Die Boervolk en Siener

Japie van Zyl is ‘n jong Vrystaatse boer wat in 2012 begin het om sy volksgenote dringend te waarsku omdat hulle as God se volk die ou paaie verlaat het. Hy sê dan ook self sy booskappe is eerstens, spesifiek tot die Boervolk gerig en ook aan elkeen wat hom vereenselwig met die volk wat soos ons lyk, soos ons voel en soos ons dink.
Hy het geen teologiese opleiding gehad nie; hy behoort aan geen kerklike denominasie nie en verteenwoordig ook geen geheime organisasie nie. Inteendeel, hy waarsku sy volk om uit hierdie organisasies weg te bly, want hy het reeds vroeg in sy lewe agtergekom dat daar baie joiners en verraaiers onder sy volk is, mense wat opreg en betroubaar lyk, maar inderwaarheid gesante is van Satan en sy bose magte; mense wat hulle siele verkoop het vir eer, rykdom en fianiële voorspoed.

Hulle is die kinders van Mammon en Molog wat geen erg het aan hulle identiteit, herkoms, kultuur, volk, vaderland of hulle Skepper nie.

Hy het dan ook ‘n spesiale woord van waarskuwing vir diesulkes: “As van my boodskappe toevallig of per ongeluk in een van julle se hande beland — wee julle dan vir wat julle aan die kinders van God doen; mag julle jul regverdige vergelding ontvang wanneer die Messias terugkom. En mag Hy wat die harte ken, julle oë en ore verseël vir wat gesê gaan word, sodat julle kan ontvang wat julle toekom. Ek bid dit in die Heilige Naam van ons Messiah Jashua!”

Die rede vir die uitreiking van sy boodskappe (daar is reeds digby ‘n 100 op CD’s, DVD’s en die Internet beskikbaar) is omdat hy reeds van kleinsaf ‘n geweldige liefde ontwikkel het vir sy God, sy volk en sy vaderland. En ook omdat die hemelse Vader hom genadig was deur sy oë oop te maak om te sien wat Satan en sy trawante vanagter die skerms doen om sy volk te verniwetig,

As gevolg hiervan het hy ‘n indringende gevoel ontwikkel om sy volk te waarsku teen een van die grootste lokvalle en wapens van Satan in hierdie tydgleuf waarin die ganse wêreld hom tans bevind, genaamd misleiding.

U kan na sy boodskap hieroor luister by:

https://soundcloud.com/karel-gericke/siener-van-rensburg-japie-van-zyl

Ander onderwerpe wat hy reeds behandel het, is die volgende. Wie is die dier van Openbaring? Boervolk in die Bybel. Gelykenis van die 10 maagde. Siener van Rensburg en die Tora. Eden en die saad van Satan en Wie is my naaste?

Japie van Zyl is maar net een van ‘n dosyn of twee volksgenote wat Yahweh sedert 1994 (soos ‘n Moses van ouds) geroep en gestuur het om in ons dag van politieke afvalligheid en die kerk se evangelie van menseregte, anti-apartheid, homoseksuele verbintenisse, aborsie en bloedvermenging Sy volk aan te spoor om wéér na die ou paaie te vra; om saam met hulle daarheen af te draai en na sy die Vaderhuis terug te keer.

Hierdie “afdraai” na die smal pad het lank, lank gelede al begin toe Abraham uit Haran na die land Kanaän geroep is. Daarna was dit Moses wat moes voor loop om Sy volk op die smal woestynpad weer terug  Kanaän toe te neem.

Eeue later en na die verskrikking van ‘n bloedige St Bartholomeusnag (23/24 Augtustus 1572) het ‘n klein oorblyfsel Hugenote die seepad gevat na ‘n nuwe “Kanaän” oorkant die riviere van Kus.

Maar nog skaars het hulle daar geland of ‘n nog kleiner oorblyfsel is soos ‘n Abraham, ‘n Moses en ‘n Hugenoot,  geroep om die breë weg te verlaat en na die ou stofpaaie te gaan soek; die  goeie weg wat na waters waar rus is, lei.

En hier in ons dag was dit weereens die kleinste van ‘n klein oorblyfseltjie wat na die ou smal, stofpaaie gevra het: Past. Frikkie Neser (oorlede), ds. Frans Pelser (oorlede), ds. Gert Steenkamp (oorlede), ds. Willie Smith (oorlede), dr. Nic Burger, ds. Gert Wessels, dr. Jaap Steenkamp, ds. Ben Strijdom, past. Jannie Botha, past. André Goosen, past. Johan Venter, en ‘n boerseun, Japie van Zyl.

Maar die die politici, die kerk, instansies soos Solidariteit, Afriforum en ook hulle kamerade die ANC met al sy tentakels, verafsku en haat hierdie ou paaie; want om daarheen terug te keer, vra ook ‘n terugkeer na die wet, na die Sabbat en dat versoeningsdag en Geloftedag weer plekke sal ruil. Maar dit vra ook vir hervorming soos in die dae van Nehemia, afskeiding van die gruwel nasies; lofprysinge sonder die baster; geen ooreenkoms met die heiden nie en om tot in der ewigheid ook nie sy vrede of geluk te soek nie. En laastens moet die sodomiet, die pedofiel en die vrugafdrywer weer terug in die buitenste duisternis gewerp word!

Volgens die politici, die kerk en sy Skrifgeleerdes is hierdie wandelaars van die ou paaie godsdienstige ekstremiste (prof. Andries Raath), ketters (prof. Johan Malan), verkondigers van ‘n dwaalleer (prof. Ben du Toit) en ‘n klomp idiote (Flip Buys van Solidariteit).

Een en almal haat hulle ook ons mooi en geliefde volkslied wat so dikwels op die ou paaie gehoor is.

Die teksvers wat hulle graag voorhou om die Waarheid te beveg, is 2 Tim 4:3-4 — “want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer (die breë pad) nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels (die ou paaie)…”

Wie is dan die verkondiger van fabels?

Is dit die kerk wat sê die Jood is God se uitverkorene; die sodomiet sy geliefde kind en dat die baster welkom is in die heiligdom? Of is dit die Messias wat die Jood uitskel as ‘n addergeslag en ‘n sinagoge van Satan; wat die sodomiet as ‘n gruwel vervloek en die baster nie in sy vergadering wil sien nie?

En die volk antwoord: ek het my kerk en my rugby!

En wie is daardie “menigte leraars” wat  hul toehoorders se “gehoor” wil “streel”?

Japie en sy vriende se boodskap is striemend en genadeloos op die oor. Hhulle idioom flymskerp, nes dié van die profete, Johannes die Doper en die Messias. Hulle is bekend met die addergeslag  en kan hom uitwys. Hulle aarsel nie om harte te deurgrawe en aan stukke te slaan nie; aarsel nie om hoogmoed, trots, eiewaan en eersug te verbrysel nie; hulle woorde dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg; hulle praat in gelykenisse sodat dié wat nie moet hoor nie, nie sal verstaan nie. En vir dié wat móét hoor, hoor die taal van engele — die trooswoorde van ‘n moeder…

Waar moet ons dan gaan soek vir hierdie horde lidmate wat in die gehoor “gestreel” wil wees?  Waar moet ons gaan soek na daardie “menigte leraars”?

Is dit nie diie kerk wat spog met 4 500 denominasies en miljoene getroue lidmate wat Sondag na Sondag tussen vier mure van hout en klip versamel om van liefde en vrede te hoor nie? Want hier buite wag hulle tevergeefs op reg, maar kyk, dis bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dis ‘n geskreeu! (Jes. 5:7).

Daarom begeer hulle om van liefde en vrede te hoor — ‘n balsem vir die gemoed en ‘n streling op die oor…

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470