Die Krimoorlog, Turkye en Rusland

Feb 17th, 2016 by
287 kommentare | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

Daar word die afgelope dae druk in die korporatiewe media en veral op sosiale media gepraat van die moontlikheid dat ons ons op die vooraand van die Derde Wêreldoorlog bevind. En miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag in diepte daarna kyk. Baie van wat hier gesê word, is miskien al aan u bekend. Maar ‘n paar nuwe gedagtes én insette wat bykom, gee dalk vir ons ‘n duideliker prentjie van waar ons op die profetiese lyn staan. Ons wag nog net vir  die laaste strooi wat die kameel se rug gaan breek.

Pres. Wladimir Poetin het blykbaar die punt bereik waar hy geen doekies meer omdraai nie. Sy aankondiging dat die Russiese militêre magte voorberei vir ‘n volskaalse oorlog teen Amerika en sy bondgenote, bewys dit. En dat Siener se rooi bul en witrug bul uiteindelik aanmekaar gaan spring, staan reeds profeties opgeteken. Poetin bevestig dit net met hierdie woorde: “As Saudi-Arabië, Turkye, die VSA of enige ander land troepe in Sirië se grondgebied instuur sonder die toestemming van die Siriese regering, sal Rusland dit beskou as ‘n oorlogsverklaring!”

Hy het hierdie waarskuwing uitgereik nadat prins Mohammad bin Salman Al-Saud, die 30-jarige Saudi-Arabiese leier, aan CNN gesê hy gaan grondtroepe na Sirië stuur om “ISIS te beveg. En die besluit is finaal en onherroeplik“.

Poetin se reaksie was dat Salam Al-Saud dit as ‘n rookskerm gebruik, eerstens om pres. Basjar al-Assad tot ‘n val te bring, en tweedens, om Jerusalem in te val en die Al-Agsa Moskee in Jerusalem vir die Moslems weer in besit te neem.

Maar intussen verloor ISIS veld in Sirië. Pres. Basjar al-Assad se magte en Hisbolla-vegters het weer daarin geslaag om die dorp Azaz, noordwes van Aleppo, in te neem. En dis wat Saudi-Arabie gaan dwing om troepe in die streek te ontplooi.

Op ‘n vraag aan die Turkse eerste minister Ahmet Davutoglu, of hulle Azaz gaan terugneem, was sy antwoord. “Wag ‘n paar dae en jy het die antwoord.”

Dit klink na ‘n dreigement.

Die volgende paar weke hou vir ons die sleutel tot die antwoord. Saudi-Arabië gaan 18 dae lank ‘n reuse-militêre oefening op sy noordelike grens hou en dan moet die 350 000 troepe wat vir die “oefening” daar saamgetrek is, óf teruggaan huis toe óf Sirië binneval.

Laasgenoemde lyk die mees waarskynlikste, want behalwe vir die 350 000 troepe, sal 20 000 tenks, 2 450 vegvliegtuie en bomwerpers, en 450 van die mees modernste helikopters, ook aan die oefening deelneem. En militêr gesproke, is dit die grootste ‘vryetydse’ oefening in die militêre geskiedenis. Dit staan bekend as Noord-Donder.

Die bevel vir hierdie “oefening” kom van die 30-jarige prins Mohammad bin Salman Al-Saud van Saudi-Arabië. Net soos die CIA in Tunisië, Egipte, Irak en Libië met die hulp van binnelandse terroriste chaos, verwarring en burgeroorloë veroorsaak het, het hulle Salam ook gehelp om Jemen in ‘n bloedige burgeroorlog te dompel om ‘n regeringsverandering te weeg te bring. Om dieselfde in Sirië en Iran te doen, het Salman 25 Moslem bondgenote opgekommandeer om saam met sy magte aan die oefening deel te neem. Van die lande is die Verenigde Arabiese Emirate, Egipte, Jordanië, Bahrain, Soedan, Koeweit Marokko, Pakistan, Tunisië en nog tien ander nasies.

Hierdie is maar net nog ‘n uitvloeisel van die Arabiese Lente wat in Desember 2010 in Tunisië begin het met beloftes van bloeiende demokrasieë, pluralisme, vrede, vryheid en verdraagsaamheid. Dis elke dag in nuusverslae oor die radio en TV, asook artikels in koerante en tydskrifte, wêreldwyd uitbasuin.

En nou? Nou lê dit al daardie beloftes begrawe onder puin- en vullishope, woon die mense in krotte en murasies, sonder krag, sonder water, sonder infrastruktuur, sonder hoop; almal verwilderde, verskeurde volke, gestroop van alle menslike waardes en kenbare bestaansordes; want radikale Islamiete wat die wettige en  gematigde regerings vervang het, is nou in beheer. Die verderwer wat geskape is vir die afgrond en om te verniel.

Sedert 2010 het daardie pes feitlik oor die hele wêreld versprei. En die kanse dat ons almal oor 18 dae daarmee besmet gaan raak, is, volgens Jay Will van Before It’s News, byna ‘n voldonge feit.

Prins Mohammad bin Salman Al-Saud

Prins Mohammad bin Salman Al-Saud

Hy skryf: “Ek dink nie ek het al ooit ‘n meer gunstige situasie gesien wat die Derde Wêreldoorlog kan ontketen nie. Hoewel Turkye en Saudi-Arabië nie troepe na Sirië kan stuur sonder die Obama administrasie se toestemming nie, is beide pres. Erdogan en prins Salman Al-Saud arrogant en roekeloos genoeg om dit op eie gesag te doen.”

Vir die 18 dae wat die maneuvers gaan duur, sal die lugruim oor die noorde van Saudi-Arabië gesluit wees.

Is dit dalk toevallig dat die oefening net 18 dae gaan duur? 18 = 6+6+6.

Ons weet mos al dat niks ooit toevallig gebeur nie. En nou is die laaste en finale Groot Wêreldstryd vir die duur van daardie tydperk op ‘n mespunt gebalanseer!

Oekraïne, aanloop tot die 3de Wêreldoorlog?

(Siener: “Ek sien ’n seeppot met vuur onder in die ooste van Europa in Rusland, en dit gaan ’n ontsaglike burgeroorlog wees.”)

Na die val van die Berlynse Muur in 1989 het Rusland ‘n tydperk van rus en vrede beleef totdat geweld in Kiëf, hoofstad van die Oekraïne, losgebars en sluipskutters minstens 82 betogers doodgeskiet het. Die wettig verkose president, Wiktor Janoekowitsj, moes daarna in aller yl uit die stad vlug.

‘n Handperd van Amerika, Petro Poroschenko, het die leisels in Kiëf oorgeneem en kort daarna die seperatiste (pro-Russiese rebelle) in die Krim-gebied aangesê om oor te gee of totaal uitgewis te word. Hierin is hy op 5 Desember 2014 ten volle gesteun deur die Amerikaanse kongres wat in Resolusie 758 indirek ook oorlog teen Rusland verklaar het. En vir die eerste keer sedert die 2de Wêreldoorlog is Amerika en Rusland weer besig om swaarde te kruis!

(Siener: “Ver in die Noorde staan ‘n donkerrooi bul met sy kop na die ooste; hy staan net soos ‘n bul wat wil baklei. Toe kom ‘n rooi witrug bul van die weste na die ooste en sy horings is baie skerp.”)

 Dat Poetin ook betrokke is by die bloedige burgeroorlog in Sirië, maak dat Rusland ’n groter krisis in die gesig staar as met die 1917-revolusie.

Hy beskuldig Barak Obama daarvan dat hy doelbewus die vure aanblaas om ‘n wêreldkonflik te ontketen.

In ‘n verslag wat op 6 Maart 2014 deur die Veiligheidsraad van die Russiese Federasie (SCRF) uitgereik is, word ook gesê dat Rusland voor die “mees gevaarlikste tyd in sy geskiedenis” te staan gekom het, en gereed moet maak om hom met alle beskikbare mag teen Amerika te verdedig, wat ‘n “vasal staat” van die Europese Unie Konfederasie is, en op die punt staan van totale ineenstorting.

Maar Poetin se hand van vriendskap aan Al-Assad kan dalk tot gevolg hê dat nog visioene van Siener van Rensburg bewaarheid word.

Hy het gesê die “ontsaglike” burgeroorlog in Rusland (die Oekraïne) en die eskalasie van chaos en geweld in Europa en die Midde-Ooste sal uiteindelik uitloop op die Derde Wêreldoorlog:

  1. “‘n Swart gordyn val oor Rusland en na die weste is die aarde omgeploeg.”

  2. “Die gras brand in Europa en die aarde word daarvandaan na hier swart.” (In Europa woed ’n volskaalse oorlog wat uiteindelik ook hierheen sal uitkring).
  3. “Toe word die aarde in Europa zwart.”

  4. “In Europa is ’n groot misvuur met donker rook in middel en buite om brand die vuur.” Sy beskrywing van die burgeroorlog in Frankryk.

  1. “Ek sien die aarde is pikswart … Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se  stange sal afloop…”

Invallers se begraafplaas

‘n Russiese militêre oorwinning oor Turkye en Saudi-Arabië sal nie net die begin van die 3de WO wees nie, maar Rusland ook beheer gee oor van die wêreld se rykste olievelde. Poetin se beskuldigings teen Obama kom saam met Al-Assad se dreigement aan Amerika dat Sirië die ‘begraafplaas van enige invaller sal wees’.

Die burgeroorlog in Sirië woed nou reeds 4 jaar lank terwyl rebellemagte probeer om die regering van pres. Basjar al-Assad omver te gooi. Die rebelle word gesteun deur Saudi-Arabië, Turkye, Quatar Koeweit en Pakistan – almal Soenni-Moslems, terwyl Al-Assad se regering, Iran en Hisbolla Sjiiete Moslems is. Die Soeniete en Sjiiete is bittere vyande.

 Die VSA steun die ISIS rebelle omdat hy Sirië wil destabiliseer net soos hy in Toenesië, Irak, Libië, Jemen en ander Midde-Oosterse lande gedoen het waar daar vandag totale chaos heers. (Die ISIS terroristegroep is deur die CIA gestig en word via Saudi-Arabië van wapens voorsien.) ISIS het reeds daarin geslaag om verskeie streke in die Midde-Ooste én Sirië oor te neem en hulle oliebronne te beroof waarmee terroristegroepe wêreldwyd befonds word. In Sirië het hulle tot onlangs nog beheer gehad oor die tweede grootste stad, Aleppo; terwyl hulle in Iraq beheer het oor Mosul.

Maar wat die res van die wêreld tot onlangs toe nie geweet het nie, is dat Turkye in die geheim saam met ISIS gekonkel het om duisende olietenktrokke na Irak en Sirië te stuur waarin gesteelde olie dan na Turkye vervoer is. Hierdie diefstalle het aan ISIS ‘n netto inkomste van nagenoeg $100 miljoen per maand besorg!

Dit was vóórdat Rusland in September verlede jaar pres. Al-Assad as bondgenoot begin bystaan het. Poetin wou verseker dat die Siriese regering nie dieselfde pad loop as ander Arabiese state wat deur Amerika gedestabiliseer is nie; terselfdertyd wou hy die ISIS rebelle se plundering van die olievelde stuit.

Met behulp van sy uitstekende intelligensiediens kon Rusland presies vasgestel waar en hoe die rebelle opereer. En binne weke nadat Russiese bomwerpers met hul aanvalle begin het, is talle ISIS basisse en olietrokroetes verwoes en die rebelle verjaag; soveel so dat Al-Assad se magte weer gedeeltelik beheer oor Allepo verkry het.

Selfs die Koerdiese magte het groot suksesse behaal en dele van noord-Sirië van ISIS bevry. Hulle bewoon die grensgebiede tussen Turkye, Sirië, Irak en Iran en veg al jare lank vir ‘n eie staat.

As gevolg van die Russiese aanvalle op ISIS se stellings het die Turkse regering erge finansiële verliese gely. So ook pres. Recep Erdogan en sy twee seuns wat al drie groot winste uit die oliediefstal gemaak het. Erdogan was so briesend oor Rusland se betrokkenheid en die verliese van hulle gely het, dat hy wraak gesweer het. Op 24 November doen hy dit toe ook deur ‘n Russiese Su-24-bomwerper met twee van sy F-16 vegvliegtuie bo die grens tussen Turkye en Sirië af te skiet.

Poetin het hierdie eerlose daad beskou as ‘n steek in die rug van Rusland deur handlangers van die terroriste. En gewaarsku dat enige verdere aanvalle op een van sy vliegtuie as ‘n daad van oorlog beskou sal word. Hierna het Russiese vlieëniers ISIS daagliks genadeloos met tussen 60-70 lugaanvalle gebombardeer sodat hulle feitlik nie meer kan funksioneer nie.

Barak Obama kon in 4 jaar oënskynlik niks uitrig om ISIS se opmars te stuit nie. En het tot nou toe lugsteun gegee aan NAVO en sogenaamde “gematigde” rebelle. Maar hy is so in die skande gesteek deur Poetin se suksesse dat hy ewe skielik ook besluit het om terroriste basisse in Sirië aan te val.

Dit het sy bondgenootskap met Turkye erg versuur, en op Vrydag 12 Februarie rig Erdogan ‘n waarskuwing aan Amerika dat hy met sy optrede ‘n “see van bloed” in die Midde-Ooste gaan veroorsaak!

Want dit het nie net Saudi-Arabië se planne (om van Al-Assad ontslae te raak) in die wiele gery nie, maar ook ISIS verhinder om die miljoene gesteelde vate olie na Turkye te vervoer.

Toe Siriese magte met Poetin en Iranse hulp verlede week begin het om Aleppo te omsingel en die stad van rebellemagte te bevry, het beide Turkye en Saudi-Arabië besef hulle sal nou drasties moet optree om te keer dat ISIS finaal uitgeknikker word.

En op 13 Februarie begin Turkye om die Koerdiese magte in die noorde van Sirië te bombardeer. Die wêreld het asem opgehou, gewag vir Rusland se vergeldingsaanvalle, maar niks het gebeur nie. Daar is deur sommige korporatiewe media woordvoerders gesê “Poetin het bang geword”. Maar volgens ingeligte Russiese bronne wag Poetin om te kyk of Saudi-Arabië na afloop van sy militêre oefening op 28 Februarie saam met Turkye grondtroepe na Sirië gaan stuur. As dit gebeur, word gesê, sal Poetin sy woord hou en tot die aanval oorgaan.

Selfs ‘n versoek van die VN se Veiligheidsraad dat Turkye die aanvalle moet staak, het op dowe ore geval.

Intussen kondig die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlüt Çavušoglu, aan dat Saudi-Arabië straalvliegtuie gestuur het na ‘n basis in Oos-Turkye, asook dat die twee lande voorberei vir ‘n grondaanval op Sirië om teen die Islamitiese Staat te baklei.

‘n Openlike botsing tussen Turkye en Rusland sal aan Ankara die reg gee om hom op die NATO-handves te beroep en bondgenootbeskerming vir ‘n lidstaat wat aangeval word, te eis.

Die Amerikaanse visie-president, Joseph Biden, blaas die oorlogsvure verder aan met sy uitlating dat die VSA en Turkye gereed is vir ‘n militêre oplossing in Sirië as daar nie ‘n politieke ooreenkoms gemaak kan word nie. Op sy beurt het die Amerikaanse sekretaris van verdediging, Ashton Carter, op 13 Februarie sy NAVO-bondgenote gevra om die Amerikaanse koalisie te steun om grondtroepe in Sirië in te stuur.

Dieselfde aand nadat hierdie verklaring uitgereik is, het die Russiese eerste minister, Dimitry Medvedev gewaarsku dat “die voorneme van Amerika en sommige Arabiese state om grondtroepe in Sirië in te stuur, die begin van die Derde Wêreldoorlog sal wees!”

So, hier het ons dan die volledige prentjie: Die moontlikheid dat Basjar al-Assad se regering deur Turkye, Saudi-Arabië en hulle bondgenote oorrompel kan word, is baie sterk, tensy Russiese magte Sirië te hulp kom.

En dis presies wat Obama wil hê, want net ‘n wêreldkonflik kan Amerika nog van ‘n totale finansiële ineenstorting red.

Weer ‘n Krimoorlog?

Daar is ‘n gesegde wat lui dat “die geskiedenis herhaal homself”. En dit lyk of dit weer die geval kan wees, want vandag beleef ons feitlik dieselfde situasie wat hom 160 jaar gelede met die Krimoorlog by die Swart See afgespeel het.

Destyds was daar spanning tussen Rusland en Turkye, en laasgenoemde se twee bondgenote, Engeland en Frankryk. Vandag staan Rusland weer teenoor Turkye en al sy NAVO-bondgenote. En daar is geen twyfel nie dat as ‘n oorlog tussen Rusland en Turkye uitbreek, Engeland en Frankryk hulle weer aan Turkye se kant sal skaar.

Napoleon IIIIn 1850 het gebeure in Europa die Britse regering verontrus: Frankryk het pas ’n nuwe staatshoof gekry Napoleon III, ’n broerskind van Napoleon I, wat aan die begin van die eeu ’n bedreiging vir Brittanje was. Die Britte het die nuwe Franse keiser ook nie vertrou nie. Die wantroue het skaars gewyk of die optrede van Rusland het spanning veroorsaak. En toe Rusland Turkye militêr bedreig, het Engeland en Frankryk oorlog teen Rusland verklaar.

Dit was die begin van die Krimoorlog wat eers in 1856 met die Vrede van Parys beëindig is.

Die belangrikste rolspelers in die konflik was die Turkse Ryk saam met Frankryk en Engeland teen Rusland.

Die magtige Russiese vloot het korte mette gemaak van die Turkse vloot en dit nie net totaal vernietig nie, maar ook die reg verkry om via Konstantinopel na die Middellandse See te vaar.

(Volgens Siener gaan ons met die uitbreek van die 3de Wêreldoorlog ‘n herhaling hiervan sien: “Gedurende die nag storm Rusland baie vinnig deur Turkye op pad na die Suez gebied, terwyl Turkye geen weerstand bied nie.” Hy sien In Europa bars die Russe deur na Spanje op pad na Gibraltar, en as hulle ook daar voorgekeer word, dan draai hulle op na Engeland en val hulle uit die lug aan. Engeland word geheel en al verwoes).

In die Krimoorlog het Engeland die oorname van die Middellandse See-gebied as ‘n bedreiging gesien, want tot in daardie stadium was die Britte baas van die Middellandse See. Engeland soek toe ‘n bongenoot om teen Rusland op te tree, en hy kry dit in keiser Napoleon III, wat geglo het dat ‘n oorwinning oor Rusland sy posisie sou versterk. In 1854 vaar hulle toe saam op in die Middellandse See om die Russiese vloot aan te val.

Die Russiese tsaar, Nicolaas I, wou egter konfrontasie vermy en trek sy vloot terug in die versterkte hawestad Sebastopol, hopende dat dit die Britte en Frankryk sou ontmoedig. Maar omdat hulle die Russiese marine totaal wou uitskakel, besluit hulle om Sebastopol te verower.

Na ‘n beleg van 10 maande slaag die koalisie daarin om Sebastopol in te val en die Russe te verslaan. Brittanje wou die oorlog voortsit, maar Napoleon was tevrede dat hy sy posisie versterk het. Engeland wou toe nie alleen die stryd verder voer nie en het in 1856 die Vrede van Parys gesluit. Die oorwinnaars kom ooreen dat die Swart See neutrale sal wees en dat geen Turkse óf Russiese oorlogskip voortaan daar mag vaar nie. Die Krimoorlog het 650 000 lewens geëis.

(In hierdie oorlog sal egter meer mense omkom as in beide die 1ste en 2de Wêreldoorlog saam. Daarin het 76 miljoen mense gesterf. Siener beskryf dit so: “Terwyl atoombomme dood en verderf saai, sal nasies en volkere uitgedelg word, terwyl party ophou om te bestaan, sal andere nog daar wees, maar geen waarde meer hê nie”. In ‘n gesig wat handel oor die einde van hierdie laaste Groot Oorlog (wat nou op hande is), en waarin Rusland weer teen Turkye, Engeland en Frankryk te staan gaan kom, het hy gesien “Rusland is kapoet” verslaan met Amerika se geheime wapens. Onder die ander lande wat hy sê totaal verwoes gaan word, is Palestina, Engeland en die ganse Europa).

Maar ook Sirië se hoofstad Damaskus gaan, volgens die profeet Jesaja, “ophou om te bestaan”. Ek glo dit sluit die landstreek Sirië self ook in. Jesaja: 17:1-2 “Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word. Die stede Aroër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.” Jer: 49:27 “En Ek sal ‘n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van Bénhadad verteer.”

Ten slotte: Net ‘n brokkie interessante inligting oor Napoleon III:

Die Boere van die ou Republieke is groot dank aan hom verskuldig, want in dieselfde jaar wat die Krimoorlog begin het, het Napoleon by die Britte daarop aangedring om die onafhanklikheid van die Transvaalse en Vrystaatse Boererepublieke te erken. Dit het daartoe gelei dat Sir George Clerk en die republikeinse verteenwoordigers op 23 Februarie 1854 die Bloemfontein-konvensie onderteken, waarna die Oranje-Vrystaat tot stand gekom het.

Die soewereine onafhanklikheid van Transvaal is ook formeel erken en Brittanje het onderneem om geen verdrae meer met die inboorlingstamme ten noorde van die Vaalrivier te sluit nie.

Die Zandrivierkonvensie van 1852 was ‘n “volle waarborg van die kant van die Britse Goewerment aan die Emirgante-boere wat ten noorde van de Vaalrivier woon, dat hulle die reg het om hul eie sake te bestuur en oor hul onderdane te regeer, volgens hul eie wette…”

Sover ek weet, bestaan daar geen dokument vir die onafhanklikheid van die Afrikaner nie.

Maar getrou aan hulle aard, het Engeland daardie waarborg skandelik verontagsaam.

Maar ons profeet het sewe dekades later die belofte ontvang dat sy volk weer in die toekoms die Boererepublieke in besit sal neem. Dus weet ons reeds dat die geskiedenis hom nie net gaan herhaal nie, maar ook dat Hý Getrou sal bly aan sy Woord…

 

287
Leave a Reply

avatar
1800
213 Comment threads
74 Thread replies
0 Followers
 
Most reacted comment
Hottest comment thread
30 Comment authors
AntSanLeonor C LombardHinsieDirk AlbersArnold Recent comment authors
  Subscribe  
nuutse oudste gewildste
Stel in kennis van
Besoeker
Guest
Besoeker

Saoedi Arabië gaan val.

JanB
Guest
JanB

Die afgetrede general van Amerika het die volgend gesê:

Kyk video

General Wesley Clark: Wars Were Planned – Seven Countries In Five Years

https://www.youtube.com/watch?v=9RC1Mepk_Sw

JB
Guest
JB

Oos van Saudi-Arabië lê drie kern-moonhede (Pakistan, Indië en Sjina). Noord van Saudi-Arabië lê een kern moondheid naamlik Rusland. Wes en Noord-Wes van Saudi-Arabië lê drie kern-moondhede (Frankryk, Engeland en die VSA). Nogal heel in die Middel-Cyril. Belangrik t.o.v. IKB-kernmissielle wat land-gebaseer is. IKB-kernmissiele op skepe, duikbote en op vliegtuie gee ‘n ander dimensie aan dit wat voorlê. Indien die VSA en Rusland mekaar bestook met die goed sal die meeste van die IKB-kernmissielle mekaar oor die Noordpool kruis. ‘n Ander ding wat opval is dat een van die Kern-moondhede deel van operasie “North Thunder” is naamlik Pakistan. Wat van… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Oor die dekades heen, het ons gewoond geraak aan ” proxy wars ! ” Dit is nou wanneer die groot moondhede met mekaar oorlog voer, maar nooit DIREK nie ! Maar hulle gebruik ” middelmanne, ” om die vuilwerk te doen, en die onskuldige bevolkings, moet die verwoesting, pyn, lyding, en smarte verduur ! Maar daar word GROOT GELD gemaak, deur verskeie indiwidue, en/of regerings ! En terwyl hierdie ” mini-oorloë ” aan die gang is, hou die groot kokkedore, wat basies vyande is, groot vergaderings, partytjies, simposiums, en wie weet wat nog ! Daar word selfs groot besigheids-kontrakte gesluit… Lees Meer »

Jan
Guest
Jan

daar is nog n dimensie aan wat nie vergeet moet word nie, China,Indie en Rusland is nou groot bondgenote, en in www3, kan die as n blok optree, in Openbaringe word gepraat van weermag van 200 miljoen man wat gaan veg teen mekaar, nie vergesog nie, en vir VSA maak ootlog cents, verskaf albei kante van toerusting, Obama beweer hy is n Christen, maar sy ring wat hy dra bevestig dat hy Muslim is, dus Antichris van formaat. baie interessant tyd en maand waarin on lewe

Boepie
Guest
Boepie

Weer ‘n baie mooi uiteensetting, maklik verstaanbaar en lekker gewees om te lees……. Dankie.

Ons Burgeroorlog (Nag van die lang messe) volg eers na Europa se burgeroorlog.
Ek glo vas al die goed moet voor die einde van 2016 gebeur want die VSA se verkiessing is nou Nov dan is Obama uit en Trump in wat Puten goed gesind is.

Boepie
Guest
Boepie

My oorlede pa het altyd gese, “As ‘n kind so mooi vra vir ‘n pakslae dan moet hy hom kry” en kyk Turkye smeek. https://www.rt.com/news/332718-turkey-secure-line-syria/ Let op na die arogansie. Turkey wants to create a secure zone 10km within Syria, which would include the town of Azaz, Deputy Prime Minister Yalcin Akdogan stated, as cited by Reuters. The move comes after Ankara’s shelling of Syrian Kurds for four successive days. “What we want is to create a secure strip, including Azaz, 10km deep inside Syria and this zone should be free from clashes,” Akdogan said in an interview on Turkey’s… Lees Meer »

Boepie
Guest
Boepie

Vervolg… “YPG elements were forced away from around Azaz. If they approach again they will see the harshest reaction. We will not allow Azaz to fall,” Davutoglu told reporters on his plane bound for Ukraine, Reuters reported. He said the Turkish military would render Syria’s Menagh airbase “unusable” if YPG forces do not retreat from the area, which they previously captured from Islamist militants. He warned the YPG not to move east of its Afrin region or west of the Euphrates River. Turkey is worried about Syrian Kurds seizing more territory in northern Syria. Washington and Paris have both called… Lees Meer »

Boepie
Guest
Boepie

Wat gaan aan, almal is oorlog honger?
Kom Rusland se burgeroorlog nog wat Siener gesien het?

http://www.pravdareport.com/russia/politics/15-02-2016/133336-ukraine_war_russia-0/

Boepie
Guest
Boepie

Ek het die slegte gewoonte om goed te bevestig vir myself.
Die artikel van oom Adriaan “Die Krimoorlog, Turkye en Rusland” het my weer op so ‘n bevestaging soektog gestuur en die bewyse hoop net op so ek plaas die laaste twee skakels hier, daar is baie glo my.

Putin is ‘n strateeg met geen gelyke nie maar besig wel:
http://www.pravdareport.com/news/russia/17-02-2016/133352-doomsday_aircraft-0/

Hierdie berig in Pravda bevestig oom Adriaan se hele skrywe.
Dit lyk of dit Maart sal wees indien die VSA sal saamspeel met grond troepe!

Turkey will be ready for an attack on Syria by the end of February.
http://www.pravdareport.com/world/asia/12-02-2016/133320-turkey_saudi_arabia_russia_syria-0/

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Besoeker,
Ek antwoord jou hier m.b.t. ons geprek oor Jes 30:6, op die vorige plasing, sodat almal die ondergenoemde skakel (”DIE WEG”) kan volg en lees. Die kommentator gee vir ons baie duidelik die antwoord oor wie dan nou die Diere van die Suidland verteenwoordig. Kan ons dan enigsins nog twyfel? Dit is baie belangrik en heel insiggewend !
Godspraak oor
DIE DIERE VAN DIE SUIDLAND.=
=DIE DIERE VAN DIE SUIDLAND
=DIE DIERE VAN DIE SUIDLAND …[= aFRiKA~!!!► (‘Egipte’)]
https://www.facebook.com/dieweg/posts/1505340429762989

Besoeker
Guest
Besoeker

Ja dit het baie mooi duidelik geword uit ons gesprek oom Johann. Ek hoop die lede van die gevaarlikste kultus in die wêreld, die liberale christendom, neem kennis en gaan lees ook daardie pragtige boodskap van ons Vader aan Sy volk in Jesaja 30.

AntSan
Guest
AntSan

Nou verstaan ons waarom Vader ons laat trek het, die onbekende in met net een wapen, Geloof! Ons is in ‘n land ver verwyder van die vernietigendste oorlog wat die aarde nog ooit getref het. Ons het wel ons eie stryd met die barbare wat ons hier aangetref het, genadiglik sal ons gestraf word, omdat Hy ons lief het, totdat ons luister en Sy bevele gehoorsaam.SELA. Sy geliefde kinders is APART gestel en in Sy alwetendheid word ons al vanaf 1652 voorberei op wat nou kom. Sy engele maak ons getalle vol, ons sal geen onheil vrees nie. Beslis nie… Lees Meer »

Besoeker
Guest
Besoeker

Ai Tant San, jy het dit nou so mooi gestel, ek het trane in my oë.

Dirk Albers
Guest

Johann, jou skakel na ” Die Weg, ” is BAIE diep leesstof, en ek beveel aan dat almal die stuk ten minste twee keer, met GROOT aandag, BESTUDEER ! Mens moet ook aan die skrywer se skryfstyl gewoond raak, en hy is beslis baie intelligent, met baie goeie Skrifkennis ! Ek wil aanbeveel dat mense Levitikus 26 saam met hierdie stuk lees, wat die hele boodskap, dan meer verstaanbaar sal maak ! Dit onderstreep Siener se voorspelling dat die ” kerk ” deurmekaar sal wees ! En wat is die resultaat ? Denkende gelowiges, is besig om uit die kerke… Lees Meer »

jannie boardman nell
Guest

Kommentaar word nou automaties beperk tot 1800 karakters

Pieter Venter
Guest
Pieter Venter

En as mens na die wereld se ekonomiese verval kyk dan is dit baie dieselfde as wat in die vorige twee wereld oorloee gebeur het

Dirk Albers
Guest

Malema gaan môre die UP ” aanval ! ” Hulle kon met al hulle manewales, tot dusvêr, nog nie die witman tot bloedige weerstand dwing nie ? ? Hulle kan dit eintlik nie glo nie ! Eintlik kan ek dit ook nie glo nie ! Maar miskien gaan die professors, en doktors, môre met sambokke, onder die EFF barbare inspring ! Hopelik sal van die jong, sterk rugby-manne, hulle darem help ? Dit sal beslis wêreld-nuus wees ! Maar ons moet nie uit die oog verloor nie. Met elke uittarting, waar die witman omrol, en ” dood ” speel, word… Lees Meer »

JW12
Guest
JW12

Ek sal nie my asem ophou nie. Dis eintlik hoog tyd dat die wittes se dierbare aap-naastes (Malema en sy troppe kroeskop bobbejane) die spul links-liberale skuim-samelewing van Suid-Afrika omsingel en hulle summier uitmoor – á la “Poetic Justice” -Styl. Byvoorbaat ál die DA stemmers. Na nóg 20 jaar van Afrika se onverdunde barbarisme -en oeraap-mentaliteit (en die siekte van linkse politiese korrektheid) stem die meerderheid wittes STEEDS op ‘n streep vir die liberale Joodse DA. By verre is die grootste deel van Aapzanië se wittes ‘n spul links-liberale geneties-gestremde (genetic retarded) skuim-opdrifsels. Boonop is die spul doktors en professore… Lees Meer »

JanB
Guest
JanB

Lyk my die Turk gaan sy eerste hooimied laat brand. Dozens of Turkish military vehicles cross Syria border, dig trenches – report Published time: 18 Feb, 2016 21:27 Turkish military vehicles have crossed into a Kurdistani area in Syria, Afrin, just over the border, a Kurdish news agency reported adding that the troops started to dig a trench near Meidan Ekbis, a town in Aleppo province. Dozens of Turkish military vehicles advanced 200 meters into the Syrian Kurdish region in Aleppo province on Thursday, ANHA news agency reported. It added that the troops started digging a trench between the towns… Lees Meer »

JanB
Guest
JanB

Feb. 18 Syria War Live Updates: Russia Warns Turks- “We May Bomb Your Troops”
Thursday, February 18, 2016 16:47

“NATO to tell Turkey “no support” if they invade Syria. After yesterday’s “terrorist” bombing in Ankara, the Turkey gov’t is on the warpath; claiming fingerprints from the dead car bomber’s body prove it was Kurds from Syria! They are moving troops toward the Syria border. Just a couple problems:

Lees verder

http://beforeitsnews.com/opinion-liberal/2016/02/feb-18-syria-war-live-updates-russia-warns-turks-we-may-bomb-your-troops-2522962.html

JB
Guest
JB

Twee dinge het binne drie dae gebeur wat vir my baie opvallend is: 1 Op die 17de Februarie 2015 skryf Adriaan Snyman hierbo in sy derde laaste paragraaf: “Sover ek weet, bestaan daar geen dokument vir die onafhanklikheid van die Afrikaner nie.” 2 Op die 19de Februarie 2015 skryf ‘n onbekende skrywer onder andere by DIE VRYBURGER in ‘n artikel getiteld ‘Swart diensteskulde kwistig afgeskryf” die volgende: “Dit is dus tyd dat Boere weer ‘n plan maak vir alternatiewe energie.” Interessant en vreemd hoe DIE VRYBURGER, wat alewig Afrikaner en Boere-Afrikaner in ons keelgatte afdruk, toelaat dat ‘iemand’ nou skielik… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

JanB, dankie vir jou bydraes ! Ons moet net onthou, die bom in Ankara kon deur Turkye self ” ge-organise ” gewees het, om bedekte motiewe te realiseer. Net soos die 9/11 Twin Towers van die VSA, maar net op n kleiner skaal. Enige regering, wat wil oorlog maak, op klein, of grootskaal, moet hulle bevolkings ” voorberei ! ” Die media speel natuurlik n GROOT rol. Maar niks werk so goed, as om BAIE onskuldige landsburgers, deur die ” vyand, ” te laat vermoor nie ! Verder, kan NAVO, in die openbaar sê hulle sal nie vir Turkye help… Lees Meer »

Leonor C Lombard
Guest
Leonor C Lombard

Dankie aan almal vir die insette. Ek neem nie eintlik deel aan die oorlog praatjies nie, maar ek leer baie. Die feit dat ek altyd terug gaan na ‘n uitleg van ‘n bybeldeel is nie omdat ek niks van niks weet nie en net wil preek nie. Inteendeel, want die feit is dat die eindtyd BAIE meer kompleks is as net ‘n derde wêreld oorlog. Adriaan het drie bene aangespreek- apartheid, rassime en homoseksualiteit. Hierdie drie is baie belangrik want dit bring ons nader aan dit wat vir die laaste dae voorspel is. Die dreigende oorloë hou die wêreldbewoners baie… Lees Meer »

Leonor C Lombard
Guest
Leonor C Lombard

Ek het lank terug ‘n approkriewe boek gelees? … kan nie onthou nie maar wel ‘n paar goed wat op daardie tydstip so vergesog geklink het dat ek dit vergeet het… tot nou toe. Die vlg feite moet in ag geneem word: 1. Noag en naby familie was die ENIGSTE rassuiwer mense in daardie tyd. 2. Die omgewing van Noag was beheer en bestuur deur die mengesel van mens en gode: gevalle engele, demi-gode, reuse, manne van faam soos die Kanaaniete, Refaiete en ander genoem – of eenvoudig die Nephilum. 3. Grootse manupilasie van mens en dier se DNA het… Lees Meer »

Leonor C Lombard
Guest
Leonor C Lombard

Laaste deel met skakels is onder MODERATION. Sal later verskyn.

Leonor C Lombard
Guest
Leonor C Lombard

Daar is reeds spekulasie van ‘n ‘pigman’ in China. Hierdie is al in so mate gevorder dat daar eteise berade gehou word om te verseker dat hierdie gruwelike vermenging doodgemaak word. Die rede daarvoor is dat uit teologiese kringe alreeds boeke geskryf word met die vrae soos: Het die gruwel, onding ‘n siel? Kan dit bekeer word? Hoe sal dit inpas in die samelewing. Nou as dit so ‘n nagmerrie klink- jammer, dit is wat aangaan. 4. Hieroor wil ek nie skryf nie behalwe om weer te noem – Duitsland is nie teen egverbinding tussen mens en sy dier nie… Lees Meer »

Leonor C Lombard
Guest
Leonor C Lombard

Plaas maar die deel sonder skakels – weet nie hoe lank dit gaan vat nie. Daar is reeds spekulasie van ‘n ‘pigman’ in China. Hierdie is al in so mate gevorder dat daar eteise berade gehou word om te verseker dat hierdie gruwelike vermenging doodgemaak word. Die rede daarvoor is dat uit teologiese kringe alreeds boeke geskryf word met die vrae soos: Het die gruwel, onding ‘n siel? Kan dit bekeer word? Hoe sal dit inpas in die samelewing. Nou as dit so ‘n nagmerrie klink- jammer, dit is wat aangaan. 4. Hieroor wil ek nie skryf nie behalwe om… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Leonor, dankie vir die perspektief op : Soos in die dae van Noag ! Ek het nog altyd geweet, dit was nie net mense wat baie gesuip, gefuif, en ” lotto ” gespeel het nie ! Ons moet hierdie hele ding eintlik nog dieper ondersoek, wat dit is DIE SLEUTEL, om te weet wanneer die einde op hande is. ( Al weet die Engele nie eers, van die dag en datum nie ! )

JB
Guest
JB

Van militêre oefeninge gepraat … Terwyl “North Thunder” (“Koning van die Suide”?) voort ‘donder’, ‘donder’ die VSA en Noord Korea voort met die jaarlikse Ulchi-Freedom Guardian (UFG) gesamentlike militêre gerekenariseerde bevel en beheer implementerings-oefening. Die militêre oefening betrek 50 000 Koreaanse en 30 000 Amerikaanse troepe. Die oefening het Maandag begin en sal duur tot 28 Augustus 2015. Daarbenewens ‘donder’ die twee lande ook voort met hul, ook jaarlikse, gesamentlike Key Resolve/Foal Eagle militêre oefeninge. Dit begin op 2 Maart en sluit tien duisende grondtroepe in met die gepaardgaande lug en see komponente. In 2014 het die oefening 10 000… Lees Meer »

Besoeker
Guest
Besoeker

Die dier/ antichris gaan uit die chaos van die 3de WO te voorskyn kom. Daar is 10 NWO koninkryke wat hulle mag aan hom sal gee. Daar is nog net 3 klaar gevorm. As Saoedi Arabië val en Assad gee oor, is die Midde Oosterse koninkryk ook voltooi, dus is 4 koninkryke dan voltooi. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

As al die voormalige Sowjet lande weer by Rusland gevoeg is, wat die Oekraïene insluit, dan is die Russiese koninkryk van die NWO klaar gevorm. Wat die totaal op 5 voltooide koninkryke bring. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

Daar sal geen oorlog tussen die 10 koninkryke wees alvorens hulle nie klaar gevorm is nie. Die 5 wat klaar of amper klaar gevorm is: W-Europa, Sjina, Japan, Midde Ooste plus N-Afrika, Rusland en O-Europa. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

Die 5 wat besig is om te vorm, of binnekort vorm gaan aanneem is: N-Amerika, Latyns-Amerka, Suid en Suidoos Asië plus Indië, Suid Afrika, wat saam Aus. en NZ onder een regering sal val. (vervolg)

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Die Derde wêreldoorlog – WANNEER ?? Yahshua het soos volg verduidelik met betrekking tot die eintyd kort voor Sy wederkoms.- Mat 24:6 – “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, WANT ALLES MOET PLAASVIND, maar DIT IS NOG NIE DIE EINDE NIE. “ Vir die laaste 2000 jaar was daar voortdurend oorloë en gerugte van oorloë. Om die begin die finale oorlog (WO3) te IDENTIFISEER moet ons eers kennis neem van wat Yahshua in die volgende vers verklaar. Eerstens moet daar heelwat gebeur voordat ons by die finale tekens waarna daar… Lees Meer »

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

VERVOLG
Opsomming van gebeure voor die begin van smarte
1.Vernietiging van Damaskus
2.Vernietiging van Babilon (New York)
3. Koms van Elia.
BEGIN VAN DIE SMARTE (Mat 24:8)
1.Volskaalse uitbreek van Wo3
2. Koms van Bitterals en asteroïede impak met gevolglike globale aardwewings, tsunamis, brande, hongersnood, pestilensies.
Wanneer die begin van smarte aanbreek sal die “Vrou” (Israel se geregverdiges) reeds bymekaar gemaak wees en na veilige bewaring in die “woestyn/wilderness” geneem word vir veilige bewaring tydens die laaste 1260 dae/42 maande/ 3,5 jaar waartydens die ‘anitchris “ sal heers. (Open 12:6 )

Besoeker
Guest
Besoeker

Oom Johann, waar was die bloed van die profete en heiliges ooit in New York gevind? Openb. 18:24 en waar was ons Verlosser ooit in New York gekruisig? Openb. 11:8 En het New York ooit ‘n huwelikskontrak met die Heilige van Israel gehad waarvan sy afgedwaal het om nou as ‘n hoer bekend te staan? Babilon van Openbaring is duidelik Jerusalem, waar die antichris heerskappy oor die 10 konings van die 10 NWO koninkryke sal uitvoer. Toevallig sit Israel ook op 7 berge nê.

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

BESOEKER EK SAL JOU LATER DAAROP ANTWOORD !

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Vir almal om aandagtig en volledig deur te lees lees : Volg die skakel

Kyk wie is al die Christendom se valse leeraars. Ons ken baie van hulle !!

False Ministries (2): Occult Hand Signs – Part 1

http://olivetjournal.com/false-ministries-2-occult-hand-signs/

Pompies
Guest
Pompies

Die link is dood…

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Besoeker, Jerusalem is nie ‘n hawestad nie. Openbaring 18 : 17-19 identifiseer die Babilon van die eindtyd (New York), as ‘n baie groot hawestad ! – En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad? En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Johann, jy het nou weer n KWAAD kat, in die duiwehok losgelaat ! Maar dit is ook nodig, nê. Baie jare terug, toe die groot afrikaanse kerke Billy Graham opgehemel, en aanbeveel het, het ons almal aan sy lippe gehang. Veral as hy die skares sub-ras barbare, tot ” bekering ” gepreek het. Ons het nooit gedink hy lê die grondslag vir verbastering nie ! Tog het n onderhoud met hom, op TV, my destyds bietjie gepla. Hy het met trots uitgewy, oor met hoeveel ” groot name, ” hy al golf gespeel het ? ? Ook het hy erken,… Lees Meer »

Dirk Albers
Guest

Vriende, die opmars na die uniegebou gister, verdien bietjie aandag ! Nogal gelei deur mantashe, wat baie mense beweer, die koning van die anc is. Nou beweer hulle, dit is teen ” rassisme ! ” So n lekker wye tema, wat dui op die mense wat hulle skuldig maak aan ” rassisme ! ” Die gepeupel is reeds gebreinspoel, dat net n blanke kan skuldig wees aan rassisme ! En onthou, in die barbaar se kop, sal ENIGIETS wat n blanke sê, of doen, waarvan hulle nie hou nie, gesien word as rassisme ! En daarom, is elke blanke in… Lees Meer »

Besoeker
Guest
Besoeker

Ek het voorheen ‘n skakel van die piramide wat by die hooggeregshof in Israel, wat deur die Rothschild bankier dinastie gebou was, geplaas. Daar is nou nog ‘n piramide toring wat in die hart van Jerusalem gebou gaan word: http://libeskind.com/work/the-pyramid/

Boepie
Guest
Boepie

Dit is partymal nodig om nader aan n prent te staal om beter te kan sien maar soms staan mens net te naby om die groter prent te kan sien dan moet jy waar terug tree om die volle prent in jou visie te kry.

Ons almal wil graag weet waneer wat gaan gebeur hier in die NSA maar ons staan te naby, ek tree terug en kyk vir n slag verder.

Die skrif is teen die muur!
https://www.rt.com/news/333066-obama-support-erdogan-kurds/

Al wat my pla, waar is die verassings element.

Dirk Albers
Guest

Boepie, ek dink die verassings element gaan outomaties kom, agv die aard van moderne oorlogvoering. Een van ons lesers het n tyd terug verduidelik : Vir n missiel van Rusland, na die VSA, neem dit plus-minus twintig minute ! Dit maak die hele storie BAIE meer kritiek, as in enige oorlog tot dusver. Die ” leiers, ” sal nog om n tafel sit, en groot vriendelike vredes-samesprekings voer, en dan druk iemand die ” knoppies ! ” Want almal weet, dat die een wat EERSTE slaan, sal n baie beter kans staan op oorwinnning ! Laat my dink aan die… Lees Meer »

Besoeker
Guest
Besoeker

Die laaste en tiende koninkryk wat gevorm moet word is die Afrika koninkryk – al die Afrika lande sal een NWO regering kry, behalwe die N-Afrika lande wat by die Midde Oosterse koninkryk gevoeg is, en Suid Afrika, wat saam met Australië en NZ onder een regering sal val.

Dirk Albers
Guest

Vriende, sukkel julle ook om poste te plaas ? Of is dit net my goedkoop tablet ?

Besoeker
Guest
Besoeker

Ek sukkel ook en kry soms net baie kort kommentare gepos. Kry heeltyd net Captcha error. Die Suidlander webblad is ook vir weke, soms maande, heeltemal ontoeganklik. Ek kon gister darem die opsommings van die nuutste artikels op die voorblad lees, maar nie die volle artikels nie.

Besoeker
Guest
Besoeker

Tannie Leonor ek sien die leier van die transhumanistiese beweging, Zoltan Istvan, is ‘n kandidaat vir die VSA presidentskap. 6 jaar gelede was daar ook al ‘n koei geskep wat menslike moedersmelk produseer, maar ek het tred verloor met die nuutste verwikkelinge. Die apokriewe boeke wat u gelees het, was moontlik Henog se boeke.

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Pompies,

Die link is heel lewendig. Probeer weer.

Vvir almal wat ernstig is oor hule geloof – dit is ‘n abolsute moet om te lees en te bestudeer.

http://olivetjournal.com/false-ministries-2-occult-hand-signs/

False Ministries (2): Occult Hand Signs – Part 1

Dirk Albers
Guest

Daar is baie mense, wat glo dat die wêreld-leiers, te professioneel, nugter-denkend, ” christelik ” is, om n wêreld-oorlog te laat gebeur ? ? Kom ons bekyk hulle van nader. Hoeveel is alkholiste ? Hoeveel is verslaaf aan allerhande BOSE dinge ? Hoeveel het sielkundige afwykings, waarvan niemand weet nie ? Hoeveel het selfmoord-neigings, of ly aan depressie ? Hoeveel is net pleinweg BESETE ! ! ( Word vervolg )

JB
Guest
JB

FN SA skrik nou eers wakker oor Nathan Kirsch. Nathan Kircsh reeds bespreek in die kommentaar by http://vaandel.co.za/suid-afrika-die-nuwe-kanaan/
– “Ja om beheer te word deur die Rothschild Bank Kabaal d.m.v. hul agente soos George Soros, Nathan Kirsch en Helen Zille. Ja vir alles …”

Besoeker
Guest
Besoeker

Ja Dirk, die wêreldleiers word deur demone beheer. In Daniël 10:13 het die vors van Perse, ‘n demoon, die engel 21 dae lank beveg, en die engel moes Migael se hulp inkry. Watter mens kan 2 magtige hemelwesens beveg en terughou? Hy het daarna by die konings van Perse oorgebly, en moes daarna teen die vors van Perse en die vors van Griekeland veg. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

Daar word dus duidelik onderskeid getref tussen bonatuurlike wesens (vorste, prinse) en menslike leiers (konings). Met die val van die koning van Babel in Jesaja 14 word die sataniese ‘prins’ agter die menslike koning ook aangespreek, want die menslike koning was beslis nie ‘n gérub in die tuin van Eden nie. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

In Eseg. 38:3 spreek ons Vader Gog, die vors van Ros, Meseg en Tubal aan, wat met hoeke aan sy kake uitgesleep gaan word vir oorlog en verslaan gaan word – maar ‘n duisend jaar na die wederkoms, wanneer die Satan vrygelaat word, verskyn ou Gog weer. Openb. 20:7, 8. (vervolg) Geen menslike vors/ prins leef so lank nie. (vervolg)

Besoeker
Guest
Besoeker

Mígael is die groot hemelvors wat teen die vorste van die duisternis veg, die vorste wat agter die wêreldleiers sit. Hulle is almal net marionette van demoniese magte. Mígael is die beskermengel van Israel. Daniël 12:1

Besoeker
Guest
Besoeker

Jy is ook reg oor die verslawing ens. Dis gewoonlik manifestasies van demoniese infestasie. Daar is ‘n demoon wat drank en dwelmgebruik behartig. Dis hoekom die dwelms ons land instroom. Daar is ‘n demoon vir alle vorme van verslawing, ook kos en geld. ‘n Demoon vir seksuele perversies, soos homoseksualiteit, pornografie en losbandigheid. ‘n Demoon vir haat en moord, wat uit jaloesie en afguns ens. voortspruit. ‘n Demoon vir sielkundige afwykings, soos selfmoordneigings. ‘n Demoon vir oorlog, verwoesting en dood. En dan is daar een wat die kerke infesteer en onenigheid en twis bevorder, met oa. vals leringe. Daarom waarsku… Lees Meer »

Johann Cronje
Guest
Johann Cronje

Besoeker,

Stem 100% saam met jou. Die wat nie glo dat daar ” geeste” is wat die werk van die “onheiglige een” doen nie, is vatbaar vir enige onheil en verleiding.
Efesiërs 6:12 -Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

Besoeker
Guest
Besoeker

Hulle sit so hoog teen die geboue oom Johann, soos massiewe, rokerige swart rawe beweeg hulle vlerkloos deur die lug. Hulle beweeg baie vinnig, soos roofdiere, en kom tot reg voor mens se gesig, asof hulle iets in jou gesig soek, jou bekyk vir iets. Ons moet baie skoon lewe, liggaamlik en geestelik. Hulle vind dit onsmaaklik. Hou van vuilgeid. Die vullis onder die plakkerskampe lê al 7 lae diep in die aardkors. Hulle val ons gedurig aan, maar die skild van geloof help teen die brandpyle van Satan, as jy die pyn en ongemak ken sal jy nou verstaan,… Lees Meer »

Besoeker
Guest
Besoeker

Ja en daarom sê ons Leermeester ook ‘Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie’. Noem die sabbat gerus ‘n verlustiging, Jesaja 58:13, want al ons vyande vlug weg rondom ons as ons dit hooghou en eer.