA-embrios oorgedra is na surrogaat koeie. Die koei wat deur hierdie klonings proses ontwikkel word se melk bevat ‘n menslike anti-mikrobiese proteien, genaamd lysozyme wat in groot maat in borsmelk gevind word. Hierdie proteien help om kinders te beskerm van bakteriese infeksie in hulle vroeë dae.

‘n Ander variasie op die GA Holstein-koeie het weer lactoferrin geproduseer in hul melk wat sal help met die immuniteits-ontwikkeling in babas. In proses is melkvet met sowat 20% vermeerder, asook die onoplosbare melkbestanddeelvlakke om dit nader te bring aan die samestelling van borsmelk. Die melk is dus baie ryker as normale melk.
Hierdie suksesvolle eksperimente het Professor Li en sy kollegas by die GenProtein Biotegnologie maatskappy tot die gevolgtrekking laat kom dat gewone koeimelk deur GA-prosesse suksesvol in borsvoedmelk omskep kan word. Sowat 300 koeie en drie generasies is deur die metode gevorm.
Maar die “suksesverhaal” het nie sonder kommerwekkende probleme gepaardgegaan nie. Tydens sommige van die eksperimente is 42 “transgenetiese” kalwers gebore waarvan net 26  oorleef  het, die meeste met maagdermkanaalsiektes. Binne die eerste ses maande het ‘n verdere halfdosyn gesterf aan verskeie ander kwale.

Daar word aanvaar dat die huidige kloningtegbnologie die ontwikkeling en leeftyd van diere geweldige kan beïnvloed, maar die redes hiervoor is nog onseker.
Hellen Wallace, die direkteur van die biotegnolgiese groep GeneWatch het onder meer gemeld:

“We have major concerns about this research to genetically modify cows with human genes… There is a question about whether milk from these cows is going to be safe for humans and it is really hard to tell that unless you do large clinical trials like you would with a drug, so there will be uncertainty about whether it could be harmful to some people. “

GA Kameelmelk

In Dubai is ‘n groep navorsers van die Reproductive Biology Laberatory van Nisar Wani besig om die eerste GA-kamele te teel wat Farmaseutiese protiene in hulle melk kan produseer om dan aangewend te word in die produksie van goedkoper medikasie in die Midde-Ooste. Deur hierdie proses word daar gehoop om onder andere die kostes van insulien te verlaag, asook die kostes verbonde aan stollingsfaktore wat gepaardgaan met hemofilie-(bloeiersiekte)behandeling te verlaag.
Kamele word eerder gebruik pleks van koeie as gevolg van die uiterste klimaatsomstandighede en die feit dat hulle baie geharde diere is. Muyldermans meld:

“Cows would be better producers of transgenic protein as they produce more milk,… But as camels can be kept in arid areas and are used to living under harsh conditions, they might be better suited to the Middle East.”

Die proses is min of meer dieselfde. Selle word met geselekteerde DNA behandel vir gebruik in die produksie van “transgeniesgekloonde” diere. Die gevolglike embrio’s word dan oorgedra na surrogaatamele. Daar is slegs ‘n 5% welslae met geboortes deur die proses, wat beteken uit elke 100 gekloonde embrio’s is daar net vyf wat tot werklike geboortes kom en die getalle neem drasties af wanneer daar van sogenaamde transgenetiese selle gebruik word.

Blacklistednews

Telegraph