Die Gelofte-belydenis

Dec 13th, 2015 by
Geen kommentaar | Lees kommentare
© 2019 Vaandeld Uitgewers

Op Woensdag 16 Desember 2015 sal die wat daartoe geroep is, die nasate van die Trekvolk, nie net weer die Gelofte aflê nie, maar daardie dag ook as ‘n Sabbatdag deurbring, terwyl die wat nie daartoe geroep is nie, Versoeningsdag saam met die vyand sal vier.
Dis interessant dat dit vanjaar reeds 177 jaar is sedert die eerste aflegging van die Gelofte. Die dubbel sewe kan dalk van besondere betekenis vir die Boervolk wees.

Die eerste keer wat ons van die getal sewe verneem, is in Gen. 2:3 waar dit aandui dat God op hierdie dag van al sy Skeppingswerk gerus het. Hiervolgens verteenwoordig ‘sewe’ dus ‘n afgeronde, volmaakte periode of siklus van gebeure met ‘n besonderse betekenis van seën en heiliging. Nie net het die Skepper elke sewende dag heilig en tot rusdag verklaar nie, maar ook elke sewende jaar.

Die sewende maand was weer belangrik vir die viering van Israel se feeste. Daar was die fees van die Trompette, die sewe dae van ongesuurde brode en laaste die sewe dae van die Tabernakelfees. Selfs Noag moes sewe rein en sewe onrein pare diere met hom in die ark neem. Die ark het in die sewende maand op die berg Ararat gerus.

Toe Aäron en sy seuns as priesters gewy is, moes hulle sewe dae lank in die Tabernakel bly. Beide die olie waarmee hulle gesalf is en die offerbloed is sewe keer op die altaar gesprinkel (Lev. 4:6,17).

Ons kry verskeie periodes van ‘sewe’ opgeteken waar die gedagte van voltooiing prominent is. Jakob het sewe jaar vir Ragel en sewe jaar vir Lea gewerk (Gen. 29:15-30). Daar was sewe jaar oorvloed en sewe jaar hongersnood Gen. 41: 25-32). Josua het die volk beveel om sewe dae lank om Jerigo te loop, maar op die sewende dag moes hulle ‘sewe maal’ om loop; verder was hulle vergesel van sewe priesters met sewe ramshorings (Jos. 6:1-21). Die oordeelstydperke in Openbaring is in sewe groepe verdeel, en is opgeteken in ’n boek met sewe seëls, en met die breek van elke seël is ’n oordeel aangekondig (Openbaring 5:1). Net soos by Jerigo sal sewe trompette hier ook die finale vernietiging van Israel en God se vyande voltrek.

Dawid verklaar in Psalm 12:7 die woorde van YHWH is “rein woorde, silwer wat gelouter is in die smeltkroes van die aarde, gesuiwer, sewe maal”.

Net die Almagtige het ook geweet dat toe Sarel Cilliers-hulle die Gelofte op 9 Desember die eerste keer afgelê het, hulle dit sewe maal sou doen voordat die vyand hulle in die laer gaan bestorm om uit te wis. Dit was beslis nie toeval nie. Hy het dit so bepaal om te verseker dat daardie Gelofte aan Hom wat sewe maal in die smeltkroes van die aarde gesuiwer is, nooit weer opgehef mag word nie. Nêrens in die bewoording van die Gelofte-teks word melding gemaak van enige toekomstige versoening met die vyand nie.

Dit is soos ‘n eed wat afgelê is ― niks mag daarvan weggeneem of bygevoeg word nie.

En elkeen wat dus Versoeningsdag vier, is skuldig aan meineed en wag die straf wat vir hom/haar daarvoor uitgemeet is.

Behalwe vir die repeterende sewedae-siklus waartydens die Gelofte afgelê is, het dit ook ‘n ingeboude sewepunt-belydenis wat sinnebeeldig heenwys na die sewedae-skepping — ses dae van arbeid en daarna ‘n rusdag.

Ons staan ook nie onder die verpligting van die Gelofte wat ons voorsate afgelê het nie, maar onder die verpligting vir die uitredding wat Hy op 16 Desember vir ons as sy volk bewerk het. Soos Schalk Jacobsz dit stel:

Die gelofte was niks meer as ‘n aanbod van kontrak nie. Sonder die Almagtige se aanvaarding van die aangebode kontrak sou dit waardeloos gewees het (en) sou daar uit hierdie manne geen volk kon voortgespruit het nie, want almal sou tot die laaste man uitgewis gewees het.

Op 16 Desember 1838 het die geboortepyne van die Boervolk se baring begin wat eers met die afloop van die 2de Vryheidsoorlog plaasgevind het. President Steyn het hierdie ‘geboorte’ tydens ‘n kongres van die Oranje-Unie op 18 Maart 1908 só beskryf: “Die dag na die Slag van Graspan naby Reitz het ek op die slagveld gekom by die plek waar drie van ons manne gesneuwel het, ‘n Kolonialer, ‘n Vrystater en ‘n Transvaler. Ek het gesien hoe hulle lewensbloed in een groot plas tesaam gestroom het. Ek het asof vasgenael by die plas gestaan … Dit was vir my ‘n heilige oomblik. Nuwe hoop en nuwe moed het my vervul. Ek het op my perd geklim en weggery, oortuig in my hart dat ek die ware vereniging van Suid-Afrika gesien het, want daardie bloed kon geen mens meer skei nie!”

Maar selfs nou nog is ons ‘n verdeelde volk waarvan Piet Retief en sy manne die liberale been verteenwoordig en Andries Pretorius-hulle die behoudende been.

Piet Retief (net soos FW de Klerk) het geglo dat onderhandeling en ooreenkomste met die vyand die antwoord is. Teenstrydig met wat die Woord aan ons voorhou dat jy met God se vyand géén ooreenkoms mag sluit nie. Ook het Retief in geen stadium vóór sy aankoms by Dingaan se kraal in Februarie 1838, die behoefte geopenbaar om hom tot God te wend en te vra vir beskerming, hulp en bystand vir hom en sy manne nie.

In teenstelling hiermee het Pretorius én sy manne hulle vir sewe dae lank agtereenvolgens voor hul Skepper verootmoedig en in alle nederigheid sy beskerming, hulp en bystand afgepleit.

Die sewetal ingeboude bepalinge van die Gelofte is die volgende:

1) Hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde
(Die Geloftemakers erken ten eerste dat die Een voor wie hulle staan en wat hulle aanroep, die Almagtige Skepper van hemel en aarde is)

2) om een Belofte aan Hem te beloven,
(Hulle verkeer in groot benoudheid waaruit net Hy kan hulle red, en in ruil daarvoor is hulle bereid om ‘n jaarlikse offer te bring — hulle gee Hom hul erewoord dat hulle sal doen wat hulle hierna belowe)

3) als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen,
en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen,
(Hulle vra Hom nie om met die vyand versoen te raak óf om met hulle ‘n vredesverdrag te sluit nie. Nee, hulle vra dat Hy die vyand in hulle hand sal oorgee om verslaan (doodgemaak) te word. Daarenteen het Piet Retief-hulle met dieselfde vyand ‘n ooreenkoms aangegaan waarvoor hulle almal met hul bloed betaal het!)

4) dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat tot Zijn eer zullen doorbrengen,
(Met die woorde “zoals een Sabbat”, erken hulle nie net die bestaan van ‘n besonderse dag wat Hy vir Homself as Rusdag “geseën en geheilig” het nie, maar belowe ook plegtig dat hulle hul oorwinningsdag jaarliks sal gedenk en onderhou soos Hy op sy Sabbat gedoen het)

5) en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen,
(Die “tempel” wat hulle tot sy eer sal “stichten”, verwys na nie na ‘n gebou wat hulle vir Hom sal oprig nie, want “die Allerhoogste sê Self Hy woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Waar is dan die huis wat julle vir my sal bou?” (Hand. 7:48). Want julle (sy volk) is ‘n tempel van God en die Gees van God woon in julle (sy volk). (1 Kor. 3:16-17). Na die oorwinning behaal is, sal hulle vir Hom ‘n volk stig — tot stand bring. 16 Desember 1838 was dan die geboortedag van die Trekvolk. Dis presies wat ook met Israel gebeur het met die sluiting van die verbond aan die voet van die berg Sinai. Eers tóé is Israel as sy volk (bruid) verklaar.

6) en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten.
(Hulle belowe ook plegtige om die viering van hierdie oorwinningsdag aan hulle kinders en kindskinders oor te dra sodat die opkomende geslagte van die hele volk daarin kan en moet deel)

7) Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven.
Die sewe-punt-belydenis van die Gelofte vorm dus ook ‘n volmaakte, afgeronde eenheid. Daarom dat ons hier aan die einde opnuut ‘n weerklank vind van die nederige erkentenis waarmee dit geopen het, nl. “hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde”. In hierdie laaste slotwoorde is daar hoegenaamd géén beduidenis óf verwysing na die mens se bydrae in die oorwinning “wat nog behaal moet word” nie. Dieselfde belydenis het ons ook by ‘n Abraham, Jakob en Dawid gekry: As die roem en eer vir die oorwinning Hom en Hom alleen toekom, is dit reeds behaal. Die Slag van Bloedrivier het dit bewys!

Die bekende Afrikaanse skrywer, FA Venter, het dit in November 1966 in sy boek oor die Groot Trek, Gelofteland, net so geprofeteer.
Ek haal die gedeelte aan. Andries Pretorius is in gesprek met Sarel Cilliers, Karel Landman en Jan Joubert (Gelofteland (bladsye 190-191):

Andries Pretorius: “Ons het nou alles wat moontlik is, gedoen om die kommando te versterk en te beveilig vir die taak wat ons onderneem het. Maar ek glo dat ons met menslike krag nie alleen kan oorwin nie. As God nie met ons is nie, kan ons nie oorwin nie. As God nie met ons is nie, kan ons nie seëvier nie. Daarvan is ek oortuig. As Hy ons laat oorwin, moet ons vir Hom ‘n altaar bou, net soos Gideon…”

“‘n Altaar?” vra Sarel Cilliers.

“Ek wil hê dat ons aan Hom ‘n gelofte moet doen dat, as ons oorwin, ons daardie dag as ‘n Sabbat sal herdenk tot Sy eer,” sê die generaal. Daardie dag moet deur die nageslag gedenk en geheilig word as ‘n dag van die Allerhoogste wat ons gebede verhoor het. Ek wil ook hê ons moet vir Hom ‘n huis bou in dié land, waar dit Hom behaag, waar ons Hom kan loof, dank en aanbid. Hoe voel julle daaroor?”

Hulle sit lank stil en elkeen probeer die volle betekenis van wat hy gesê het, deurgrond. Al drie huiwer voor die gedagte wat hy uitgespreek het.

“Dit is so gewigtig dat ‘n mens bang is om daaroor te dink,” sê Karel Landman later. “Sonder Hom kan ons nie oorwin nie – dit glo ek vas. As ons nie iets doen tot eer van Sy Naam nie, verdien ons nie om te oorwin nie. Laat ons dit doen – laat ons die dag aan Hom wy; laat ons vir Hom ‘n tempel bou.”

Neef Sarel?” vra Pretorius.

Sarel Cilliers sit sy hand op die Statebybel.

“‘n Kosbare ingewing, generaal,” sê Cilliers. “Ek wonder net…Sal ons dit nakom? Kan ons die nageslag bind? Ons weet nie waarheen die volk sal groei nie. Ons is so verganklik en sondig, maar Hy is ewig. As die nageslag die gelofte nie in ere hou nie, sal Hy dit nie teen hulle in rekening bring en hulle oorlewer aan die swart geweld wat ons nou aandurf nie?” (My krursief).
“Wat die nageslag doen, dit staan op die boek van die nageslag,” antwoord Pretorius. (Sluit aanhaling).

FA Venter het hierdie feite gebruik om ‘n roman te skryf, vandag het die roman feite én profesie geword. Andries Pretorius-hulle het die Gelofte afgelê en ook die oorwinning behaal. Maar hy het ook sy volk goed genoeg geken om te weet wat die uiteinde sou wees: dat ons, die nageslag, nie die Gelofte sou nakom nie, en dat Hy dit teen ons in rekering sou bring en dat ons oorgelewer sou word aan die swart geweld wat hulle oorwin het. Dit is letterlik bewaarheid!

Hierdie volk het jammerlik nie net hulle gelofte vergeet nie, maar ook vir Hom aan wie hulle dit gemaak het!

En die straf sal nie uitbly nie…