FBI lanseer $1 Biljoen gesigidentifiserings projek

Sep 25th, 2012 by
3 kommentare | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

In ‘n proses wat net beskou kan word as ‘n stappie nader aan ‘n ware Orwelliaanse wêreld het die FBI ‘n $1 biljoen projek, Next Generation Identification (NGI), gelanseer wat insluit biometriese tegnologie soos iris-skandeerders, DNA analise en stem-identifikasietoestelle. Verder word daar ook gepoog om deur gesofistikeerde gesigsherkennings-sagteweare enige materiaal afkomstig van die Internet en sekuriteitskameras te ontleed om sodoende spesifieke persone te identifiseer wat moontlik ‘n gevaar is of ‘n gevaar kan inhou vir die samelewing. Kriminele sal deur hierdie tegnologie baie makliker en vinniger ge-identifiseer kan word as die bestaande toerusting, en dit wil ook voorkom of enige individu in die nabyheid van die verdagte ook deur die proses onder verdenking geplaas kan word.

Tot dusver het studies in 2010 ‘n 92% akkuraatheid uit 1.6 miljoen lesings behaal, wat verstommend goed is. Op die oomblik werk die program baie goed in vooraansig-identifisering, maar verdere ontwikkelings deur onder meer Marios Sawides by die Carnegie Mellon laberatorium, maak dit moontlik om ‘n persoon selfs teen ‘n 70 grade hoek op ‘n foto deur die sagteware te identifiseer. Swak lig situasies bly egter ‘n probleem.

Facebook, in samerwerking met Face.com, het ook onlangs sagteware bekom wat aangewend kan word om spesifieke persone op sy sosiale netwerk te identifiseer. Terwyl Face.com se doelwit klaarblyk was om Gesigsidentifisering ‘n “genotvolle, interaktiewe deel van mense se lewens te maak” het Facebook oor die afgelope paar jaar baie kritiek op die lyf geloop oor sy beskikbaarstelling van Facebook-gebruikers se privaat inligting aan maatskappye soos die IRS.

Facebook se netto waarde word bereken op sowat $130 vir elk van sy 845 miljoen intekenaars. Daar is al deur verskeie onafhanklike navorsing en “lekkasie”-bronne bevestig dat die enorme bedrae definitief nie afkomstig is van enkele advertensies waarop die meeste mense nie eers klik nie. Facebook maak eerder sy geld deur persoonlike data beskikbaar te stel aan derde party-adverteerders en ander instansies soos die IRS.

Soos meer en meer uiteenlopende aspekte van vandag se samelewing nouer met mekkaar ingeweef raak, vra dit ook nie meer veel verbeelding om te sien waarheen dit alles gaan lei nie.

nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Dries
Guest
Dries

Ek is deesdae maar versigtig wat ek waar sê en hoe. Mense se Selfoon kameras is al gebruik (sonder dat hulle dit weet)om foto’s te neem vir data insameling.

Op hierdie trant moet ons dalk weer begin briewe skryf.

Waarom is julle inelkgeval op Facebook? Die plek is amper ‘n speelgrond vir die CIA en Interpol.

Barry62
Guest
Barry62

Dries ek stem 100% saam met jou. Lees gerus die boek “Ten Thousand Eyes” dit handel oor die Franse weerstand beweging in WWII. Die boek is in 1958 geskryf.

Rieks
Guest
Rieks

Niks is meer privaat nie, oral is die “surveillance cameras”, by banke word jou vingerafdrukke geneem + foto van jou word op die databasis geplaas, hul het jou adres, op Google weet hul waar jy bly en hoe dit lyk, met die selfoon kan hulle jou “track”, “spydrones” word in die lug losgelaat, voor ons ons oe kom uitvee kan hulle elke gesprek van jou afluister en sien wat in jou huis aangaan deur die TV, so niks is nuut nie, “big brother is watching you” se ek al vir jare.