TUISBLAD

NOU WEER BESKIKBAAR!

Die boek van die Opregte

nou slegs R180.00

(Klik asseblief hier vir meer besonderhede)


Lied van Jong Suid Afrika

Dis vandag vir my ‘n groot voorreg om Patriot se langverwagte musiek-CD op ons Blog bekend te stel. Dit bevat 14 kostelike opnames. Ek wil nie uitsonderings maak nie, maar van die nommertjies het treffer-potensiaal – en ek noem net enkeles: Ons vir U Yahweh Elohim, Patriot, Dertig Sikkels Silwer, Siener van Rensburg, en dan veral natuurlik Blou Bloed Boer, sy woorde sal enige Bloubloed Boer na sy kettie of slingervel laat gryp!

Die meeste van die liedjies (14) se woorde het Patriot self geskryf, behalwe die bekende Lied van Jong Suid-Afrika. Wat hierdie CD vir my nog meer merkwaardig maak, is dat hy dit alles man-alleen in sy “buitekamer-ateljee” gedoen het, hy bespeel elke instrument self, en vir die opneem van die stemme (wat hy ook self gedoen het) was hy genoodsaak om sommer ‘n kombers op te hang.

Die CD kos slegs R50, en net die posgeld word afgetrek. Die res skenk Patriot aan ons blanke volksgenote in plakkerskampe. Dus vra ons u mooi om asseblief nie kopieë te maak nie, maar liewer u vriende aan te moedig om dit self te koop!


Die bankbesonderhede is:

ABSA BANK

BRANDWAG VERSPREIDERS
Rek. Nr. 9177 236 797

Faks asseblief inbetaalstrokie na:

086-270 6347

Bloubloed Boer-groete
Adriaan


Hier gaan dit oor die waarheid, die storie agter die leuens en oor dit wat die media sorgvuldig verswyg, maar wat ons almal behoort te weet. Al die inligting wat ons van dwarsoor die wêreld af kry, word aan ons ondersteuners deurgegee. Ons leuse is …

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”  Joh. 8:32

Groete

Adriaan en Annelize Snyman